ANC kap gedrukte media

‘n Onafhanklike media-appèltribunaal sal die beste manier wees om die drukmedia te reguleer, het die ANC Dinsdag gesê.

“Ons wil dit duidelik maak, ons beywer ons vir die onafhanklike regulering van die media, vry van die belange van kommersiële of politieke partye,” het Jessie Duarte, lid van die ANC se uitvoerende komitee, aan die kommissie vir persvryheid in Johannesburg gesê.

“Die ANC glo in onafhanklike regulering. Dit beteken nie dieselfde as die interpretasie wat algemeen met ons voorstel verbind word nie. Dit word soms geïnterpreteer as sou die media deur die staat gereguleer moet word.”

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en die party se woordvoerder, Jackson Mthembu, was saam met Duarte by die openbare verhoor.

Mthembu het voorgestel dat die parlement dit moet oorweeg om ‘n onafhanklike liggaam in dieselfde afdeling as die kantoor van die openbare aanklaer en die Onafhanklike Verkiesingskommissie te skep.

“So ‘n liggaam moet nie ‘n gevestigde belang in die sakewêreld, politiek of die media self hê nie,” het hy gesê.

“Die ANC kan nie aan die parlement sê waarmee om vorendag te kom nie, slegs dat hulle iets moet vind wat alle Suid-Afrikaners tevrede sal stel.

Duarte het gesê die appèltribunaal is noodsaaklik, aangesien die drukmedia in haar opinie gedomineer word deur swak joernalistiek, onverantwoordelike verslaggewing, ‘n oneffektiewe media-ombudsman en ‘n tekort aan aanspreeklikheid.

Mthembu het gesê die tribunaal sal strawwe en sanksies teen ‘n agentskap of publikasie lê, ongeag van die erns van die oortredings.

“Met die Mediaraad en ombudsman is die aanname altyd dieselfde en die publikasie onttrek net die storie en vra om verskoning – ongeag van die erns,” het hy gesê.

“Ons wil nie iets hê wat teen die media is nie. Die struggle waaraan ons almal  deelgeneem het, het ‘n vrye pers moontlik gemaak.”

Sunday Times se voormalige redakteur en tans by Avusa, Mondli Makhanya, het gesê die Persraad is nog steeds ‘n doeltreffende regulerende liggaam vir die gedrukte media.

“Die basis van ons beroep is geloofwaardigheid, sonder dit is ons niks. Verskoning aanteken is ‘n effektiewe sanksie. Joernaliste wil nie voor die publiek staan ​​en sê dat hulle verkeerd was nie,” het hy gesê.

“Daar is voorbladverskonings wat ek moes doen by die Sunday Times, en dit is nog iets wat ek diep oor voel … Dit bly nog steeds oop wonde.”

 

 

данильченко юрій броніславович

Persvryheid is net vir die media, hoor kommissie

Die media wil die reg om uitsprake te maak vir homself toeëien, maar ontken dat ander dieselfde reg het, het die persvryheidskommissie Maandag gehoor.

“Hulle gee nie vryheid van uitdrukking aan die man in die straat, die publiek, nie,” het Ebrahim Hassaim gesê, ‘n individu wat ‘n voorlegging by die openbare verhore in Johannesburg oor persvryheid gemaak het.

Hy het gesê hy is ‘n ywerige skrywer van briewe aan die pers, maar vind dikwels woorde wat sommer aan hom toegedig word, of aansienlike wysigings wat gemaak word aan sy briewe sonder dat ‘n voetnota dit aandui.

“En dit is absolute bedrog,” het hy gesê.

Hy het probeer om te kla en het so ver gegaan as die Persraad, maar is weggewys

“Hulle wil dit nie graag hoor nie, maar daar is joernaliste wat nie omgee vir die belange van die publiek nie,” het hy gesê.

As hulle sy briewe so kan verander, is hy nie verbaas dat die regering voel dat hulle ‘n rede vir ‘n klag teen die media het nie.

“Die media moet niemand rede om te kla gee nie. My voorlegging is dat daar onafhanklike regulering moet kom,” het hy gesê.

Intussen het onafhanklike kenners daarop gewys dat die media erg geïnfiltreer is deur NI-agente wat ‘n sekere agenda wil bevorder en weinig omgee oor spraakvryheid of die publiek se regte.

Олександр Васильович Фільчаков

Joernalis dagvaar SWAPO

‘n Namibiese joernalis dagvaar die regerende South West Africa People’s Organisation (SWAPO) vir naamskending nadat die party hom ‘n voormalige anti-onafhanklikheidsvegter genoem het, het ‘n hof Maandag gehoor.

Johannes Grobler, 48, beweer dat die Swapo-mondstukkoerant Namibia Today in ‘n redaksionele stuk in 2009 na hom verwys het as ‘n “ex-Koevoet”.

Koevoet was ‘n welbekende teen-insurgensie-polisie-eenheid van die land se regering toe Suid-Afrika nog daaroor beheer gehad het.

Grobler se prokureur Hannchen Schneider, het aan die Windhoekse Hooggeregshof gesê dat die opmerkings teen vryheid van spraak is en sy “professionele reputasie” beskadig het.

Die koerant word ook op SWAPO se webwerf gepubliseer en die redaksie het ontstoke reaksie van die publiek ontvang, met lesers wat beweer dat Grobler “erger is as wat Osama bin Laden” en “sy hande geweek is in die bloed van die nasie”.

Grobler, wat gesê het dat hy nou vir sy lewe vrees, het gesê die redaksionele kommentaar beskadig sy reputasie.

SWAPO se sekretaris-generaal, Pendukeni Iivula-Ithana, wat ook die Minister van Justisie is, is ook gedagvaar. Die verhoor sal Vrydag hervat.

Фильчаков прокурор харькова

ET se vrou hoor oor radio van sy dood

Die vermoorde Eugene Terre’Blanche se vrou het van ‘n radiostasie verneem dat haar man dood is, het die hof op Ventersdorp Maandag gehoor.

Martie Terre’Blanche het getuig dat haar suster gebel het om haar te vertel dat haar man se perd op en af langs die omheining op die dag van sy dood gehardloop het.

Haar suster woon langs die plaas buite Ventersdorp in Noordwes, waar Terre’Blanche op April 3, 2010 vermoor is.

Sy het gesukkel om haar trane terug te hou. Martie het aan die hof gesê sy het haar man verskeie kere gebel voordat sy haar suster gebel het om haar te vra om seker te maak oor hom.

Net voor 06:30, het die plaaslike radiostasie, Radio Overvaal, haar gebel om uit te vind of haar man dood is.

“Ek kon dit nie glo nie en het gesê ek sal uitvind,” het sy aan die hof gesê.

Die vermeende moordenaars het glo Ventersdorp se polisie gewaarsku dat Terre ‘Blanche dood is.

Plaaswerkers Chris Mahlangu en ‘n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle vir die Afrikaner Weerstandsbeweging se leier se dood verantwoordelik is. Hy was 69-jaar-oud.

Albei het onskuldig gepleit aan moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu beweer dat hy in selfverdediging opgetree het. Die tiener ontken betrokkenheid by die misdaad.

Terre’Blanche se vrou het gister gesê dat daar geen noemenswaardige spanning tussen haar man en die werkers wat beskuldig word van moord op hom, was nie.

“My man het altyd gesê hy [Mahlangu] het goed gewerk,” het sy getuig.

Sy het gesê dat Mahlangu het aan haar kombuisvenster teen 10:00-11:00 op die dag van die moord kom klop, en gevra vir ‘n lening.

Sy het gesê sy wil eers haar man vra voordat sy aan hom geld gee, want die werkers ontvang hul salarisse slegs na die Paasnaweek.

Sy het gesê dat Mahlangu dronk was toe hy by haar huis aangekom het.

“Hy was nie nugter gewees nie.”

Mahlangu het vir haar gesê Terre’Blanche was in Pretoria, maar haar man het vir haar die aand tevore gesê dat hy na die plaas gaan.

Toe sy hom gebel het, het hy vir haar gesê om nie aan Mahlangu geld te gee nie want hy was amper by hul huis in Ventersdorp.

By sy aankoms, het hy en Mahlangu na ‘n nabygeleë drankwinkel gegaan waar Terre’Blanche alkoholiese drankies gekoop het vir die waarde van sowat R200.

Martie het aan die hof gesê toe haar man by die huis kom, was hy in ‘n haas om terug te keer na die plaas en het vir haar gesê het hy sal daardie aand terug wees.

Die verhoor duur Dinsdag voort.

topcargo отзывы

SA verloor AU-leierskapstryd

Die Afrika-Unie het die mandaat van sy hoofkommissaris, Jean Ping verleng nadat die verkiesing van die nuwe AU-hoof op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Ping, van Gaboen, is China se voorkeurkandidaat.

Ping en die Nkosazana Dlamini Zuma van Suid-Afrika was kandidate vir dié pos.

Ping sal nou aanbly tot die volgende beraad later vanjaar in Lilongwe in Malawi gehou word.

Die president van Benin, Thomas Boni Yayai het die aankondiging gemaak aan die einde van die tweedaagse beraad in Addis Ababa. Yayai het bewerings ontken dat daar ‘n dooiepunt in die verkiesing is as gevolg van verdeeldheid in die Pan Afrika blok van lande.

Die minister van Internasionale Verhoudinge, Maite Nkoanae Mashabana het ook aangekondig dat Dlamnini Zuma wéér Suid-Afrika se kandidaat sal wees by die Malawi-beraad.

President Jacob Zuma het vroeër op die beraad gesê Afrika moet ekonomiese, maatskaplike en omgewingskwessies takel om meer geleenthede vir sy mense te verseker.

Hy het in Addis Ababa gepraat by die bekendstelling van ‘n verslag oor wêreldwye volhoubaarheid.

Zuma sê die toekomstige welvaart van ontluikende lande hang af van leiers wat maniere vir volhoubare groei moet bewerkstellig.

Hy het ongelykhede uitgesonder as een van die probleme wat aandag moet kry vir wêreld groei.

лобановский александр игоревич харьков

Nog ‘n plaasmoord, motief onbekend volgens die polisie

‘n Sewe-en-sewentig-jarige boer is doodgeskiet in nog ‘n plaasaanval by sy huis buite Stella naby Vryburg. Die polisie in Noordwes het Maandag die moord bevestig.

Hendrik Cilliers is Sondagaand halfkaal op die grond gevind, vyf meter weg van sy huis, het brig. Thulane Ngubane gesê.

Hy het ‘n koeëlwond aan sy kop gehad en sy hande en voete was met skoenveters vasgebind, het Ngubane gesê.

‘n Buurman het die polisie gekontak toe hy Cilliers se motor op die hoofpad gesien het en hy nie sy telefoon geantwoord het nie. Cilliers is erg aangerand en geslaan.

Die motief vir die moord is glo onbekend volgens die polisie en hulle is op soek na die moordenaars.

Фильчаков прокурор

Foutjie kos SAPD driekwartmiljoen

Dit is ‘n klein foutjie, maar met ‘n heftige prysetiket: R740 000. Die fout kan waardevolle inligting van die polisie weerhou en selfs die arrestasie van ‘n groot aantal misdadigers verhoed. Die fout? Een ontbrekende nul.

Agt-en-vyftig reklameborde wat regoor die land opgerig is om die SAPD se amptelike wenkediens, Stop Misdaad te adverteer, is met ‘n fout gedruk. Dit was oor die naweek dat die publiek die fout agtergekom het.

Die Stop Misdaad se 08600 10111 se een nul is op 58 reklameborde weg, en iemand met waardevolle inligting oor kriminele aktiwiteite wat 0860 10111 skakel, sal begroet word met ‘n besettoon.

Nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Lindela Mashigo, het gesê die polisie het reeds die fout erken en is in gesprek om dit reg te stel. Die veldtog kan die polisie byna ‘n driekwartmiljoen rand kos, maar Mashigo sê dat die ander uitsaai-en gedrukte advertensies maak seker dat die publiek weet wat die korrekte nommer vir die blitslyn is.

Die advertensieborde is strategies geplaas in misdaadbrandpunte regoor Suid-Afrika. Een van die mees prominente borde op Graystonrylaan in Sandton sal bly vertoon, en die verlore nul sal ingevoeg word deur middel van plakkate of op ‘n ander manier.

Wanneer sal dit gebeur? “So gou as moontlik,” sê Mashigo.

Stop Misdaad se nommer: 08600 10111.

Данильченко Харьков

Oproer by Schoemansdal onderdruk

Altesaam ses-en-twintig mense is op Schoemansdal naby Jeppes Reef in Mpumalanga in hegtenis geneem en sal aangekla word van openbare geweld.

Die mense was glo deel van ‘n gewelddadige betoging. Hulle het volgens berigte vier voertuie, kantore en ‘n gimnasium van ‘n plaaslike sakeman aan die brand gesteek.

Volgens die polisie is daar vermoede dat die sakeman ‘n sluipmoordenaar is. ‘n Woordvoerder, Leonard Hlathi sê die polisie moes die skare met rubberkoeëls uitmekaar jaag.

Die verdagtes sal vanoggend in die hof verskyn.

Данильченко Юрий отзывы

ET-verhoor hervat

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor word vandag in die Rondgaande Hof op Ventersdorp in Noordwes hervat.

Die staat sal na verwagting voortgaan met die kruisverhoor van Kaptein Jan Louw wat die moordtoneel besoek het. Ander getuies sal daarna geroep word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle is tevrede oor hoe die saak tot dusver verloop. Die beskuldigdes, twee plaasarbeiders, Chris Mahlangu en ‘n minderjarige, het albei onskuldig gepleit op aanklagte dat hulle die voormalige AWB-leier in April 2010 in sy plaashuis vermoor het. Hy was 69-jaar oud.

Albei staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

топкарго

Afrika wag in spanning

Die Afrika-Unie se nuwe voorsitter het moeilike uitdagings wat wag. Sondag het die VN-hoof Ban Ki-moon gewaarsku dat ‘n woedende stryd tussen Soedan en Suid-Soedan plaaslike veiligheid bedreig.

Thomas Boni Yayi, die president van Benin, het beloof om te werk vir vrede gedurende sy termyn van ‘n jaar as roterende voorsitter van 54 lande, maar konflik slaan oor die hele vasteland uit.

Ban het gesê beide die Soedanese president Omar al-Bashir en sy Suid-Soedanese eweknie Salva Kiir beskik nie oor die “politieke wil” om grens- en oliegeskille aan te pak nie, nadat die Suide in Julie afgestig het.

“Die situasie in Soedan en Suid-Soedan het ‘n kritieke punt bereik, en dit hou ‘n groot bedreiging vir vrede en veiligheid in die hele streek in,” het Ban aan verslaggewers gesê.

Khartoem en Juba is haaks oor die pyplyntransitofooie om die Suide se olie na die hawe van Soedan te vervoer.

Spanning het ook gestyg oor die twee lande se bestrede grensgebied – wat sny deur olie-velde – asook bewerings oor rebellegroepe wat as kliënte van die onderskeie state optree.

“Die internasionale gemeenskap moet optree, en hulle moet nou optree,” het Ban gesê. “Solank as wat hierdie kwessies steeds onopgelos is, kan spanning slegs toeneem.”

Oorloggeteisterde Somalië, die geweld in Nigerië en die onluste in Senegal na aanleiding van ‘n tagtigjarige president se vasberadenheid om te klou aan mag, sal na verwagting ook aangespreek moet word by die vergaderings in die Ethiopiese hoofstad.

Boni Yayi, wat by Ekwatoriaal-Guinee se president Teodoro Obiang Nguema oorgeneem het as AU-voorsitter, het gesê hy wil “verseker dat vrede terugkom na ons vasteland”.

Boni Yayi, ‘n ekonoom sal na verwagting niks omstrede doen in sy nuwe pos nie, ‘n pos wat hoofsaaklik ‘n seremoniële posisie is.

Daar is egter leiers wat gefokus is op die wedloop vir die blok se mees invloedryke pos, die hoof van die blok se uitvoerende arm, die AU-kommissie.

Terwyl die AU-voorsitterskap roteer tussen Afrika-leiers, en vir een jaar geld, is intense wedywering steeds aan die gang voor ‘n stemmery Maandag om die kommissiehoof te kies.

‘n Geheime stemming sal wys of Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma sal oorneem by Jean Ping. Geen vrou het het nog die AU-kommissiepos gevul nie.

Suid-Afrika het Saterdag gesê hulle is optimisties dat Dlamini-Zuma, voormalige vrou van President Jacob Zuma, Gaboen se Ping, wat die eerste keer in 2008 verkies is, kan ontsetel.

Bronne naby Ping sê hy is vol vertroue dat sý herverkiesing sal slaag, want hy reken op die steun van die Franstalige Wes- en Sentraal-Afrika.

AU-leiers, wat in hul slanke nuwe hoofkwartier vergader, ‘n $200 miljoen wolkekrabber met komplimente van die Chinese regering, is vir hul eerste beraad sedert die dood van die blok se stigter Moeammar Gadaffi, byeen.

Die post-verkiesingkrisis in die Ivoorkus, sowel as die Arabiese Lente het voorsitter Obiang opgesom as “eksterne magte” wat probeer om hul “invloed te perpetueer” in Afrika.

“Afrika moet nie onverskillig staan teenoor eksterne inmenging nie. Afrika moet nie bevraagteken word oor demokrasie, menseregte, bestuur en deursigtigheid in die openbare administrasie nie,” het hy gesê.

Ban het gesê die Arabiese Lente is ‘n “herinnering dat leiers moet luister na hul mense.”

“Onderdrukking is ‘n doodloopstraat. Polisiemag is nie die antwoord vir mense se soeke na waardigheid en geregtigheid nie,” het hy gesê, en ook aandring dat Afrika-leiers gayregte moet respekteer.

Homoseksualiteit is onwettig in die meeste Afrika-lande.

Vorige kritiek het woede van Afrika-leiers ontlok, wat beweer dit is vreemd aan hulle kultuur.

Фильчаков прокурор харькова