praag.co.za

Theresa May: Findus pannekoeke in ‘n stukkende vrieskas

Written by

in

,

Die Skotse Nasionale Party, Brittanje se derde grootste party, kan moontlik ‘n sogenaamde progressiewe alliansie vorm met die Arbeidersparty om die Konserwatiewe Party uit die regering te kry.

Die leier van die SNP, Nicola Sturgeon wou dit nie bevestig of ontken nie en het slegs gesê dit is nog te vroeg om enige besluite te neem.

Die Skotse nasionaliste het meer as 20 setels in die verkiesing verloor. Die Britse eerte minister, Theresa May se Konserwatiewe Party kon ook nie ‘n volstrekte meerderheid behaal nie.

Die terreuraanvalle in Londen en Manchester is op May se brood gesmeer na haar ses jaar van leiding, aangesien sy as minister van binnelandse sake onder die loep gekom het, veral weens die besnoeiing van polisiegetalle. Haar versuim om aandag te geen aan wetstoepassing het verhoed dat die jihadiste gestop word.

En haar toestemming dat Libiese terroriste mag gaan deelneem aan ‘n coup d’etat in Libië en dat hulle daarna mag terugkeer volgepomp met jihadistiese ideologiese ywer, het ook nie gehelp nie.

Die uitslae tot dusver dui op ‘n hangparlement. Die finale uitslae word binnekort verwag.

Die Britse Eerste Minister het in die onlangse Britse politieke geskiedenis een van die mees dramatiese ineenstortings ervaar van enige leier nog, en het ‘n algehele meerderheid in die parlement verloor in ‘n blitsverkiesing wat sy voorspel het dat sy gemaklik sal wen.

May se arrogansie kan ook beteken dat Boris Johnson na vore kan tree as nuwe premier, nog ‘n algemene verkiesing en ‘n groter gemors by die puinhoop wat die Brexit-onderhandelingstafel vir die Konserwatiewe Party is.

Haar eindelose mantra van “sterk en stabiele leierskap” het talle begin irriteer en aan haar die bynaam van “Maybot” besorg met haar robotiese herhalings en geprogrammeerde leë frases. Vergeleke met Arbeiderleier Jeremy Corbyn, ‘n veteraan, wat die publiek as eg ervaar het, was May ‘n teleurstelling.

In ‘n seldsame onbekende ontmoeting met ‘n kieser wat verfilm is en viraal geraak het, het May gereageer deur leë veldtogslagspreuke te herhaal nadat ‘n vrou wat kwaad was vir welsynsinkortings, haar gekonfronteer het.

“Theresa May het die persoonlike warmte, kwinkslae, oratoriese vermoë en aantreklikheid van ‘n Indesit-yskas-vrieskas, wat foutief deur ‘n man genaamd Trevor vir vyf pond, kontant in die hand, ‘n bietjie reggetimmer is en wat nou vol ontdooiende Findus Crispy Pannekoeke is,” het die satiriese skrywer Rod Liddle het in die konserwatiewe politieke weekblad The Spectator geskryf.

Comments

6 responses to “Theresa May: Findus pannekoeke in ‘n stukkende vrieskas”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    May het haar oogmerk bereik om Kebabistan (Brittanje) effektief van Brexit te laat af sien met haar vertragingstaktiek …..was dit nie die werklike oogmerk van die verkiesing nie ??

    1. Bokkeman Avatar
      Bokkeman

      Brexit is tog seker bindend op wie-ook-al die leisels oorneem, nie waar nie?

      1. G Avatar
        G

        ‘n Regering sonder legitimiteit kan nie behoorlik onderhandel nie. Vra vir FW. Deur sy eie toedoen het hy sy sterkste vleuel en onderhandelingshefboom – die regse Afrikaners – vervreem. Hy doen dit nog steeds terloops. Net soos die robot May haarself in albei voete geskiet het met Libië en ‘n verwaande vroeë verkiesing. Lyk amper of ou Efwee by die Rooinekke gaan kers opsteek het om hoe om jouself grondig op te f0k

  2. Rifrug Avatar
    Rifrug

    ” … Konderwatiewe Party … ” moet seker wees ‘Konserwatiewe Party’

    1. G Avatar
      G

      Snaaks dit het weer vir my heeltemal reg gelyk, dalk ‘n t gemis?

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hierdie laat my nou juis wonder – die tydsberekening van hierdie aanvalle juis om die verkiesing daar te beinvloed?
    Iemand wil nie hê die britte moet uit die EU nie. Die eenwêreld gemors sit ook agter hierdie. Nes ZA nie toegelaat is om elke volk sy eie stukkie aarde te laat beset nie sal dit wat nou reeds in die EU saamgesnoer is nie sommer laat gaan word en eie volke onafhanklik maak nie.

Leave a Reply