praag.co.za

Vier keer meer psigopate in bestuursposte

Written by

in

Psigopate floreer in bestuursposte teen ‘n koers van vier keer hoër as die normale bevolking. Nuwe navorsing toon dat die aantal styg as gevolg van swak ekonomiese tye, en hulle teenwoordigheid sal waarskynlik ook verhoed dat vroeë oplossings vir die globale finansiële krisis gevind word.

Só sê Liza van Wyk, uitvoerende hoof van nasionale bestuursopleiding by die maatskappy AstroTech vandag in Johannesburg. “Die onlangse hoëprofiel bedanking van ‘n Goldman Sachs-handelaar, die Suid-Afrikaanse Greg Smith, wat sy afgryse uitgespreek het oor praktyke wat kliënte minag, is ‘n voorbeeld van hoe traumaties sulke “base” kan wees vir hul personeel.”

Nuwe navorsing uit Brittanje wat diagnostiese toetse vir psigopatie in 1980 ontwikkel het, toon dat die 2007-2008 finansiële krisis gelei het tot ‘n toename van psigopatiese persoonlikhede in die hoekkantoor.

Kanadese navorsers het bevind dat sowat vier persent van senior bestuurders in die wêreld nou psigopatiese neigings toon, van die een persent wat die norm onder die algemene bevolking is, sê van Wyk.

“Daar is tekortkominge in emosionele intelligensie, goeie mensebestuursvaardighede, en empatie of werklike spangees – nie net lawaaierige clichés nie – in die werkplek “.

Sy het bygevoeg: “Die goeie nuus is dat maatskappye dit weet. Hulle word deurgaans getref deur bedrog, swak verdienste, trae groei en ‘n ongelukkige werkmag.”

‘n Novemberverslag van Pricewaterhouse Coopers toon ‘n 13%-verhoging in werkplekmisdaad sedert 2009, met ‘n gemiddelde koste van $5 miljoen per maatskappy: 56 persent van maatskappye sê die oortreders was werknemers.

En in die Verenigde Koninkryk woed kontroversie oor die opleiding van die Britse bestuurders volgens die Financial Times. Daar word gesê dat byna die helfte van Britse bestuurders dink hulle onmiddellike hoof is oneffektief. Dit het gewaarsku dat ‘n “kultuur van swak bestuur” die Britse ekonomie is skade berokken.

Die FT het gesê slegs ‘n vyfde van die Verenigde Koninkryk bestuurders het ‘n professionele kwalifikasie, ‘n laer persentasie as in Duitsland of Frankryk. “Ons het aansienlik laer vlakke van bestuurskundigheid in Suid-Afrika en dit is geen wonder dat hulle onderpresteer en rebelse personeel kweek nie,” het Van Wyk gesê.

Die reaksie van baie swak opgeleide bestuurders, het Van Wyk gesê, was om personeel te boelie. Dit maak werknemers uiteindelik fisies siek, het sy gesê.

Van Wyk het gesê psigopate is besonder suksesvol in die werkplek, want hulle is sjarmant en sonder gevoelens. “Hulle sal lieg, steel, en omkoop om te kry wat hulle wil hê. Hulle het geen empatie of gewete nie. Hulle sal iemand anders as die sondebok uitwys terwyl hulle base met sjarme verblind. Probleem is dat by nadere ondersoek is hierdie mense nie regtig van enige waarde nie. Hulle praat ‘n storm los, maar kan niks skep nie. Hulle is swak implementeerders. Hulle raak verveeld en beweeg aan.”

‘n Onlangse CNN-ondersoek het uitgewys: “Hulle steel krediet vir prestasies en verplaas skuld vir foute. Psigopate het oppervlakkige, korttermyn seksuele verhoudings, dikwels in die werkplek, en word maklik verveeld. Hulle neem risiko’s sonder kommer vir die gevolge.” Dit is ‘n speletjie, sê van Wyk.

‘n New Yorkse bedryfsielkundige Paul Babiak, wat die wêreldwye topverkoper geskryf het oor psigopate in die werkplek, Snakes in Suits, sê psigopate voel aangetrokke tot invloedryke mense en posisies . “Hulle speel kopspeletjies met mense en maak goeie geld daaruit,” sê Babiak, “Hulle is nie dom nie. Hulle kan ontsyfer wat van hulle verwag word en die rol speel.”

Фільчаков Олександр Васильович

Comments

Leave a Reply