Die rebellegroepe gaan ‘n besending voertuie, ambulanse, mediese toerusting, koeëlvaste baadjies, verkykers en radio’s van die VSA-regering ontvang.
Geen wapens sal egter aan die rebellemagte verskaf word nie.
Intussen het Frankryk militêre adviseurs na Libië gestuur om die magte wat Gaddafi teenstaan, te ondersteun.
Abdel Jalil se uitnodiging kom nadat hy besprekings met die Franse leier gevoer het.
“Ons het die Franse president uitgenooi om Benghazi te besoek. Ek dink dit sal baie belangrik wees vir die rewolusie se selfvertroue,” het die rebelleleier aan joernaliste gesê.
Sarkozy se kantoor sê hulle “neem kennis” van Abdel Jalil se uitnodiging.
Frankryk was die eerste land wat op 10 Maart die NO as ‘n “wettige verteenwoordiger” van die Libiese mense beskou het.
Gaddafi het egter gewaarsku dat enige buitelandse soldate die konflik bloot sal uitrek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.