Frankryk begin steier onder multikulturele misdaad en geweld. In die jongste voorval waaroor die koerant Le Parisien berig, is ‘n munisipale polisievrou Donderdagaand deur twee mans ontvoer en verkrag.
Sy was besig om in haar privaat voertuig huis toe te ry toe sy oorval is, met ‘n papiersnyer aangehou en deur een van die mans verkrag is. Haar aanvaller en sy medepligtige verkeer steeds op vrye voet.
Die jong dame werk vir die munisipale polisie in die Val-de-Marne-departement wat aan dié van Parys grens. Donderdagaand was sy omstreeks agtuur op pad huis toe agter die stuurwiel van haar motor. Sy het egter nie meer haar uniform aangehad nie en was ook nie gewapen nie. Toe sy ‘n sms ontvang, hou sy langs die nasionale pad stil om dit te lees.
Dit is toe dat twee “mans” – waarvan die ras en afkoms nie in die berig vermeld word nie – op ‘n bromponie langs haar stilhou. Die bestuurder dreig haar met ‘n papiersnyer. Sy oorhandig haar selfoon, maar dis nie genoeg nie. Sy word in haar eie motor weggery en op ‘n leë erf agter ‘n bos bome verkrag. Blykbaar word sy op die grond gedwing en sit die man eers ‘n kondoom aan voor hy haar verkrag, terwyl sy vriend kywie hou.
Die verkragting het naby ‘n groot supermark, die Carrefour in die voorstad Villejuif, plaasgevind.
Die twee verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Blykbaar was haar aanvallers nie eens daarvan bewus dat sy ‘n polisievrou is nie. Agterna het sy in haar motor geklim en by vriende gaan hulp soek, wat die ambulans ontbied het.
Opregte linkse selflose voetsool-aktiviste of gewone parasiete? Dit is die vraag wat in opgekom het toe die Amerikaanse kongresondersoekers in Maart vanjaar ontdek het dat die Obama-administrasie miljarde dollars aan linkse aktivistiese organisasies geskenk het deur ‘n korrupte geknoeiery by die Amerikaanse Departement van Justisie.
“Dit is duidelik dat partypolitiek ‘n rol gespeel het in die onwettige aksies wat begaan is,” het die Republikeinse wetmaker John Ratcliffe van Texas gesê. Hy het aan Fox News gesê: “Die DOJ is die laaste plek wat dit moes plaasgevind het.”
Die skema is in geheimhouding gehul terwyl fondse in ‘n doolhof van nie-winsgewende fronte gevloei het na die sogenaamde voetsool-aktiviste. Judicial Watch se Tom Fitton het aan Fox News gesê: “Dis afpersing. Dit is korrupsie, suiwer en eenvoudig.” Fitton het gesê voorstanders van groot regering en “progressiewes” het basies die Departement van Justisie gebruik om geld van korporasies te vat.
Groot banke wat deur die regering gedagvaar word vir diskriminasie of verbandmisbruik, kan hul sake afkoop deur aan derdepartyse nie-slagoffers skenkings te maak. Alhoewel die reëls nie spesifiseer hoe hierdie derdepartygroepe die geld moet gebruik nie, is kritici van mening dat banke aansporings kry om te skenk aan sekere nie-winsgewende instellings eerder as om dit aan verbruikers terug te gee.
Kongresondersoekers het tot dusver gevind dat $3 miljard aan “nie-slagoffer-entiteite” betaal is.
Ted Frank, direkteur van die Mededingende Ondernemingsinstituut vir Klas Aksies, het aan Fox News gesê: “Die onderliggende probleem met die fondse is dat ons nie presies weet waar die geld gaan nie.” Maar dit word nog erger, volgens Frank. “Met behulp van die handhawingsgesag wat korporatiewe verweerders afpers, neem die DOJ burokrate miljarde weg van belastingbetalers vir hul troetelprojekte om hul voorkeure te finansier.”
Volgens Frank moet die geld na die Tesourie-afdeling gaan omdat die proses die wesenlike uitgawes van die wetgewende gesag onderskryf. Die Departement van Justisie beweer dat geld toegelaat word om die Tesourie te omseil omdat die banke se bydraes aan sulke groepe “vrywillig” is.
Obama-surrogate in die regering se aanspreeklikheidskantoor en kongresnavorsingsdiens het natuurlik tot die gevolgtrekking gekom dat die skikkingsooreenkomste nie die Kongres se mag van die beursie systap nie. Maar Franks stem heeltemal nie saam nie. “Dit is doodgewone korrupsie,” het hy gesê.
Die linkse fronte wat baat gevind het by die korrupsie staan vir die bevordering van “onwettige immigrasie en voorspraak vir voordele en bestuurslisensies vir ongedokumenteerde immigrante” sodat hulle vir die Demokrate kan stem.
Senator James Lankford het aan Fox News gesê. “Dit is nie ‘n republikeinse of demokratiese kwessie nie, maar een van goeie regering. Aksies wat deur die federale regering gevoer is, moet teruggaan na die federale regering, terug na die belastingbetaler.”
Die senator het die Stop Settlement Slush Fund Act van 2017 ingestel om die misdade deur Obama se Departement van Justisie te beëindig om geld na hul linkse troetelprojekte te kanaliseer.
“Die protes is so organies soos ‘n plastiekbeker,” het Fitton spottend gesê. “Daar is ‘n massiewe linkse infrastruktuur in plek om die monsterregering wat deur die Obama-administrasie geskep is, te beskerm.”
‘n Nuwe verslag deur Europol het aan die lig gebring dat linkses meer geneig is tot terreur as hul konserwatiewe opposisie.
Dit weet enige Suid-Afrikaner al sedert die Rivonia-verhoor waar wit kommuniste en huidige “volksheld” Braam Fischer terreur gepleeg het om wittes uit die land te dryf.
Hul Europese eweknieë is min of meer besig met ‘n soortgelyke stryd.
Europol is die wetstoepassingsagentskap van die Europese Unie, met hul hoofkwartier in Den Haag, en getaak om die 28 EU-lidlande te beskerm in hul stryd teen ernstige internasionale misdaad en terrorisme.
Navorsers in die Verenigde State is ook bekommerd oor die opkoms van linkse terreur. “Ek dink ons is in ‘n tyd waar ons nie linkse ekstremisme kan ignoreer nie,” het Oren Segal, direkteur van die Sentrum vir Ekstremisme, gesê.
“As ons anti-fascistiese teenbetogings het – nie dat hulle dieselfde is as wit suprematiste nie – waar geweld by hierdie gebeure kan opduik, sien ons dat mense wat vanself gewelddadig is, daardeur aangetrokke is,” het Segal gesê.
Linkses in Europa het in 2016 ‘n hele 27 keer meer terreuraanvalle as konserwatiewes gepleeg. Die kamtige “gevaar” van konserwatiewes wat ‘n ekstremistiese bedreiging inhou is dus gewone warm lug.
Sowat 142 sulke terreuraanvalle het verlede jaar in Europa plaasgevind. Net een regse terreuraanval is vir die hele jaar aangeteken, terwyl 27 op linkses blameer word, volgens Europol.
Dertien aanvalle is op Islamitiese djihadiste geblameer, terwyl die meerderheid aanvalle, 99, as “separatistiese” aanvalle aangedui is.
Dodelike aanvalle wat tot die dood van onskuldige slagoffers gelei het, was amper uitsluitlik Islamities, met 135 van die 142 sterftes en 374 van die 379 beserings wat plaasgevind het as gevolg van djihadistiese terreur.
Na hierdie week se aanval op Moslemaanbidders naby ‘n moskee in Londen, was linkses vinnig om die ou verhaal van “gevaarlike regses” op te diep.
Brian Levin, ‘n voormalige NYPD-beampte wat nou spesialiseer in teen-ekstremisme, het aan VICE gesê dat die linkses ‘n baie groter bedreiging was toe hy gestuur is om ‘n KKK-byeenkoms verlede jaar te monitor net om te ontdek dat hy een van die Klansmen moes beskerm teen ‘n lid van Antifa.
“Op daardie stadium het ek gesê ons het iets aan die linkerkant wat besig is om te verhard,” het Levin gesê.
‘n Bekommerde vrou wat daarop aandring dat haar seuntjie ondersoek word deur ‘n wit dokter by ‘n inloopkliniek in Toronto, het opslae gemaak.
Maar Moslem-pasiënte vra gereeld vir ‘n dokter van ‘n spesifieke geslag, het dr. Alan Drummond, mede-voorsitter van openbare sake vir die Kanadese Vereniging van Noodgeneeshere, gesê.
Hulle wend graag ‘n poging aan om Islamitiese pasiënte te akkommodeer wat meer gemaklik met ‘n vroulike dokter sal voel, het hy gesê. Daar was nog geen linkse histerie oor hierdie versoeke nie.
Die Vereniging van Verloskundiges en Ginekoloë van Kanada het ‘n paar jaar gelede ‘n soortgelyke posisie in ‘n verklaring gestel en gesê dat versoeke vir ‘n dokter van ‘n spesifieke geslag geakkommodeer sal word.
“Ras is nie ‘n opsie nie,” het ‘n woordvoerder per e-pos gesê.
In die video wat Sondag aanlyn gepubliseer is, word die vrou toenemend angstig om ‘n wit dokter te spreek. “Ek het ‘n dokter gesien wat nie wit is nie, wat my kind nie gehelp het nie,” sê die vrou in die video. “Ek wil graag ‘n wit dokter sien. Jy vertel my daar is nie een wit dokter in hierdie hele gebou nie?”
Sy gaan voort om te versoek om met ‘n dokter met beter tandhigiëne te praat wat “nie bruin tande het nie” en “Engels praat”.
In die loop van die vier minute se video, vra die vrou ‘n paar keer aan kliniekpersoneel om ‘n wit dokter te sien om haar seun te behandel wat sy sê borspyn het. Wanneer die personeel vir haar sê dat daar nie so ‘n dokter beskikbaar is nie, sê die vrou uiteindelik “om wit te wees in hierdie land, moet ek myself skiet?”
Hitesh Bhardwaj, ‘n Indiër, het die voorval opgeneem by Rapid Access to Medical Specialists in Mississauga. Hy het sy video met CBC News gedeel. Bhardwaj het gesê hy het dit “uit ‘n sin van verantwoordelikheid” gedoen.
“Ek kon dit net geïgnoreer het, maar ‘n innerlike stem het my oortuig dat dit heeltemal verkeerd is, en daar is geen ruimte vir verkeerde interpretasie nie,” het hy gesê. “As ons almal net ignoreer en afskakel om dit te voorkom in onaangename situasies, verander dinge nie. . . Om so iets voor jou oë te sien, en dit gebeur so openlik en vrymoediglik – dit het my net geskok.”
“Ek is so vereer om in ‘n land te woon waar die meeste mense so verwelkomend en inklusief is, en belangriker, nie bang is om reg te wees nie,” het Bhardwaj gesê.
Peel se streekspolisie sê hulle is Sondag na ‘n kliniek in Mississauga geroep na berigte van ‘n versteuring, maar die saak is gesluit omdat geen aanklagte gelê is nie aangesien niemand beseer is nie en geen dreigemente gemaak is nie.
Die Kanadese Mediese Vereniging het intussen gesê dat “rassisme nie in Kanada of in ons gesondheidsorgstelsel bestaansreg het nie”.
“Deel van Kanada se krag is ons multikulturele geskiedenis en samestelling,” het die vereniging se president, dr. Granger Avery, in ‘n verklaring gesê.
Dinsdag het die premier, Kathleen Wynne, aan die Kanadese dagblad The Star gesê: “Ek dink dit is ‘n skokkende gebeurtenis en daar is geen plek vir daardie soort gedrag nie – vir die soort rassisme en haat nie,” het sy gesê. “Dit was baie, baie ontstellend.”
Die Franse polisie sê die kamikaze-aanval op die Champs-Elysees was ‘n gefaalde terreuraanval.
Die voertuigbestuurder wat gistermiddag met sy voertuig in ‘n polisiemotor vasgery het in Parys, was sedert 2015 op ‘n veiligheidslys, die sogenaamde “Fiche S” en was bekend aan sekerheidsagentskappe. ‘n Joernalis van Libération het gesê hy het ‘n ontploffing gesien.
Die aanvaller was volgens wetstoepassers ‘n lid van ‘n radikale djihadistegroep. Die man het aan sy beserings beswyk na die botsing. Die polisie het ‘n AK-47 aanvalsgeweer, handwapens en gashouers in sy motor gevind.
Niemand anders is in die voorval beseer nie, maar twee metrostasies moes gesluit word in die area wat graag deur toeriste besoek word.
Maandag se terreuraanval kom ‘n dag ná die einde van Frankryk se parlementsverkiesings waarin president Emmanuel Macron se party ‘n meerderheid gewen het, as gevolg van ‘n wegblystem van sowat 20 persent sedert 2012 om ‘n historiese hoogtepunt van 58 persent te bereik.
Die swaarste immigrante- en Moslem-gebied, te wete Seine-Saint-Denis langs Parys, het die hoogste wegblystem van die 102 departemente gehad.
Macron beplan om die huidige noodtoestand te normaliseer met ‘n formele wetsontwerp Woensdag, wat daarop dui dat die regering geen einde aan die vlaag van terreuraanvalle sien nie. Die land verkeer sedert 2015 onder ‘n noodtoestand.
Die Britse Eerste minister, Theresa May het intussen die voorval gisteroggend by ‘n moskee in Londen as ‘n “terreuraanval” op Moslems beskryf, alhoewel die polisie sê die man het alleen gehandel.
‘n Man, vermoedelik van Walliese afkoms, het met sy voertuig in ‘n groep mense by die moskee ingeploeg. Elf mense is beseer.
ISIS-ondersteuners het ‘n oproep vir wraak vir die Finsbury Park aanval gedoen. Die simpatiseerders bevraagteken hoekom die aanvaller, wat met ‘n mes gewapen was, nie deur die polisie geskiet is soos die aanvallers van die Londen-brug nie.
“Hoekom het die polisie nog nooit ‘n Kaffer (nie-gelowige) geskiet nie?” het een op die “War News” WhatsApp-groep gekla.
Hulle het ‘n beroep op fanatici gedoen om “wakker te word” en wraak te neem in die nasleep van die gebeurtenis.
Niemand het opgedaag nie
Intussen het ‘n Moslem-vredesmars teen Islamitiese ekstremisme en terrorisme in die Duitse stad Keulen meer wit liberale joernaliste as werklike Moslems gelok.
Die opvallende gebrek aan entoesiasme het nie die aandag van Duitse politici en media ontsnap nie. “Ek vind dit jammer dat meer joernaliste en polisiebeamptes vandag [in sentrale Keulen] as betogers opgedaag het,” het Michael Groschek, hoof van die kantoor van die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party in Noord-Ryn-Wesfale, gesê.
Die optog, onder die slagspreuk, “Nie saam met ons nie”, is georganiseer deur prominente Moslemse openbare figure.
Alhoewel die geleentheid ondersteun is deur die meeste groot Duitse Moslem-verenigings, insluitende die Sentrale Raad van Moslems in Duitsland (ZMD) asook die Duitse Ahmadiyya-Moslemgemeenskap, het baie min Moslems eintlik gekom.
Die polisie is in groot getalle ontplooi, insluitend swaar gewapende onluspolisie, voor die optog, het die Duitse media berig.
Optoggangers het plakkate en baniere opgehou wat lees: “Moslems is nie te blameer nie”.
Die Franse anti-immigrasie politikus Marine Le Pen (48) het Sondag ‘n setel in Frankryk se parlement verower, het Reuters berig.
Sondag na die tweede ronde van die wetgewende verkiesing,sal haar party, die Front National na verwagting tussen vyf en sewe setels wen. Nadat hy teen Emmanuel Macron in die presidensiële verkiesing verloor het, het Le Pen aangekondig dat sy ‘n parlementêre setel sal betwis, aangesien dit belangrik is dat wetgewers Macron se beleid teenstaan.
Le Pen het weer eens kritiek op Frankryk se verkiesingsstelsel gehad en gesê dat proporsionele verteenwoordiging haar party baie meer setels in die parlement sal gee.
“Dit is ‘n skandaal dat ons party wat 7,6 miljoen stemme in die eerste ronde van die presidensiële verkiesing gekry het en drie miljoen meer in die tweede ronde, nie ‘n groep in die Franse parlement kan vorm nie,” het die FN-leier gesê.
‘n Groep kan slegs gevorm word as ‘n party 15 setels kry, wat toegang tot befondsing asook meer spreektyd beteken.
Le Pen het 59 persent van die stemme gewen in ‘n oortuigende oorwinning teen haar beginner-mededinger in Henin Beaumont, ‘n arm voormalige mynstad, het die FN-woordvoerder Steeve Briois bevestig.
Sy het maklik die eerste ronde van die stryd teen nie minder nie as twaalf teenstanders gewen, en het ‘n aanspraakmaker van die nuwe president se party, La Republique en Marche (REM), Anne Roquet, gewen.
Le Pen se vennoot en party-adjunk, Louis Aliot het sy setel in Suidwes-Frankryk gewen.
Florian Philippot, haar regterhand in die Nasionale Front (FN), kon nie sy setel behou in die voormalige industriële gebied van Moselle in Oos-Frankryk nie. Hy word verantwoordelik gehou vir haar verlies, nadat Marine nie Macron verslaan het nie.
Gilbert Collard, ‘n ander topadviseur en een van slegs twee anti-immgrasie wetgewers in die parlement van 2012-2017, het ook sy setel verloor.
Die stempersentasie was besonder laag, wat aan Macron se alliansie ‘n voordeel tot dusver besorg het. Die Franse president se REM het volgens aanduidings ‘n groot meerderheid behaal in die tweede rondte van die parlementêre verkiesing. Sy party wat saam met Modem ‘n alliansie aangegaan het, het tot dusver 351 van die 577 setels in die Parlement ingepalm. Finale uitslae word afgewag.
Die Britse polisie sê die dodetal na die brand in `n woonstelgebou in Londen het tot minstens 12 gestyg. Die woonstelgebou word hoofsaaklik deur Marokkane bewoon.
Op Twitter is daar gespekuleer dat dwelmhandelaars die gebou aan die brand gesteek het, maar dit kon nie bevestig word nie.
Sewentig pasiënte is in hospitale opgeneem en twintig van hulle se toestand is kritiek. Omstanders sê hulle het ligte aan die bokant van die gebou van 24 verdiepings en vasgekeerde mense met kinders voor vensters gesien.
Die polisiehoof, Stuart Cundy sê die dodetal sal waarskynlik nog verder styg. Cundy sê die soektog en opruimingswerk gaan nog lank duur.
Inwoners van die woonstelgebou het telkens oor die brandgevaar in die gebou gewaarsku en sê die afwerking van die gebou het moontlik bygedra dat die brand so vinnig versprei het.
‘n Republikeinse kongreslid Steve Scalise verkeer in ‘n kritieke toestand nadat hy geskiet is deur ‘n linkse wit terroris wat belowe het om Trump te vernietig.
Die man het losgetrek op Republikeinse kongreslede wat bofbal geoefen het om in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Demokrate te speel, nie ver van die Withuis nie.
Die skieter, wat deur die wetstoepassingsbeamptes geïdentifiseer is as die 66-jarige James T. Hodgkinson, is ‘n ondersteuner van Bernie Sanders en ‘n vurige ondersteuner van verlinkse TV-propagandiste, John Oliver, Rachel Maddow, en Bill Maher, het sy sosiale mediarekeninge gewys.
Oliver bied die The Daily Show aan waarin hy mbv “grappige” leuens veral wittes swartsmeer om ‘n anti-wit-agenda te bevorder. Verlinkses in Suid-Afrika is ook aanhangers van Oliver.
Volgens sy Facebook-bladsy was Hodgkinson ‘n “demokratiese sosialis” wat Bernie Sanders ondersteun het. Hy het selfs ‘n groot afbeelding van Sanders gehad as sy banier en ‘n profielfoto wat sê: “Demokratiese sosialis verduidelik in drie woorde: Ons die mense.”
Hodgkinson was onder die invloed van linkse samesweringsteorieë en het geglo dat president Trump bande met Rusland het. Hy het ‘n petisie onderteken waarin hy gevra het vir ‘n ondersoek na Trump-Rusland verhoudinge.
Imagine if an Infowars fan tried to massacre Dems.
This gunman loved John Oliver, Rachel Maddow & the Daily Show.
Die Nederlandse polisie sluit terrorisme uit by die voorval waarin agt mense beseer is toe ‘n motor buite ‘n Amsterdamse stasie in hulle vasgery het. Maar ooggetuies verskaf ‘n ander weergawe as die amptelike polisieverklaring van wat gebeur het en beskryf die voorval as “vreesaanjaend”.
Agt mense is beseer nadat ‘n swart Peugeot deur voetgangers buite die sentraalstasie in Amsterdam geploeg het. Ses mense is hospitaal toe geneem, waarvan twee in ‘n ernstige toestand verkeer. Twee ander slagoffers is op die toneel behandel.
Volgens die Nederlandse koerant, Het Parool, het die polisie met die bestuurder gepraat en gevra om sy lisensie te sien, wat hy wel getoon het. Die man het daarna weggetrek, verskeie mense raakgekry en in ‘n lae muurtjie naas die moltreiningang vasgery.
Die Amsterdamse polisie het die bestuurder in hegtenis geneem, maar meen daar is “geen aanduiding hoegenaam” dat die motorongeluk ‘n ekstremistiese aanval was nie. Die motor het by die moltreiningang tot stilstand gekom, ná die botsing.
“Die verdagte is ondervra, en dit wil voorkom asof dit nie doelbewus was nie. Maar ons doen verdere ondersoek,” het die Amsterdamse polisie op hul Twitter-rekening gesê.
Volgens die amptelike verklaring, is ‘n 45-jarige Amsterdamse man deur die polisie voorgekeer weens ‘n oortreding, waarna hy in ‘n muur vasgery het. Polisiebronne het aan die Britse koerant The Telegraph gesê dat die bestuurder “siek geword” het en “nie bedoel het” om die motor te laat bots nie. Die motor beskik volgens berigte oor ‘n gekraakte voorruit.
Die bestuurder het iewers op die tremspoor geparkeer, en is deur die polisiebeamptes versoek om sy voertuig te verskuif. Hy het toe weggery en “ongesteld begin voel weens lae bloedsuikervlakke”, waarna hy agt mense beseer het.
Ooggetuies vertel ‘n ander verhaal. Verskeie getuies het aan die Nederlandse nuuskanaal AT5 gesê dat die motor teen hoë spoed vanuit ‘n ander rigting aangekom het, waarmee die polisieverklaring bevraagteken word.
‘n Getuie, wat na trem 26 oorgestap het op die oomblik toe die voorval plaasgevind het, is verbaas oor die polisie se weergawe dat die man ongesteld geraak het.
“Ek het die motor op die tremspoor sien staan en gedink, wel, as daar ‘n aanval sou plaasvind, is dit nou. Die bestuurder is deur twee beamptes genader. Ek het na hulle gekyk en aangestap. Ek was omtrent ‘n honderd treë weg toe motor vinnig wegry. Dit het vir my gelyk asof die man doelbewus vir die polisie wegry, maar niemand gaan vir ons die waarheid vertel nie.
Die motor het die tremspoor na Damrak gevolg en uiteindelik met ‘n muur by die ingang van die moltrein gebots. “Hy het die draai (in die pad) gevolg.”
‘n Tweede getuie, wat besig was om die rigting van die Stationsplein te stap ten tye van die voorval, het ook ‘n ander weergawe van die gebeure. “Ek was aan die westekant en het so pas deur die fietstonnel na trem 5 geloop,” het die man aan AT5 gesê.
“Ek was besig om met ‘n vriend te gesels toe hy my naam skree. ‘Hardloop, hardloop,’ het hy gesê. Ek het na regs gekyk en ‘n swart Peugeot teen hoë spoed na my toe sien aankom.” Die twee mans het opsy gespring en gesien hoe die motor tot stilstand kom omdat daar trems in die pad was.
“Die twee beamptes het toe na die man toe gegaan en sy bestuurderslisensie gevra. Een van die beamptes het aan sy kollegas beduie dat hulle nader moet kom. Die ander beampte het toe die bestuurslisensie van die man teruggegee en gelyk asof hy was dat hy ‘verder moet ry’.”
Volgens die getuies, wat minder as tien meter van die motor af was, het die bestuurder ‘n geïrriteerde indruk gemaak. “Hy het die bestuurderslisensie min of meer uit die beampte se hand gegryp. Toe, met ‘n telefoon in sy hand, het hy die motor aangeskakel en op volle spoed in die skare ingery. Ons het letterlik gesien hoe mense deur die lug vlieg.”
Die motor het versnel terwyl dit vorentoe beweeg, het die getuie gesê.
“Daar was paniek, jy kon mense hoor skree. Ek het self oortuig geraak dat dit buite die kwessie was dat die man ongesteld kon geraak het. Ek het dit oral in die media gelees en dis baie frustrerend. Na my mening het hy bloot twee pogings aangewend! Die polisie moes raakgesien het dat iets nie pluis is nie. Dit was nie bloot ‘n ongeluk nie.”
Die stasie en die omringende area is afgekordon, het die Nederlandse spoorwegmaatskappy, die NS, gesê. Tremdienste wat by die stasie se hoofingang eindig, is herlei.
Die Nederlandse polisie wou nie die naam van die bestuurder bekendmaak nie, wat suggereer dat hulle nie die publiek op nog ‘n moontlike Islamitiese aanval wou attent maak nie.
Die voorval het plaasgevind, presies ‘n week ná die terreuraanval by London Bridge wat agt mense laat omkom het, met dosyne wat gewond is. Nederland was sedert op ‘n hoë vlak van waaksaamheid ná die reeks aanvalle in ander Europese stede oor die afgelope maande.
‘n Nederlandse burger is laat Vrydag in hegtenis geneem nadat hy betrap is terwyl hy besig was om ‘n video te neem van een van die land se grootste stadions, het die polisie gesê.
Die 29-jarige Amsterdammer is buite die Philips-stadion in die suide van Eindhoven in hegtenis geneem waar die Nederlandse popsanger Guus Meeuwis opgetree het. Hy kon geen verduideliking bied oor waarom hy besig was om ten tye van die konsert die infrakstruktuur te verfilm nie, het NDTV berig.
Die verdagte is geradikaliseer, glo die polisie, en het hom Saterdagaand ‘n tweede keer in hegtenis geneem. Meeuwis het met die beplande konsert voortgegaan.
Die Skotse Nasionale Party, Brittanje se derde grootste party, kan moontlik ‘n sogenaamde progressiewe alliansie vorm met die Arbeidersparty om die Konserwatiewe Party uit die regering te kry.
Die leier van die SNP, Nicola Sturgeon wou dit nie bevestig of ontken nie en het slegs gesê dit is nog te vroeg om enige besluite te neem.
Die Skotse nasionaliste het meer as 20 setels in die verkiesing verloor. Die Britse eerte minister, Theresa May se Konserwatiewe Party kon ook nie ‘n volstrekte meerderheid behaal nie.
Die terreuraanvalle in Londen en Manchester is op May se brood gesmeer na haar ses jaar van leiding, aangesien sy as minister van binnelandse sake onder die loep gekom het, veral weens die besnoeiing van polisiegetalle. Haar versuim om aandag te geen aan wetstoepassing het verhoed dat die jihadiste gestop word.
En haar toestemming dat Libiese terroriste mag gaan deelneem aan ‘n coup d’etat in Libië en dat hulle daarna mag terugkeer volgepomp met jihadistiese ideologiese ywer, het ook nie gehelp nie.
Die uitslae tot dusver dui op ‘n hangparlement. Die finale uitslae word binnekort verwag.
Die Britse Eerste Minister het in die onlangse Britse politieke geskiedenis een van die mees dramatiese ineenstortings ervaar van enige leier nog, en het ‘n algehele meerderheid in die parlement verloor in ‘n blitsverkiesing wat sy voorspel het dat sy gemaklik sal wen.
May se arrogansie kan ook beteken dat Boris Johnson na vore kan tree as nuwe premier, nog ‘n algemene verkiesing en ‘n groter gemors by die puinhoop wat die Brexit-onderhandelingstafel vir die Konserwatiewe Party is.
Haar eindelose mantra van “sterk en stabiele leierskap” het talle begin irriteer en aan haar die bynaam van “Maybot” besorg met haar robotiese herhalings en geprogrammeerde leë frases. Vergeleke met Arbeiderleier Jeremy Corbyn, ‘n veteraan, wat die publiek as eg ervaar het, was May ‘n teleurstelling.
In ‘n seldsame onbekende ontmoeting met ‘n kieser wat verfilm is en viraal geraak het, het May gereageer deur leë veldtogslagspreuke te herhaal nadat ‘n vrou wat kwaad was vir welsynsinkortings, haar gekonfronteer het.
“Theresa May het die persoonlike warmte, kwinkslae, oratoriese vermoë en aantreklikheid van ‘n Indesit-yskas-vrieskas, wat foutief deur ‘n man genaamd Trevor vir vyf pond, kontant in die hand, ‘n bietjie reggetimmer is en wat nou vol ontdooiende Findus Crispy Pannekoeke is,” het die satiriese skrywer Rod Liddle het in die konserwatiewe politieke weekblad The Spectator geskryf.
‘n Migrant uit Sirië het ‘n Rooikruisgeestesgesondheidsraadgewer in die suidwestelike Duitse stad Saarbrücken doodgesteek, volgens die Duitse polisie. Saarbrücken is die hoofstad van Duitsland se kleinste deelstaat, Saarland.
Die moordenaar en sy 30-jarige slagoffer wat as sielkundige gewerk het, het glo tydens ‘n terapeutiese sessie ‘n argument gehad. Die slagoffer is op die toneel dood. Duitse amptenare het ontken dat die voorval verband hou met terrorisme.
Die slagoffer het sedert 2014 by die Rooikruis gewerk. Die Duitse owerhede het die verdagte kort ná die Woensdagaanval gevang, slegs ‘n paar honderd meter van die misdaadtoneel in Saarbrücken. Die man is in die hospitaal opgeneem vir ernstige beserings, wat self toegedien is.
Die polisie glo dat die 27-jarige Siriese immigrant die terapeut tydens ‘n beradingsessie gesteek het, by die sentrum vir getraumatiseerde vlugtelinge wat deur die Rooikruis bestuur word. Die sentrum in Saarbrücken, naby die Franse grens, spesialiseer in die behandeling van migrante wat ly aan post-traumatiese stres of nuwelinge wat probleme ondervind met die aanpassing in Duitse kultuur.
“Ons is almal verskrik en geskok,” het die Duitse Rooikruishoof, Rudolf Seiters, gesê. Hy het gesê dat alle Duitse Rooikruis-medewerkers die slagoffer “roem as ‘n lofwaardige werknemer”. Sy mede-werkers het tevergeefs probeer om hul kollega te red.
Die polisie het ook ‘n mes op die toneel gevind, maar kon nie sê of dit die moordwapen was nie.
“Dit is nogal vreeslik,” het Martin Erbelding, woordvoerder van die Saarland se DRK-nasionale vereniging, gesê. “Die kommer oor kollegas is baie, baie hoog.” ‘n Krisisintervensiespan en nood mediese sorg was ter plaatse.
Die skokkende moord kom na ‘n aanval op Sondag toe ‘n vyfjarige kind in ‘n vlugteling-skuiling in Suidoos-Duitsland deur ‘n Afghaan doodgesteek is. Die 41-jarige aanvaller het ook die kind se ma, ‘n Russiese burger, beseer.
‘n Sesjarige kind op die toneel moes vir skok behandel word by die vlugtelingsentrum in Arnschwang, naby die Tsjeggiese grens, en na die hospitaal geneem word.
Die jongste aanval lyk ook soos ‘n dodelike mesaanval in Swede verlede jaar, toe ‘n 22-jarige vroulike maatskaplike werker deur ‘n jong immigrant vermoor is.
Die burgemeester van Londen, Sadiq Khan, het ‘n beroep op die Britse regering gedoen om ‘n beplande staatsbesoek van die Amerikaanse president Donald Trump te kanselleer nadat hy op Twitter deur Trump gekritiseer is.
Vir meer as ‘n jaar nou al, word Londen getref deur terreurvoorvalle, waaronder drie groot aanvalle in die afgelope drie maande. Volgens Premier Theresa May is vyf geloofwaardige terreurkomplotte gedurende dieselfde tydperk gefnuik. In baie gevalle blyk dit dat die voorvalle deur beide owerhede en die media onderspeel is.
In sy tyd as burgemeester, het Londen ‘n toename in terreurvoorvalle gesien, terwyl die meeste van die mense wat toegang tot Brittanje verbied word, onder meer “wit nasionaliste” is soos die Amerikaanse radiopersoonlikheid Michael Savage, blogger Don Black en die Nederlandse politikus Geert Wilders. Selfs die Amerikaanse beroemde kok Martha Stewart is in 2008 verbied, omdat sy aan aandelemarkondersoekers onwaarhede verklaar het.
In plaas daarvan om te fokus op terreurbestryding, het Khan Londense burgers asook inwoners in ander dele van Europa sowel as die Verenigde State aangemoedig om te leer om met terrorisme saam te leef as deel van die daaglikse lewe.
In September 2016 het Khan in die nasleep van die bomaanvalle in New York en New Jersey verklaar dat die bedreiging van terreuraanvalle “bloot ‘n deel van ‘n groot stad is”.
Hy het Skotse nasionaliste vir die bevordering van “rassisme” gekritiseer, maar was stil toe groot skares Islamitiese in Desember 2016 in Londen vergader het vir ‘n week van protes in die oproep tot die vestiging van ‘n wêreldwye kalifaat. Oproeriges by die geleentheid het vlae geswaai ter ondersteuning van die Taliban.
Volgens die burgemeester, mag Trump nie na Londen toe kom nie, totdat hy sy voorgestelde verbod op reisigers na die VSA van ses Moslemlande teruggetrek het.
Gedurende sy tyd as regshulp het Sadiq Khan gedien as die Hoofregsadviseur vir die Moslemraad van Brittanje se regsake-komitee. In 2003 het Khan protes gelewer teen wat hy beskryf het as “onoordeelkundige” arrestasies van Moslems vir beweerde terreurbande. In 2004 het Khan gepraat by ‘n geleentheid wat Ibrahim Hewitt ingesluit het; Hewitt is op rekord waar hy steniging as ‘n straf vir owerspel verdedig.
In 2009 was Khan deel van ‘n internasionale veldtog wat die uitlewering van Taliban- en Tsjetsjeense jihadiste aan die Verenigde State uitgedaag het.
Gedurende die 1990’s het Khan se swaer, Makbool Javaid, ‘n beroep gedoen op jihad as lid van die Islamitiese groep Al-Muhajiroun. Die groep het onlangs opgetree as borg en werfer van Britse jihadiste wat by ISIS wil aansluit.
Al-Muhajiroun is ook gelei deur Anjem Choudary, ‘n Britse Islamiet wat in 2016 tronk toe gestuur is vir die ondersteuning van die Islamitiese staat nadat hy instruksies uitgereik het oor die maak van bomme en die vestiging van “Moslem bendes” vir die doel om terreuraanvalle te pleeg en word verbind met georganiseerde misdaad.
Terwyl Khan hom van sy swaer en Al-Muhajiroun probeer distansieer het, het hy in 2003 ‘n verhoog met ‘n ander lid van Al-Muhajiroun en ‘n veroordeelde terroris wat Taliban-militantes opgelei het, gedeel.
Hy beweer dat sy gereelde assosiasie met verskeie individue en groepe wat aan jihad en terrorisme gekoppel is, die gevolg is van sy werk as menseregte-prokureur. Maar soos die Daily Beast opgemerk het, het Khan die meerderheid van hierdie geleenthede bygewoon, nie in sy hoedanigheid as ‘n prokureur nie.
Op 6 Oktober 2016: News World India het berig dat die polisie in Karachi, Pakistan die grootste vonds van NAVO-wapens in die hande van Islamitiese jihadiste in die stad se geskiedenis ontdek het. Karachi se polisiehoof het gesê dat die wapens geskeduleer is om na militante groepe in Londen verskeep te word vir ‘n groot operasie wat hulle beplan. Hoe die militantes die massiewe cache van NAVO-wapens kon bekom, is onduidelik.
Hierdie berig is spesiaal nagevors vir PRAAG. Ondersteun ons asseblief om hoofstroomfopnuus teen te werk!
“Dit is vir Sirië!” het ‘n Algerynse man met ‘n hamer en messe Dinsdagmiddag geskree, buite die Notre Dame-katedraal, en die polisie aangeval voordat hulle geskiet het.
‘n Algerynse man, wat as ‘n ISIS-soldaat geïdentifiseer is, het sy wraak geskree toe hy Dinsdag ‘n Franse polisiebeampte buite die beroemde Parys-katedraal aangeval het.
Paniek het gevolg kort nadat die 22-jarige polisiebeampte in die voorhof van die katedraal aangerand is deur ‘n “student” wat kombuismesse, ‘n hamer en ander ongesofistikeerde wapens gehad het.
Hy is geneutraliseer en gewond deur polisie-vuur, en die aanvaller is na die hospitaal vervoer. Volgens ‘n bron naby aan die ondersoek het hy beweer dat hy ‘n “Kalifaat-soldaat” is, van die Islamitiese Staat. Volgens Gerard Collomb, die Franse minister van binnelandse sake, het die aanvaller geskree: “Dit is vir Sirië” toe hy die polisieman geslaan het.
‘n Deursoeking van die woonstel van die aggressor is in Cergy-Pontoise, Val-d’Oise, gehou.
‘n Identiteitsdokument is in die naam van Farid I gevind. Volgens inligting wat deur Le Parisien verkry is, het die veiligheidsmagte ‘n identiteitsdokument met dieselfde naam op die aggressor gevind met die geboortedatum wat 18 Januarie 1977 aandui. Hy was onbekend aan die Intelligensiedienste.
Een van die beamptes het gereageer met twee geweerskote, wat die aanvaller beseer het.
Parys-aanklaers het kort ná die aanval deur die Algerynse hameraanvaller, ‘n teenterrorisme-ondersoek geloods.
Die katedraal is gesluit en word tans deur soldate bewaak.
Dié naweek het ISIS ‘n verklaring uitgereik waarin volgelinge in Frankryk gevra word om “aanvalle en gruwel uit te voer soos julle in die stede van Parys en Nice ervaar het”.
Collomb het aan verslaggewers naby die katedraal in die sentrum van Parys gesê: “‘n Man het agter hierdie polisiebeamptes ingekom en, met ‘n hamer gewapen, het een van hulle begin slaan. Sy kollegas het met kalmte gereageer … en geskiet.”
Die minister het bevestig dat die man “in die hospitaal is” maar nie verdere besonderhede gehad het nie.
Voormalige Amerikaanse ambassadeur van die Verenigde Nasies, Nancy Soderberg, is ná die aanval binne die katedraal toegesluit.
Sy het ‘n foto van die binnekant van die Notre Dame getwiet, wat toeriste wys wat hul arms in die lug hou soos deur die polisie versoek is.
Mense in Notre Dame, die nabygeleë Sainte-Chappelle-katedraal en die area se kafees is aangesê om binne te bly tydens die polisie-operasie.
Hillary Clinton het laggend gekekkel: “Ons het gekom, ons het gesien, hy het gesterf” oor die moord op Muammar Gaddafi van Libië nadat die VSA onder haar toesig sy bewind omver gegooi het. Maar haar dogter Chelsea vir een, waardeer nie sulke grappe oor die dood van presidente nie:
Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Clinton was die argitek van die rampspoedige NAVO-ingryping in Libië en ‘n Amerikaanse regsprofessor Francis Anthony Boyle beskou haar as ‘n oorlogsmisdadiger volgens die internasionale reg.
ISIS-terroriste-indringers regeer Libië sedert president Obama en Clinton saamgesweer het met NAVO om Gaddafi in 2011 te verwyder. Clinton se aanval op Libië is die ernstigste van haar baie oortredings van die wet.
Behalwe dat die Amerikaanse federale wet verbreek is, het haar oorlog in Libië ‘n bloedspoor gelaat wat tot vandag toe bly, met ISIS-onthoofdings van Christene wat die wêreld in skok gelaat het. In Februarie 2015 het ISIS ‘n verslag vrygestel in hul aanlyn-tydskrif Dabiq wat foto’s toon van 21 Egiptiese Koptiese Christen-konstruksiewerkers wat hulle in Sirte, Libië ontvoer en onthoof het. In hul gruwelike, vreeslike video het die gevangenes die “mense van die kruis” genoem.
Die Amerikaanse komediant, Kathy Griffin, het onlangs bekend gemaak dat sy van plan is om in die moeilikheid te kom toe sy ‘n foto van ‘n bloedige afgesnyde kop van president Donald Trump opgehou het.
Dit het dus as geen verrassing gekom toe haar werkgewer CNN, die Amerikaanse publiek en die Eerste Gesin, sowel as die Amerikaanse Geheimediens, dit as ‘n doodsbedreiging teen die president geïnterpreteer het nie.
By ‘n perskonferensie het Griffin haarself probeer verdedig teen die politieke stortvloed van kritiek as gevolg van haar “grap”.
Maar selfs Chelsea Clinton kon niks vind om oor te kekkel nie. Die beeld van Griffin is soortgelyk aan dié van die ware Mohammed Emwazi, die Britse burger wat bekend staan onder die skuilnaam “Jihadi John”, wat in verskeie video’s van die Islamitiese staat, sy Christelike gyselaars onthoof.
Griffin se idee van “grap” oor ISIS-agtige onthoofdings was ook nie baie oorspronklik nie. Die Duitse nuusblad Der Spiegel het in Februarie vanjaar kontroversie veroorsaak met ‘n voorblad wat Amerikaanse president Donald Trump uitbeeld wat die afgesnyde bloedige hoof van die Statue of Liberty in een hand en ‘n bloedige mes in die ander vashou.
“Op ons voorblad hou die Amerikaanse president die simbool wat immigrante en vlugtelinge sedert 1886 tot nou in die Verenigde State verwelkom is, met demokrasie en vryheid,” het Spiegel se hoofredakteur, Klaus Brinkbaeumer, aan die Duitse nuusagentskap DPA verduidelik. Maar sy onverkwiklike siening oor migrasie in wêreldpolitiek, is klaarblyklik besig om hom ook vinning in te haal soos wat mesaanvalle deur Moslems oor Europa spoel.