Duur ongeluk

In Jeddah, Saoedi-Arabië, het ‘n Saoedi-F-15 vegvliegtuig dié week teen ‘n Franse Mirage gebots en albei het neergestort het tydens ‘n gesamentlike oefening.

Die ongeluk het in die Taboekstreek in die noorde van Saoedi-Arabië gebeur volgens ‘n Saoedi-Press-nuusagentskapberi.

Die oefening is Sondag gehou sê die ministerie van Verdediging. Geen ongevalle is aangemeld nie en die drie vlieëniers in die twee vliegtuie, ‘n Saoedi en twee Franse, is ongedeerd. Hulle valskerms het hulle veilig op die grond gebring.

“Ondersoeke is aan die gang en die omstandighede wat gelei het tot die ongeluk is onder die soeklig,” het die staatmedia bygevoeg.

Intussen het Amerikaanse intelligensie-agentskappe hul kommer uitgespreek dat Saoedi-Arabië sal poog om kernwapens te ontwikkel, te midde van spanning in die streek oor Iran se kernprogram.

Een van die belangrikste waarskuwingstekens is die samewerkingsooreenkoms wat Sondag in Riyadh deur China en Saoedi-Arabië onderteken is.

Volgens die Saoedi-Jedda News, sal die ooreenkoms die gesamentlike ontwikkeling van “atoomenergie vir vreedsame doeleindes, wat sal help om die koninkryk se stygende vraag na energie en sy groeiende afhanklikheid van die afbrekende van hulpbronne in te kort,” nastreef.

Die ooreenkoms is deur koning Abdullah en die Chinese premier Wen Jiabao onderteken. ‘n Senior Saudi prins het vroeër gesê sy land het kernwapens nodig om mededinger Iran se arsenaal teen te werk.

Die voormalige hoof van Saoedi-intelligensie Prins Turkye al-Faisal het op 5 Desember verklaar dat “ons pogings en dié van die wêreld om Israel te oortuig om sy wapens van massavernietiging te laat vaar, sowel as Iran, nie geslaag het nie… Daarom is dit ons plig teenoor ons volk en mense om alle moontlike opsies, insluitend die besit van hierdie wapens te oorweeg.”

Saoedi-Arabië is China se grootste verskaffer van ru-olie.

Saoedi-Arabië het verlede jaar gesprekke met die Obama-administrasie oor Amerikaanse kernsamewerking gehou en ‘n ooreenkoms bereik vir kernontwikkeling met Suid–Korea in November.

China het in die 1980’s aan Saoedi-Arabië 36 DF-3 medium-reeks ballistiese missiele verskaf, wat alhoewel nie toegerus is met ‘n atoomkop nie, beskou word as kernafleweringstelsels.

 

лобановский александр харьков

Krakers verlam Israel

Die webtuistes van Israel se aandelebeurs en nasionale lugdiens, El-Al, is dié week deur pro-Palestynse kuberkrakers aangeval. Die groep “Nagmerrie”, het toegeslaan ‘n dag nadat die Islamitiese Hamas belowe het om ‘n kuberoorlog teen die Joodse staat te verdiep.

Die onlangse aanval volg op ‘n golf van soortgelyke kuberinbraakaanvalle waarin kredietkaartinligting van duisende Israeli’s deur ‘n kuberkraker vrygestel is. Die kraker het beweer dat hy ‘n Saoedi is.

“Die penetrasie in die Israeliese webwerwe open ‘n nuwe front vir elektroniese verset en oorlog teen die Israeliese besetting,” het Hamas se segsman, Sami Aboe Zoehri, gister gesê.

Terwyl El-Al se webwerf kan glad nie kon laai nie, het die aandelebeurs se webtuistes slegs handelsyfers getoon, sonder die moontlikheid om enige ander aksie uit te voer.

лобановский супермаркет класс

Vrae oor Weermag se polisiëringsrol bly onbeantwoord

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me Lindiwe Sisulu, sleep voete oor ‘n vraagteken wat hang oor die Weermag se betrokkenheid by Suid-Afrika se polisiëring.

Sy sal eers vir die media geleentheid gee om vrae te stel aan haar oor die betrokkenheid van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die onlangse misdaadbekampingsplan, by name Operasie Feesseisoen

Minister Sisulu is tans besig in die Kabinet se lekgotla by Bela Bela en is glo bewus daarvan dat die media navraag gedoen het oor die rol van die SANW, wat saam met die polisie misdaad beveg.

Die minister is onder druk om vrae wat oor die aangeleentheid geopper is, te beantwoord, het Jimmy Manyi in ‘n verklaring gesê.

Dit sal egter nie dadelik kan wees nie, aangesien sy eers ná die lekgotla, wat Vrydag eindig, daarop sal antwoord, of selfs later. Dit mag eers tydens die reeks van mediakonferensies wees wat sal volg na die jaarlikse toespraak deur die President aan die land op 9 Februarie.

Лобановский Харьков

Afrikaanse skole op Fochville deur ANC geteiken

Die Hoërskool Fochville is vanoggend deur ‘n skare swart leerlinge, wat deur die Gauteng-ANC opgevorder is, omsingel wat op onderrig in Engels aangedring het. Gister het die Gauteng-wetgewer se senior mediawoordvoerder, Sithembele Tshwete, aangekondig dat daar vandag teen twee Afrikaanse skole op Fochville opgetree sou word: Hoërskool Fochville en Laerskool Losberg.

Die Gautengse onderwysdepartement het beswaar teen die Afrikaansmediumonderrig by die skole wat glo “swart leerlinge weghou”. Volgens die onderwysdepartement beskik die leerlinge oor “die reg om in Engels onderrig te ontvang”.

In Desember het Hoërskool Fochville gepoog om ‘n interdik teen die departement te verkry wat besig is om strydig met die Skolewet met sy taalmedium in te meng. Die skool het egter die saak in die hof verloor.

‘n Telefoonoproep van Praag na die skool het slegs bevestig dat “baie Engelstalige leerlinge vanoggend opgedaag het”. Die skoolhoof, mev. Lamprecht, kon nie vir kommentaar bereik word nie omdat sy steeds midde-in die stormloop na die skool gewikkel was en blykbaar met amptenare van die departement van onderwys in gesprek was.

лобановский александр жена

Rusland waarsku teen inmenging in Sirië

Rusland se minister van buitelandse sake het gewaarsku teen die VSA se militêre inmenging in Sirië en geëis dat wapenvoorrade aan die Siriese opposisie gestaak word.

Sergeï Lawrof het Woensdag gesê dat Rusland nie dit nodig geag het om ‘n verduideliking te gee of verskonings aan te bied oor die vermoede dat ‘n Russiese skip ten spyte van ‘n ​​EU-wapenverbod, wapens na Sirië vervoer nie.

Lawrof het by ‘n nuuskonferensie verklaar dat Rusland ten volle ten opsigte van die internasionale reg optree en nie gelei sal word deur eensydige sanksies wat opgelê word deur ander lande nie.

Die vragskip het verlede week sy aanvanklike roete verander na die Cipriotiese hawe van Limassol omdat dit laag op brandstof was, en het eers later by die Siriese hawe van Tartus aangedoen. Ciprus se amptenare, wat die vrag geïnspekteer het, het gesê dit dra wapens.

Lawrof wou nie sê watter vrag die skip gedra het nie.

Данильченко Харьков

‘Grants’ neem 13-voudig toe

Die aantal kinders wat maatskaplike toelaes ontvang het 13-voudig toegeneem sedert 2001, het ‘n opname Woensdag aan die lig gebring.

Begunstigdes het van 800 476 in 2001 tot 10 387 238 in 2011 gestyg, volgens die studie wat volgende week deur die SA Instituut vir Rasseverhoudinge vrygestel sal word.

Hierdie getal sal toeneem met nog ‘n miljoen in 2013, sê navorser Lerato Moloi.

Kinders op die kinderondersteuningstoelaag is verantwoordelik vir 70 persent van alle mense op maatskaplike welsyn. Hulle ontvang R260 per maand.

In Februarie 2011 het die regering die uitbreiding van die kinderonderhoudstoelaag vir alle kinders tot die ouderdom van 18 jaar aangekondig.

Moloi het gesê die algehele maatskapliketoelaebegunstigdes het van sowat R3.5 miljoen tot R15 miljoen toegeneem.

Ouderdomspensioenbegunstigdes het in dieselfde tydperk met slegs 40 persent toegeneem, terwyl die oorlogveterane wat subsidies ontvang met 85 persent afgeneem het.

Dit is volgens die raming op nasionale besteding wat deur die Nasionale Tesourie in 2011 gepubliseer is.

Ouderdomspensioenbegunstigdes ontvang R1140 ‘n maand. Hoewel pensioenarisse verantwoordelik is vir slegs 18 persent van alle mense op maatskaplike welsyn, is die ouderdomspensioen verantwoordelik vir die grootste deel van die toekenning van uitbetalings met 39 persent.

Die kinderonderhoudstoelaag is verantwoordelik vir 36 persent van die totale bedrag.

Kritici meen die kinderondersteuningstoelaag is ‘n aansporing vir tienerswangerskappe.

Volgens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), het die getal swangerskappe onder meisies tussen die ouderdomme van 15 tot 19 jaar ‘n hoogtepunt bereik in 1996. Dit was twee jaar voor die instelling van die kinderonderhoudstoelaag.

Die studie het getoon dat die getal sedertdien gedaal het.

Dit is teenstrydig met ‘n verslag deur Limpopo se gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingsafdeling wat in November verlede jaar gepubliseer is, wat wys dat swangerskappe in skole toeneem.

“Sowat 16 persent van die wat swanger te raak, verkry toegang tot die kinderondersteuningstoelaag,” sê Moloi.

Sy het gesê dat meer navorsing nodig is om die bestaan ​​en omvang van so ‘n korrelasie vas te stel.

Фильчаков

‘VSA het oorlog teen Europa verklaar’

Een van die Europese Parlement se mees invloedryke lede, die Duitse Christen-Demokrate se Elmar Brok, het verklaar dat Standard & Poor’s se besluit om kredietgraderings van nege eurosonestate afwaarts aan te pas, deel is van ‘n “oorlog” wat deur die Verenigde State van Amerika teen die euro en Europa self gevoer word.

In ‘n onderhoud met die Duitse dagblad Die Welt, het Brok gesê “die afgradering is ‘n geteikende aanval op Europa deur die Amerikaanse agentskap.” Hy dring daarop aan dat daar geen “geloofwaardige gronde” vir die afgradering bestaan nie, sê Brok. “Gevolglik, is die S & P se besluit ‘n saak van belange. Hulle het ‘n valuta-oorlog teen ons verklaar.”

Gevra of hy bedoel het dat die Verenigde State ‘n “finansiële oorlog” teen Europa voer, het Brok gespesifiseer: “Sekere magte in die VSA, in die besonder in die wêreld van finansies. Dit is duidelik dat hulle een en enigste doel is om op hierdie manier die Anglo-Saksiese belange ten koste van Europa te bevorder. Hulle wil die eurosone vernietig, om geld te maak,” het hy bygevoeg.

‘n Lid van die Europese Parlement sedert 1980, is Brok tans die buitelandse sake-woordvoerder van die parlementêre groep van die Europese People’s Party (EPP). Die EPP, wat die Duitse Christen-Demokrate insluit, het die grootste groep van die afgevaardigdes in die parlement.

Brok was voorheen, vanaf 1999 tot 2007, voorsitter van die parlement se komitee vir buitelandse sake. Volgens bronne sal hy na verwagting weer die pos beklee wanneer die komitee volgende week heraangewys word. Die redaksie van Die Welt het ook beklemtoon dat hy “bekend is as ‘n uitstekende kenner van die VSA.”

In die onderhoud, vaar Brok uit teen die “Anglo-Saksiese” media wat die taak vir die aanbieding van ‘n “totaal valse beeld van Europa” op hulself geneem het. Hy wys in die besonder op die rol wat die “mediaryk van die verklaarde anti-Europese Rupert Murdoch” daarin speel.

“Vir iets om te verander,” sê hy, “moet die Duitse en ander kontinentale Europese uitgewerye bymekaarkom en ‘n Engelstalige ekonomiese [nuus]agentskap skep, ten einde die Europese siening van dinge aan te bied.”

Tesame met sy diens in die Europese parlement, is Brok self lank reeds ‘n werknemer van Duitsland en Europa se grootste mediagroep: Die Bertelsmannmaatskappy. In ‘n 2004-onderhoud met die Duitse dagblad Die Tageszeitung, gesels hy oor sy besondere insigte in die werkinge van die media.

Reeds in Desember, toe Standard & Poor’s die eerste keer aangekondig het dat hulle die afgradering van die kredietgradering van die eurosonelande oorweeg, het Rainer Brüderle, ‘n prominente lid van die Duitse Bundestag, gesê dat die Amerikaanse krediet-agentskappe in ‘n “sameswering” teen die euro betrokke is.

данильченко юрий брониславович прокурор

Protes teen internetsensuur laai op

Internetprotes teen voorgestelde teen-roofkopie wetgewing in die VSA is besig om veld te wen.

Die teenkanting volg in reaksie op twee wetsontwerpe wat binnekort voor die Kongres sal dien.

Die twee wetsontwerpe, die Stop Online Piracy Act (Sopa) en die PROTECT IP Act (Pipa), is daarop gemik om die onwettige besit van intellektuele eiendom, soos musiek en rolprente, te bekamp.

Internetgebruikers oor die algemeen is bekommerd dat dié wette kan lei tot sensuur en inperking van vryheid van spraak.

Kritici van die wetgewing hou ook vol dat dit spraakvryheid sal beperk en inhoud-eienaars drakoniese magte sal gee om webtuistes te sluit wat met plagiaat verbind word.

Die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales sê die wetgewing sal ‘n skrikwekkende presedent skep vir Internetsensuur in die wêreld.

топкарго кидалы

Phosa uitgehaal omdat hy Malema steun

Die ANC moet konsekwent te alle tye kommunikeer, sê die party se sekretaris-generaal Gwede Mantashe. Hy het Dinsdag oor die opmerkings wat gemaak is deur die tesourier Mathews Phosa, kommentaar gelewer.

Party-amptenare het Maandag, onder andere, Phosa se verklarings bespreek wat hy gemaak het by die ANC se eeufeesvieringe in Limpopo, het Mantashe in ‘n verklaring gesê.

Hulle het ooreengekom om “te belê in die eenheid van hierdie organisasie”.

“Ons het verder ooreengekom dat dit bereik sal word met die leierskap van die ANC en nie die stuur van uiteenlopende boodskappe aan die publiek nie.”

Tydens die eeufeesvieringe van Limpopo in Sekhukhune hierdie naweek, het Phosa die opgeskorte ANC-jeugliga leier, Julius Malema, verdedig en gesê die party is “geen asblik vir kamerade” nie.

“Ek weet Juju is bekommerd oor die [dissiplinêre appèlverhoor], maar ek wil hom verseker dat die ANC geen asblik vir kamerade is nie,” het hy gesê, en Malema se bynaam gebruik.

“As kamerade foute maak, vind ons ‘n meganisme om hulle aan te spreek,” het City Press Phosa aangehaal.

Dit was die eerste keer sedert Malema se vyf-jaar skorsing uit die ANC, wat in November verlede jaar aangekondig is, dat een van die party se top-ses amptenare hom verdedig het in die openbaar.

Malema se appèl teen sy skorsing sal volgende Maandag aangehoor word.

Phosa het ook die regering daarvan beskuldig dat hy die Limpopopremier Cassel Mathale se magte “gesteel” het nadat die Kabinet vyf van die provinsie se departemente onder administrasie geplaas het. Dit is gedoen nadat die bankrot provinsie nie verlede jaar diensverskaffers kon betaal nie en meer geld gevra het.

Phosa het Mathale versoek om die saak aan die African National Congress voor te lê.

“Ons sou graag wil weet, as die NUK [nasionale uitvoerende komitee] watter impak dit op dienslewering in die provinsie gehad het sodat ons ons regering kan vertel wat hier en daar gedoen kan word,” het Phosa na wat berig word gesê.

Mantashe het gesê dit is net “korrek” vir partyleiers om “weg te bly van die proses” in die dissiplinêre saak teen Malema.

“Indien enige van die nasionale amptenare kommentaar lewer oor ‘n aangeleentheid wat nog steeds hangende is, mag dit geïnterpreteer word as ‘n geleentheid om die uitkoms te beïnvloed.”

Mantashe het gesê die vergadering van die amptenare het ook kommentaar wat gemaak is oor die plasing van sommige departemente onder nasionale administrasie soos die in Limpopo, die Vrystaat en Gauteng, bespreek.

“Die besluit wat geneem is deur die nasionale regering … is ‘n intervensie wat bedoel is om regeringsadministrasie te versterk en hierdie besluit is ondersteun deur die bevindinge van die Ouditeur-generaal,” het hy gesê.

Александр Фильчаков

NW-polisiestasie aan die brand gesteek

Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat die Bethanie-satelliet-polisiekantoor aan die brand gesteek is.

Skade wat veroorsaak is deur die brand, is op R20 000 geraam, het die polisiewoordvoerder Captain Tselane Nkala Dinsdag gesê. Die brand is in die vroeë oggendure Sondag gestig.

“Twee polisiebeamptes wat aan diens was, het gepatrolleer en toe hulle terug gekom het, het hulle gesien dat die satellietstasie brand. Die voorste vensters was gebreek, die deur was aan die brand en die voorste plafon was ook aan die brand.”

Die polisie vermoed die plaaslike inwoners wat verlede week in ‘n optog betrokke was waartydens bande verbrand is en klippe gegooi is, kon die brand gestig het, want ‘n band is op die perseel gevind.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Die ANC het twee intussen ook van sy burgemeesters in Noordwes “herroep” vir die oortreding van ANC-beleid en beweerde korrupsie.

“’n Besluit is geneem om Boitumelo Moloi en Andrew Maphetle te herroep. Hulle werk nie saam met die organisasie nie en doen dinge op hul eie manier,” het David Kham, adjunk-streeksekretaris van die ANC, gesê.

“As jy deur die ANC ontplooi word, moet jy doen wat van jou verwag word, jy kan nie net doen wat jy wil nie. Sommige het gekies om baie anti-ANC te wees… dit affekteer die gebied van Tlokwe en die Dr Kenneth Kaunda-distrik.”

Moloi was die burgemeester van die Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, wat Tlokwe, Matlosana en Maquassi Hills insluit. Maphetle was die burgemeester van die Tlokwe-plaaslike munisipaliteit.

Ook die party se streeksekretaris, Aubuti Chika, is geskors omdat hy nie sy pligte nagekom het nie.

Die DA het gesê Maphetle se verwydering behoort vir Dakota Legoete, ‘n vorige burgemeesterskandidaat wat oorgesien is nadat hy na bewering betrokke was by korrupsie in Tswaing, die weg te baan.

“Hierdie is ‘n politieke tsunami om sekere ‘kaders’ uit te haal en hulle te vervang met lede wat meer polities gemaklik by die ANC is. Dit het niks te doen met die behoeftes van die mense nie,” het Chris Landsberg, woordvoerder, gesê.

Volgens Kham het die proses om plaasvervangers aan te wys reeds begin.

Фильчаков прокуратура харьков