Haar opmerking aan die einde van verlede jaar het intussen gesorg vir ‘n vloedgolf van besware op die BBC se webwerf. ‘n Luisteraar het gesê dat dit maar een van vele onverantwoordelike opmerkings is wat die aanbieder al gemaak het. Haar woorde was dat dit "nie net kinders is wat ‘n mens moeilik raaksien nie", want as sy nie onlangs "’n swarte toevallig sien gaap het nie", sou sy hom nie raakgesien het nie. Alles van die kêrel was swart, sy hoed asook sy klere en "hy was net onsigbaar".
Kennedy werk vir Radio 2. Nog ‘n beswaarde het gesê dat hy die opvoedkundige programme wat die stasie bied waardeer, maar dat hy haar program nooit vir studente sal opneem en terugspeel nie. ‘n Ander het laat weet dat dit in 1957 kon deurgaan maar nie politiek korrek genoeg is vir 2007 nie.
Dit is weliswaar nie die eerste keer dat Sarah Kennedy in die moeilikheid beland met haar rasgrappies nie. Sy het voorheen oor die lug gesê dat swart mans so goed doen in atletiek omdat hulle so geoefen is om vir leeus weg te hardloop. Haar program het 4,51 miljoen luisteraars en ten spyte daarvan dat sy ook toe klagtes ontvang het, bly haar luisteraars lojaal.
Die BBC het onderneem om met haar te "gesels".
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.