praag.co.za

Category: Joseph Secreve

Joseph Secrève is gebore te Roodepoort op 21 November 1973. Hy was op Laerskool Roodepoort-Wes en het gematrikuleer aan Hoërskool die Adelaar in Witpoortjie in 1991. Daarna is hy RAU toe waar hy ‘n B.A.- (Geesteswetenskappe) graad behaal het, met hoofvakke sielkunde en sosiologie in 1995. In 1997 behaal hy die graad B.A. (Honneurs) in sielkunde aan dieselfde universiteit. Sedert 1998 woon hy in Nederland waar hy ‘n rukkie gewerk het en hy is tans ‘n paar maande weg van sy doktoraal in sosiale sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Daarnaas is hy ‘n ongeneeslike boekwurm en beywer hy homself vir die taalstryd om die behoud van Afrikaans.

  • Plaasmoorde? Niks persoonliks nie.

    Hendrik Verwoerd het die grootste opheffingsprojek van stapel gestuur wat Suid-Afrika nog ooit gesien het. –Jan Botha. Verwoerd is dead. 

    Nou die dag laai ek ‘n interessante artikel van die internet af. Dit is die vertroulike “Kissinger Report” uit 1975, wat eers in 1989 deur die Withuis vrygestel is. Die sentrale betoog in hierdie verslag is dat die wêreldbevolking te groot begin word en dat diverse maatreëls geneem moet word om te sorg dat die verskillende wêreldbevolkings hul geboortesyfers terug moet bring. Die druk wat as gevolg van hierdie massa mense op die ekosisteem geplaas word, word eweneens groter.

    ‘n Alomteenwoordige lewensbron soos drinkwater word steeds skaarser as gevolg hiervan. In ‘n land soos China byvoorbeeld, waar die lewensstandaard drasties begin verbeter, word verwoede pogings onderneem om riviere in te dam om mense makliker van skoon water te voorsien in hul eie huise. Die gevolg is dat die watertafels van die riviere begin daal wat weereens ‘n negatiewe uitwerking het op die gewone ekologie in daardie land. In die Amasonegebied gewaar ons ‘n soortgelyke tendens. Plaaslike landbouers is die vernaamste skuldiges om die oerwoud weg te kap om grond te skep waarop hulle kan boer, terwyl die Amasone twintig persent van die wêreld se suurstof verskaf. Met die huidige tendens in visvangs, sal daar oor 50 jaar geen vis in ‘n oseaan meer swem nie.

    In die Kissinger-verslag word gepleit dat dit ‘n heel alomvattende ingryp sal verg om die wêreldbevolking in toom te hou. Dit is nie genoeg om slegs voorbehoedmiddels te versprei nie, maar ‘n hele ommeswaai in mentaliteit is nodig, en ‘n hele aantal organisasies sal moet saamwerk om ‘n gewenste resultaat te lewer. ‘n Belangrike manier om die geboortesyfer omlaag te bring is om die algemene welvaart van ‘n bepaalde gemeenskap te verbeter. Hierdie verskynsel is goed te sien in Europa. Slegs twee generasies gelede was groot gesinne aan die orde van die dag. My oupa aan vaderssyde was een van tien kinders. Slegs een generasie daarna staan die gemiddelde aantal kinders per kerngesin op of onder die vervangingsaantal van 2.3. In lande soos Duitsland en Italië is die aantal kinders per gesin tussen 1,6 en 1,8, ver benede die maat, en om die ekonomie op peil te hou, sal hulle buitelanders moet invoer om te werk.

    Daar is egter ‘n probleem by ander etniese groepe, veral in Afrika. Die swartes het nie soos die Europeërs meegegaan in die stroom van welvaartverhoging nie. In Suid-Afrika, waar swartes aansienlik welvarend was vir ‘n Afrika-volk, het hulle nie dieselfde demografiese tendens getoon as die Europeërs nie, inteendeel. Die swart bevolking het enorm toegeneem. In die twintigste eeu het swart Suid-Afrika vertwintigvoudig en die blanke volksdeel deur hul aantal heeltemaal in die skadu gestel. Tot en met 1960 was die blankes ongeveer 20% van die Suid-Afrikaanse bevolking en nou staan daardie syfer op ongeveer 9%. Wyle Chris Louw het verlede jaar die aantal blanke Afrikaners geskat op 6%.

    ‘n Honderd jaar gelede, was daar anderhalf miljard mense op aarde. Toe die Kissinger-verslag verskyn het in ’75, het die wêreldbevolking op 4,2 miljard mense gestaan. Dit staan deesdae op 7 miljard, ‘n driekwart meer as 35 jaar gelede. Die aarde kan net die helfte soveel mense dra deur hierdie eeu, althans volgens die Optimum Population Trust. Dat hierdie styging ‘n politieke en ekologiese onstabiliteit kan beteken, is gewis.

    Hierdie demografiese onheil is waarskynlik die belangrikste rede hoekom die wêreld so baie geraas gemaak het tydens apartheid en nou met Robert Mugabe, Mbeki en Zuma so stil is. Dit wil voorkom asof Kissinger se pogings in 1975 nie gewerk het nie, en nou moet oorgegaan word na “harder” maatreels. Die wêreld se invloedrykste politici, ekonome, bankiers en ondernemers het ongetwyfeld ‘n aandeel gehad om die westerse wêreld se bruikbare idiote op te hits teen Afrikaners, juis om hierdie tendens van swart oorbevolking te knak.

    Die konsep van “nuttelose eters” kan hier verhaal word. Ons het hier te make met mense wat geen bydrae tot die natuur lewer nie, maar desondanks gevoed moet word. In Afrika styg die bevolking ook nog sterk, stamkonflikte en VIGS ten spyt, vanweë die voedselpakette van westerse lande wat hul oorskot voedsel gerieflikheidshalwe in Afrika stort. Hierdie voedselgeskenke gaan egter die komende tyd afneem, aangesien westerse lande hul voedsel self wil gebruik om biobrandstof tegnologie te ontwikkel. Dit kan aanleiding gee dat die voedselpryse in die Derde Wêreld vinniger gaan styg as in die ontwikkelde wêreld, waar ‘n groter surplus voedsel vir Westerlinge beskikbaar is. Tegelykertyd gaan Afrika oorspoel word met geneties gemanipuleerde voedsel, en soos ons weet, kan geneties gemanipuleerde voedsel geen sade produseer om self voort te plant nie. Die gevolg is dat daar altyd ‘n verband van afhanklikheid gaan wees tussen aanvraer en verskaffer. Arm lande sal moet betaal om voedsel te verkry van magtige firma’s in die ryker lande. Die geneties gemanipuleerde voedselfabriek kry dan beheer oor die wel en weë van al hierdie mense. Soos die eintste Kissinger gesê het: “As jy lande wil beheer, lê beslag op hul olie. As jy mense wil beheer, lê beslag op hul voedsel.”

    Daarbenewens kan die newe-effekte van geneties gemanipuleerde voedsel grondig ontleed word, wat weereens van Afrika die Weste se laboratorium maak. Afhangende van die newe-effekte, kan die gemanipuleerde voedsel anders vervaardig word om later aan die res van die wêreld te versprei, en sodoende word ‘n sisteem van ultrakapitalisme bewerkstellig waar miljarde mense slegs kan eet op die genade van die super-rykes.

    Die verband mag dalk nou duidelik word hoekom die plaasmoorde so stilgehou word, en hoekom die weste so nonchalant reageer op Mugabe se tirades om miljoene van sy mense te verhonger. Dit is niks persoonliks nie, maar die wêreldbevolking is net te gevaarlik groot en alle maatreëls is geoorloof.

    Die vraag waarmee ons sit, is hoe kan ons selfredsaamheid en selfbeskikking vir ons mense bewerkstellig met die wêreld se magtigste moonthede teen ons?

    ‘n Moontlike begin is om ‘n manier te bedink om ons eie mense van voedsel te voorsien. Afrikaners hou geen demografiese gevaar vir die wêreld in nie. Dit gebeur slegs as ons ander van kos voorsien. As ons onder die radar ons eie mense voorsien van kos, veral die sowat 650 000 Afrikaners wat onder die broodlyn leef, kan ons hopelik orent bly terwyl Afrika in ellende en korrupsie wegsink.

    Niks persoonliks nie.

    пиджак для мальчика под джинсы купитьФильчаков Александр Васильевич

  • Ontologiese onsekerheid

    Na aanleiding van Dan Roodt se artikel “Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek” het die volgende gedagte by my ontstaan oor die toestand van die moderne Afrikaner.

    Hierdie toestand is een wat al langer duur as slegs die laaste anderhalfdekade se ANC-terreurkampanje, maar onder die ANC het hierdie toestand ‘n eiesoortige kritieke massa bereik.

    Die “toestand” waarna ek verwys kan die beste omskryf word met die term “ontologiese onsekerheid”; ‘n naam wat die eerste keer deur die radikale Skotse psigiater Ronald D. Laing gebruik is. Dit behels die onvermoë om ‘n ware identiteit te vorm, aangesien hierdie identiteit geen wesenlike vashouplek kan kry vanuit die omgewing nie. Wanneer iemand voortdurend verneder word op sy manier van oorkom, sy waardes, geloof en opvatting, gaan hierdie persoon sy “self” agter ‘n web van maskers en akteurwerk wegsteek om te sorg dat sy ware, innerlike identiteit nie verder geskaad kan word nie. In uiterste gevalle kan hierdie persoon selfs begin om ‘n walging te ontwikkel teen dit wat sy eie is en homself sodoende verder begewe in sy nagemaakte identiteit.

    Ontologiese onsekerheid veroorsaak dat ‘n mens voel dat sy ware self geen bestaansreg het nie en iets ongewens is, en so iemand doen sy bes om hierdie self te beskerm, soos wat ‘n mens bakhand hou teen ‘n vlammetjie in die wind. As ‘n mens hierdie innerlike self egter te veel toeseël agter ‘n vals masker, kan hy verder kontak verloor met sy ware dryfvere, waardeur hy ‘n gevoel van leemte binne homself ervaar. Hierdie leemte gaan homself op sy beurt slegs verder stuur in die rigting van sy vals identiteit, ten einde lewendig te voel, nie-wetende dat dit hom juis verder gaan vervreem nie. Die resulterende leë gevoel laat iemand onseker agter met ‘n diepgewortelde gevoel van wanhoop en rigtingloosheid. Hierdie persoon sou Laing omskryf as ontologies onseker.

    As voorbeeld van ontologiese onsekerheid het Laing op ‘n stadium beskryf hoe twee psigiatriese pasiënte in ‘n argument betrokke was, toe die een teen die ander uitvaar met: “Jy sê so omdat jy wil wen. Ek sê so om my bestaan te bevestig”. Op die oog af lyk dit asof hier sprake is van ‘n wanvoorstelling van ‘n malmens, maar is in werklikheid goed verstaanbaar in terme van sy patos: Om hierdie argument te verloor sal sy gevoel van self, van bestaan-in-die-wêreld dermate aantas dat hy gereduseer sal word tot niks meer as ‘n voorwerp van die ander se hoon nie.

    Dit lyk aanneemlik dat hierdie proses wat binne die gedagtewêreld van een mens afspeel, ook van toepassing is op ‘n etniese volk as geheel. Enige vorm van kulturele ekspressie wat eie is aan ons kultuur is die onderwerp van verdagmakery, bespotting of karikaturisering, wat ‘n onmiskenbare element van vernedering bevat. En nou probeer ons volk as geheel ‘n manier te vind hoe ons die beste kan aanpas in hierdie vyandige omgewing. Sommige gryp ekstra hard terug na die kern van Afrikaneridentiteit en probeer die res van die volk op te voed met waardes wat kongruent is met ons ware identiteit. Ander het Afrikanerdom die rug toegekeer en probeer hul bes om alles wat hul voorouers opgebou het, af te breek, te bespot en as minderwaardig of skadelik te beskou. Nog ander probeer om waardes wat hulle van huis uit gekry het te versoen met die namaakidentiteit wat die ANC-lakeie wil hê ons moet dra.

    Die alomteenwoordige persepsie is egter dat daar geen of nouliks ‘n kernidentiteit is wat Afrikanerdom identifiseer nie, en die gevaar wat hieruit kan ontstaan is verlamming en rigtingloosheid. Daar is geen maatstaf meer waarop gehandel kan word op ‘n manier wat bindend is vir ons kultuur nie. Die gevaar wat hierdie vervreemding inhou, is dat dit veral Afrikanerhaters kan aanhelp om verder afbreuk te doen aan hul eie kultuur – ek bedoel nou Afrikaners self wat Afrikanerhaters is. Hulle is diegene wie se namaakidentiteit bestaan uit ‘n minagting vir dit wat hul eie is, en hulle is diegene wat uit gebrek aan ‘n innerlike gevoel van integriteit die heersende regime se ideale slaafs naloop. Hul identiteit is juis ‘n paradoksale gebrek aan identiteit.

    As ‘n volk eenmaal in so ‘n staat van verlamming verkeer, is protes onmoontlik. In hierdie toestand is daar sprake van ‘n suiwer vorm van verdrukking. Iets wat ‘n mens nie altyd besef nie is dat wanneer ‘n volk werklik verdruk word, kom hy nie in opstand nie. Sy lede is te verdeeld, het geen middele nie, geen geld en koordinasie nie, en ook geen energie nie. Hulle glo ook nie dat opstand of protes gaan help nie. Volke begin eers te protesteer as hulle meer eenvormigheid kry, as hulle energie en hulpbronne kry en as hulle dink hul protes gaan help. Opstand vind meestal plaas wanneer die verdrukkende elemente hul krag begin verloor en die opstandelinge sterker in hul skoene begin staan. Die Soweto-opstande, die Franse Rewolusie, die opkoms van Nasionaal Sosialisme en Fascisme in Europa het juis hul ontstaan gehad toe die ergste tye agter die rug was en dit gelyk het asof beter tye gaan aanbreek. Volgens die Nederlandse historikus Geert Mak het die Eerste Wêreldoorlog ook op so ‘n manier uitgebreek. Daar was te veel energie in Europa. Die sluipmoord op die Aartshertog Franz Ferdinand was slegs die laaste strooitjie wat die kameel se rug laat breek het.

    Miskien is dit nou die tyd om die nuwe generasie Afrikaners op te voed met ‘n goeie dosis Afrikanernasionalisme – geskoei op die beginsel van leef en laat leef – noudat die ANC se magsblok skeure begin vertoon. Dit mag dalk sorg om ‘n einde te maak aan die rigtingloosheid en verdeeldheid van ons mense. As die omgewing ons geen ruimte bied om ons kultuur te beoefen nie, moet ons vanuit onsself begin en dit op ‘n diepsinnige manier begin terugvat. Ons begin by die onvervreembare fondamente van ons historiese erfenis en kyk of ons dan ons pad opwaarts kan werk.

    En dis altyd ‘n goeie begin.

    укладка фанеры ценаОлександр Фільчаков прокурор

  • Nasionalisme is ons wapenfeit en ons plig

    Wie na buite kyk droom. Wie na binne kyk ontwaak. – C.G. Jung 

    Sonder om nou al te samesweerderig te klink oor die hedendaagse politieke verwikkelinge, kan ‘n mens nie ontken dat daar supernasionale kragte is wat inwerk op die persepsie van – hoofsaaklik Westerse – burgers nie.

    Nêrens is hierdie voorbeeld duideliker as in Suid-Afrika en Israel nie. Sodra ‘n mens net ‘n bietjie aanspraak wil maak op sy historiese erfenis, staan die perse, politici, “politieke” kommentators en derglike meningsvormers klaar om jou van allerlei verderflike opvattings te beskuldig.

    Dit was die Kommunistiese dinktenk in Moskou – die Komintern – wat in 1973 gepoog het om Apartheid en Sionisme tot misdade teen die mensdom te verklaar, en het wêreldwyd allerlei Kommunistiese organe beveel om gehoor te gee aan hierdie oproep. Dit was hul kameraad Lenin wat die bekende spreuk geuiter het dat imperialisme die hoogste fase is van kapitalisme.

    Met hierdie wete het die Oosbloklande geprobeer om die groot Satan, die Verenigde State ten gronde te rig. Hulle het geglo dat as ‘n mens ‘n kapitalistiese reus soos die VSA wil vernietig, moet hy nie soseer in die hartland self begin nie, maar in sy “tentakels”, naamlik Suid-Afrika en die Midde-Ooste. As hierdie gebiede vernietig is, sal die groot moontheid self nie te moeilik wees om te breek nie. Sowel die Afrikaner in SA as die Jood in Israel verteenwoordig Westerse volke in nie-Westerse lande, en hul ondergang sal as simbool staan vir die ondergang van die Weste as geheel.

    In Suid-Afrika is die hoeksteen van die Afrikaner se kultuur en moraal sy Calvinistiese beginsels. Suid-Afrika se groot sukses onder Verwoerd en daarna is ‘n duidelike bewys hiervan. Onder Verwoerd het die SA ekonomie met gemiddeld 7% per jaar gegroei. Die lewensstandaard van die wittes het met 3,9% per jaar verbeter en die lewensstandaard van swartes het jaarliks verbeter met 5.3%.

    Soos die Nederlandse teoloog en staatsman Abraham Kuyper in sy Stone-lesings geargumenteer het, was dit juis die Calvinistiese etiek en moraal wat van Nederland ‘n wêreldmoontheid gemaak het in die sewentiende eeu. Hierdie Calvinisme het later met die Puriteine oorgewaai na die Verenigde State en het die VS sy supermoontheid-status besorg.

    Dit is nie toevallig dat die mees gerespekteerde universiteite in die VS hulself juis in die Puriteinse state in Amerika bevind nie. In die negentiende en begin twintigste eeu was dit selfs verbode gewees om ‘n ateïs te wees aan hierdie hoër-onderwysinstellings, omdat geloof beskou was as die dryfveer van die sukses van hierdie instansies.

    Deur verskeie historiese prosesse het die streng Calvinistiese juk sy invloed verloor en in die plek daarvan het linkse opvattings die vakuum gevul. Aangesien hierdie proses geleidelik verloop, besef ‘n mens nie altyd die impak hiervan op ons direkte maatskaplike bewussyn nie.

    In Nederland met sy eeueoue linkse inslag byvoorbeeld, is die bevolking in baie opsigte gereduseer tot ‘n amorfe toestand, sonder duidelike beginsels of moraal, oppervlakkig, egoïsties, narcissisties en gereduseer tot verbruikende kuddediere. Dit gebeur selde dat ‘n mens iemand in Nederland teëkom wat ‘n grondige insig en diepgewortelde sin vir moraal en beginsels het. Enkeles wat dit wel gehad het, soos WF Hermans of Pim Fortuyn was of persona non grata verklaar of doodgeskiet.

    Op ‘n webwerf wat ek gevind het oor buitelanders wat Nederlanders verafsku, beskryf iemand dat Nederland as “the quintessence of sick western capitalism”, myle ver verwyder van die beginsels wat Kuyper opgesom het in die laat negentiende eeu. Hierdie resulterende kleingeestigheid word egter aangemoedig vanuit die Nederlandse elite deurdat talentloosheid en oppervlakkigheid beloon word. Met miljardêr filmprodusente soos Endemol met sy Big Brother-faam behoort hierdie verband duidelik te wees.

    Enkele maande gelede besoek ek ‘n hoogbejaarde tante van my en toe ek vra of hierdie losbandigheid sy ontstaan gehad het tydens die seksuele rewolusie, antwoord sy volmondig ‘ja’. Die seksuele rewolusie was die begin gewees van die opstand-kultuur, waarvan die sedeloosheid as ‘n middel gedien het om die streng leer en dogma’s te minag. En nou is die resultaat ‘n infantiele maatskappy, oftewel ‘n verweesde samelewing soos prof. Pim dit sou omskryf het. Die Nederlandse kultuur is sedertdien ‘n anti-kultuur, met sy eie vorm van nasionalisme wat antinasionalisties is, sy eie vorm van fascisme wat antifascisties is, en hedendaagse Nederland is gekant teen diegene wat westerse beginsels van gesonde volkskap nastreef.

    Deur Afrikaners jarelank te bespot en beswadder was ‘n uiting van die teloorgang wat Nederland by homself ervaar het. Die opkoms van regse strominge in Nederland is ‘n reaksie hierop, en die gesig hiervan – Geert Wilders – word op alle terreine afgebreek as synde staatsgevaarlik, weereens met die ryk elite agter die skerms wat die persepsie oor Wilders beïnvloed.

    Dr. Sydney Gregan van die Afrikaner Volksparty het op ‘n stadium gestel dat die grootste vyand van die kommunis is nie soseer die kapitalis nie (kommuniste is per slot van rekening self ultra-kapitaliste), maar die nasionalis. ‘n Nasionalis is iemand wat vir sy eie mense omgee en daarom word dit moeiliker vir ander moonthede om beheer oor hulle te verkry. Vandaar moet nasionalisme met hand en tand beveg word omdat dit teen die belange indruis van die groter moonthede.

    En waarom? Wat is die geheime krag van nasionalisme?

    Eerstens is nasionalisme ‘n bron van identiteit en singewing. Dit is gevul met geskiedenis, moraal, hoër strewes en ‘n gesonde gevoel vir waardigheid met tydlose verwysings en voorbeelde uit die verlede, en is daarom heelwat magtiger en omvangryker as oppervlakkige, eendimensionele politieke ideale. Tweedens is nasionalisme ‘n middel tot introspeksie. Dit is ‘n manier om jouself te leer begryp. Eers as jy jouself begryp kan jy insig kry in ander mense en sodoende meer behulpsaam wees in hul strewes, wat ‘n mens help na selfredsaamheid en verantwoordelikheid neem. Derdens is dit ‘n bron van innerlike groei en spirituele ontwaking, wat respekterend is teenoor die lewe self, en ‘n respek vir die lewe lei tot ‘n waardige aanvaarding van die dood eendag. Vierdens, en ewe belangrik, is dat nasionalisme die nadruk lê op jou onvervreembare bestaansreg. Dit gee jou ‘n plekkie onder die son. Nasionalisme is met ander woorde ‘n manier om te verhoed dat ‘n mens nie tot ‘n identiteitlose, nihilistiese kuddedier versink nie, en maak van ‘n onderdaan ‘n burger.

    Dit is waar dat in die Weste as geheel ‘n antinasionalistiese stroming die tydsgees bepaal het die afgelope paar dekades, en enige vorm van nasionalisme direk weer slagoffer geword het van verkettering, met die abberasies van Nazi-Duitsland as belangrikste stok waarmee nasionale bewussyswording geslaan was. Die hele massahisterie byvoorbeeld teen Israel vanwee die inval op die Turkse flottielje is alles vooropgestelde uitinge teen Sionisme, oftewel Joodse nasionalisme. Hul grootste ergenis is die verbete vasklou van Israel aan hul eie nasionale ideaal. Niemand rep egter ‘n woord oor die blitsverkopersukses van Hitler se Mein Kampf die afgelope paar jaar in Turkye nie. Dit is juis hierdie stygende golf van Jodehaat in Turkye wat die histerie laat losbars het, met Karl Marx se tallose bruikbare idiote in Europa wat voor Israel se ambassades gaan protesteer het.

    ‘n Mens moet egter die volgende vraag vra: Wat sê ons eendag vir ons kleinkinders oor ons generasie? Dat ons gehelp het om ons kultuur te vernietig omdat hul gierigheid dit wou, of dat ons glo in die onvervreembare voortbestaan van ons mense?

    En dit is nasionalisme se belangrikste bate. Dit is beginselvas

    паркет деревянныйОлександр Васильович Фільчаков

  • Ons Bolsjewistiese media

    Soos genoem op Praag en ander media, is die hoofstroommedia besig om ’n mediaspektakel te skep oor die dood van Eugene Terre’Blanche. Diverse subtiele taktieke word gebruik om die indruk te skep dat Terre’Blanche se dood nie uit ’n Malema-geïnspireerde moordlus plaasgevind het nie, maar dat die onophoudelike geweeklaag van verdrukte swart plaasarbeiders en uitbuiting die belangrikste oorsaak was van hierdie brute moord. IOL se artikels oor Terre’Blanche stel diverse kere hoedat “swartes bekommerd is” oor wit agressie, dat Terre’Blanche in staat was tot afwykende seksuele dade twee weke na ’n hartoperasie, dat hy ’n slawedrywer was wat mense graag met swepe geslaan het, en dat e-tv volgende week ’n 1915 dokumantêre gaan wys oor die ontstaan van die KKK. 

    Die artikel oor laasgenoemde stel dat die dokumentêr omstrede is omdat dit die “swartes as skurke voorstel.” Hoewel ek oor die algemeen nie veel tyd het vir mense met allerlei proto-fascistiese ophitserypraktyke nie (wit of swart), is die hoofstroommedia presies besig om hulself hieraan skuldig te maak.  Ek wonder of e-tv ook ’n dokumentêr sou wys oor Joe Slovo waarin hy oproep dat boere, tesame met hul vroue en kinders, vermoor moet word en dat hy swart polisiemanne geroep het om hul wapens teen blankes te keer en nie swart misdadigers moet bereg nie. Malema roep skaamteloos op om boere te skiet, maar enige vorm van simpatie vir sy slagoffers word deur sulke bogenoemde taktieke ontkrag.

    Selfs met die bekende insident waar AWB’er André Visagie die tv-onderhoud kort beëindig het, was die omroeper besig om die vrae te stuur in die rigting van miljoene arm swartes en die onreg van wittes wat hulself wil beskerm hierteen. Hiermee bevestig die omroeper implisiet die afhanklikheid van swartes aan die arbeid van wittes. Dit word ook openlik beweer dat die moordenaars van boere die plaaswerkers self is.

    Blykbaar het almal skoon vergeet wat dr.Philip du Toit geskryf het in Die Groot Suid-Afrikaanse Grondskandaal, dat 92% van alle swart plaasarbeiders meen dat hulle ’n gunstige verhouding met hul wit boere het, en dat 88% van swart plaasarbeiders nie die moordenaars van die boere ken nie. Die feit dat die hoofstroom propagandabuis hierdie ondersoekte feite ontken en alles in ’n Marxsties-Leninistiese paradigma wil plaas, mag ’n indruk gee aan wie se kant hulle is. Die media skets al lankal nie meer ’n beeld oor “wat is” nie, maar oor “wat moet wees”. 
     
    Wat kan ons verder verwag die komende tyd?
    ·    Die web van karaktermoord op plaasmoordslagoffers sal stywer gewikkel word. Die idee van armoede gaan verder uitgebuit word om wraakaksies op boere te regverdig, en diverse “onafhanklike deskundiges” gaan meehelp om  hierdie beeld ’n realiteit te maak.
    ·    Die media gaan minder begrip vir die slagoffers toon en hul liewer voorstel as bloeddorstige uitbuiters en kapitaliste. Daar gaan verhale versprei word oor vermoorde boere wat na die dood van Terre’Blanche genadeloser opgetree het teen hul swart werkers en daarom vermoor was.  
    ·    Net soos Stalin na bewere agter die moord op sy “dissidente” partygenoot Sergei Kirof gesit het om sy terreurgolf te regverdig, kan ons iets soortgelyks verwag in Suid-Afrika. Sowel Kirof as die puber Pawlik Morozof was vermoedelik deur die party self gedood om martelaars van hulle te maak, en sodoende die party se belange bo te stel. Hierdie moord, veral die een op Kirof, was ’n taktiek gewees om onsuiwer elemente uit die party te verwyder en die onsuiweres self te beskuldig.  Blykbaar het die ANC ook ’n aandeel gehad in die moord op Chris Hani om ’n rewolusie te ontketen. Die klimaat is oorryp dat die ANC – dalk binne enkele weke – ook ’n interne suiwering gaan hou en ’n prominente lid gaan doodmaak ten einde die skuld by die wittes te lê en sodoende ’n nuwe golf van haat teen blankes te regverdig.  
    ·    Hierdie polarisasie gaan veroorsaak dat – soos Dan Roodt dit gestel het –  die middelgrond verdwyn. Die wittes het geen keuse nie as om hulself te skaar agter regse en verregse militante. Hierdie verregsing gaan help om die internasionale vyandbeeld van die Afrikaner te versterk en die res van die wêreld weereens te bewys dat Afrikaners nou eenmaal agressiewe, bloeddorsitige, rassistiese militante is. Oorlewing kom egter eerste.

    Uiteindelik is die mens se enigste handelsmiddel sy geloofwaardigheid. As jy iemand se geloofwaardigheid kan aantas het jy die helfte van die werk al gedoen. Terre’Blanche word gereeld in die oorseese pers as “white supremacist” afgemaak, met slegs so hier en daar reaksies wat wys dat hy eintlik ’n seperatis was. In feite kan Terre’Blanche oor dieselfde kam geskeer word as die Koerde, Baske, Palestyne en derglike staatlose volke, maar ’n Afrikaner met sulke ambisies pas nie in die linkse wêreldbeeld wat mense van Afrikaners het nie. Gelukkig het die ANC ook ’n groot breuk in sy geloofwaardigheid veroorsaak eerstens vanweë hul korrupsie en tweedens deurdat Malema ’n BBC-joernalis die deur gewys het. Malema het kennelik geen idee hoevaal skade ’n joernalis kan aanrig nie. Ons daarenteen het hierdie skade al sedert die Boereoorlog ondervind, indien nie vroeër nie.

    Vandaar hierdie oproep: Alle besorgde burgers in Suid-Afrika word versoek om enige gebeurtenis so krities en deeglik moontlik op te skryf oor vreemde gebeurtenisse. In hierdie geval sou die Ventersdorpers so veel moontlik moet vertel wat presies alles op die dorp afspeel. Hierdie gedagtes moet op internet versprei word en emosionele taal moet liewer vermy word. Daar moet so stellig moontlik op feite gefokus word met eventuele bewyse en logiese argumente. Om in Engels te skryf is uiteraard ’n goeie idee om die wêreld ’n beter beeld te gee van wat gebeur. Hierdie aksie is nie net om die internasionale perse se aandag te vestig op die werklike dag-tot-dag gebeurtenisse nie, maar dien ook as geskiedkundige bron vir die nageslag om nie te maklik te glo in die hoofstroommedia nie.

    Slegs deur ’n frontale mediakonfrontasie te loods kan ons die hoofstroommedia ontbloot vir wat hulle werklik is, naamlik fasiliteerders in ’n Bolsjewistiese moordmasjien. Daar is baie onbesproke leed in Oos-Europa wat die gevolg is van die terreur van wrede diktature, wat ook as gevolg is van verdraaide mediaspektakels. Soos die priester Patrick Desbois geskryf het in sy boek The Holocaust by Bullets was hy die eeste westerling wat sedert die moordveldtog op anderhalf miljoen Jode aan die plaaslike inwoners uitgevra het oor wat presies gebeur het, en die ouer geslag het heel openhartig vertel waar die Jode selfs tereggestel was en die grafte was. Niemand het voorheen die moeite gedoen om ondersoek in te stel of vrae te stel nie. As dit nie daarvoor was nie, sou dit seker nooit bekend geword het aan die weste nie. 

    Om ons sy van die realiteit te vertel skuld ons nie net vir onsself en ons naaste nie, maar ook vir ons nageslag eendag. 

    пародонтолог москва отзывыФільчаков прокурор

  • Wat is die rol van die Indiërs, en hoekom is die res so stil?

    In die kern van alle vyandigheid tussen vreemdelinge lê onverskilligheid. – Søren Kierkegaard.

    Julius Malema en sy ANC beskermhere plaas ons voor ’n interessante dilemma: Aan die een kant is hy besig om sy mede-Afrikane aan te hits om blankes dood te maak, en tegelykertyd reageer die ANC verontwaardig oor die feit dat Afrikanergroepe soos die VF+ en Afrikaner sakemanne ’n klag van haatspraak hierteen ingedien het. Nou ewe skielik is dit Malema wat bedreig word deur wittes en nie andersom nie. En sodra die regter bepaal het dat Malema homself inderdaad skuldig maak aan onwettige haatsaai teen minderhede, is die howe nou ewe skielik “gekaap deur regses”.

    Dit was vóór die moord op Eugene Terre’Blanche.

    Sonder om nou al te agterdogtig te raak wonder ’n mens watter kragte nou werklik hier agter sit. Uiteraard behoort swartes met rewolusionêre oogmerke tot hierdie groep, maar andersyds lyk dit asof sommige Indiërs wat die ANC trou is, agter die skerms besig is om swartes op te steek. Mahomed Vawda was die primêre motor agter die strydlied om boere te skiet, sy kameraad van die Onafhanklike Demokrate (OD) Haniff Hoosen steun hom hierin en gedra homself nog aggressiewer as die ANC om hierdie lied as “erfgoed” te behou, en as dit nie erg genoeg is nie, is die minister van ekonomiese ontwikkeling, ene Ibrahim Patel, besig om Suid-Afrika se gepensioeneerdes se brood uit hul monde te steel sodat hy meer geld het om aan duistere sake te verkwansel. Blykbaar het Patel al ’n hele uitgebreide plan van ’n paar miljard rand saamgestel waarvoor pensioenfondse geplunder moet word. Die fondse uit die ontwikkelingsbank kan kennelik nie meer hiervoor gebruik word nie, en nou moet die ordentlike burger wat sy lewe hard gewerk en gespaar het, opgeoffer word vir die ANC – oligargie se eindelose roofsug.

    Terwyl die media volop gons oor Terre’Blanche se wrede en lafhartige moord, is daar baie onderliggende gebeurtenisse soos bogenoemde wat nie opgehelder word nie. Tot nimmer verbasing is die media en algemene menings anti-Terre’Blanche en die veel groter ergenis word nie gesien vir wat dit is nie.  Nog voordat ek by die vraag uitkom hoekom die hele wêreld so stil is oor hierdie skaamtelose staaltjie roofkapitalisme wat onder die oppervalk afspeel, wil ek net gou ’n teorie opper oor waarom die Indiërs nou so optree. Ten eerste dink ek dat hulle so aan hul bas voel dat die swartes nie werklik ’n hoë dunk van hulle het nie. Om die waarheid te sê is die vyandigheid tussen swartman en Indiër ’n realiteit wat nie baie aandag verdien het nie en op ’n manier stilgehou word. Was daar nie in 1949 ’n poging gewees van die Zoeloes in Natal om ’n grootskalige moordveldtog op die Indiërs te pleeg nie?

    Juis as gevolg van hierdie gevoel van bedreiging probeer die Indiërs nou “Roomser as die pous” te wees in hul veroordeling van blankes. ’n Sielkundige eksperiment wat gedoen was deur twee Italiaanse sielkundiges, Mara Cadinu en Cinza Reggiori oor dokters, sielkundiges en maatskaplike werkers het aangetoon dat sodra die sielkundiges ’n gevoel van bedreiging van die dokters ontvang het oor hul professionele bekwaamheid, het die sielkundiges nie die dokters aangevat hieroor nie, maar hul frustrasie op die laer groep, die maatskaplike werkers, afgereageer. Hulle het as’t ware geprobeer om die maatskaplike werkers, die laagste status groep verder benede hulself te stel en juis pogings onderneem om nader aan die dokters (die hoogste status groep) te wees in terme van hul professionaliteit. In die sielkunde heet hierdie verskynsel neerwaartse vergelyking.

    Aangesien die blankes – veral Afrikaners – deesdae die groot paria’s van Suid-Afrika is en die Indiërs nou tot die tussengroep behoort, kan ons hul optrede teen blankes waarskynlik op dieselfde manier interpreteer. Die Indiërs voel dat hulle op ’n manier bedreig word as synde ’n volk wat ook nie inheems aan Afrika is nie. Deur die blankes te haat en veroordeel probeer hulle hul solidariteit met hul swart meesters te bewys. Dieselfde dinamiek kan ’n mens aantref in lande soos Iran. As Persiese buitebeentjie te midde van Arabiese moonthede, gebruik die Ajatollas hul Islamitiese geloof as bindmiddel in die Midde-Ooste, en dit word versterk deur hul giftige veroordeling van Israël se bestaansreg.

    Wat egter nog onbeantwoord bly, is waarom swyg die internasionale media hieroor? Voor Terre’Blanche se martelaarskap was Malema se uitlatings en die howe se veroordeling hiervan slegs ’n enkele onopvallende paragrafie in die Nederlandse en Britse koerante. Tydens die vorige bedeling kon ons geen kant op kyk nie of die internasionale pers was bo-op ons om allerlei verskriklike beweegredes hieraan te gee. Al sou hulle ’n spreekwoordelike mikroskoop te voorskyn haal, maar hulle moes en sou ’n swastika iewers in die NP kabinet vind; en as hulle nie een kon vind nie, het hulle een opgedroom deur byvoorbeeld foto’s te vervals.

    Deesdae is die situasie ’n honderd en tagtig grade andersom. Malema skree sonder skroom dat boere geskiet moet word, wat die verlede naweek drie boere se lewens gekos het, maar dit word in oorseese media in dieselfde asem genoem as Tiger Woods se verontwaardigde kleuterskooljuffrou en derglike oppervlakkige prulartikels. Enkele ure voor Terre’Blanche se moord het Malema weer hierdie lied gesing teen die uitspraak van die regter in, maar dit word skaars genoem. Die mediablootstelling oor Terre’Blanche sal waarskynlik net deur die ANC as ’n tydelike ongemak gesien word. Hulle sal beslis nie van rigting verander nie, hooguit net so ’n bietjie briek trap.

    Dit lyk asof mense van nature geneig is om argwanend op speurtog te gaan na sake wat nie heeltemaal helder is nie, maar sodra dit kristalhelder uitgeblaker word dat daar geen twyfel meer bestaan nie, is daar niks meer om te sê nie. Dan word dit dikwels afgewater as ’n soort kinderlike jeugstreek en moet nie al te ernstig opgeneem word nie. Die emosionele impak is heelwat minder en kan in ernstige gevalle selfs ’n bekoorlike werking hê. Want dit is mos lekker as ’n Malema of Mugabe na vore tree wat “geen nonsens vat nie” en dinge reguit sê wat hy bedoel. Die nonchalante opvatting van oorsee kan ook wees as gevolg van die verslaggewers en publiek elders ter wêreld wat geen werklike idee het wat hierdie uitinge alles beteken nie. Hulle besef nie die gevaar van sulke uitsprake nie. Implisiet beteken dit ook dat, anders as die blankes, is die swart Suid-Afrikaners “nie soos ons nie” en daarom kan hul optredes nie met dieselfde maatstawwe gemeet word nie. Figure soos Mugabe besef hierdie patos van die Europeërs baie goed en het selfs die magtigste vrou ter wêreld, Angela Merkel, tot swye gebring toe sy hom wou berispe oor sy vernietigende optredes, deur haar toe te snou met “moenie jouself met ons politiek bemoei nie”.

    Die filosoof Thérèse Delpech het in haar uitstekende boek L’Esauvagament: Le retour de la barbarie au XXIe siècle (in Engels vertaal as Savage Century: Back to Barbarism) ’n voorbeeld aangehaal hoe tydens Stalin se bewind houtkappers in Rusland onder sulke ontberende omstandighede moes werk dat sommige uit wanhoop hul hande afgekap het en in die kiste vol planke gegooi het om ’n boodskap uit te stuur na Engeland (die koper van hierdie hout) dat daar iets ernstig verkeerd is in Stalin se werkersparadys. Toe hierdie kiste in Engeland aanland, het die doeane doodgemaklik die ontbinde hande uitgegooi en die kiste deurgelaat sonder om enige vrae te stel. Hierdie voorbeeld is sprekend van die ongeërgerde manier waarop Suid-Afrika elders ter wêreld in die media bekend staan. Hulle verstaan nie die omvang van die ellende waarin Suid-Afrika verkeer nie en enige tekens van die wanhopigheid word nie as sodanig gesien nie. Soos die bostaande aanhaling van Kierkegaard duidelik stel, dink ek ook nie dat hulle werklik omgee nie.

    Kom ons hoop Terre’Blanche se dood gee ons die politieke wilskrag om nou finaal saam te staan en hierdie korrupte stel ANC-parasiete van hul troon af te skop. Dit is duidelik dat hulle met so ’n gewaagde daad polarisasie wil skep, wat wittes voor ’n gevaarlike dilemma gaan sit: As die dood van Terre’Blanche nie tot ergenis gaan lei onder blankes nie, sal dit ’n swakheid adverteer na swartes. Dit kan die moorde op blankes laat toeneem. As die blankes daarenteen die wapens gaan opneem en hulself in militante geledere gaan mobiliseer, is dit ’n uitdaging van geweld, wat gewelddadigheid aan hul kant ook kan verhoog. Geen keuse is wenslik nie.

    Sonder om nou al te militant te klink, dink ek nie dat ons veel van ’n keuse het as om vir die laaste opsie te stem nie. Dit is die minste van twee kwade.

     

    общегаражное оборудованиеАлександр Фильчаков прокурор

  • Die gees van Leni Riefenstahl

    Die pessimiste het meer gedoen om die wêreldvrede te bewaar as die optimiste – Aleksandr Solsjenitsin.

    As ek sommige skrywes op LitNet lees – ‘n webwerf waar ek deesdae persona non grata is, selfs met die gebruik van skuilname – val dit my op dat ná soveel jare se oer-korrupte ANC-bestuur, die sentimente onder sekere mede-Afrikaners nog oorwegend anti-Afrikaner is. Die gevoelens wat genoem word, is dat Afrikaners (soos gewoonlik) rassisties is, maar ook onbetroubaar, krygslustig, moorddadig, gewelddadig, dom en blykbaar ondankbaar oor die “vryhede” wat Suid-Afrika vandag het. ‘n Skrywer mag selfs stel dat wittes wat ontevrede is doodgemaak moet word, en hierdie persoon kry geen vorm van sanksie opgelê nie, en word juis met ‘n woernaal beloon. Vanweë die totale wêreldvreemdheid van hierdie situasie kan ons slegs konkludeer dat ons hier te make het met ‘n vorm van geloofsoortuiging. Waarskynlik het ons te make met ‘n ideologiese botsing tussen die prakties denkendes en die idealiste. Die idealiste is dikwels geneig om die prakties denkendes te beskuldig van vals idealisme, sonder om kennelik in te sien dat die praktiese denkers geen boodskap het aan politieke lugkastele nie, maar bloot ‘n weg soek wat oorlewing ten beste sou verseker.

    ‘n Ander kenmerk van die idealiste – en ek verwag ‘n moontlike storm van verontwaardiging vanuit die idealistiese hoek – is dat hulle onbewustelik op soek is na ‘n soort leiersfiguur wat eerder op die gevoelens speel as op die rasionele denke. In Afrika het hierdie leiers meer onlangs hul manifestasie in Robert Mugabe gevind, wat in ‘n golf van infantiele vreugde sy hele land in ‘n staat van ernstige mislukking gedompel het.

    Die genoemde skrywer op LitNet plaas hierdie fragment oor François Pienaar se oorweldigende bewondering vir ons swart Engelse heiland, wat nou al twintig jaar gelede die gevangenis verlaat het (en sodoende die hele land in een groot gevangenis omgetower het, wil ‘n mens sommer toevoeg). Daar word egter hoegenaamd geen enkele ag geslaan op die geweld, ellende, stamkonflikte, moord, roof en verkragtings wat hieruit ontstaan het nie. Suid-Afrika en die Westerse wêreld se elite was so verblind dat hulle die nuwe tydsgees wat nou aangebreek het glad nie eens raaksien nie. Enigiemand wat hieroor kla, word summier afgemaak as synde geestelik gesteurd, wat weereens bewys dat die idealistiese naskokke van die moderniteit nog steeds nie uitgedien is nie, aangesien dieselfde verkettering mense te beurt geval het wat in die vorige eeu sekere barbaarse vergrype aan die kaak wou stel.

    ‘n Filmfragment wat ek in reaksie op LitNet op bostaande wou plaas was egter nie opgesit nie. Dit is ‘n onderhoud met die bekende Duitse propagandafilmmaker Leni Riefenstahl oor haar lewe tydens die Derde Duitse Ryk. Van naderbay betrag, word dit duidelik hoe verskriklik baie ooreenkomste daar tussen die fragment van Pienaar en haar eie gevoelens tydens die opkoms van die Nazi-party bestaan. In al twee is daar ‘n vorm van oorwinning ter sprake. Suid-Afrika het sy apartheidtyd- pariastatus verloor en ‘n optimistiese tyd het aangebreek. Een leier het die eer daarvoor ontvang. Duitsland se skade ná die Eerste Wêreldoorlog was agter die rug, die ekonomie het weer gesond gefunksioneer, eweneens met een leier wat die eer daarvoor toegekom het. Riefenstahl beskryf hoe oorweldigend Hitler se magnetisme op sy honderde duisende volgelinge was. Uiteraard is dit agteraf gesien gevaarlik om dit te sê, maar dit was nou eenmaal so. Die hoë werkloosheid se einde was in sig en die optimisme het enige teenargumente, enige negatiewe waarnemings of gebeurtenisse totaal oorskadu. Die Wehrmacht was ‘n klein weermaggie, en die Hitlerjugend was net so niksseggend, maar die onstuitbare golf van optimisme het ‘n aansteeklike effek op hierdie instellings gehad.

    Dit was volgens haar die optimistiese tydsgees wat die militante sy van Nazi-Duitsland gevoed het. Die meeste het egter nie die gevare sien aankom nie, want almal het gedink dat daar nou ‘n tydperk van eindelose vrede aangebreek het. Toe sy die bekende Nazi-propagandarolprent “Triumph des Willens” gemaak het, kon sy nie indink dat dit propaganda was nie, omdat dit so deel van die tydsgees was. Dit was eers agteraf, nadat die volle feite bekend geword het, dat die propagandakwaliteit na vore begin tree het.

    Met hierdie wete in gedagte, wonder ‘n mens wat die Afrikanerjeug oor ‘n paar dekades gaan dink as hulle terugkyk na daardie groot oorwinning waar Madiba vir François Pienaar persoonlik gelukgewens het ná die groot Wêreldbekeroorwinning van 1995. Kon hulle nie insien dat dit die begin van die einde was nie?

    In die dertigerjare het Joodse intellektuele ook gewaarsku oor die gevare van die opkoms van Nazisme, maar die heersende stemming ná die Eerste Wêreldoorlog het nog te veel invloed op die denke van die Europeërs uitgeoefen. Dit was ondenkbaar om enigsins die wapen op te neem vir wie ook al. Die gevolglike weerloosheid het vir die “ongewenste” minderheidsgroepe ‘n gewisse einde beteken. Dit moet ook genoem word, volgens Hannah Arendt se ontledings, dat die Jode in Duitsland alreeds besig was om die mag in die dertigerjare te verloor. Die belangrikste Joodse instellings – die banke – is in 1933 met Hitler se toetrede al Judenrein verklaar. Dit lyk asof volksmoord juis voltrek word wanneer ‘n groep duidelik magteloos raak, gekombineer met ‘n eindelose optimisme. Dit is asof die gees van optimisme die nodige energie verskaf om af te reken met wie as vyand bestempel word.

    Die werkloosheid en algemene afname in basiese gesondheid wat Suid-Afrika ná die ANC-oorname getref het, was miskien juis ‘n stille redmiddel gewees teen dieselfde gevare, en is moontlik die rede waarom geweld in Suid-Afrika eerder as misdaad, pleks van politieke geweld, getipeer word. Die verloop was anders as dié van Nazi-Duitsland, maar met die aanhitsing in swart geledere sal dit baie dom wees om nie die gevare te sien wat daarin opgesluit lê nie. Waarskynlik is dit die groot verskil tussen Europa en Afrika. Europa se moordmasjien was die newe-effek van oorwonne ellende, van optimisme. Afrika se moordmasjien is die produk van wanhoop en afguns. Vandaar dat die konflikte in Afrika voortdurend sluimer waar dit in Europa gepiek het en daarna skielik weer afgeneem het. Die tyd sal leer watter variant gevaarliker is.

    Waar Riefenstahl en Arendt gebruik kan word om Europa se patos te ontleed, kan ons waarskynlik die oorlede Jamaikaan Bob Marley se teks gebruik om Afrika se patos te verstaan, naamlik: “A hungry man is an angry man”.

    подоконникtopcargo отзывы

  • Joe Slovo: Argitek van ons ondergang

    Graag sou ek al my vriende, kennisse en ander fatsoenlike burgers in Suid-Afrika en elders ‘n uitstekende nuwejaar wou toewens, ‘n jaar van voorspoed en geluk. Ek dink egter dat hierdie woorde van min invloed sal wees solank as wat die huidige situasie in SA bly voortbestaan. As elke dag ‘n stryd word om te oorleef, om orals waaksaam te wees en onveilig te voel soos by die werk en in jou eie huis, kom nuwejaarswense as ietwat onopreg oor.

    Die ANC en hul kommunistiese bondgenote het kennelik ‘n ander mening, want diegene wat ‘n belangrike rol – miskien wel die belangrikste rol – gespeel het in ons ondergang, is niemand minder nie as hul kameraad Yossl Slovo (1926 – 1995), wat kort gelede gedenk was vir sy rol in die gewapende stryd.

    Hierdie advokaat van Johannesburg wat ‘n groot deel van sy lewe buite Suid-Afrika vertoef het en tussen sy mense in Soweto begrawe lê, was waarskynlik die belangrikste faktor gewees om Suid-Afrika te verander in hierdie huidige bloedige anargie. Nie net was hy ‘n mede-oprigter in die ANC se militêre vleuel Umkontho we Sizwe (MK) nie, maar het geen geheim daarvan gemaak dat blankes, veral boere, die belangrikste teiken van MK se aanvalle is nie.

    Sy regverdiging vir die aanvalle op boere het gespruit uit sy mening dat die boere steeds militanter geword het ten tye van die onluste in die tagtiger jare. Die sogenaamde Skietkommando’s was vir hom ‘n teken gewees dat die lyn tussen burger en militêr besig was om weg te vervaag.

    Hy het kennelik geen rekening gehou met die feit dat elke land in oolog se nommer een prioriteit is om sy voedsel veilig te stel nie. In ‘n onderhoud destyds met die BBC het Slovo gestel dat dit selfs geoorloof is om wit vroue en kinders op plase as militêre teikens te bestempel, met ander woorde dood te maak ter wille van die ‘struggle’. Ondertussen, so vyftien jaar na oorname is die aantal plaasmoorde al oor die drieduisend, en vyftig persent van al Suid-Afrika se grootplase is as gevolg hiervan nou in die hande van die ANC-regering, waar hulle braak lê of gebruik word as teelaarde vir onwettige dwelmmiddele soos opium.

    Egter, een van die skadelikste uitlatings van Slovo is sy oproep aan swart polisiemanne dat hulle hul optredes teen gewelddadige swartes moet afwend en hul wapens na hul blanke heersers moet begin rig. Wet en orde moes wyk ter wille van politieke ideale, en sodoende het hy die mees fundamentele hoeksteen van ons beskawing ‘n ernstige knou toegedien, wat sekerlik een van die vernaamste redes is hoekom Suid-Afrika in die gewelddadige entropie verval het.

    Volgens Slovo was die vorige regering doelbewus besig om tweedrag tussen swart stamme te saai. Hiermee verraai hy egter groot onkunde oor Afrika: Hierdie armsalige kontinent was altyd verdeeld gewees, met of sonder blanke regering. Die Afrikaan is ‘n jagter-versamelaar. Moor en steel beteken oorlewing. Dit was die resultaat gewees van honderde jare se ontbering waar natuurlike hulpbronne uiters skaars was.

    Dieselfde gedragspatrone vind ‘n mens by Bedoeïene en Arabiere wat ‘n nomadiese bestaan voer. Vanwee die moord op die boere en hongersnood wat as gevolg hiervan weer kop uitgesteek het, is die kans groot dat stamlojaliteit net hegter gaan word in plaas van minder, hoewel hierdie keer in ‘n ietwat ander vorm. Die kans bestaan dat arm Afrikaners meegesleur gaan word in hierdie tribale bestaansvorm, aangesien hulle geen keuse gaan hê as hulle wil oorleef nie.

    Egter, soos dit Slovo en ander lojaliste van die Sowjet Unie betaam, het hulle tot op die laaste doodsnik nog geprobeer om die gruwel van kommunistise geweld te verberg of te versag. Slovo, Kasrils, Suzman en ander Baltiese Joodse gesinne het juis weggevlug vir die golf van antisemitisme en pogroms in hul vaderland wat afwisselend gepleeg was deur die Nazi’s en Bolsjewieke. Jode in die Baltiese state was oor die algemeen nie goed geïntegreerd gewees nie en het liewer Jiddisj, Pools of Russies gepraat in plaas van Litous, Ests of Lets. Dit bevestig dat die Joodse gemeenskap in die Baltiese lande ‘n swaar trauma ondergaan het, wat deels verklaar waarom hulle Zionisme of sosialisme as ideaal begin koester het.

    Dit is duidelik dat hulle hul opvattings van die ou-wêreld saamgevat het Suid-Afrika toe, tesame met hul diepliggende onvermoeë om met die plaaslike toestande te identifiseer. Dit is bekend dat oorlogstrauma tot drie generasies duur om te genees, en slagoffers van ‘n oorlog reageer dikwels bot, afsydig en onsimpatiek teenoor ander omdat hulle geen emosionele bande kon smee tydens swaar konflikte nie.

    Die sosioloog Erik van Ree het in sy boek ‘Wereldrevolutie’ gekonkludeer dat kommuniste geen plesier daaraan beleef om op te roep tot geweld nie. Dit is alles deel van ‘n nugter strategie. As Slovo oproep dat boere uitgemoor moet word, of Ronnie Kasrils sing dat hy as MK-stryder homself verbind het om blankes dood te maak, doen hulle dit nie omdat hulle dit prettig vind nie, maar omdat dit ‘n doelbewuste taktiek is wat pas in die doelstellings van die rewolusie. Hulle hou hul emosies en moraal op afstand.

    Slovo het agteraf toegegee dat daar sprake was van ‘n blinde aanhang aan alles wat Moskou gedikteer het, en toe hierdie ideologiese spreekbuis weggeval het, was daar pogings aangewend om nogtans die oase van sosialisme op te soek te midde van Westerse anti-Sowjet propaganda.

    Die huidige Slovo-verheerliking en skipbreukideologie wat die SAKP nog steeds aanhang is ongetwyfeld net ‘n jaag na ‘n illusie wat oorbly noudat die sisteem van kommunisme gefaal het, en in hul eksistensiële krisis het hulle van ‘n werkersparadys ‘n gekkeparadys gemaak.

    Tydlose wysheid het bevestig dat daar baie waarheid skuil in hierdie Latynse spreuk: Quem Deus vult, perdere dementat prius. Diegene wat die gode wil vernietig, maak hulle eers kranksinnig.

     

    gamesлобановский александр биография

  • Wat Emile Durkheim ons kan leer

    Met die onlangse heengaan van Chris Louw het dit my – en ongetwyfeld baie ander – se aandag weer hervestig op daardie somber, introspektiewe eienskap van die Afrikaner, naamlik om ‘n mens se eie lewe te neem.

    Vir vele jare was Afrikaners ‘n groep mense met ‘n hoë selfmoordsyfer. Wanhoop en uitsigloosheid was dikwels gemeld as vernaamste redes om oor te gaan tot hierdie ekstreme daad. As gevolg van die algemeenheid van hierdie verskynsel, en die feit dat die selfmoordsyfer onder swart Suid-Afrikaners verdrievoudig het sedert die Nuwe Suid-Afrika, kan ons konkludeer dat hierdie verskynsel nie soseer ‘n persoonlike of psigiese oorsaak het nie, maar ‘n sosiale oorsaak.

    Sekerlik die mees toonaangewende denker op hierdie gebied is die Franse sosioloog Emile Durkheim (1858 – 1917) wat ‘n uitgebreide studie oor selfmoord gedoen het net so voor die begin van velede eeu.

    Durkheim het die voorkoms van selfmoord geneem oor vier verskillende geloofsgoeperings, te wete Jode Katolieke, Protestante en ateïste, en sy bevindings het uitgewys dat die aantal selfmoorde respektiewelik toegeneem het onder hierdie groepe, met Jode die laagste en ateïste die hoogste. Interessant genoeg het Jode die hoogste persentasie geestessiektes gehad vanwee jarelange, sluimerende Jodehaat, maar desondanks was hul selfmoordsyfer die laagste.

    Om hierdie verskynsel te verklaar het Durkheim gekyk na die mate van samehang in hierdie groepe en het inderdaad gevind dat die mate van sosiale steun die belangrikste bepalende faktor was. Jode se steun vir mekaar en ateiste se min steun vir mekaar was die belangrikste bepaler van selfmoord.

    Durkheim het sy studie uitgebrei na die struktuur van die samelewings en nog verdere interessante gegewens ontdek. Ons kan die voorkoms van selfmoord op twee verskillende asse plaas, te wete integrasie en regulasie.

    Die mate waartoe iemand geïntegreerd is in ‘n samelewing kan bepalend wees vir selfmoord. Waar persone te min geïntegreerd is, is hul kans op selfmoord hoog. Dink byvoorbeeld aan die eensames en buitestaanders. Hierdie tipe selfmoord het Durkheim ‘egoïstiese selfmoord’ genoem. Waar integrasie te hoog is, neem die kans op selfmoord eweneens toe, hoewel in hierdie geval speel idealisme ‘n rol hierby, soos die Japanese Kamikaze vlieëniers of Al-Kaida selfmoordmartelaars; ‘n verskynsel van Durkheim ‘altruïstiese selfmoord’ genoem het.

    In die geval van regulasie sien ons dieselfde verskynsel na vore tree. Waar die mate van regulasie in ‘n samelewing te swak is, is die selfmoordsyfer hoog. De swak regulasie, dienslewering en derglike kenmerke van die nuwe Suid-Afrika wat wys op ‘n verval in maatskaplike regulasie, veroorsaak ‘n verhoging in die selfmoordsyfer, wat Durkheim ‘anomiese selfmoord’ genoem het (‘anomie’ beteken wetteloosheid). Waar regulasie egter te streng toegepas word, neem die aantal selfmoorde weereens toe.

    Goeie voorbeelde hier is kommunistiese lande, veral onder Stalin en Mao se heerskappye het mense ervaar dat hul eie lewens geen waarde meer het nie, en dat alles wat hulle doen in diens is van die hoër ideaal, vreemd aan hul direkte belewenisse; ‘n verskynsel wat Durkheim ‘fatalistiese selfmoord’ genoem het.

    As ons die psige van die volk wil red is dit ‘n goeie idee om hierdie bogenoemde paradigma wat Durkheim aan ons gebring het te begryp en te gebruik as moontlike riglyn. Net soos die Jode wat al 2000 jaar van aanvalle jeens hul groep moes afweer en oorlewingstegnieke versin, is dit tyd dat Afrikaners aan dieslefde tegnieke moet begin dink, hoewel hierdie tegnieke al eerder in die verlede toegepas was in die vorm van kerke, onderwys en taal. Ek dink dit is eerder ‘n kwessie van nuwe lewe inblaas en pogings daarstel om die rykdom van skrywers en denkers van weleer te herrys vir die jonger geslag.

    Ek dink ‘n goeie begin sou wees om die woorde van Vader Kestell uit te roep, naamlik: “‘n Volk red homself”.

     

    для девочкиДанильченко Юрий прокурор

  • Uhuru Guru se gruwelfoto’s

    Die afgelope week of twee het in die teken gestaan van die arrestasie van die webmeester van Zasucks, ‘n webwerf wat daaraan gewy is om die gruweldade wat in die ANC-geterroriseerde Suid-Afrika plaasvind, bloot te stel. Eweneens was die reaksies op LitNet besonder intens na aanleiding van die plaasing van ‘n internetkoppeling van Zasucks se skokfoto’s, in so ‘n mate dat LitNet se webmeester dit nodig geag het om hierdie koppeling te verwyder.

    Kort ná die plasing van hierdie foto’s het sommige skrywers oorgegaan na ‘n al te bekende strategie in die wêreld van politiek en propaganda, te wete ontkenning. Ewe skielik was die webwerf van onbetroubare aard en die ware oorsprong van die foto’s kon nie bevestig word nie. Ondertussen is daardie foto’s van die webwerf verwyder en bly slegs die teks oor. Spekulasie oor die aanhouding van Uhuru Guru het gewissel van wit polisieagente wat hul werk wou behou deur hul gedienstigheid aan Suid-Afrika se georganiseerde misdaadregering te toon, tot die FIFA-wêreldbekersokkerorganiseerders wat nie aan die res van die wêreld die indruk wou skep dat Suid-Afrika ‘n gevaarlike land is om in te wees nie. Die ANC se woede oor die uitgeweke Suid-Afrikaner na Kanada, Brandon Huntley, wat asielstatus aldaar verkry het, is ook genoem as moontlike oorsaak van hierdie histeriese reaksie.

    Ek het van ‘n ervare joernalis verneem dat daardie foto’s inderdaad outentiek is. Hulle is afkomstig uit polisiedokumente wat deur staatsaanklaers ingedien was as bewysstukke vir regsake. Die tersaaklike joernalis het selfs die name van die slagoffers beskikbaar gehad maar kon dit weens etiese en veiligheidsoorwegings nie prysgee nie. Hierdie foto’s is openbare dokumente wat as bewyslas ingedien was by regsake van die afgelope drie maande en kan dus deur lede van die publiek geraadpleeg word.

    Desondanks sal daar vanuit diverse oorde geprobeer word om die ware motiewe van hierdie moorde te ontken of ontkrag deur weereens die slagoffers voor te stel as daders of iets dergliks. Die welbekende stereotipe van verdrukte swartes en rassistiese blankes sal sorg dat alle vorme van geregtelike dwalings gekortwiek word om aan hierdie beeld van Rassemarxisme te voldoen. Die Reitz-insident dien hier as ‘n uitstekende voorbeeld. Vir die oningewydes oor die Reitz-insident haal ek net gou die volgende aan uit die Nederlandse joernalis Bram Vermeulen se boek: “Help ik ben blank geworden: Bekentenissen van een Afrika-correspondent” (bl.70):

    “‘Heb jij de hele film eigenlijk gezien?’ vroeg hij [Ewoud Potgieter, die koshuisprimarius] samenzweerderig, terwijl hij de tafels en stoelen aan de kant schoof. Volgens Potgieter gaven de dertig seconden die al de hele dag op de internationale televisiezenders te zien waren een erg vertekend beeld. ‘Kijk maar.’

    Op de tien minuten durende homevideo die hij op zijn computer had staan, kon ik zien dat de vier huishoudsters veel lol beleefden aan het maken van het filmpje. Lachend dronken ze pintjes aan de bar. Lachend speelden zij rugby, de sport van de blanken, met de jongens, en lachend liepen ze een rondje op de atletiekbaan. Toen de beruchte plasscène langskwam, zette Potgieter de computer op slow motion.

    ‘Kijk daar,’ zei hij en wees op de waterfles die de student in de wc uit zijn broek haalde. ‘Dat is geen urine. Dat is mineraalwater,’ grinnikte Potgieter. Heel Zuid-Afrika gefopt.

    […]

    De universiteit van de Vrijstaat was in dezelfde week veranderd in een slagveld. Politici riepen om het aftreden van het voltallige universiteitsbestuur. Zwarte studenten dreigden de Reitzresidentie in brand te steken, blanke jongens te vermoorden, blanke meisjes te verkrachten. De rector schorste de makers van de film. Ze moesten voor de rechter verschijnen.”

    Hierdie insident word deur die ANC-bandiete – met Julius Malema voorop – voorgehou as ‘n totale verskrikking, terwyl Uhuru Guru se gruwelfoto’s as ‘n leuen en ‘n onbetroubaarheid uitgebeeld word. Die Reitz-insident sal nog jare lank in aankomende swart en wit studente gebreinspoel word en beskou word as blankes se inherente slegtheid wat slegs deur intense ingrype van die universiteitsowerhede reggestel kan word. Tegelykertyd word bedreigings van moord, verkragtings en brandstigting beskou as ‘n “verstaanbare” reaksie hierop.

    As iemand nog getwyfel het oor die ewewigtigheid van Suid-Afrika se sin vir geregtigheid behoort hierdie insidente duidelik aan te gee wat werklik aan die gang is. Jare lange indoktrinasie oor onreg het veroorsaak dat nugtere denke nie meer aan die orde is nie, en dat geregtigheid nou onderworpe geword het aan gepeupelreg. Daardie gruweldade wat selfs nekrofilie insluit, is alles ‘n gesonde reaksie op ‘n vermeede onreg in die verlede.

    Aangesien die gruwelfoto’s nou “uit en gedaan” is, maar die Reitz-insident kennelik nog lank nie, kan ons sonder veel nadenke konkludeer dat die ANC liewer vir hul ideologie leef as vir die mense wat hulle veronderstel is om te dien. Immers, as iemand nog hieraan getwyfel het, sal Essop Pahad hierdie siening vinnig regstel. Hy sê ten minste eerlik dat blankes beter daaraan toe is sonder hom.

    Inderdaad. Ek dink ook blankes is beter daaraan toe sonder hom.

    online casinoФильчаков прокурор отзывы

  • Hoe gevaarlik is Julius Malema?

    As ‘n mens die nuusvoere sien van hierdie bloeddorstige voetsoldaatjie van opperbevelvoerder Zuma, kan ons ‘n indikasie kry van die verval waarin Suid-Afrika se totalitêre demokrasie (verskoon die oksimoron) begin verkeer.

    Na heelwat spekulasie oor dié man se geloofwaardigheid as leier, veral na sy legio omstrede uitsprake wat varieer van verkragting tot doodmaak vir Zuma is dit miskien ‘n geskikte oomblik om ‘n bietjie nader te kyk na sy politieke meriete.

    Tot almal se verbasing het Zuma sy aggressie nie veroordeel nie, maar hom voorgehou as ‘n goeie leier en selfs ‘n moontlike presidensiële kandidaat vir die toekoms. Vir iemand wat nouliks ‘n vak in sy matriekjaar kon slaag is dit seker nie sleg nie. ‘n Mens kan sê hy is ‘n logiese uitvloeisel van die 1976-generasie wat onderwys as iets boos beskou het. Ofskoon hy in 1981 gebore is, het die generasie net voor hom die teelaarde vir anargie geskep.

    Dit is vreemd – en wys weerens op die groot kultuurverskille tussen Afrikaan en Afrikaner – hoedat die taal van moord, verkragting en roof ‘n mens se charisma en bewondering kan verhoog. Ek dink die Darwinistiese alfamannetjie beginsel geld hier meer as enigiets anders. Die Afrikaan sien kennelik ‘n leiersfiguur in hom met wie hulle kan identifiseer en sy uitsprake is vir hulle ‘n uiting van hul eie outentieke gevoelens.

    Die groot kommer is egter sy portefeulje: hoof van die ANC se variant van die Hitlerjugend.

    Om Churchill aan te haal: Wie teen sy twintigste geen sosialis is nie, het geen hart nie. Wie teen sy veertigste nog steeds ‘n sosialis is, het geen verstand nie.

    Jongmense, net so duskant puberteit gaan deur hul fase van samesyn en testosteroon. Hulle voel hulle is onsterflik, onfeilbaar en skroom nie vir rewolusionêre optredes nie. Hierdie jeugdiges, alhoewel hulle hulself wêreldwys waan, het in feite nog baie om te leer en laat oor die algemeen hul impuls en hormonale ingewings hul politieke denke beïnvloed. Vanuit hierdie standpunt behoort dit niemand te verbaas nie dat die jeugdiges wat deur sy Charles Manson-agtige leierskap beïndruk word ‘n uiters plofbare groep vorm. Hulle is origens dié bevolkingsgroep wat die meeste verantwoordelik is vir die grootskaalse geweld, moord, misdaad en barbaarse optredes wat Suid-Afrika tot die afgrond van ‘n mislukte staat dwing.

    ‘n Mens is geneig om te dink dat hierdie barbaarse optredes ‘n resultaat is van verdrukking, vernedering of gekrente trots. Alhoewel daar seker ‘n element van waarheid in hierdie beskouings skuil, het navorsing in die Verenigde State aangetoon dat swartes nie oor ‘n lae selfbeeld beskik nie. Inteendeel. Hulle het juis ‘n baie hoë selfbeeld, hoër selfs as hul blanke landgenote. Dit is juis mense met hoë selfbeelde wat oorgaan tot derglike vorms van aggressie. Navorsing in Skandinawië oor skoolboelies – wat ‘n ernstige probleem is in hierdie Lutherse lande – het eweneens aangetoon dat in teenstelling tot algemene wysheid het hierdie aggressore geen minderwaardigheidsgevoel nie, maar juis ‘n oordrewe superioriteitsgevoel. Dit is juis hierdie oordrewe selfvertroue wat hulle moeilik beïnvloedbaar maak en minder sosialiseerbaar volgens beskaafde norms. Soos met Malema self, het hulle altyd ‘n ‘slim’ antwoord byderhand om hul moordlus te regverdig.

    Malema beklee ‘n portefeulje oor ‘n bevolkingsgroep wat die meeste neig na gewelddadigheid en barbarisme in Suid-Afrika. As gevolg van die voedselskaarste vanweë die vermoorde boere is hulle maklik aanhitsbaar om sogenaamd “op te eis wat van hulle afgevat is”. Dat hulle “ryk blankes” gaan teiken is ‘n voldonge feit. Die ouer generasie swartes beskik in baie opsigte oor geen morele gesag meer nie en kan geen vaderlike rol aanneem om die jonger generasie op ‘n behoorlike manier op te voed nie. Die Sowetane van 1976 het daarvoor gesorg. Hierdie opstande was nie slegs gemik teen Afrikaans op skool nie, maar was ‘n algemene verwerping van alles wat outoriteit voorgestel het. Selfs ouerlike gesag moes dit ontgeld.

    Aangesien Julius Malema in sy eie woorde net weet van rewolusie (en niks van motorbestuur nie) is hy die volgende skakel om Suid-Afrika verder te vernietig. Die Soweto opstande was waarskynlik die eerste in ‘n hele aantal rewolusies. Onder sy leiding sal daar ongetwyfeld ‘n nuwe rewolusie plaasvind, met die verskil dat blankes geen mag meer het nie.

    Om hierdie rede is dit uitermate belangrik dat blank Suid-Afrika hierdie gevare begin insien en besef dat tyd nou min raak. Daar woed alreeds ‘n onverklaarde oorlog in Suid-Afrika. Julius Malema mag hopelik die blankes beter as wie dan ook aanspoor om ‘n nuwe Groot Trek van stapel te laat stuur.

    online casino slotsДанильченко Юрий Харьков

  • Geweld in SA: Die groter prentjie

    ImageDie Kanadese joernalis Naomi Klein het so twee jaar gelede ‘n boek gepubliseer genaamd “The Shock Doctrine: The Rise of Disaster Capitalism”, waarin sy geargumenteer het dat die grootmagte in die wêreld dikwels wag vir rampe om te gebeur sodat hulle die verskillende lande se ekonomieë of strukture kan heropbou en na hul hand kan skik. Sy stel dus dat rampe die deur oopmaak vir ‘n soort ekonomiese imperialisme.

    In Suid-Afrika gebeur min of meer dieselfde, as ‘n mens die geskiedenis van die aanvang van die Anglo-Boereoorlog en anti-apartheidsbewegings op ekonomiese gebied ontleed. Egter dink ek ons kan Klein se boek vir Suid-Afrika aanpas onder die subtitel: “Die Opkoms van Rampkommunisme” in plaas van rampkapitalisme. Die rede hiervoor is as volg:

    Apartheid het ondanks al sy kritiek en tekortkominge gesorg vir ‘n verhoogde stabiliteit en het geïnvesteer in die opkoms van ‘n swart middelklas. Ons wat albei tye meegemaak het – voor en na – kan getuig dat SA destyds heelwat stabieler en misdaadvry was as vandag. Die polisie was effektief en die basiese konsep van moraliteit was duidelik omlyn met relatief min grys gebiede.

    Ervaring in die verlede het aangetoon dat middelklasburgers moelik mobiliseerbaar is vir protes. Die destydse Frankfurtskool Marxiste, wat wêreldwyd gepoog het om ‘n einde te maak aan Westerse kapitalisme, was gefrustreerd gewees met hul onvermoë om die middelklas voor hul wa te span. Die middelklas vorm die bousteen van ‘n kapitalisitese samelewing, en is ipso facto die grootste vyand van die antikapitaliste.

    Vandaar het hulle uitgewyk na mense wat nie aan die middelklas-profiel voldoen nie, soos feministe, homoseksuele, diverse hippiegroeperinge en eksentriekelinge, wat selfs vandag oorverteenwoordig is aan sosiaalwetenskaplike fakulteite aan universiteite. Hulle bepaal van bo-af die maatskaplike klimaat met hul ‘progressiewe’ opvattings wat stadigaan die samelewing se waardestruktuur in hul guns bespeel. ‘n Voorbeeld hier is Obama se Public Allies-stigting wat multikulturaliteit wil bevorder en slypskole aanbied waarin hulle stel dat heteroseksuele gesinne ‘n negatiewe byproduk is van kapitalisitese, wit baasskap, en ‘n patriargale man-gedomineerde samelewing.  

    Nikita Khroestsjef het destyds aan Kennedy gesê dat Kennedy geen illusies moet hê oor die toestand van kommunisme nie: “Ons [kommuniste] sal julle [kapitaliste] bietjie vir bietjie sosialisme voer, sodat julle een oggend wakker word en vind dat julle in ‘n sosialistiese land woon.” Obama se beleid is ‘n sterk bevestiging van Khroestsjef se standpunt.

    My vermoede is dat die ANC dieselfde taktiek toepas op ‘n minder verfynde manier. Die aantal swartes wat die ANC gesteun het was maar min tydens die NP se bewind. Oliver Tambo het tydens die Rivonia-verhore toegegee dat die ANC nog geen 1% steun geniet het onder swartes nie. In die tagtigerjare het hierdie steun uitgebrei tot ongeveer 5%, nog nie naastenby genoeg vir ‘n rewolusie nie. Enkele jare gelede het ‘n ondersoek van die Institute for Justice and Reconciliation aangetoon dat 39% van die gehele Suid-Afrikaanse bevolking meen dat apartheid ‘n goeie idee was. Overgezet zijnde is die kans vir protes te klein om te praat van ‘n rewolusie.

    Die onwilligheid vir protes is nodeloos om te sê, ‘n doring in die vlees vir rewolusionêre. Die jonger generasie Suid-Afrikaners moet dus goed geïntoktrineer word met opvattings oor die slegte blanke bewind, die verlosser Mandela ens. ens. Kennelik het hulle by Noord-Korea geleer dat die tweede generasie na die rewolusie heelwat meer vatbaar is vir propaganda en linkse heldeverering as die generasie wat ervaring het van voor die tyd. Noord-Korea-kenner Bradley K. Martin het in sy uitstekende werk “Under the Loving care of the Fatherly Leader” gestel hoedat jonger Koreane heelwat meer onder die indruk is van Kim Il soeng se grootsheid as Kim se leeftydgenote. Hoe minder feitlike ervaring, hoe groter die mite.

    Die huidige golf van anargie en armoede is ‘n manier om die land te destabiliseer en mense maklik oor te haal tot rewolusionêre optredens. Dit is juis onder sulke omstandighede waar kommuniste uitblink. Enkele jare gelede het daar ‘n koerantartikel verskyn waarin vermeld was dat in Ronnie Kasrils se kantoor ‘n plan ontdek was om die ANC omver te werp. Hiermee wou Kasrils ongetwyfeld ‘n kommunistiese hegemonie vestig in Suid-Afrika. Selfs Tim du Plessis het enkele weke gelede in sy rubriek vermeld dat sedert Zuma se aantrede sien hy orals rooi soos wat kommunisites-gesindes hul weg vind in topstrukture van die land se instellings.

    Deur mense tot op die randjie van wanhoop te dryf kan die rooies hulself weldra voorgee as die groot verlossers, en sodoende ‘n soveelste poging aanwend om Sowjet sosialisme tot volle bloei te bring. En enige middel word deur die doel geheilig. 

     

    светильники купитьАлександр Фильчаков прокурор

  • Calvyn se invloed op Afrikaners: voor -en nadele

    Na aanleiding van JK Bosch se insiggewende skrywe oor Calvyn wil ek die volgende stuiwer in die armbeurs gooi.

    Image

    Dit stuit inderdaad teen die bors dat Calvyn deur Naspers ook deesdae nie erken word vir die positiewe ontwikkelinge wat hy tot stand gebring het nie. Calvyn en Luther was denkers van hul tydsgees, en daar is eintlik weinig verskil tussen hierdie twee here.
     
    Calvyn was egter meer gesteld op die idee dat 'n mens se lot voorafbepaal is as Luther. Calvyn het ook die nadruk gelê op harde werk, nie soseer as 'n middel tot 'n hoër doel nie, maar as 'n resultaat van 'n vroom gewete.
     
    My verblyf in Nederland het my oortuig dat die Nederlanders na soveel eeue nog steeds oer-Calvinisties is, miskien nie op godsdienstige gebied nie, maar wel op sekulêre gebied. Jy mag nie te veel werk nie, maar ook nie te min nie. Jy mag nie te veel verdien nie maar ook nie te min nie. Jy mag jouself nie te uitspattig gedra nie, maar ook nie te min nie; en alles in Nederland wys daarop dat jy gestraf kan word vir onsinnige vergrype.
     
    Afrikaners is ook Calvinistiese mense, maar pas hul Calvinisme anders toe as die Nederlanders. Calvyn se leerstellings in Suid-Afrika is hoofsaaklik beperk tot die kerk en – miskien deesdae tot 'n mindere mate – seksualiteit. Afrikaners se Calvinisme is grotendeels geïnternaliseer terwyl Nederland se Calvinisme geëksternaliseer is in allerlei staatsapparate en burokrasieë.
     
    Die groot voordeel van Calvyn se leerstellings is die onbaatsugtige werksetiek wat hy voorgestaan het. Hy het juis geleef in die periode toe die handel die kerk begin verbystreef het, die keiser se mag groter geword het, en die pous juis mag ingeboet het. Tydens die Middeleeue was handel slegs gedryf om in mense se basiese behoeftes te voorsien. Die res van die tyd het bestaan in toewyding tot God. Met die handelsgees wat die Reformasie begin inlui het, het die Rooms Katolieke kerk geen wesentlike antwoord gehad om die nuwe tydsgees te beantwoord nie. Luther en Calvyn het juis die tydsgees verwoord en die middelklas op daardie stadium se gedagtes en angste beantwoord.
     
    Albei hierdie denkers het 'n vorm van oorgawe aan God bepleit want slegs Hy weet wie gered gaan word. Veral Luther het gepleit vir 'n absolute oorgawe, want oorgawe is die ware weg na saligheid. Dit was – veral in Luther se geval – as ongoddelik beskou om in opstand te kom en die heersende orde omver te werp. Calvyn het ten minste harde werk bepleit tesame met oorgawe.
     
    Die groot nadeel van Calvinisme is juis hierdie oorgawe-mentaliteit. Ek vermoed dat dit grotendeels verklaar waarom Afrikaners nie hierdie ANC/kommunistiese rampokkerstaat behoorlik durf te trotseer nie. Daar is op hierdie stadium ongetwyfeld bittermin Afrikaners wat tevrede is met die ANC, maar desondanks tolereer hulle die ANC se gesag. Afrikaners protesteer nouliks en Afrikaanse politieke partye boesem weinig respek in by hul vyande.
     
    Dit is een van daardie tragiese ironieë dat dieselfde Calvinisme wat die Afrikaners op 'n hoër welvaartspeil gebring het, dieselfde rede is waarom hulle nou ten onder gaan. Ons moet bewus wees dat Calvinisme sowel 'n vriendskaplike as vyandige werking het op Afrikaners. Met vyandig bedoel ek juis dat Calvyn se oorgawe juis die volksmoord op Afrikaners verder in die hand werk.
     
    Wat doen ons as die staat ons grootste vyand is? Ek dink nie dat Calvyn daar 'n antwoord op het nie. Wie kan ons help daarmee?

    вектор 5Данильченко Юрий Брониславович компромат

  • Tutu se ‘morele’ dilemma

     Op IOL nuus verskyn onlangs almal se gunsteling pseudo-Engelse aartsbiskop, en hy begin nou ernstig vrae te vra of die Image "struggle" die moeite werd was, gegewe die verval waarin SA tans verkeer.
     
    Die Uwe het sy misnoë uitgespreek tydens 'n gedenklesing vir twee Umkontho we Sizwe strydmakkers, Coline Williams en Robbie Waterwich wat twintig jaar gelede in die stryd omgekom het. Williams en Waterwich was oppad om 'n kleefmyn te plant iewers tussen Athlone se magistraatshof en polisiestasie toe hulle in 'n oomblik van onversigtigheid die bom in hul hande laat ontplof het.
    En waarom wou hulle die bom plant? Omdat hulle geprotesteer het teen kiesersregistrasie voor die algemene verkiesing. Soos met die geval van Pawlik Morozof het die ANC hierdie aksie gekaap om 'n paar nuwe kitsmartelaars in die lewe te roep.
     
    Die ironie van hierdie gedenklesing het my behoorlik van my wysie gebring. Kiesersregistrasie, daardie een stap na hul vryheid, was vir hulle 'n bron van onvrede, tot soverre mate dat terreurtaktieke beskou was as 'n geskikte middel hierteen. Dat daar selfs 'n gedenklesing bestaan vir hierdie graad van onnoselheid – sowel die oorsaak as uitvoering daarvan – behoort vir Tutu seker 'n verklaring te wees waarom SA tans in hierdie Hobbesiaanse "Oorlog van almal teen almal verkeer"; 'n oorlog wat steeds meer rewolusionêre energie begin kry.
     
    Die Groot Inkwisiteur van die Afrikaner het blykbaar nie sy mede-Nobelpryswenner Albert Camus gelees nie, daardie wit Algerynse onafhanklikheidstryder wat in sy baanbrekende werk L'homme revolte gestel het dat rewolusie byna altyd tot 'n versterking van staatsmag gelei het, en in feite sy eie doel verraai.
     
    Inderdaad sou ek Tutu graag dieselfde vraag wou stel: was dit die moeite werd om so haatlik teenoor Afrikaners op te tree bloot omdat hulle beter geweet het hoe Afrika-bevryding daar uitsien? Was die Swart Gevaar en Rooi Gevaar werklik irrasionele drogbeelde van die NP se propagandamasjien? Is Tutu bereid om die hand in eie boesem te steek en toe te gee dat die vorige regering – ondanks al sy baie swakhede – te kampe gehad het met hierdie allesverslindende monster van tribale samehorigheid wat elders in Afrika 'n dodetal van ongeveer vyf Holocausts opgelewer het die afgelope veertig jaar?  
     
    Tydens die Waarheidskommissieverhore het Tutu voor in die koor gesing om elke bietjie goedwilligheid van die vorige bedeling af te maak as onbelangrik. Sy onsinnige uitdrukking hiervoor was dat 'n slegte boom geen goeie vrugte kan dra nie. 'n Mens wonder nou of die huidige boom wat hy gehelp plant het so fantasties goed is.
    Desondanks ploeter hy voort en probeer sy bes om hierdie huidige koers wat hy ingeslaan het aan te hou. Een van die aanwesiges by hierdie lesing was Trevor Manuel wat in sy openingsrede geïmpliseer het dat die ANC moet werk daarvan maak om die Wes Kaap nie-rassig te maak. "Nie-rassig maak" is natuurlik ANC-taal vir verdeel en heers, aangesien hulle nog suur druiwe het oor hul verkiesingsnederlaag aldaar.
     
    Weereens maak die ANC van allerlei drogredenasies gebruik om hul magsbasis te konsolideer. Enersyds gee Manuel as ANC-lid toe dat sy organisasie op die verkeerde pad is, maar probeer desnieteenstaande mense oor te haal om op hulle te stem.
     
    Tydens die gedenklesing het hulle dokumantêre films gewys oor die lewens van hierdie twee terroriste (wat op IOL as "operatives" beskryf word) en dat pamflette tydens hul begrafnis uitgedeel was waarin – tot niemand se verbasing – die apartheidpolisie weer die skuld gegee was vir hul dood.
     
    Hoe dan ook, ek dink die filosoof Therèse Delpech het die spyker op die kop geslaan toe sy gestel het dat die moderne mens se grootste tekortkoming is dat sy emosionele wasdom nie saam met sy tegnologie gegroei het nie. Die mees onsinnige verklaring of aanval kan grootskaalse skade aanrig. Nêrens is hierdie voorbeeld duideliker as in Afrika nie. Tutu het met sy kinderagtige uitbarstings en beskuldigings homself genoeg skuldig gemaak hieraan.
     
    Dalk moet hy saam met Camus ook maar begin om daardie ander Nobelpryswenner William Golding se klassieke Lord of the Flies grondig te bestudeer. Waar Orwell se Animal Farm 'n parodie op Kommunisme was, kan 'n mens Golding se werk ongetwyfeld as 'n parodie op Oehoeroe sien.
     
    Anders as Tutu, was Golding en Camus se Nobelpryse ten minste nooit gesteel gewees nie.
     
    Wie sê toeval bestaan nie?

    красная рубашка для девочкиАлександр Фильчаков прокурор

  • Kovsies se nuwe Engelse rektor

    Image

    In Sondag se Rapport verskyn 'n onderhoud met Prof. Jansen oor sy aanstelling as rektor en visie-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat. Die artikel se kopteks lui heel onheilspellend: "Oor 'n jaar sal jy die UV nie herken nie". Daar gaan allerlei transformasies plaasvind, want Kovsies ly nog steeds onder die aangeplakte stigma van die bose, ongetransformeerde wit studente wat op die verkeerde plek op die verkeerde tyd 'n ontgroeningsgrap uitgehaal het.

    Jansen verraai nie net sy rasse-obsessie in hierdie artikel nie, maar op die koop toe ook sy misnoeë, of onkunde, met formele Afrikaans. Toegegee, miskien is ek so effens 'ongetransformeer' in my opvattings oor mense in hoë poste, maar uitdrukkings soos "daar is nog nie closure nie", of "…hoe self-righteous ek was", en les bes "as jy tien jaar terug gesê het ek is 'n token het ek jou gemoer!" – is nou nie die taal wat ek van 'n rektor verwag nie.
     
    Dit is tog 'n bietjie vreemd dat iemand wat so fanaties gedrewe is om wittes herop te voed oor 'n koshuisinsident, self ander wil "moer" as jy net iets skeef van hom sou sê oor sy aanstelling. Sy UDF/ANC verlede, tesame met Tutu se invloed wat aan hom 'n Fulbright-beurs aan 'n Amerikaanse universiteit verleen het, is seker genoeg bewys van 'n politieke aanstelling.
     
    In sy kantoor, beskryf die joernalis, is daar min versierings, maar sy onlangs geskrewe boek stel hy trots ten toon. En die titel van hierdie boek? Dit lui "Knowledge in the Blood", en dit handel oor die vraagstelling hoekom jong Afrikaners nog nie wil "transformeer" nie, selfs diegene wat in die post-apartheid tydperk gebore en getoë is.

    Blykbaar is die hele hedendaagse konteks waarin hulle opgevoed is deurweek van opvattings uit die verlede, en dis hier waar verandering moet plaasvind, aldus die rektor. Vandaar dat hy pleit dat jong Afrikanertjies ingepeper moet word met verhale van wittes wat swart ideologieë gesteun het, of Hoetoe's wat Toetsi's gesteun het en derglike verhale.

    Hul eie geskiedenis, wat al 350 jaar hul identiteit gevorm het moet onder die groot tapyt van die vergangklikheid gevee word. Sonder skroom trek hy vergelykings met die Holocaust en Rwanda se volksmoord.
     
    Dit skeel hom blykbaar min dat Afrikatale tydens apartheid spronge vooruit gegaan het, en dat swartes in Suid-Afrika danksy apartheid beter geletterd was as swartes aan sy alma mater in die Verenigde State. Die één les wat ons hieruit kan haal, is dat ondanks die miljarde-investeringe om swartes op te hef, insluitende hul 9 universiteite (terwyl Afrikaners so iets soos 5 gehad het), is Oehoeroe nog altyd 'n reële gevaar sodra die kasteelmuur van blanke oorlewing val.
     
    Jansen pleit in sy boek dat daar geen maatskaplike of genetiese "essensie" is wat 'n mens tot haat of liefde oorhaal nie. 'n Mens wonder dan waarom hy – in sy eie woorde – wittes so gehaat het. Tog laat dit 'n mens wonder: haat en liefde is universele menslike eienskappe. Blykbaar moet daar tog iets inherents aanwesig wees in 'n mens om hierdie eienskappe voort te bring. Jansen het nog vòòr sy avonture in Amerika aan Wits gestudeer, tydens apartheid nogal, maar desondanks haat hy wittes hieroor.  
     
    Hoe dan ook, dit bewys dat ons onsself liewer kan distansieer van die Marxistiese opvatting dat armoede 'n mens tot radikalisme dryf. Dit lyk asof die beter-gesitueerdes radikaler begin word, as dit nie altyd al so was nie. Ek dink dit was Trotski wat op 'n stadium so tussen neus en lippe deur gesê het dat die gewone gepeupel tog maar net 'n klomp onnosel kuddediere is, wat beteken dat hulle na willekeur opgeoffer mag word aan die Groter Saak. Jansen se transformasietaal herinner nogal sterk hieraan.
     
    Jansen en kie het die universiteite wat hulle destyds op 'n skinkbord ontvang het heeltemaal verpes met hul eindelose politieke aktivisme, en nou is Kovsies die volgende wat in daardie skrootwerfmeule geplet moet word.
     
    Dit is hoog tyd dat ons plan moet maak en kyk of ons nie Afrikaanstalige lang-afstand universiteite kan open nie, hoewel daar blykbaar al derglike stappe onderneem word. Stel jou voor jy kry les in Afrikaans vanuit byvoorbeeld Nederland of België (of selfs Engeland, vanwee die groot aantal geleerde Afrikaners aldaar – dit sal nou 'n lekker dwarsklap na Milner se gees wees!), teen bekostigbare tariewe. Dit mag dan geen onafhanklike eie staat wees nie, maar ten minste is ons jong mense gespaar van fanatiese Afrikanerhaters soos Jansen se ideologiese breinspoelery, en dan tegelykertyd profiteer hulle van internasionaal-erkende wetenskaplike onderwys.
     
    Laat ons eerlik wees: Om 'n Afrikanerhater in 'n tradisionele, Afrikaanse hoër onderwysinstelling aan te stel is geensins eerbiedwaardig nie, maar net die soveelste platform waarmee die regerende elite skaamteloos arrogant sy idee van nuwe swart baasskap kan uitbasuin. Dit ly by my geen twyfel dat die ANC doelbewus die Reitz-insident vir daardie doeleinde gekaap het nie.
     
    As Jansen werklik wil weet wat mense tot haat of liefde oorhaal, kan hy beter begin deur sy eie neo-imperialistiese transformasieplanne te bevraagteken wat hy so graag op ander wil afdwing.
     

    форма 026уАлександр Фильчаков прокурор