praag.co.za

Category: Joseph Secreve

Joseph Secrève is gebore te Roodepoort op 21 November 1973. Hy was op Laerskool Roodepoort-Wes en het gematrikuleer aan Hoërskool die Adelaar in Witpoortjie in 1991. Daarna is hy RAU toe waar hy ‘n B.A.- (Geesteswetenskappe) graad behaal het, met hoofvakke sielkunde en sosiologie in 1995. In 1997 behaal hy die graad B.A. (Honneurs) in sielkunde aan dieselfde universiteit. Sedert 1998 woon hy in Nederland waar hy ‘n rukkie gewerk het en hy is tans ‘n paar maande weg van sy doktoraal in sosiale sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Daarnaas is hy ‘n ongeneeslike boekwurm en beywer hy homself vir die taalstryd om die behoud van Afrikaans.

  • Ons absurde toneel

    Deur Joseph Secreve.

    Soos seker baie mense gaan ek deur verskillende giere, en verdiep myself in diverse stokperdjies van tyd tot tyd. Veral op literêre gebied het ek al sedert my hoërskooljare begin wetenskapfiksie lees, gevolg deur die werke van die sielkundige Carl Jung vanaf my tweede jaar, en daarna verskeie eksistensiële strominge in my latere studiejare. Voorwaar ’n fees vir die gees!

    Die werke van die Franse Algeriër Albert Camus en die Ierse Samuel Beckett staan my by. Die groot absurdiste. Denkers soos Camus wat op ’n ernstige noot die absurditeit van die lewe benadruk het en Beckett wat hierdie absurditeit op ’n speelse wyse vertolk het in sy skrywes en toneelstukke. Beckett se “Wag vir Godot” is nogal ’n interessante swart komedie. Twee boemelaars, Vladimir en Estragon, durf nie te veel te doen nie omdat hulle vir Godot sit en wag. Wie of wat Godot is word nêrens bekendgemaak nie. Al wat ons weet is dat hierdie Godot veroorsaak dat hulle lewens pynlik inhoudloos is soos wat hulle vir hom/haar/dit wag.

    Ek wonder so dan en wan wat hierdie groot literêre beroemdhede sou gedink het van Suid-Afrika. Ek lees verlede week die artikels van twee geroemde intellektuele; die een is prof. Pierre de Vos en die ander dr. Piet Croucamp. Albei Afrikaners, albei Afrikanerhaters, maar die een skryf gif in Engels en die ander in Afrikaans. Ons eie Vladimir en Estragon. Albei wag ook vir hul eie Godot, en ondertussen goël hulle met allerlei gesofistikeerde woorde en terme wat uiteindelik nie baie betekenisvol is nie. Onderliggend aan hul retoriek sien ons voortdurend dieselfde onderwerpe terugkeer, naamlik die eindelose verontwaardiging van wat dit is om wit en Afrikaans te wees. Intussen wag hulle vir een of ander utopie om oor Suid-Afrika te verskyn, maar hoe hierdie utopie daaruit gaan sien weet ons nie.

    Of dalk sien ek dit verkeerd. Volgens linkse kringe sien ek mos gereeld dinge verkeerd. Ek dink so terug aan my afstudeerskripsie aan die Universiteit van Amsterdam toe ek ’n artikel gelees het van twee navorsingsielkundiges, die Italianers Cadinu en Reggiori. In hierdie artikel het hulle na drie verskillende statusgroepe gekyk, te wete dokters, sielkundiges en maatskaplike werkers. Sodra die middelstatusgroep – die sielkundiges – neerhalende berigte ontvang het van die hoë statusgroep – die dokters – het hulle nie die dokters se professionaliteit aangeval nie, maar hul verontwaardiging op die lae status groep – die maatskaplike werkers – uitgehaal. Hulle het met ander woorde hul gekrenkte status kunsmatig verhoog deur na onder te trap.

    Dit is seker nie vergesog om te beweer dat ons eie Vladimir en Estragon dieselfde doen nie. Die pynlike druk van bo maak dat hulle ondertoe trap na die lae status groep. Ek is stellig oortuig dat hierdie twee menere hul roeping gemis het. Ongelukkig het die Tour de France alreeds afgeskop, anders kon hulle saamgery het, die bene wat ywerig ondertoe trap. Op die pedale kan ons die Oranje Blanje Blou plak en dan sien ons hoe hulle geeltruie opstryk soos nie eens Lance Armstrong met sy towerdoepa kon regkry nie.

    As hul Godot nou eenmaal opgedaag het, en hierdie engel des doods wat Suid-Afrika so teister nou eenmaal oorgewaai het, sal ek verbaas wees om te sien wat hul reaksie gaan wees. Al daardie jare het hulle nêrens standvastig in belê nie. Dit was alles ’n blinde gejaag na effek. Wat sou die antropoloë en historici van more dink van hierdie absurditeit, dat sulke geleerde en gerespekteerde burgers van die samelewing so veel skade berokken het aan die kultuur wat hulle opgevoed het? In plaas van ’n “dankie” aan hul voorvaders wat met bloed, sweet en trane ’n volwaardige en bloeiende kultuur in die suide van Afrika bewerkstellig het, soek hulle voortdurend die slegste daarin op en probeer dit as norm voor te hou. In plaas daarvan om ’n suiwer hart en siel te kweek wat aan die kinders oorgedra moet word, het hulle hierdie heilige verbintenis geskend en vervang met ’n Frankensteiniaanse tipe hart en siel, so aanmekaar gelap sonder harmonie, eenvoud of suiwer waarhede, hul identiteit slegs bestaande uit haat en antipatie in plaas van ’n soektog na die hoogste deug.

    Nes die kommuniste van weleer wat meesterwerke soos die Matthäuspassion van Händel verbied het en vervang het met sulke belaglike operas waar daardie bloeddorstige klein tor genaamd Lenin opgehemel word, sien ons dieselfde patroon by Vladimir de Vos met sy stelling dat: “During Apartheid the state spent vast sums of taxpayers money on these institutions (histories Afrikaanse universiteite) as part of its policy of almost exclusively promoting the education of white students”. O me! O my! En hier dog ek dis omlat Suid-Afrika dit nie kon bekostig om sy internasionale kompetisieposisie in die wêreld te verbeur deur die hele tyd bakke vol geld te strooi na studente wat ’n universiteit slegs beskou as ’n broeiplaas vir rewolusie nie. As Suid-Afrika uitmis op die wêreldtoneel, kan swartes nog minder gehelp word, nie waar nie? Laat staan nog die feit dat die wittes die mees troue belastingbetalers was, en dat swart universiteite ook grotendeels deur wit belastinggeld onderhou was. Die feit bly bestaan dat beleggings nou eenmaal stroom na die mees betroubare spelers. Selfs die vorige hoof van die Reserwebank Tito Mboweni was mos versot gewees op sy Afrikaners. Hulle is betroubaar, werk hard en word nie deur regstellende aksie voortdurend oorgekoop deur ander bedrywe nie, seg hy.

    En dan kom Estragon Croukamp en meen: “Etniese en rassemeerderwaardigheid kon Afrikanerskap uiteindelik uitgedoof het indien De Klerk nie pragmaties begin dink het in die 1990’s nie”. Etniese en rassemeerderwaardigheid nogal. Vanwaar gehasi? Afrikaners was juis een van die min Protestantse volkere wat nie sulke twak geglo het nie. Het Afrikaners ooit ander rasse bestudeer en gesteriliseer soos die Skandinawiërs en Amerikaners gedoen het? Het een van die drie susterkerke ooit swartes vir Mengele-eksperimente gebruik soos die Katolieke en Anglikaanse kerke met vyftig duisend Indianekinders in Kanada gedoen het? Het Afrikaners ooit duisende Naziwetenskaplikes ingevoer soos die Amerikaners onder Operasie Paperclip gedoen het?

    Die Engelse eugenetikus Havelock Ellis het mos geglo dat selfs sy hond meer tussen die ore gehad het as ’n Bantoe in Suid-Afrika, dog sê Croukamp niks oor hoe die Souties se rassemeerderwaardigheid hulle dalk kan uitdoof nie. Ek weet nie hoe slim Ellis se brak was nie, maar hy was kennelik wys genoeg om geen harde bene te kou oor sulke opvattings nie.

    Maar gelukkig word Afrikanerskap volgens Croukamp nie nou uitgedoof nie. Sommer in die eerste week toe sy werkgewer, die Joedjy sy deure oopgemaak het, begin swartes op hul blink nuwe kampus te sing “Kill all whites, Afrikaans and English”, so asof die stoflike oorskot van die Rand Afrikaans University nie hul behoefte tot vernietiging kon bevredig nie. Nee wat, dit is omdat Afrikaners blykbaar nie die geleentheid benut het om meer empaties, aanvaarbaar en konstruktiewer Suid-Afrikaners te word nie. Van die Engelse sê hy nie veel nie, seker omdat selektiewe verontwaardiging aan die orde van die dag is in die wêreld van linkse akademici.

    Mandela, Zuma, Malema en seker nog ’n klompie ander swartes het hulself al iewers skuldig gemaak aan aanhitsery teen wittes, maar daaroor is ons groot geleerdes doodstil. Daardie ander hofnar, Tutu meen dat Afrikaners nie besef hoe gelukkig hulle is dat swartes hulle nie massaal afgeslag het nie, die tientalle duisende vermoorde Afrikaners ten spyt. Weereens kan my effense bekrompe lewensuitkyk nie die vredeliewendheid daarvan insien nie.

    Was dit nie CJ Langenhoven wat gesê het dat so gevaarlik soos ’n aap met ’n mes in sy hand, is geleerdheid in die kop van ’n dwaas nie? Dan is daar nou wraggieswaar ’n epidemie van ape met messe agter die voorgewel van die elite.

    Hoe dwaser hul standpunte, hoe groter meen die hoofstroommedia is die waarheidsgehalte daarvan. So dom soos wat dit mag oorkom is dit ironies genoeg juis die hele punt. As jy afstudeer praat die Engelse mos van “graduate”, wat blykbaar afgekort is van “gradually indoctrinate”. Niemand sê dit egter beter as die Duitse filosoof Johann Gottlieb Fichte nie, soos aangehaal deur die Engelsman Bertrand Russel:

    “Education should aim at destroying free will so that after pupils are thus schooled they will be incapable throughout the rest of their lives of thinking or acting otherwise than as their school masters would have wished … The social psychologist of the future will have a number of classes of school children on whom they will try different methods of producing an unshakable conviction that snow is black. Various results will soon be arrived at: first, that influences of the home are ‘obstructive’ and verses set to music and repeatedly intoned are very effective … It is for the future scientist to make these maxims precise and discover exactly how much it costs per head to make children believe that snow is black. When the technique has been perfected, every government that has been in charge of education for more than one generation will be able to control its subjects securely without the need of armies or policemen.”

    En dit is die logika van ons tyd. Daar is geen vryheid en indiwidualisme meer nie, slegs kuddediere wat die opvattings van die dag klakkeloos napraat, aangestuur deur die kommmuniste se buiksprekerpoppe De Vos en Croukamp.

    En terwyl die dom massa in ’n staat van oorlog verkeer oor wie se sneeu die swartste is, sit die magtigste elite ter wêreld agter die skerms en skaterlag oor die absurditeit wat hulle losgelaat het op die mensdom.

    Teen daardie tyd sit ons eie Vladimir en Estragon en besef seker die absurditiet van hul situasie. Soos “Wag vir Godot” se slotdialoog:

    Vladimir: Ons sal onsself more ophang. Tensy Godot kom.

    Estragon: En as hy opdaag?

    Vladimir: Dan is ons vry.

    Vladimir: Wel, sal ons gaan.

    Estragon: Ja, kom ons gaan.

    Hulle bly stilsit.

  • Die toekoms van die EU en die Weste

    Die toekoms van die EU en die Weste

    John Robison
    John Robison

    Soos wat die tyd aanstap sien ons hoe Westerse lande nog baie kan leer van die Afrikanerleiers van weleer. Wie onthou nog Verwoerd se boodskap dat sodra Mandela president word, sal die bakens van die Weste ten gunste van daardie gevaarlike ideologie van kommunisme val? Of PW Botha se waarskuwing van die totale aanslag sodra kommunisme oorneem? In daardie opsig funksioneer Suid-Afrika soos ’n mikrokosmos vir die res van die Westerse wêreld. Net soos die Sowjet Unie ’n eksperiment was om te sien hoe suksesvol kommunisme uitgevoer kan word na die res van die wêreld, is Suid-Afrika ’n laboratorium om te sien hoe Westerse volkere omgaan met hul eie kulturele ondergang.

    Hierdie Nuwe Wêreldordetsoenami wat besig is om die Weste te oorspoel is egter nie net van die onlangse tyd nie, maar het geleidelik ontwikkel oor honderde jare vanuit verskillende oorde. Een van die eerste belangrike aanwysings in hierdie verband was die Skot John Robison se Proofs of a Conspiracy uit 1797. Uiteindelik sal hierdie verskillende strominge by mekaar uitkom, met soos gewoonlik slegs ’n klein groepie ingewydes wat die volle oorsig het van wat presies gebeur.

    Om hierdie totale aanslag meer oorsigtelik te maak sal dit ’n goeie idee wees om na ’n aantal verskillende onderdele te kyk waaruit dit bestaan. Ek het dit saamgevat onder ’n aantal kriteria om te probeer om meer helderheid op die saak te werp. Die onderwerpe wat hier ter sprake sal wees is wetgewings, kultuur en geloof.

    Internasionale wetgewing. Op hierdie stadium is daar rofweg gestel twee soorte regstelsels wat geld in die wêreld, naamlik wette op land en wette op see. Die wette op land verskil uiteraard van land tot land, maar die wette op see is min of meer universeel. Die mees uitgebreide wetstelsel op see is afkomstig uit die admiraliteit, en is al grotendeels opgeneem in die landswette van die meeste handelslande. In stede soos Amsterdam, Londen, New York en ander sien ’n mens op belangrike historiese geboue allerlei standbeelde en ornamente wat die dakke en voorgewels versier. Een van hierdie ornamente wat op die hoogste punt van die dakke pryk is ’n brons of geelkoper seilskippie. Daardie skippie beteken iets. Dit gee aan dat in daardie gebied koopvaardywette geld. Koopvaardywette is gebaseer op admiraliteitswette, aangesien die admiraliteit die eerste beheerliggaam op see was wat ’n uitgebreide regstelsel ontwikkel het. Omdat die meeste handel oor see gaan, is tot op vandag die admiraliteitswette die basis waarop koopvaardy- en handelswette geskoei is.

    Soos enige regsgeleerde kan beaam is wette gebaseer op ’n bepaalde gees. Die Franse grondwet is gebaseer op die gees van vryheid, gelykheid en broederskap, dié van Amerika op die gees van vryheid en indiwidualisme, en die gees van die admiraliteitswette berus op eer. Die bemanning op ’n skip is verplig om alles wat gebeur aan die kaptein te vermeld. Hulle moet hul eie belange opsy sit ter wille van die groep, anders kan die hele missie gevaar loop, vandaar dat eer die belangrikste deug is in die admiraliteit.

    Die afbraak van landsgrense soos byvoorbeeld in die Eurolande gaan gerieflik help om die admiraliteitswette te bevorder. Hierdie wette mag dalk belangrik wees op see, maar as dit elke faset van ons lewens gaan oorheers kan dit ’n probleem word. Waar wette op land oor die algemeen ingestel is om persoonlike vryheid te waarborg, is wette op see slegs gebaseer op resultate. Dit kom daarop neer dat jou eie persoonlike ontwikkeling niet tot sy reg kan kom nie en dat diegene wat in beheer is van jou alles van jou moet weet. Daar is geen privaatheid meer nie en geen persoonlike ontwikkeling nie. Alles is onderhewig aan die groot loerbroer en enige afwyking kan gestraf word. Die uiteinde is dus nie veel anders as slawerny nie. ’n Mens kan dit duidelik ervaar in ’n seevarende moontheid soos Nederland waar die bemoeisieke regering alles van sy inwoners moet weet. Enigiets privaat en persoonlik word met agterdog bejeen. Dit is daarom belangrik dat ons landswette moet respekteer en moet waak teen oormatige admiraliteitswette wat orals ingevoer gaan word.

    Kultuur. Dit word deesdae al hoe kranksinniger wat mense as esteties kwalifiseer. Opvattings wat nie in tradisie gewortel is nie word opgehemel terwyl alle andere opvattings wat oor honderde jare ontwikkel het as agterlik of onvanpas beskou word. In Swede word dit ook steeds meer die norm om nie meer na mans en vroue in die derde persoon (‘han’ of ‘hon’) te verwys nie, maar met die neutrale ‘he’. Hierdie jarelange droom van die universele mens het ’n belangrike ideaal gevorm by die Swede, en nou sit hulle met ’n onwerkbare situasie, ’n uitgeputte welsynstaat en minderhede uit Moslemlande wat Swede ’n reputasie gegee het as die land met ’n verkragtingsyfer wat twintig keer hoër is as die Europese gemiddelde.

    Andersyds het ons almal die wenner van die afgelope Eurovisie Musiekfees gesien, naamlik ’n bebaarde transseksueel uit Oostenryk. ’n Vrou of iets met ’n baard wat ’n soort afgesaagde James Bond deuntjie gesing het moet ons as ’n monumentale prestasie beskou. Let wel, die kompetisie se naam is “Eurovision”, met ander woorde “visie van Europa”, oftewel dit waarheen Europa oppad is. En dit is ’n goeie vraag. Waarheen is Europa (en ipso facto die Weste as geheel) oppad met hul patologiese ophemeling van alles wat afwyk? Voorlopig lyk dit in elk geval asof die Weste met die EU as beliggaming op ’n chaotiese toestand afstuur.

    Die sielkundige Kurt Lewin se konsep van fluïditeit kan ons hiermee help. Met fluïditeit word bedoel dat daar ’n georganiseerde chaos moet plaasvind om mense te verwar en te reduseer tot ’n toestand soortgelyk aan ’n vroeë kindertyd. Dit word onder andere gekenmerk deur gebrek aan selfdisspiliene, oppervlakkige vermaak wat tradisionele kultuur en tradisie verdring, en onderwys wat deesdae eerder bestaan uit beroepsopleiding as opvoeding. Blykbaar is selfs die inhoudlose pubertelevisiekanaal M-TV se naam kripties vir “Empty TV”, wat weereens wys dat hierdie ophemeling van sotheid doelbewus georkestreer word.

    ’n Wêreld soortgelyk aan Jose Ortega y Gasset se La Rebelion de las Masas is die gevolg, aangesien almal iets te vertelle het in hul hiperdemokrasie maar niemand werklik iets te sê het nie. Hulle het ook nie die integriteit om op te volg wat hulle sê nie, terwyl geleerde en ervare mense se menings net so swaar weeg soos iemand wat onkundig is en dus verdring word. Die chaos wat hieruit gaan ontstaan sal ’n despotiese gesag iewers in die toekoms ’n noodsaak maak soos wat mense op soek gaan na iemand wat orde in die chaos kan bewerkstellig.

    Om die waarheid te sê is hierdie chaos selfs in beton gegiet. Die Europarlementgebou in Strasbourg is ontwerp om soos die Toring van Babel te lyk, en interessant genoeg is die parlementêre setels in sewe halfrond rye gedeel sodat dit lyk soos ligstrale. Die getal sewe het ’n belangrike esoteriese betekenis. Van oudsher uit die mitologie word sewe ligstrale beskou as ’n samestelling tussen verskillende opvattings om die mensdom in ’n hoër staat van perfeksie te stuur, volgens die leerstelings van die teosofie en New Age bewegings altans. Die bedoeling van die EU is nie net om handel te bevorder nie, maar om ’n nuwe tydgees in te lui.

    Wat nog ’n verdere aanwysing is dat die EU nie deur praktiese politiek bestuur word nie, kan ons kyk na die swaargewigte binne hierdie unie. Soos die nie-verkose voorsitter van die EU, Herman van Rompuy self toegegee het is hulle almal Jesuïete. Die belangrikste funksies binne die EU word beklee deur die Seuns van Loyola. Die uitsondering is natuurlik die dominee se dogter Frau Merkel, wat ’n gerieflike teenwig bied om die ware gesig van die EU effens te verdoesel.

    Seker die vernaamste kenmerk van hierdie bedugte orde is dat die doel die middele heilig. Volgens die Eed van Inwyding wat elke prominente Jesuïet moet onderteken is alles geoorloof, van moord, marteling, lieg, bedrieg tot verkragting, vergiftiging, lis en bedrog ensovoorts, solank die doel maar bereik word.

    Ons kan duidelik sien dat die Jesuïete die ware stigters is van kommunisme. In elk geval het hulle van alle groepe die meeste ervaring met infiltrasie, sabotasie, konkel agter die skerms en wêreldheerskappy, en is daarom die perfekte kandidate om die Unie te lei.

    Vir diegene wat dink ek oordryf, kan ons na die eerste belangrike EU referendum in 2005 kyk. Nederland en Frankryk het tesame massaal ‘nee’ gestem teen ’n nadere samewerking binne die EU, maar met allerlei geknoei het die elite desondanks die samewerkingsverband deurgedruk, waarmee die Nederlanders en Franse nog ’n stukkie van hul soewereiniteit moes prysgee, teen die wil van die burgers in. ‘n Ander aanwysing sien ons tans met die krisis in Oekraïene. Volgens Poetin is die ware verkose Oekraïense president Janoekowietsj uit die saal gelig omdat hy nie met die EU wou saamwerk nie, met ander woorde sy beleid het te veel berus op soewereiniteit in plaas van onderworpenheid aan daardie korrupte beheerliggaam genaamd die Europese Unie. En nou moet daardie land dit bekoop met ’n kleinskalige burgeroorlog.

    Ons sien nou by die afgelope verkiesing dat mense massaal hul misnoë begin wys teenoor die Unie, veral noudat Marine le Pen se anti-EU Front National ’n belangrike oorwinning behaal het. In Nederland het Geert Wilders se PVV nie so vooruitgestreef nie, waarskynlik oor sy onlangse “Minder Marokkane” uitlating wat baie kiesers van hom vervreem het. Ek dink egter nie dat hierdie ruk na regs ’n invloed sal hê nie. Dis hooguit slegs een stappie terug, maar die EU sal sy wil hoe dan ook aan sy onderdane opdring.

    Ons is geneig om te vra hoekom hierdie behoefte om massaal te integreer belangrik is vir hulle. Selfs die bekende Britse teenstander van die EU, Nigel Farage het al tereg gevra hoekom hulle hierdie obsessie het om die EU ten alle koste te laat slaag. Uiteraard speel mag en materiële gewin ’n rol, maar dit is nie al nie.

    Die ware antwoord hierop is eintlik net so sinies as wat dit eenvoudig is, naamlik die uniewording het niks met die gewone burger uit te waai nie! Die argitekte agter die eenwording volg bloot instruksies op wat al honderde jare oud is. Die beginsel om so veel moontlik mag te konsentreer in die hande van ’n klein groepie ingewydes is al so oud soos die mensdom self. Interessant genoeg dink sommige van die meer okkulte figure selfs in terme van siklusse wat oor duisende jare strek waaraan hulle gehoor probeer gee, en ons moet beslis nie die fout maak om hul mag en toewyding te geringskat nie.

    As ons werklik wil weet wat die toekoms van die Weste en die EU gaan wees, sal dit ’n goeie idee wees om te kyk na twee parallele strominge, te wete die konsep van Sinargie, soos ontwikkel deur die Fransman Joseph Alexandre Saint-Yves, en die teosofie van Helena Blavatsky en haar opvolger Alice Bailey.

    Sinargie het te make met die ontwikkeling van ’n rigide burokrasie bestaande uit ’n heersersklas wat meen dat hulle voorbestem is om te regeer. Hulle het totaal geen boodskap aan demokrasie of persoonlike vryheid nie. Dit het ontstaan as ’n reaksie op die anargie van die laat negentiende eeu en dat mense self nie in staat is om te weet wat goed is vir hulle nie. Vandaar meen hierdie ingewyde heersers dat hulle die septer moet swaai omdat hulle weet hoe om te sorg vir hul onderdane. Die huidige chaos wat ons nou sien is waarskynlik ’n poging om dieselfde anargie na te boots sodat die EU se bestaan verder geregverdig kan word.

    Sinargie was egter nie volledig uitgedink deur Saint-Yves nie, maar het volgens hom ’n tradisie wat honderde jare oud is. Die Republiek van Plato was immers ook ’n bestel wat op sinargie berus het. Die belangrikste draers van die geheime van sinargie was – soos gewoonlik – die bekende verdagtes naamlik die Tempelridders gewees, en mag dalk die rede wees waarom die moderne Tempelridders – die Jesuïete – die taak op hul geneem het om die EU te lei.

    Die ander belangrike stroming wat die EU vormgee is terug te vinde in die leerstellings van die teosofie. Hierdie benadering is baie abstrak en misterieus maar ons kan die uitwerkinge daarvan aanvoel. Wie sou byvoorbeeld in die tagtiger jare kon dink dat popsterre soos Ke$ha openlik satanisme, kannibalisme en om jonk te sterf sou ophemel? Of dat Richard Dawkins ’n platform gegee word om sy ateïsme rond te basuin terwyl sy formidabele opponente soos Rupert Sheldrake, Jonathan Black of Rodney Stark se stemme skaars gehoor word?

    Die antwoord het te make met die Vistydperk wat nou begin afloop en die Waterdraertydperk (“Age of Aquarius”) wat nou aan die daeraad hang. Dit mag ’n verklaring bied hoekom daar ’n vyandige ingesteldheid teenoor Christendom heers, terwyl gedagtegoed wat tiperend is van die Waterdraertydperk soos die New Age Beweging, astroteologie en teosofie nou steeds meer aanvaar word. Die konsep van eenheid en die sewe ligstrale soos hierbo vermeld vorm ’n belangrike hoeksteen in die Waterdraertydperk. Dit kan egter ook verwys na die sewe gode van chaos soos uitgebeeld in die Nag Hammadi of die sewe geeste van Olympus wat elkeen oor ’n bepaalde gebied heers.

    Hoe dit ook sy, die EU is vormgegee deur mense wat ’n gedeë kennis van die mistieke en okkulte het. Dit is hulle wat uiteindelik gaan bepaal waar Europa en die Weste as geheel oppad is. Ons is aan hulle oorgelewer, net soos wat hulle glo dat hulle aan kosmiese instruksies onderhewig is.

    Egter, die voordeel van die Waterdraertydperk is dat alles wat in newels verhul was gaan uitlek aan die publiek, en die gewone mens gaan uiteindelik sien wat werklik aangaan, altans dit is wat die kenners beweer.

    Kom ons hoop dat daar nog genoeg energie en solidariteit bestaan onder Westerse volkere om ons ware vryheid en soewereinitiet terug te eis en om nie opgesluk te word in hierdie kranksinnigheid van ’n paar magsbehepte imbesiele nie.

    Dan kan ons werklik weer voortbestaan in geregtigheid.

  • Die geheime oorlog teen geloof, deel 2

    Die geheime oorlog teen geloof, deel 2

    religieDeur Joseph Secreve.

    As ons ’n kykie neem in die wêreld van vandag is dit moeilik om te ontken dat belangrike konflikte langs die breuklyne van geloof plaasvind.

    Die Moslembroederskap, Taliban en waarskynlik nog ’n rits ander ekstremiste is besig om die Midde-Ooste te destabiliseer, die moraliteit van die Christelike Weste het die laaste twintig jaar ernstig agteruitgegaan, die Jode word beskuldig van sameswering teen die Weste en die Ooste, en die Jesuïete word beskuldig dat hulle eintlik die boosdoeners is wat die Jode stilletjies inspan. Die Ismaelimoslemleier, die Aga Khan word beskuldig dat hy die werklike kwaadstoker in die Moslemwêreld is, en die Sabbateaanse Jode word beskuldig van die vyandige effekte van Sionisme.

    Met ander woorde, globaal beskou is die wêreld ’n puinhoop wat sy geloofstelsels aanbetref.

    Aangesien dit nou eenmaal menslike natuur is om chaotiese situasies te ontrafel om te sien of daar nie dalk ’n metode agter hierdie malligheid skuil nie, sal dit ’n goeie idee wees om dit nou toe te pas.

    Ek gaan myself nou gevaarlik begewe binne die wêreld van komplotdenkers en kan daarom nie met sekerheid stel of ek werklik hieragter staan nie, maar die toeval waarmee sommige gebeurtenisse plaasvind maak dit die moeite werd om te bespreek.

    ’n Vooraanstaande negentiende eeuse Vrymesselaar en Jesuïet, ’n sekere Albert Pike, het volgens sommige bronne ’n brief geskryf na die Italiaanse rewolusionêr Giuseppe Mazzini. In hierdie brief, gedateer 15 Augustus 1871, het hy planne gesmee vir drie wêreldoorloë. Aldrie oorloë moes mekaar komplimenteer om saam ’n hoër doel te bereik.

    Die Eerste Wêreldoorlog se doel sou wees om die tsaar in Rusland te vernietig, en daarmee gepaardgaande die Ortodokse Slawiese kerke af te breek. Kommunisme sou die nuwe ideologie word wat stadigaan buurlande sou insluk en sodoende onder beheer te kry.

    Die Tweede Wêreldoorlog se doel sou wees om ’n Sionistiese aanwesigheid in die Midde-Ooste te skep. Daarmee gepaardgaande moes kommunisme sterk gemaak word om ’n bedugte teenstander te word van Christendom in die Weste. Sodra die tyd reg is, sou kommunisme in al sy volle kragte die Weste oorweldig. Dit mag ’n verklaring bied hoekom Truman en Churchill gehelp het om omliggende lande by die Sowjet Unie in te lyf.

    Die Derde Wêreldoorlog se doel sou wees om Sionisme en Islam teen mekaar uit te speel. Dit is die bedoeling dat albei hierdie partye die stryd moet verloor om vir nog verdere verdeeldheid en verwarring te sorg by hul onderdane. Die uiteindelike wenner moet ateïsme en nihilisme wees. Hierdie stryd moet dus so lank moontlik uitgerek word sodat mense fisies, geestelik, spiritueel en ekonomies volledig uitgeput raak dat hulle hul geloof afsweer, en uit desperaatheid enige godsdiens sal aangryp wat “vrede” belowe.

    As die toeval met die werklikheid vandag nie so opvallend was nie, sou dit nie die moeite gewees het om hierdie skrywe van Pike te noem nie. Origens word hierdie brief deur offisiële instansies ernstig in twyfel getrek en baie van hulle ontken dat daar ooit soiets geskryf was.

    Die Islamitiese lande in die Ooste is nog uiters onstabiel, met eindelose aanslae wat verder help om mense te traumatiseer en wanhopig te maak, en daar het al gerugte rondgegaan dat ons hier met ’n voorloper van die Derde Wêreldoorlog te make het.

    Die probleem is egter dat terwyl almal se aandag afgelei is deur die Midde-Ooste, het Rusland stilletjies opgang gemaak wat sy geloofsituasie aanbetref. Omdat die Russe steeds gelowiger begin word het na die val van kommunisme, kan ’n mens stel dat die doelstellings van die Eerste Wêreldoorlog eintlik besig is om ongedaan te raak.

    Die ortodokse geloof het een van die vinnigste groeiende gelowe ter wêreld geword as gevolg van die Russe wat hierna teruggryp, en die belydenis hiervan het ondertussen ’n gevoelige snaar geraak by die Russe. Dit sien ons met die Pussy Riot-insident asook met die walgkunstenaar Marat Guelman wat in Krasnodar ’n stewige paar klappe van die bewoners moes trotseer en uit hul stad weggejaag was oor sy godslasterlike kitsch wat hy as kuns probeer verkwansel het. Om die waarheid te sê, sal dit my nie verbaas as die Russies-ortodokse patriargaat agter die skerms besig is om die verstrooide bloedlyne na te speur om te sien of hulle die tsareryk weer kan herstel nie.

    Nou wonder ’n mens: Is hierdie “inval” van Rusland in die Krimgebied – wat eintlik hoegenaamd geen inval is nie – nie dalk ’n poging om Rusland te intimideer en op soortgelyke wyse te belaster soos wat ons tydens die apartheidjare meegemaak het nie? Eers was dit die missielafweer langs die Poolse grens, toe volg die Pussy Riot-sage, daarna die sogenaamde anti-gaywetgewing tydens die Olimpiese Winterspele, en nou met Obama wat dreigende taal jeens Rusland besig oor hul demokratiese referendum wat hulle gehou het terwyl hyself ’n onwettige marionetregering in Oekraïene bewerkstellig het.

    Ons eie ervaring in Suid-Afrika het ons daarop gewys dat daar dikwels meerdere redes is om ’n sekere land te laat wankel, hetsy geostrategies, hetsy minerale of ideologiese belange. Suid-Afrika se mineraal- en kapitaalbelange was ’n belangrike rede gewees om die NP regering uit die saal te lig, maar tegelyk het dit ook ’n ideologiese doel gedien, naamlik om die Westers-gesinde kulture wêreldwyd te ondermyn ten gunste van die derde wêreld. Blykbaar het die kommuniste so lank gelede as 1953 planne beraam om van Mandela ’n afgod te maak; iets wat onder die ingewydes as “Plan M” bekendgestaan het.

    Die geskiedkundige James Billington se boek Fire in the Minds of Men: Origins of the Revolutionary Faith, word allerweë beskou as een van die mees gedetailleerde werke wat nog ooit verskyn het oor proletariese rewolusies en geloof. Hierin beskryf hy onder andere hoedat die jong rewolusionêre hulself Promethiane genoem het, verwysend na die Griekse god Prometheus, wat vuur van die gode gesteel het om aan die mens te gee. Die Promethiane het hulself soortgelyk as gode gewaan wat oor die mensdom sou hoed, en interessant genoeg is die Prometheus standbeeld in New York se Rockefeller Plaza ’n huldeblyk aan hierdie vurige jong geeste – en nou weet ons sommer ook wie hulle gefinansier het.

    Ons het gesien hoe die mitologiese Mandela wêreldwyd die groot Promethiaan geword het van ons tyd, met rockgroepe, strokiesboeke, en natuurlik Hollywoodfilms wat sy lewe besing, soortgelyk aan Sowjetlektuur en operas waarin Lenin en Marx as die groot bevryders opgehemel was. Die soortgelyke denkstrome is ’n goeie aanduiding dat dieselfde invloede heimlik werksaam is.

    Dit is belangrik om die volgende te onthou: Iemand wat te streng gelowig opgevoed is het ’n ruggraat maar geen ledemate nie. Iemand wat te ongelowig opgevoed is het ledemate maar geen ruggraat nie. Die een is ’n hark en die ander ’n jellievis. Die beste kompromis sou wees om sowel ’n ruggraat as ledemate te ontwikkel om ’n gebalanseerde lewensvisie te ontwikkel. ’n Stewige ruggraat en stewige ledemate komplimenteer mekaar en is saam die beste manier om waaksaam te wees teen die subtiele kragte wat die mens wil verswelg. Ons noem dit wysheid.

    Ons kan immers ’n belangrike les leer uit die mite van Prometheus. Hy was ook die god van ongewenste nagevolge gewees, en verklaar hoekom Mary Shelley se roman Frankenstein se subtitel die moderne Prometheus geheet het.

    Net soos Frankenstein se monster baie sterk en slim maar tegelyk afskuwelik was, sien ons hierdie analoog in Suid-Afrika en ander Westerse lande wat nou ten onder gaan: Goeie wetgewings, ekonomie, demokrasie ensovoorts maar tegelykertyd vulgêr, lelik, karakterloos, identiteitloos en nihilisties tot die dood toe. Sonder ’n gesonde volksgees is hierdie eksterne stelsels gedoem om iewers in die toekoms te misluk.

    Ons moet die kragte wat geloof wil wegvat nie geringskat nie. Dit is gevaarlik, dreigend, uitputtend en te primitief om die hele menslike belewenis sin en rigting te gee. Dit haal die slegste uit mense en reduseer hulle tot (kudde)diere.

    Gelukkig is ons belangrikste volksbesit nie stoflik nie, maar immaterieel. Karakter, deug, versigtigheid en wilskrag is die bronne waarin ons heil lê. As ons hierin volhard is die stryd teen ons Promethiane al grotendeels gewen.

    Soos Rusland vandag vir ons geleer het, kan hulle ons uiteindelik slegs oorwin as ons dit toelaat.

  • Christi van der Westhuizen, doktor in drogredenasies

    Christi van der Westhuizen, doktor in drogredenasies

    afrikanertjie

    deur Joseph Secrève

    In een van Naarspers se publikasies – Die (tweederangse) Burger – verskyn op 14 Februarie ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen oor haar promosieondersoek na die moontlikhede wat die demokratiese (sic) Suid-Afrika vir Afrikanervroue kan bied om nuwe identiteite te ontwikkel.

    Dit behoort eintlik nie te verbaas nie, maar die artikel wat volg wemel weer van haat en selfhaat soos ons nou eenmaal aantref by mense wat vervreemd geword het van die kulturele kragte wat hul lewens moontlik gemaak het. Die voortdurend terugkerende onderwerp is die “verdrukkende invloed van Afrikanernasionalisme” wat die ontwikkeling van die vrou belemmer het. Blykbaar is mevrou Van der Westhuizen ’n bewonderaar van die “legendariese intellektueel Susan Sontag”, daardie Joodse tannie wat beweer dat die wit ras die kanker van die geskiedenis is, en behoort dus tot dieselfde kamp as Afrikanerhaters en volksverraaiers á la Max du Preez. Sy het immers haar loopbaan begin by daardie rooi sikofant se Vrye Weekblad.

    In hierdie artikel kan duidelik gesien word hoe sy haar begrip van nasionalisme oorgeneem van die Europeërs se model, wat juis in baie gevalle naskokke van die wetenskaps en industriële rewolusies was, en misgis dit met die uitgangspunte van Afrikanernasionalisme. Afrikanernasionalisme het sy eie verligtingsideale nagestreef soos wat ons kan sien in Tobie Muller se Belydenis van ’n Nasionalis wat hy in 1913 geskryf het. Die akkuraatheid van Muller se betoog vind ons elke dag terug in wankelende multikulturele gebiede in die wêreld se groter stede. Vir Muller was dit belangrik om die kragte binne jou eie kultuur te ontdek en te ontwikkel. As ’n mens versuim om dit te doen, loop jy gevaar dat jy ’n slaafse naloper van magtige kulture gaan word, wat jou gemeenskaplike identiteit net verder kan benadeel. Die politieke navorser Robert Putnam het in 2007 iets soortgelyks gevind dat in multikulturele woonwyke is mense minder aktief in buurtgemeenskappe, meer geïsoleer van mekaar (selfs al behoort hulle tot dieselfde etniese groep) en is die algemene gesondheid minder goed as dié van mense in homogene gemeenskappe.

    As ons byvoorbeeld kyk na die Afrikaner Broederbond – in die jare toe hulle nog edel beginsels nagestreef het – het hulle hul kragte gebundel om universiteite vir Afrikaners op te rig juis om hul volk op te hef. Die destydse RAU was veral vir daardie doeleinde gestig sodat ’n einde gemaak kan word aan die armblankevraagstuk. Die ywer en Protestantse werksetiek van Afrikaners het uiteindelik daarvoor gesorg dat Suid-Afrika ’n formidabele speler op die wêreldtoneel geword het, en het selfs vrees en afguns ingeboesem by die groot Britse Ryk, wie se grondveste al begin wankel het. Waarom hierdie grootskalige ontwikkelinge afgemaak moet word as “totalitêr en verdrukkend” is iets wat sy seker beter sal weet as ek.

    Die marxistiese redenering in terme van deprivasie word alweer rondgestrooi om die hoë syfer van geweld te verklaar: “Ons hele samelewing is omgedolwe deur die einde van apartheid en ons probeer om gewoond te raak aan demokrasie en die moontlikhede wat demokrasie skep, maar ons kom basies uit ’n totalitêre situasie waar die meeste van die moontlikhede toegemaak was. Skielik is daar meer keuses, daar is meer moontlikhede om jouself te aktualiseer as ’n mens”, meen Van der Westhuizen.

    Ek wonder of hierdie selfde bewering geld vir die nuwe generasie armblankes wat weens hul verkleur geen werk kan kry nie.

    In die artikel kom na vore – en ek hoop dit is as gevolg van slegte redaksionele werk – hoe die konsep van seksuele onskuld waar Afrikaners mee opgevoed is ’n drogredenasie is om seksuele geweld te verbloem. Daar word in soveel woorde weer vinger gewys na die identiteit van Afrikaners as moontlike oorsaak van hierdie vorm van geweld, so asof Afrikaners die nommer een verkragters in Suid-Afrika is. Weereens word twee verskillende belewenisse van twee verskillende volkere deurmekaar gegooi. Die konsep van seksuele onskuld sien ’n mens ook in Renaissanceskilderye. As ons kyk na die bekende skilderwerk van Bottichelli oor die geboorte van Venus, sien ons ook onskuld soos wat sy haar skaamdele probeer toehou. Is hierdie skildery ook oëverblindery omdat dit seksuele geweld wegsteek? Of is dit juis om vroulike skoonheid uit te beeld as iets esteties?

    Die hele idee van onskuld is heelwat groter en substansiëler van menswees as wat sy beweer. Emanuel Swedenborg beskryf onskuld as die hoogste goddelike eienskap wat daar is. Die hoogste vorm van onskuld is wysheid. Hoe meer wysheid iemand het, hoe meer onskuld het daardie persoon. Hierdie uitinge van Swedenborg is kenmerkend van die Westerse Christelike tradisie wat ons huidige lewens, ons kuns, wetenskap en literatuur bepaal het. Ons begrip van onskuld het sy oorsprong in ’n metafisiese waarheid en is dus geen patologie van Afrikanerwees nie.

    Ek dink, soos Dan Roodt al genoem het, dat waar apartheid ’n metoniem vir Afrikaners is, is Afrikaners op hul beurt ’n metoniem vir die Christelike Weste.

    As Van der Westhuizen ’n verklaring wil vind van seksuele geweld sal sy beter af wees om te kyk na daardie kulture en subkulture waar seksuele geweld aangemoedig word. Dit is juis die verval van tradisionele ordes wat sulke geweld veroorsaak. Dit is ook die rede waarom baie mense wat genoeg gehad het van hierdie anargie terugkeer na ’n wêreld van tradisie. Om Afrikanernasionalisme hiervan te beskuldig is nou wraggieswaar ’n geval waarin die medisyne met die siekte verwar word.

    Duidelik kom na vore dat Van der Westhuizen weg wil breek uit die ou bedeling maar weet tegelyk dat die nuwe bedeling nie eintlik iets beters aan te bied het nie. Die “meer moontlikhede” waarvan sy praat stel nie veel voor nie, aangesien in baie samelewings interne verskuiwings plaasvind soos wat die tyd aanstap. In lande wat kenmerkend vroue verdruk soos Saoedi-Arabië en Iran sien ’n mens snaaks genoeg meer vroue met hoër onderwysgrade en selfs meer professore onder hulle as mans, terwyl in die Weste is die enigste persoon ooit wat twee keer die Nobelprys gewen het ook ’n vrou. Interessant genoeg het hierdie mevrou – Marie Curie – juis geleef nog lank voor die sestiger jare ’n karikatuur begin gemaak het van vroueregte.

    Aan die einde van alle groot politieke kenteringe kom ’n mens tog maar weer terug by die begin en moet van oor af aan weer begin om op te bou wat hulle verlore laat gaan het.

    In hierdie verband haal ek die volgende stuk aan van geskiedkundige Carroll Quigley, geskryf het:

    For more than a century, from 1830 to after 1940, Catholics in America lived in a ghetto. When American Catholics decided to leave their ghetto (right after the Jews and just before the Italians and Negroes), they did what any people fleeing a ghetto do: they uncritically embraced the outside world, without seeing that that world was moving rapidly toward increased chaos, corruption and absurdity. They abandoned completely a basic principle of the Christian West: that salvation is to be found, either for the individual or for the community, only in slow growth in terms of one’s own traditions and background. If Catholic education had been willing to do that, it could have made a great contribution to American education and to American life, because the only thing which can save America or our world is to get back to the abandoned traditions of the Christian West and to resume the process of growth and development of our society on the basis of those traditions […] And now young people all over the country are trying desperately to get back to some kind of real, if primitive, Christianity, with little real guidance from their so-called teachers and clergy. What is even more ironical is that they, and the more progressive of their teachers, in their efforts to get back to the mainstream of Western Christian growth are trying to work out, by painful application, all those things (like multi-valued logic, or the role of daily good-works in Christian life) which were worked out within the Christian West long ago, but are now forgotten, and now have to be re-discovered as something new.

    Aangehaal uit: Is Georgetown University Committing Suicide? Uit The Hoya, April 1967.

    Waar Quigley op wys is trouens een van die belangrikste redes waarom kulturele integrasie voortdurend misluk. Sodra mense gekonfronteer word met ’n milieu wat te vreemd is, te bedreigend aanvoel of waarvan iemand ’n gevoel het dat sy bestaan in die wêreld nie tot sy reg kan kom nie, keer hulle na binne en gaan op soek na hul innerlike, metafisiese waarhede. Vanuit hierdie innerlike bron van kennis gaan hulle hulself opnuut heruitvind en hul direkte leefomgewing indeel soos wat hulle dit gewoond is om te doen.

    Ofskoon baie mense in vreemde kulture dalk oor die vermoëns besit om redelik soepel in te skakel by die vreemde kultuur, gaan hulle tog iewers merk dat die kolossale gewig van reëls, kodes, uitdrukkingsvorms ensovoorts geen weerspieëling van hul innerlike belewenisse is nie, wat vervreemding veroorsaak. Uit vervreemding ontstaan ’n bose kringloop van verwarring en verdere vervreemding, aangesien vanuit die huislike omgewing ’n bepaalde stel verwagtings vereis word wat nie inskakel by die vreemde, dominante kultuur nie.’n Verlore jeug met afwykende bendekulture word hierdeur veroorsaak, wat ’n resultaat is van jarelange sluimerende onbegrip en frustrasie wat later omslaan in apatie en haat.

    Om hierdie proses terug te keer is uiters moeilik, en ’n mens wonder of die hoë moordsyfer op die Kaapse Vlakte, met sy uiters diverse gemeenskap nie die resultaat is van integrasie en amalgamasie wat te ver gegaan het nie. Daar is geen bindende tradisionele kultuur om die groepe sin en rigting te gee nie maar slegs fragmente van vergane kulture wat geen bindende werking op die bevolking meer het nie.

    Soos CJ Langenhoven destyds gesê het is die verskil tussen ’n indiwidu en ’n volk dat die indiwidu kyk terug en sien ’n wiegie en kyk na die toekoms en sien ’n graf. By ’n volk is dit andersom: ’n Volk kyk terug en sien ’n graf en kyk na die toekoms en sien ’n wiegie.

    Met hierdie herinnering van Langenhoven ontstaan ’n volk se sedewette, gewoontes, kultuur, geloof en diverse hoër kultuurfunksies om te sorg dat hierdie aaneenskakeling gesond kan bly funksioneer van geslag tot geslag.

    Dit is uiteraard belangrik dat samelewings moderniseer en eksperimenteer met nuwe kultuurgoedere. Die skade bestaan egter wanneer die gevestigde orde in sy geheel verwerp word en mense rigtingloos gelaat word. Mense begin dan te leef vir die tydelike, die lelike, vulgêre en uiteindelik gaan beskawings ten onder hieraan.

    Kom ons hoop dat die jonger generasie ’n bietjie meer verstand het as die huidige een. Dit is al erg genoeg dat hulle vir hierdie gelag moet betaal.

    Om kultuur en tradisie te herstel sal myns insiens goeie materiaal wees vir ’n waardige doktorsgraad.

  • Sotsji en Poetin se stryd teen die internasionale moffia

    Sotsji en Poetin se stryd teen die internasionale moffia

    Toneel tydens die openingseremonie van die Sotsji-winterspele
    Toneel tydens die openingseremonie van die Sotsji-winterspele

    deur Joseph Secrève

    So sien ons weer met die opening van die Olimpiese Winterspele hoe Rusland nouliks ’n stap in enige rigting kan waag sonder om op een of ander manier belaster te word vanuit die “alternatiewe” hoek.

    Eers was dit popsterre soos Madonna en diverse ander bekendes wat kapsie gemaak het teen Poetin oor die Pussy Riot-sage, en nou probeer hulle al weer Poetin in die sop laat beland oor die sogenaamde anti-gay-wetgewing.

    Vir mense soos ons wat begrip het vir Suid-Afrika se geskiedenis met sy voortdurende gekonkel agter die skerms, sogenaamd onder die voorwendsel van menseregte, behoort ons instinktief aan te voel dat dieselfde prosesse in Rusland geld.

    Inderdaad, daar is meer op die spel as wat ons dink. Soos ons weet is Suid-Afrika se politiek grotendeels gegrond op die haat wat die Engelse elite al honderde jare teen Afrikaners koester. Ongelukkig het hulle die voordeel van wêreldmedia gehad wat veroorsaak het dat die anti-apartheidspropagandamonster ’n eie lewe begin lei het, totaal verwyder van die daaglikse werklikheid.

    secreve2
    Joseph Secrève

    Die situasie in Rusland is nie veel anders nie. Vir ongeveer tweehonderd jaar, volgens Aleksandr Solsjenitsin altans, was daar elemente wat ’n diepgewortelde haat teen alle vorme van Russsiese volksnasionalisme gekoester het. Karl Marx was een van hulle. Hierdie kragte het uiteindelik gekulmineer in die Bolsjewistiese Rewolusie en was magtig genoeg gewees om die tsaar en sy gesin uit te moor en die hele land in ’n staat van terreur te laat verval. Na bewering sou die Rewolusie meer as sestig miljoen Russiese Christene vermoor en in die goelags uitgehonger het.

    Dit is nou twintig jaar ná die val van Kommunisme en Rusland is besig om sy nasionale volksbewussyn te herstel. Die energie van die volk is na binne gerig en geloof vorm die belangrikste bousteen van waaruit hierdie land “jonk en skeppend herbore” kan word, om NP van Wyk Louw se uitdrukking te leen. Dit verklaar waarom die Christendom die snel groeiendste geloof in Rusland op hierdie stadium is. In literêre terme het Rusland ontslae geraak van Tolstoi die rewolusionêr en Dostojewski die eksistensialis omarm. Waar Tolstoi geglo het dat rewolusie die antwoord is, is Dostojewski meer begaan oor metafisiese waarhede. Iwan Karamazof – ’n karakter uit Dostojewski se Gebroeders Karamazof – wil graag Wes-Europa sien, maar besef dat daardie wêrelddeel ’n kerkhof is. Desondanks wil hy oor die boustene aldaar wandel omdat elke steen getuig dat daar eens vurig geleef is, met ’n geloof in die mens se eie vermoëns.

    Dit is altyd interessant om te sien hoe die geskiedenis homself herhaal. Dostojewski en Tolstoi se gees is nog springlewendig in die hedendaagse Rusland. Daardie land moderniseer voortdurend en kyk oogluikend na die Weste, maar konsentreer hoofsaaklik op sy eie groeiende kultuur.

     

    Dit is in hierdie konteks waarmee ons na die Rusland van vandag moet kyk. Die pro-gay-aktiviste  vorm die nuwe golf van rewolusionêre agitators, soortgelyk aan diegene op vooraand van die Oktoberrewolusie. Dis egter nie meer grys duffeljasse en kanonne in die strate nie, maar helderkleurige vlae en poeierkwaste. Hulle doel is één en dieselfde: omverwerping van die opkomende Russiese volksnasionalisme en Christelike karakter.

    Vir die twyfelaars, kom ons kyk net gou na die presiese aard en omvang van hierdie “omstrede” anti-gaywetgewing:

    • Ten eerste kom die woorde homoseksueel, lesbies, gay of geen enkele verwysing van soortgelyke aard na vore in hierdie wet nie.

    • Die wet fokus byna uitsluitend op kinders. Dit wil minderjariges beskerm teen nie-tradisionele sekspraktyke en propaganda, presies in ooreenstemming met ander bevriende lande in die wêreld se wetgewings.

    • Snaaks genoeg is Rusland juis besig om homoseksuele mense meer regte en beskerming te gun, en statisties gesproke het ’n gay mens ’n (heelwat) groter kans om in die VSA slagoffer van haatmisdade te word as in Rusland.

    • In Rusland kan ’n gay mens nie uit sy funksie ontslaan word as gevolg daarvan nie. In die VSA wél.

    • Die verbod op homoseksuele omgang is in 1993  in Rusland opgehef, terwyl 12 state in die VSA dit nog as ’n misdaad beskou.

     Diegene wat verder ondersoek wil instel kan gerus hierdie dokument raadpleeg.

    Die vraag is waar kom die massahisterie dan vandaan? Hierdie wette is doodgewone sedewette wat elke land met selfrespek graag in sy wetboeke sou wou sien. Dit wil byna voorkom asof die pro-gay-aktiviste ten gunste van seksuele omgang met kinders is. En die Weste steun dit?!

    Dit is hier waar Rusland ons ’n interessante lewensles kan leer: Hulle het hul kommunisme gehad en probeer nou daarvan te herstel. In die Weste hang kommunisme aan die oggendskemer, weliswaar onder ander benamings, meestal eindigend op “-regte”, soos burgerregte, vroueregte, gayregte ensovoorts. Dit is allerlei taktieke om die volkskarakter skade te berokken en mense van hul kultuur en nasionale karakter te vervreem.

    Ook is daar in die VSA na raming oor die laaste paar jaar al 600 FEMA-konsentrasiekampe opgerig wat blykbaar gebruik gaan word om mense van die strate af te haal om goedkoop arbeid te verrig, en daarmee enige vorm van persoonlike welvaart en opwaartse mobiliteit uit die burgers se hande te neem.

    Dalk is die FEMA-konsentrasiekampe effens vergesog vir die meeste mense om te glo, maar as ons sien hoe die Amerikaanse regering mense se telefone afluister en hul wapens te probeer afneem, waardelose onderwys aanbied en die platteland probeer ontvolk, is hierdie gedagte dalk nie so uitheems nie. Tot Solsjenitsin se Goelag Argipel, het daar in Rusland ook geen publikasie verskyn by die gewone mense oor die goelags nie, nóg het die Westerse volke geweet van die gruwel van die Nazi-konsentrasiekampe totdat dit op film vasgelê was.

    Vir ’n volk om na sulke trauma’s terug te keer na sy nasionale erfenis is geen psigopatologiese reaksie nie, maar ’n doodgewone aanpassing en heroriëntering, soos ’n kompas wat sy noord moet vind nadat dit versteur was.

    En dit is wat Poetin probeer vermag.

    Soos PW Botha se destydse vrees vir ’n “totale aanslag”, waarin hy bedoel het dat kommunisme op allerlei lewensterreine sou oorneem, het Poetin met ’n soortgelyke totale aanslag te kampe. Op diverse terreine van die Russiese kultuur soos hul kuns, hul burgerregte, hul geloof en sport word opgetree om ’n karikatuur te maak van alles waarvoor die etniese Russe staan. Tegelyk sal hy voortdurend belaster word deur die vyande in sy midde, soortgelyk aan die situasie in Suid-Afrika.

    Sy standpunt teenoor Sirië het ook sleg by die Weste geval. Waar Obama sy volk vir die soveelste keer in ’n oorlog wou insleep om die gematigde Assad omver te werp ten gunste van die Al-Kaïda-gesteunde Moslem-broederskap, het Poetin sy voet neergesit en Obama se spreekwoordelike tjank afgetrap; iets waarvoor Poetin myns insiens ’n Nobelprys verdien het.

    Duidelik staan ons aan die begin van ’n nuwe Koue Oorlog, maar dan met die EU en VSA as nuwe kommunistiese moondhede en Rusland as kapitalis. Daar is geen atoombomme soseer nie, maar mediapropaganda wat die uiteindelike uitkoms sal beslis.

    Kom ons hoop maar dat die Nuwe Kommunisme in die Weste die stryd nie sal oorleef nie. Wêreldwyd sien ons ’n terugkeer na eiesoortige volksnasionalismes, en die geskiedenis het aangetoon dat hierdie kragte meestal sterker is as die opkoms van hierdie globale fascisme.

    Die belangrikste prys wat Rusland in Sotsji kan wen is nie op nie ys- of skibane nie, maar om die volksgees te herstel.

    Dit is immers die krag van daardie gees wat die spele moontlik gemaak het.

  • Hoe Marx, Freud en Nietzsche die Weste gesink het

    Hoe Marx, Freud en Nietzsche die Weste gesink het

    marxfreudnietzscheDeur Joseph Secreve.

    So tussen die hele gedweep van Suid-Afrika se ontslape Dierbare Leier word ons steeds duideliker bewus hoe die Vrye Weste besig is om in ’n diktatoriale bewind ingesuig te word, sogenaamd onder die voorwendsel van vrede en versoening. Waar die Demokratiese Volksrepubliek van Korea met hul Kim-dinastie sit, het die res van die wêreld vir Nelson Mandela. Die ooreenkomste is nogal skrikbarend. Vra maar vir daardie Engelsman in Staffordshire wat vir agt ure opgesluit was omdat hy ’n grap gemaak het oor hom. Binnekort gaan ook seker van almal verwag word om ’n verpligte foto van die Groot Versoener in hul huise te hang, en ’n groot standbeeld te syner ere opgerig sal word – umm – oeps, te laat.

    Dit het my laat dink aan die tyd toe ek aan die Universiteit van Amsterdam ’n minikursus in sosiale filosofie gevolg het, en die dosent ons vertel het dat die drie mees invloedryke denkers van die moderne tyd Karl Marx, Sigmund Freud en Friedrich Nietzsche was. Met ’n bietjie nader introspeksie kan ons ontdek hoe hierdie drie figure en hul aanhangers uiteindelik in tandem saamgewerk het om die gees van die vrye Weste te breek, en Nelson Mandela het ’n belangrike simboliese mylpaal geword van hierdie samewerking.

    So halfpad deur verlede eeu, met die sestiger jare as hoogtepunt, het die linkse bewegings in die Weste veral bestaan uit geleerdes wat hul ideologiese tuiste gevind het in een van hierdie drie denkers. Die emigrasie van Joodse intellektuele na die Verenigde State, met name die Frankfurter Schule en hul onbekendheid met die Westerse Puriteinse kultuur het ’n hele golf van literatuur voortgebring om die Weste juis te beswadder en te beskou as ’n patologiese samelewing. Erich Fromm het byvoorbeeld in sy Escape from Freedom beweer dat die Lutherse geloof niks anders as ’n vorm van selfhaat was nie. Dit het hom kennelik ontgaan dat die welvaart van die Weste juis te danke was aan die sobere dogma wat Luther gepreek het.

    Daardie ander bekende werk van Theodore Adorno, The Authoritarian Personality, beweer die skrywer hoedat die opkoms van die Nazibeweging inherent ’n patos van die Westerse leefwyse was. Die groot ironie is dat – in die inleiding nogal – geskryf staan dat die wetenskaplike metodologie wat gebruik was het nie-Westerse minderhede se ondersoeksresultate nie meegereken nie, wat ’n blatante skending van wetenskaplike objektiwiteit is. Die invloedryke The Authoritarian Personality is dus nie sielkunde of antropologie nie, maar blote etniese propaganda. Dit word nog verder bevestig dat daardie werk uitgegee was deur die American Jewish Committee, ’n kultuurorganisasie in plaas van ’n erkende wetenskaplike uitgewer, en behoort daarmee tot die soortgelyke trant van anti-Westerse sentimente as die eindverslag van die Waarheidskommissie, waar massahisterie vermom word as wetenskap.

    Met hierdie invloede in gedagte kan ons begin kyk na Marx se bydrae. By hom het hierdie bogenoemde beweging immers begin. Sy werke is redelik bekend vir die meeste van ons, met sy dialektiese prosesmodel wat hy van Hegel oorgeneem het en saam met sy volgelinge gehelp het om die basiese struktuur van ons kernbeginsels te ondermyn. In my vorige rubriek het ek hierdie aspek nader belig. Baie van sy fanatieke aanhangers was egter teleurgesteld toe geblyk het dat die werkers van die wêreld hulself nie verenig het nie. Volgens Marx se voorspellings sou die hoogs geïndustrialiseerde lande (Engeland in hierdie geval) die eerste wees om kommunistiese ideale na te streef omdat die proletariaat die meeste uitgebuit word in sulke lande. Snaaks genoeg het Rusland, wat juis baie tradisioneel en agraries was, die spit afgebyt met kommunistiese rewolusies.

    Marx se latere volgeling, die Italianer Antonio Gramsci, het beweer dat Marx se voorspellings wel nog sou waar word, maar eers wanneer al die verskeie lande gelykmatig vatbaar geword het vir kommunisme. Met ander woorde, daar is nog ’n lang pad om te loop voordat mense oor die wêreld verenig sal word. Allereers moet die wêreldbevolking opgevoed word met beginsels soos interafhanklikheid in plaas van onafhanklikheid, gelykheid vir almal in plaas van soewereiniteit, en kollektivisme in plaas van individualisme. Hierdie eienskappe moet dus weerspieel word in alle mense en deel uitmaak van hul kernwaardes voordat die werkers oor die wêreld verenig kan word.

    In hoeverre mate hierdie ideale gerealiseer het kan ons sien in die opkoms van die Europese Unie. Hierdie nuwe moontheid het ons ’n stap nader gebring aan die Groot Vereniging, en tegelyk het ’n nuwe politieke klasse hulself in Brussel gevestig. En net soos in die ou Sowjet-Unie het hierdie politieke klasse ’n lewenslange aanstelling, is bykans onskendbaar en is van ’n inkomste, pensioen en ander perke verseker.

    Selfs op opvoedkundige gebied kan ’n mens die skokgolwe voel soos wat die konsepte van interafhanklikheid op skole en universiteite die norm geword het, met dank aan riante skenkings van die Carnegie en Ford Stigtings. Die lesse wat ek aan Amsterdam gevolg het, het grotendeels bestaan uit groepsprojekte. Almal is gelyk, almal het gelyke stemme en gedagtes. Almal moet doen wat gesê word. Vir die vrysinnige gees is hier eenvoudig geen plek nie. Om cum laude af te studeer beteken bloot dat jy hul instruksies goed gevolg het, en is nie meer ’n weerspieeling van jou passie vir kennis nie.

    Waar Marx se bydrae hoofsaaklik op die ekonomiese dimensie gefokus het, het Freud en Nietzsche aanvullig gegee op die sielkundige en kulturele dimensies.

    By Freud sien ons hoedat twyfelagtige diepte-sielkundige werkinge wat slegs in hoogs spesifieke kontekste geld veralgemeen geword het om gehele samelewings mee te verklaar. Vir Freud verkeer elkeen van ons in ’n ligte staat van neurose, want dit is nodig vir ’n gesonde maatskaplike funksionering. Almal het met ander woorde onderdrukte behoeftes wat iewers in die duistere, monsteragtige spelonke van ons onderbewussyn skuil; ’n wêreld wat vir ons baie angswekkend is. Die Eros en Thanatos, oftwel lewensdrang en doodsdrang is angsaanjaend en onderdruk ons daarom hierdie opvattings om nie in ’n situasie te beland waar ons onsself in gevaar kan stel nie.

    Freud het kennis gehad van die ou Griekse wysgere en het sy teorie grotendeels berus op beginsels wat hulle uitgedink het. Net jammer dat hy uiters onopreg hiermee omgegaan het en dit het deesdae moeilik geword om waarhede en onwaarhede in sy teorie te onderskei. Sy bekende ontleding van die Russiese Wolfman, wat sy roem as terapeut bestendig het, het hy grotendeels geskryf om sy teenstanders binne die psigoanalise, Jung en Adler, verkeerd te bewys en uit te skakel, en gee hiermee aan dat psigoanalise inherent uiters onseker is. Enige persoon met geringe kennis van sy teorie kan alles wat krom is regpraat en andersom, en dit is presies wat hy gedoen het. Blykbaar het Freud op ’n bootreis na die Verenigde State opgemerk dat “hulle dink dat ons ’n wondermiddel vir hulle het. As Amerikaners maar net geweet het dat ons eintlik die plaag kom bring”.

    Ons neem aan dat hy geweet het dat sy teorie meer kwaad as goed sou bring in die samelewing. Die historikus en Freudkenner Peter Gay het ook geskryf dat sy werke uiters subversief was met sy standpunte oor infantiele seksuologie, die alomteenwoordige aard van diverse perversiteite en die intense krag van die onderbewuste. Volgens hom het Freud ’n gevaarliker invloed op die samelewing gehad as Darwin se standpunte van ewolusie en oorlewing van die sterkste. Freud se kollega-psigoanalis Otto Rank het hom inderdaad ook hierop gewys.

    Hierdie standpunte vind byval in die werk van die Britse antropoloog JD Unwin, wat in sy werk Sex and Culture (1934) geskryf het dat in al sy ondersoeke van 86 verskillende beskawings oor ’n periode van vyfduisend jaar, hy gevind het dat met seksuele onthouding ’n samelewing tot groter hoogtes kan uitstyg, en ten onder gaan by oormatige seksuele emansipasie. Unwin se woorde was: “In human records there is no instance of a society retaining its energy after a complete new generation has inherited a tradition which does not insist on pre-nuptial and post-nuptial continence”. In Unwin se ondersoek het elke beskawing sonder uitsondering ondergegaan na seksuele bevryding.

    Die grimmige aard van oormatige seksuele emansipasie kan ons sien by die lewens en opvattings van belangrike dissipels van Freud, die radikale psigoanalis Wilhelm Reich en die seksuoloog Alfred Kinsey.

    Reich het vir niks teruggedeins nie, en het skaamteloos melding gemaak van sy bloedskandelike fantasieë wat hy oor sy ma (‘my ma en hoer’) en haar minnaar gehad het. Hy het onder andere geglo dat seksualiteit die beste manier was om van mense se geloofsinstink ontslae te raak. Die behoefte aan ’n geloof was vir hom die ergste vorm van boosheid en bron van alle kwaad.

    Wat sy tydgenoot Kinsey aanbetref, hoef ons bloot te kyk na sy doodsoorsaak in 1956. Hy is naamlik oorlede aan orchitis, wat ’n resultaat was van sy jarelange afwykende selfmishandeling. Maar wat kan ’n mens verwag van iemand wat geglo het dat: “Die enigste onnatuurlike daad is een wat jy nie kan uitvoer nie”?

    Ons sien hier tot dusver twee strominge: Een wat ons kernwaardes wil ondermyn ter wille van een of ander gelykheidsideaal, en ’n ander wat ons persoonlike wilskrag wil afswak en die sogenaamde onderbewuste meer speelruimte wil gee. Altwee sou ons kwansuis “gesonder” laat funksioneer.

    Om die kroon te span kan ons kyk na die groot nihilis Friedrich Nietzsche. Met kennis van laasgenoemde kan ons sien hoedat hulle argeloos saamgewerk het om die mensdom te reduseer tot die staat van ’n dier. Waar nihilisme beteken dat die hoogste waardes afgewaardeer word, sien ons hoe persoonlike wilskrag, skoonheid en fatsoen hul drakrag verloor. Pleks daarvan preek Nietzsche oor die Übermensch. Dit is iemand wat die meeste in homself ontdek en ontplooi. Egter, sonder ’n hoër waardebesef kan ons net sidder om te dink watter tipe Übermenschen ons gaan skep.

    In sy werk Jenseits von Gut und Böse (Verby goed en kwaad) skryf hy dat slegs ons passie en behoeftes ons werklikheid vorm. Ons is nie in staat om te styg of sink in ander werklikhede wat nie vanuit ons eie dryfvere ontstaan het nie. Hierdie bewering lyk nogal realisties maar daar skuil ’n dieper gevaar hieragter. Wat Nietzsche eintlik preek kan maklik gesien word as ’n resep vir arrogansie as hoogste deug, en die gruwel wat ons verlede eeu gesien het, hetsy Nasionaalsosialisme (Fascisme), hetsy Internasionale sosialisme (Kommunisme) is belangrike toonbeelde hiervan, en werp ons weereens terug op die ou Bybelse waarskuwing dat die vrees vir die allerhoogste die beginsel van wysheid is.

    Nietzsche het die moraliteitsbesef nog verder verswak toe hy beweer het dat daar nie soiets soos morele verskynsels is nie, maar slegs ’n morele interpretasie daarvan bestaan. Met hierdie bewering word alle standaarde van estetika omvergewerp en versink die mensdom tot lelikheid en apatie. Dit gaan mense oorhaal om te leef vir hul laer vryhede, hul basisbehoeftes en maak alles wat gruwelik en vulgêr is tot nuwe deugde, aangesien enige hoër spirituele besef gesteriliseer is van ware betekenis. Daar is geen oorkoepelende waarheid meer nie, maar slegs skynwaarhede, en die mens se gees – as ons dit met ’n musiekinstrument sou vergelyk – sou geen suiwer noot meer kon speel nie. In die kunswêreld kan ons sien hoe patologies die Weste al geword het as gevolg hiervan. Werke van ’n Van Gogh, Monet of Da Vinci word skaars geproduseer, maar “kunstenaars” soos Piero Manzoni se ingeblikte stront was in 2007 geveil vir 124 000 euro!

    Om terug te verwys na die antieke Grieke kan ons stel dat die bogenoemde heillose drie-eenheid die orde van die siel omvergewerp het. Plato vergelyk die siel met ’n ruiter in ’n strydwa wat getrek word deur twee perde. Een perd is goed en die ander sleg. Die perde verteenwoordig die passies (patos) in die mens, die ruiter se bors en arms sy wilskrag (ethos) en sy kop die rede (logos). Dit is vanselfsprekend dat die verstand die besluite maak, die liggaam dit uitvoer en die passies in daardie rigting stuur. Sodra die ruiter sy vaardighede reg toepas, groei die perde vleuels en begin op te styg. Egter, wanneer die ruiter te veel toegee aan die slegte perd krimp die vleuels en vlieg die strydwa laer. Slegs met goeie beheersing en kultivering kan die siel werklik tot groter hoogtes gestuur word.

    Deur die laer behoeftes, drifte en drange op te hemel soos Freud en sy kornuite gedoen het, sou dit beteken dat die ruiter nie meer sy strydwa kan beheer nie, aangesien die slegte perd (of passie) volledig oorgeneem het. Daar is geen harmonie meer nie, geen orde of reëlmaat, geen vrae oor die eindeloosheid en bestaanstoestand nie. Die resultaat is ’n liggaam wat nie weet wat versadiging is nie en ’n bestaansvakuum wat nie gevul kan word nie. In plaas van op hul eie bene staan word mense swak, oormatig afhanklik van ander en verslaaf aan hul eie basisbehoeftes, perfek vir ’n diktator om in te gryp.

    Soos Plato en Kierkegaard later gestel het, bestaan die siel uit sowel iets tydeliks as iets ewigs. Dit binne ons wat ons “ek” noem is die nodus op hierdie twee uiterstes en die erkenning daarvan het die mens tot groot hoogtes gestuur in terme van kuns en kultuur. Om een van hierdie aspekte te ontken gee aanleiding tot wanhoop aldus Kierkegaard.

    Ons kan hieruit aflei hoe ingrypend en deurtastend die opvattings van hierdie drie denkers ons moderne gees gekontamineer het. Die vraag is nou: Hoe kan ons ons vryheid uit hierdie moeras van dwaasheid terugkry?

    Die eenvoudige antwoord is helaas dat daar geen eenvoudige antwoord is nie, maar die kennis het ons gelukkig nog wel.

    Kom ons kyk net gou na Amerika se Vryheidsbeeld, afgelei van die Romeinse godin Libertas, oftewel Lady Liberty op die Hudsonrivier. Ons ken almal hierdie standbeeld, maar min mense weet wat die werklike simboliese betekenis hiervan is.

    Ons sien haar met ’n fakkel wat lig in die duisternis simboliseer. Daarbenewens is haar hoof getooi met sewe punte wat uitsteek. Hierdie punte simboliseer ligstrale. Sy is in werklikheid ’n simbool van geestelike verligting, soortgelyk aan beelde van heiliges wie se hoofde met ’n straalkrans omspan is. Lady Liberty wys vir ons dat ware vryheid uit ’n verligte gees bestaan.

    Die sewe ligstrale het ’n dieper esoteriese betekenis. Dit verwys moontlik na die sewe deugde, waarvan drie goddelik (geloof, hoop en liefde) en vier kardinale deugde is (versigtigheid, regverdigheid, gematigdheid en moed). Daar staan in Spreuke 9:1 immers dat “Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap”. Vanuit die Egiptiese mitologie weet ons dat pilare, oftewel obeliske as tipe antennes funksioneer wat die mens in kontak bring met die gode. Dit verklaar trouens die doel van die obelisk op die St. Petersplein in die Vatikaanstad. Dit bevestig die pous as Christus se boodskapper op aarde. Dieselfde geld ook vir die obelisk in Washington DC, en gee aan dat selfs in die Vrye Weste is kerk en staat op ’n okkultiese manier nouer met mekaar verbonde as wat ons dink.

    Hoe dit ook sy, die konsep van sewe deugde is een wat ons in elk geval ter harte moet neem as ons die ty wil keer.

    As gevolg van hierdie jarelange wanopvattings deur radikale linkses het die sewe deugde verword tot sewe doodsondes. Net soos in die Christelike leer waar die doringkroon ’n bespotting van Christus se verligtingsideaal simboliseer, dra Lady Liberty ook nou iets wat steeds meer soos ’n doringkroon begin lyk.

    Onder Mandela het Suid-Afrika die kruste manifestasies van Marx, Freud en Nietzsche omarm. Ongelyke beskawings en kultuur is kunsmatig en fantasmagories saamgepers, afskuwelike barbaarse seksdade soos babaverkragtings word beskou as genesend en enige regdenkende persoon wat sulke gruwel walglik vind word as verkramp of agterlik beskou. Hulle kan kennelik nie verby die goed en kwaad daarvan kyk nie.

    Dit is tyd dat ons aan die Weste aangee hoe ons hierdie strominge kan oorleef. Gelukkig het Nietzsche ook hierdie les vir ons geleer: ”Wat my nie doodmaak nie, maak my sterker”.

  • Tese, Antitese, Sintese

    Tese, Antitese, Sintese

    hegelDeur Joseph Secreve.

    As daar een resep is wat agter die skerms gebruik word om die Weste ten val te bring, dan is dit die dialektiese prosesmodel wat destyds deur die filosoof Hegel beskryf was.

    Hierdie model kom kortliks daarop neer dat sodra daar sprake is van twee teenoorgestelde kragte, hulle mekaar sal oplos om ‘n nuwe samewerkingsverband te skep. Marx en sy volgelinge het so ver gegaan as om hierdie proses as die vernaamste in die geskiedenis te beskou, en belangrike marxistiese denkers pas hierdie model nog gereeld toe in die allerdaagse lewe.

    Hierdie benadering het beslis meriete as ons onsself wil verweer teen die immer nader kruipende hoogwater van kulturele marxisme. Soos ek in ‘n vorige rubriek genoem het oor Koos Bekker se kapitaal, is daar ook sprake van ‘n tese (die rykstes word ryker), ‘n antitese (die gewone mens dreig om opstandig te word) en ‘n sintese (die allerrykstes gun die gepeupel meer inspraak, maar op ‘n manier wat nie die belange van die rykstes in gevaar sal stel nie). Laasgenoemde sintese heet kommunisme.

    Dit is wat gebeur sodra ons hierdie benadering toepas op ekonomiese stelsels.

    Dit word egter net so gereeld toegepas op kulturele stelsels. ‘n Bekende voorbeeld wat menige voorgraadse sielkundestudent sal herken is die voorbeeld van Heinz, soos beskryf deur die ontwikkelingspsigoloog Lawrence Kohlberg.

    Heinz se vrou ly aan ‘n seldsame kanker. Daar is egter ‘n middel in die plaaslike apteek wat moontlik haar lewe kan red. Heinz het helaas geen geld nie, en het fondsinsamelings gehou. Desondanks het hy nie genoeg geld vir die medisyne nie, en het die apteker gevra of hy nie later die res van die bedrag kan inbetaal nie, maar die apteker weier.

    Nou is die vraag: Is Heinz geregverdig om in te breek en die medisyne te steel?

    Hierdie voorbeeld is nogal ‘n taai etiese dilemma, en ‘n mens is maklik geneig om Heinz se kant te kies. Die sintese sou lui dat dit onder sommige omstandighede geregverdig is om te steel.

    Dit was egter in 1932.

    Die blootstelling sedert die sestiger jare aan kulturele marxisme het ondertussen baie sukses behaal om ons kernwaardes te verwater. Die narratief wat gebruik word is om “inklusief” te dink, en om elke keer bietjie by bietjie die grense van toleransie op te skuif van wat ons mag doen en nie mag doen nie. Stel u voor – in die voorbeeld van Heinz – wat sou gebeur as elkeen besluit hulle het die reg om medisyne te steel? Binne ‘n ommesientjie sou die gesondheidsindustrie in duie stort en dan kan niemand meer gehelp word nie. So word die resep vir ‘n rampokkerstaat voorberei, want slegs die magtigste skurke baat by hierdie anargisme.

    Dieselfde verwatering van ons tradisionele kernwaardes vind elke dag plaas, en waar beter om te begin as in ons skole? In die Verenigde State byvoorbeeld word voorligtingprogramme aangebied wat veronderstel is om mense weerbaar te maak teen bepaalde soort gedrag, maar is heimlik besig om mense juis te desensiteer daarteen. Daar is programme soos “Drugs Education, Bullying Education, Sex Education, Death Education” en nog ‘n rits ander. Leerlinge word dus blootgestel aan hierdie programme sogenaamd om hulle vir die gevare daarvan te waarsku, maar bring hulle stilletjies in die verleiding om hulself aan hierdie gedrag skuldig te maak. ‘n Uitgesproke fluitjieblaser oor die gevare van hierdie “Education” programme is ‘n sekere mevrou Charlotte Iserbyt, wie se bydraes gereeld op youtube en infowars.com verskyn.

    En hierdie voorligtingprogramme het al “vrugte” afgewerp. Baie wrange vrugte.

    Iewers – ek dink op ‘n youtube-onderhoud met infowars – vertel ‘n ooggetuie hoe sy die oggend van die tragiese Columbine skietery in 1999 verby ‘n leerling geloop het wat besig was in sy motor se kattebak rond te grawe. Die kattebak was vol outomatiese karabyne, haelgewere en ammunisie gestop! Sy het egter gedink dat dit deel uitgemaak het van een van die Education programme en het daarom nie die aankomende gevaar sien aankom nie.

    Die Braziliaanse kommunis en opvoeder dr. Paolo Freire het selfs in ‘n soortgelyke trant klein kinders geleer om te tel deur gebruik te maak van handgranate en ammunisie! Stel u voor: “Ek het twee handgranate en my kameraad Piet het drie. Hoeveel handgranate het ons saam?”

    In ‘n ander voorbeeld genaamd “Death Education” word van leerlinge verwag dat hulle hul eie doodsberig moet skryf. Sommige leerlinge moet maak asof hulle dood is en in ‘n namaakkis lê. Egter, aangesien nie almal se stoflike oorskotte waardig lyk nie, moet sommige “vermink” in die kis lê. Inderdaad het dit gelei tot leerlinge wat nagmerries en emosionele probleme daarvan oorgehou het.

    Ek vermoed dat ons dieselfde kan sê van sommige programme op M-TV, waar regte-lewe sepies gemaak word oor tienermoeders, sogenaamd om te waarsku oor die gevare daarvan, maar in feite hierdie as ‘n alternatiewe lewensstyl voorhou om kinders die indruk te wek dat dit “nie so erg is nie” en dat hul lewens “normaal” is, of normaal word met verloop van tyd.

    En dit bring ons na die nuwe gruwel wat ons tot groot afsku gesien het in Suid-Afrika se matriekeindeksamenvraestel oor die simboliese verkragting van ‘n baba. Dit is dieselfde logika wat daaragter sit. Veral die eksamenvrae daaromtrent word koel en klinies oorgedra wat verder help met die desensitasie daarvan, en om hierdie soort gedrag as “redelik normaal” voor te hou. Daardie dissosiasie sien ons ook in allerlei nare proefdiereksperimente waar mense of diere as “subjekte” gesien word. Soos die dramadosent stel, handel die stuk nie oor verkragting nie, maar oor tegniek, en hoe om die verkragting op ‘n nie-realistiese wyse oor te dra sonder om die gruwelike aard daarvan te verminder.

    Wat probeer hierdie dosent aan ons sê? Dat daar ‘n sekere estetika aan hierdie daad is? Is die “nie-realistiese” vertolking ‘n lokroep vir gekke en dwase om dieselfde te doen? Ons sien mos gereeld op tv hoe mense geskiet word sonder dat daar ‘n druppel bloed vloei. Die misdaad lyk met ander woorde “netjies” en is “nie-realisties”, hoewel die minder gruwelik nie. Wil hierdie dramadosent nou op soortgelyke wyse babaverkragting as iets netjies vertolk?

    Natuurlik word die sogenaamde “oorsake” van hierdie gedrag verklaar in terme van armoede, isolasie en ‘n gebrek aan toekomsperspektief, met ander woorde dit is op een of ander manier die skuld van die vorige regering of so iets. Die rol wat die toordokters speel om barbare oor te haal tot sulke dade word nie genoem nie, terwyl die dramadosent help om hierdie barbaarsheid te fasiliteer.

    Dit is belangrik om te besef dat hierdie afwatering doelbewus geskep word om mense van hul kernwaardes te vervreem. Dit is eers wanneer ons terugkyk na ons verlede en die mediakultuur van destyds dat ons die verskil kan sien. Ons marxistiese intellektuele probeer voortdurend verklarings in terme van deprivasie te vind om slegte gedrag te regverdig, terwyl die afwatering van kernbeginsels die eintlike boosdoener is.

    Voormalige kommunistiese wêrelddele soos die voormalige Oos-Europa sal nog die komende generasies onder ’n wolk van trauma leef wat kommunisme veroorsaak het. Sommige analiste meen dat Frankryk nog nie herstel het van die Franse Rewolusie nie, te beoordeel aan die manier waarop geloof geminag word aldaar.

    Dit is tyd dat hierdie gruwel wat goedgepraat word blootgestel moet word vir wat dit is, naamlik ’n gruwel en ’n ondergang van beskaafde norme.

    Kom ons kyk of ons hierdie tendens kan omkeer.

  • Konserwatief en gelowig, altyd aan die verkeerde kant

    Konserwatief en gelowig, altyd aan die verkeerde kant

    Swedenborg
    Swedenborg

    Deur Joseph Secrève

    Ek het tot dusver al gaande die menings van verskeie hofnarre gevolg wat een of ander kinderlike vreugde beleef om hul eie volk voortdurend te beswadder en verkleineer. Hiermee is ons geneig om te dink dat ons te make het met ‘n fenomeen van hierdie tyd, maar eintlik is hierdie iets wat al duisende jare oud is. So oud selfs dat dit in die Bybel opgeneem is. Ek wonder so af en toe hoe Paul Kruger sou gekyk het na sy geliefde stad (deesdae stat) en hoe dit verword het tot die soveelste multikulturele Hoer van Babilon.

    Interessant genoeg het die Romeinse krygsman Vegetius die anargie in die laat vierde eeu NC treffend omskryf, verwysend na die arrogansie waarmee die Romeine hul lewenswyse op ander afgedwing het, en om in Judea grondbelasting aan die Joodse inwoners op hul eie grondgebied te hef. Daardie wêreld was gekenmerk deur anargie, roofsug, verraad en verdorwenheid. Tegelykertyd was daar ’n bespotting gemaak van vroomheid, geregtigheid en menslikheid, en het dit voorgekom “asof die wêreld deur die Satan self geregeer was”. Die goeie middelklasburgers met hul Hellenistiese opvoeding het ook steeds meer onder druk gestaan en bedreig gevoel in hul voortbestaan, en het uiteindelik geen keuse gehad as om hul kragte saam te snoer ter wille van hul oorlewing nie.

    Dit lyk asof ons – soos die bekende gesegde – besig is om die geskiedenis te herhaal.

    Ons hoor byvoorbeeld akademi…ek bedoel kwasi-geletterde kleuters met kopdoeke aan, wat meen dat volksgenote wat tot die konserwatiewe kant behoort oor een of ander ondergemiddelde IK beskik. Hulle sou na alle waarskynlikheid ook “wetenskaplike” bevindinge kan staaf waarin hulle gelyk gegee word. Sug! Ook so oud soos die berge!

    Hierdie betreffende kleuter, dr. Piet Croucamp herhaal in feite opvattings wat sedert die wetenskapsrewolusie in die laat negentiende eeu en deur die twintigste eeu gebesig is. Die groot ironie is natuurlik dat die konserwatiewes altyd argwanend teenoor sulke bevindinge was terwyl die progressiewes hul selfvertroue in die wetenstaplike metode skaamteloos oorskat het. En daar is heelwat van hulle. Neem byvoorbeeld die Britse eugenetici Sir Francis Galton en Havelock Ellis, wat geglo het dat die swakker rasse verbied sou moet word om voort te plant, of Galton se neef Charles Darwin se bekende werk “On the Origin of Species or The Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life” (my kursivering). Daarnaas het ons ook ander linkses gehad soos Sir Julian Huxley, daardie sosialistiese voorbok wat so heftig kapsie gemaak het teen apartheid maar tegelyk ook geglo het in eugenetika, of die kommunis Hermann J. Muller wat ‘n Nobelprys gewen het vir sy bewering dat volkere gekweek kan word na de belang van die staat, onder andere deur sommiges te steriliseer.

    Die Sweedse Karolinska Instituut se afdeling Rassehigiëne het tussen 1930 en 1978 ongeveer 63 000 sterilisasies uitgevoer aan mense wat hulle as “onbevoeg” beskou het, en het nog honderde duisende mense van verskillende rasse ondersoek om te “bewys” dat die Sweedse ras ‘n beter soort was. Uiteindelik het die afdeling se deure gesluit nie omdat dit omstrede was nie, maar bloot omdat die tydsgees verander het en publieke belangstelling begin afneem het. Die belangrikste borg van die afdeling Rassehigiëne was niemand minder nie as die Nobel Instituut; daardie selfde groepie dus wat Vredespryse uitgedeel het aan al die wêreld se belangrikste terroriste en massamoordenaars, wat wissel van Henry Kissinger tot Mandela, van Arafat tot Obama.

    Ook het die Britse neuroloog HL Gordon – na aanleiding van sy navorsing van die breine van honderde swartes – gestaaf in The East African Medical Journal van 1943 dat hy ‘n neurologiese minderwaardigheid by hulle gevind het: “van 14,8%, om presies te wees”.

    Om maar te swyg oor die Britse Boerehater en romanskrywer Sir H. Rider Haggard wat gedink het dat Afrikaners geneties minderwaardig was omdat hulle van verskillende rasse afstam, waaronder swartes. Sulke verbasterde rasse was syns insiens gedoem om te misluk, en dit was die Engelse se plig om oor hierdie mindere rasse te heers en in onderwerping te hou.

    En waar is al hierdie linkses van weleer nou? Nee wat, hulle het 180 grade linksomkeer gemaak en preek nou nog meer fanatiek vanaf die ander kansel. Dis nou ewe skielik die konserwatiewes wat teen rasvermenging is en in biologiese meerderwaardigheid glo. Dis die konserwatiewes wat ‘n gebrekkige intelligensie het. Dis die konserwatiewes wat al die gruwel in die wêreld veroorsaak het. En hierdie belangrikste meningsvormers, dieselfde groepie wat so teen Afrikaners geskop en geslaan het destyds doen dit nou weer, maar hierdie keer vanuit ‘n ander invalshoek. En elke keer het hulle hul “wetenskaplike bewyse” ter hand om ter stawing.

    Dit is een van die belangrikste redes hoekom psigometriese toetse se bevindings beperk moet bly by mense wat weet wat hulle doen. ‘n IK-toets se resultaat is nie die alfa en omega van klassifisering nie. In die meeste gevalle is IK slegs ‘n newe-effek van ander diagnostiese ondersoeke en is eintlik slegs goed verstaanbaar met inbegrip van iemand se algehele sielkundige funksionering. Dikwels hang IK-meting af van iemand se emosionele toestand of denkstyl waarmee daardie persoon in die lewe staan. Die kriteria wat gemeet word is ook dikwels kultuurspesifiek. Byvoorbeeld sien ons dat die bevolkingsgroep in Suider-Afrika met die laagste IK is die Boesmans, wat ’n gemiddelde het van 54. Egter, sodra ’n gewone onkundige toeris soos ek in die Kalahari sou verdwaal, sou ek liewer die hulp van ’n Boesmanspoorsnyer vra as ’n Einstein met sy 170 IK.

    Hierdie bogenoemde stellings bewys dat dit nie net in ‘n verre verlede is dat mense so slordig en onkundig omgaan met wetenskaplike feite nie, en ook nie net in Suid-Afrika met sy grimmige en armoedige linkse tradisie nie. Nog so ’n interessante linkse figuur vind ons by een van die belangrikste grondleggers van die Europese eenwording, ’n sekere Frans-Duitse kommunis genaamd Daniel Cohn-Bendit. Hierdie vent probeer sy bes om op allerlei maniere die Europese Unie nog hegter saam te bind, soos byvoorbeeld die stigting van die Spinelli Groep, ’n denktenk vir groter eenwording wat hy na ’n kommunis vernoem het. Cohn-Bendit is ook bekend dat hy almal wat uniewording teenstaan as “geestelik siek” beskou, en klink hiermee verdag veel soos Croucamp met sy lae IK uitlating. Presies watter geestelike siekte hy hiermee bedoel, is nie bekend nie. Ek neem egter aan dat dit nie pedofilie is nie, want dis immers sy voorliefde om te sien hoe 5-jarige dogtertjies hulself voor hom uittrek, soos hy self toegegee het.

    Kennelik was sy gedagtes by klein kinders toe die geskiedenisles oor Karel die Grote gegee was. Keiser Karel was die eerste persoon wat Europa wou integreer, maar na sy dood het dit tog maar weer uitmekaar geval soos wat sy seuns moeite gehad het om die verskillende gebiede te reguleer. In elk geval is Cohn-Bendit se nommer een vyand die Europeër wat glo in die behoud van sy eie nasie, vandaar die ywer om regse stemme soos Geert Wilders, Filip Dewinter of die British National Party se monde te snoer.

    ’n Ander gunsteling stokperdjie by hierdie groep linkses is om die rug toe te keer op alle vorme van geloofsleer, waarskynlik omdat ‘n grondige kennis van geloof ‘n gesonde gemeenskapsgevoel en historiese bewussyn ontwikkel, wat bestaan uit liefde en opoffering terwyl die enigste wat links ons te biede het is haat en afguns. Blykbaar het wetenskaplike bevindings ook sogenaamd aangetoon dat ateïste ’n hoër IK het as gelowiges. Militante ateïste soos Richard Dawkins beweer mos dat die wêreld ’n beter plek sou word as geloof verbied was. Egter, die grootste ateïstiese beweging wat die mensdom nog gehad het – kommunisme – het meer as ’n honderd miljoen lewens gekos verlede eeu. Dit is die hoogste dodesyfer in so ’n kort tyd ooit, en al wat kommunisme eintlik gedoen het is om terug te keer na afgodery. Hoekom anders is Lenin se lyk in ’n masoleum bewaar en die stigter van Noord-Korea, Kim Il-Sung tot die status van ’n god opgehemel? Dit is wat gebeur sodra ‘n mens geloof afskaf in ‘n samelewing: Mense haal hul goue kalwe uit die kas en begin enige tydelike held, soos ‘n Mandela, te aanbid.

    Om nog meer skade op te noem wat wetenskaplike ateïsme aangerig het kan ons kyk na die Switsers-Amerikaanse pedagoog Paolo Lionni se opstel The Leipzig Connection, waarin verhaal word hoe die ambisies van ateïstiese en sosialistiese sielkundiges die Westerse skoolkurrikula totaal vernietig het. Die bekende filosoof/sielkundige in Leipzig, Wilhelm Wundt, was ’n vroeë grondlegger van behaviorisme gewees – daardie skool van sielkunde wat gestel het dat die mens geen hoër gewaarwording het nie en bloot reageer op beloning en straf. Sy invloed het gestrek na John Dewey, BF Skinner, G. Stanley Hall, JB Cattell en ander topfigure in die sielkunde. Wundt het ook nie geglo dat daar iets soos ’n spirituele aspek bestaan nie, en het sy hele loopbaan opgeoffer om te bewys dat die mens slegs ’n stimulus – responsmasjien is. Een van Wundt se studente, die vermaarde opvoeder John Dewey het geglo dat mense nie beter as diere is nie, en dat die rol van die onderwyser voortaan tweërlei moet wees, ten eerste om kinders te help sosialiseer in hul groep in plaas van hulle help om hul geestelike vaardighede te ontwikkel, en ten tweede om deur middel van beloning en straf te help om ervarings by hulle te kweek, wat ’n sluwe manier is om hul innerlike gewaarwording te rem.

    Weereens sien ons hoe die vroegmoderne opvoeders einlik een doel nagestreef het, en dit is om kinders op te voed nie om hulself te kan verryk nie, maar om hulle slawe van die tydsgees te maak. ’n Ander bekende ateïstiese opvoeder, Benjamin Bloom het geglo dat die hoogste vorm van intellek is wanneer die individu nie meer glo in die beginsels van reg en verkeerd nie! Ons kan duidelik die gevare hiervan insien om kinders sonder kernwaardes op te voed. Die resultaat is eerder Golding se Ryk van die Vlieë as Rousseau se Edel Barbaar.

    Dalk is dit wat Croucamp eintlik bedoel met sy lae IK konserwatiewes. Hulle dink te veel in terme van “reg” en “verkeerd” in Suid-Afrika en daarom nie vatbaar genoeg vir rewolusionêre aksies nie.

    Dit help verklaar waarom die konserwatiewe gelowiges teen die ewolusieleer gekant is. Dit is nie soseer vanweë die suiwer biologiese teorie nie, maar die potensiale misbruik wat mense gaan maak deur te stel dat die mens nie beter as ’n dier is nie. Anders gestel: Hoe meer mense in biologiese ewolusie glo, hoe meer gaan dit ten koste van geestelike ewolusie. Wanneer biologiese ewolusie te veel opgehemel word gaan mense die krag van die gees misken. Kru wetenskaplike afbakenings gaan ingevoer word om mense te kategoriseer sonder om rekening te hou met hul persoonlike waardes en strewes. Iewers het ek gelees dat die koms van Christus ’n nuwe fase in die mens se geestelike ewolusie ingelui het. Die vroeë Romeinse Christene was gekenmerk deur hul introspektiewe houding, in dié sin dat hulle hul energie geput het uit die besef dat elke mens ’n ganse heelal van belewenisse en rydomme in sy hart en siel het. Die beginsel van Christelike naasteliefde onderskraag hierdie besef. Blykbaar is dit ook die geheim agter Da Vinci se Mona Lisa-glimlag. Haar gelaatsuitdrukking verraai iemand wat swygsaam toekyk terwyl sy in kontak is met haar binneste heelal.

    Na Da Vinci sou dit nog twee honderd jaar duur totdat ’n redelik onbekende mistieke wetenskaplike, Emanuel Swedenborg sy innerlike belewenisse in ’n hele aantal volumes beskryf het. Ofskoon min mense van hom gehoor het, was hy een van die mees invloedryke denkers van die moderne tyd, en sy werke het mense so uiteenlopend soos Carl Jung tot Emerson, Abraham Lincoln tot Roosevelt beïnvloed, weereens met die nadruk op die mens se geestelike groei. In sy skrywes benadruk hy hoe ’n ingesteldheid van opoffering ’n mens nader tot sy skepper bring terwyl ’n egoistiese ingesteldheid mense juis in hul persoonlike hel laat beland. Saam met Goethe, daardie ander Lutherse denker, word Swedenborg beskou as een van die intelligentste mense wat nog geleef het, en albei was diep gelowig.

    Die wetenskapsrewolusie met sy faux pedagoë het jammer genoeg hierdie stemme uit die verlede stilgemaak, en hul dissipels verkondig nog steeds aan almal hul “verligtingsideale” vanuit hul akademiese leerstoele, wat eintlik alles behalwe verligtend is. Iemand soos Swedenborg sou na alle waarskynlikheid as ’n skisofreen afgemaak word en mense wat geloofsleerstellings ter harte neem as te onintelligent om wetenskap te verstaan.

    Gelukkig hoef ’n mens deesdae nie meer duisende rande te betaal vir ’n universitêre graad in die geesteswetenskappe nie, wat deesdae al hoe meer uit radikale propaganda bestaan. Die suiwerste kennis wat ons werklik nodig het kan gratis van internet afgelaai word. En daar lê die sleutel van indiwidue en volkere se vryheid.

    Eers dan kan ons in navolging van NP van Wyk Louw weer diegene wees wat die mensdom uit die donker nag van die siel sal lei en ’n nuwe wending gee aan die beginsel van voortbestaan in geregtigheid.

  • Waarom Oom Kosie nie sukkel in Afrika nie

    Waarom Oom Kosie nie sukkel in Afrika nie

    miltondeur Joseph Secrève

    Dit is met ’n vreemde verbasing dat ek gelees het oor Naspers se hoofsweep Koos Bekker se enorme kapitaal. Soos hierdie artikel beweer het Bekker ’n neseiertjie van so 17 miljard rand vergaar. Dit is nou 17 duisend miljoen een Rand munte op mekaar gestapel.

    Sonder om nou te preek oor moralismes van uiterste welvaart terwyl ander vanaand onder brûe moet slaap, moet ons een ding besef oor wat dit beteken om so ongelooflik baie kapitaal te besit. Sien, in ons wêreld is daar ryk mense en dan is daar ongelooflike ryk mense. Tussen hierdie twee soorte rykmense skuil daar ’n enorme mentaliteitsverskil.

    Ryk mense is oor die algemeen ondernemend en glo jy moet op jou eie bene staan. Hulle werk hard, sien kanse, bereken risiko’s en gryp dan daardie kanse aan. Die meeste van hulle kan getuig hoe dit is om van armoede tot rykdom op te beweeg.

    Egter, wanneer ons die domein van die ongelooflik ryk mense betree, is die patroon effens anders. Veral in die geval waar ongelooflike ryk families nou al generasies lank op ‘n kruin is, is daar ook sprake van ondernemende optredes, maar oor die algemeen nie sonder bybedoeling nie. Die ongelooflike rykes is voortdurend met planne en aksies besig om te sorg dat hulle hul kapitaal en invloed tot die maksimum kan uitbrei, en ek dink ons kan stel dat Bekker nou leerling is op hierdie vlak.

    Die ongelooflik rykes doen snaakse dinge: Hulle wil enersyds sogenaamd van hul enorme kapitaal af deur stigtings en liefdadigheidsorganisasies op te rig, maar andersyds lyk dit nie of hulle armer word nie. Hulle is oor die algemeen groot bewonderaars van kommunistiese of sosialistiese helde en ideale. In Bekker se geval is die bekende Boerekommunis Bram Fischer sy nommer een troetelrooie.

    Die vraag is egter waarom. Kommunisme – wat sogenaamd fel teen kapitalistiese uitbuiting is – word grootliks gesteun deur diegene waarvan ’n mens sou verwag dat hulle slagoffer sou word van daardie sisteem…tensy natuurlik hulle van die begin af aan daardie stelsel uitgedink het.

    Ons kan daardie vreemde liefde van rykmense vir kommunisme soos volg verklaar: Enersyds is dit bekend dat die rykstes ter wêreld slegs ryker en ryker word soos wat die tyd aanbeweeg. Nie net is die kapitaal van die Rothschilds en Rockefellers nog steeds in hul besit nie, maar selfs die steenryke Middeleeuse bankiers, die Florentynse De Medici-gesin se bloedlyn bestaan ook nog steeds. Ons almal het op skool geleer oor die Renaissance en hoe ons daardeur wegbeweeg het uit die Donker Middeleeue, dog weet min mense dat die Renaissance volledig gefinansier was deur die De Medici’s. Elke belangrike politieke kentering het ontstaan as gevolg van geld…baie geld, ten minste vanaf die Middeleeue.

    Die ander gevaar is die gewone mens, wat slegs met bewondering kan kyk hoe hierdie kapitaal aan hulle verbygaan. Die rykes het daarom ’n verantwoordelikheid om hulself te beskerm om nie te word soos John D Rockefeller nie, daardie eerste miljardêr wat paranoïes en senuweesiek begin word het omdat hy nie opgewasse was teen rykwees nie en almal hom gehaat het. Hier kom kommunisme en/of sosialisme na vore as beste skikking tussen uiters ryk en die gewone mens. Dit is ’n samestelling, oftewel sintese tussen baie ryk en arm. Hoe ryker die rykstes word hoe meer word hulle bedreig deur die gewone mens. Ten einde hulself te beskerm moet hulle ’n skikking tref met die gewone mens, wat meer inspraak in die kapitaal eis waar hulle immers ook voor gewerk het. Die skikking is dat die gepeupel meer gelykheid en inspraak mag verkry, maar geen bedreiging mag vorm vir diegene bo-aan nie. Tegelykertyd sal ’n mens merk dat dit baie moeilik is om in hierdie lande hoër op die sosiale trap te beweeg. Tussen sosialisme en die uiters rykes begin ’n kaste te ontstaan, oftewel ’n burokratiese muur waar gewone mense nie deur kan breek nie.

    Die rykes daarenteen het allerlei slim planne en adviseurs wat sorg dat hul kapitaal veilig is en dat hulle geen probleme met hul geld sal ervaar nie. ’n Sekere Machiavelliaanse takt en roekeloosheid is nodig om laasgenoemde te bewerkstellig. Slegs diegene wat hierdie taktvolle roekeloosheid het word uitgenooi om by hierdie elite klub te behoort, en Koos Bekker se miljarde rand was sy beloning gewees vir sy ingesteldheid. Hy verstaan die fyn kepies van die rykes se vak. Tegelykertyd hou sy media emporium die gewone mense in ’n wolk van onkunde met hul eufemismes oor die ware toedrag van sake.

    Net soos hy ’n diepgewortelde minagting vir Afrikaners koester, sien ons sy ryker eweknie in die “filantropiese” Hongaarse satanaanbidder George Soros. Laasgenoemde het by herhaling gestel dat die beste tyd van sy lewe in 1944 was toe hy die eiendomme van gedeporteerde Jode gesteel het en meegehelp het met hul deportasie. In plaas van spyt agteraf meen hy dat hy gevul was met ’n gevoel van absolute mag. Ook het Soros skaamteloos toegegee dat die groot beursval van 2008 die “hoogepunt van sy loopbaan” was. ’n Mens sou eintlik kon sê dat Soros (’n aangenome van wat “om te strewe” beteken) ’n hedendaagse reïnkarnasie van Lenin is. Altwee wou oor die wêreld heers, geloof afbreek en iemand uit hul ingewyde kring van kamerade voordra as groot verlosser. Soros se pa was origens die bedenker van Esperanto gewees, daardie mengelmoestaal wat veronderstel is om die wêreld linguisties te verenig. Sy Open Society stigting is uiteindelik ook niks anders as ’n lis om plaaslike regerings te ondermyn en grense af te breek sodat dit makliker word om mag te sentreer sodat hy en sy ingewydes hul gewetenlose magswellus verder kan voortsit nie.

    Om die gedrag van hierdie figure te ontleed sal ons goed doen om onsself in die klassieke literatuur te verdiep. Die Middeleeuse digter John Milton skryf in sy bekende werk Paradise Lost dat Satan fundamenteel arrogant en heerssugtig is. Klink dit tog nie al te bekend nie! Die groot linkse denkers wat alewig vir ons vertel wat beter is vir ons. Dat ons aan ’n vals bewussyn ly wat hulle gaan regdokter. Dat ons, ofskoon ons mense in ernstige armoede verkeer, nog elke dag moet hoor dat ons tot ’n bevoordeelde klas behoort. Dat die Carnegie, Ford en Rockefeller stigtings hulself voortdurend bemoei met onderwys om ons te vertel watter onderwysmodel die beste is, en nou sit mense met matrieksertifikate en hulle kan skaars ’n paragraaf skryf. Dit is ook die les wat Mary Woolstonecraft-Shelley aan ons wou leer in haar bekende gruwelverhaal Frankenstein, naamlik dat in hul poging om “die mensdom te bevorder”, is die enigste wat ons uiteindelik vermag om monsterlike aberrasies te skep.

    Wie goed daaroor nadink sal besef dat al hierdie linkse stokperdjies wat op ons afgedwing word, sogenaamd “omdat ons dit wil hê”, niks anders is as die toppunt van arrogansie nie. Ons word beskou as leë doppe wat hulle gaan invul met hul kortsigtige kranksinnige lewensbeskouings omdat die gewone mens kwansuis geen insigte in sy eie optredes het nie.

    En dit is die klas waartoe Koos Bekker behoort. Daar is duisende wanhopige stemme van mense wat die ergste vorm van gruwel en vernedering meegemaak het in Suid-Afrika, maar die gees wat die media uitsaai is een van ’n diepgewortelde ongeïnteresseerdheid. Die leed wat tans oor Suid-Afrika heers is nie kongruent met die beeld wat die hoofstroommedia uitstuur nie. Ons word in slaap gesus terwyl Rome brand en dit wil voorkom asof dit die bedoeling is om mense apaties te maak sodat hulle makliker beïnvloedbaar word.

    Weereens sien ons die bewys dat dit nie swart leiers met hul “Kill a Boer” krete is waarvoor ons soseer moet oppas nie, maar die uiters ryk en magtige wittes agter die skerms wat stilletjies meewerk om hierdie klimaat te bewerkstellig. Hulle is die ware genocidaires.

    Die vyand in ons midde is die ware vyand. Maar onderliggend daaraan is ook waar dat verdeelde volke soos Afrikaners begin saamstaan – nie soseer uit ’n patriotiese gevoel van solidariteit nie, maar omdat hulle besef dat hul hele identiteit en bestaan-in-die-wêreld bedreig word as hulle dit nie doen nie.

    Om Naspers te boikot is uiteindelik nie ’n kwessie van voorkeur nie, maar oorlewing.

  • Die Trayvon-Martin-geval: meer as net ras

    Die Trayvon-Martin-geval: meer as net ras

    secreve2deur Joseph Secrève

    Die afgelope week hou die uitspraak oor die Trayvon Martin-geval die Verenigde State besig. Oor die wêreldmedia word voortdurend benadruk hoe die “wit” half-Peruviaanse sekuriteitswag ‘n ongewapende swart tiener doodgeskiet het, en die media speel nou gevaarlik op hierdie sentimente. Aanvanklik het president Obama homself ten gunste van die vryspraak uitgelaat omdat dit sy werk is om die Grondwet van die Verenigde State te verdedig. Hy is immers nie bo die wet nie en moet homself ondergeskik stel aan die uitspraak van sy regters.

    Die media weef egter ‘n hele ander prentjie en het ondertussen ‘n hele spektakel aan die gang gesit met bekende popsterre en ander figure wat die uitspraak ernstig betwis. Soos gewoonlik word daar gehamer oor armoede en diskriminasie.

    In ‘n snaakse wending het Obama enkele dae later ewe skielik van narratief verander deur te meen dat “dit kon ek gewees het ses en dertig jaar gelede”. Obama, met ander woorde, maak die kwessie persoonlik. Hy kies kant, dié van die media en speel verder op die sentimente van die publiek, waarmee hy die geregtelike gesag in ‘n hoek dryf. Hy doen wat linkse bewegings altyd doen, naamlik om emosie op te jaag wat die politieke klimaat sal verander. Selfs al bevind ‘n regter en jurie iemand onskuldig, word die werklike skuldvraag buite die howe besleg: As almal jou desondanks soos ‘n skurk gaan behandel, is die sielkundige impak ewe skadelik, of moontlik selfs skadeliker as ‘n geregtelike skuldigbevinding.

    Ofskoon ras die belangrikste rede is vir die misnoë van die protesteerders, is daar stilletjies ‘n ander motivering agter hierdie proteste, naamlik ‘n persepsie van aanspraak op sekere regte, of “entitlement” soos die Engelsman sou sê.

    Die belangrikste verskil tussen Republikeine en Demokrate is dat Republikeine glo dat jy jou eie potjie moet krap en jouself hoër op moet werk in die samelewing. Die Demokrate glo dat dit die plig is van die regering om geskenke uit te deel aan die armes, verkieslik sonder teenprestasie. Dit het ook ‘n politieke opvangsentrum geword vir almal wat nie aan die tradisionele WASP-ideaal voldoen nie.

    Hierdie genoemde aanspraak is waarskynlik die werklike rede agter die protes. Die dader Zimmerman was immers nie heeltemaal wit nie en dit lyk asof die bakens verskuif het van wie nou werklik wit is of nie. Die antwoord vermoed ek kan gevind word omdat die Amerikaanse onderklas ontevrede is dat hulle nie genoeg deur die staat gepamperlang word nie. Egter, hoe meer die staat hulle gaan pamperlang, hoe meer gaan hulle aggressiewe protes as ‘n regverdige middel beskou. ‘n Mens hoef dus geen Churchill te wees om te besef dat hierdie benadering die gesonde funksionering van die staat ernstig kan knou nie.

    Wie onthou nog die vorige president George Bush? Twee van sy belangrikste raadgewers, Colin Powell en Condoleeza Rice was ook nie wit nie. Hulle was egter te “wit” vir die protesteerders, en ras was op daardie stadium nie naastenby so omstrede soos tans onder Obama nie, wat weereens bewys dat hierdie proteste nie ‘n suiwer rassekwessie is nie. Dit is mutasie tussen swart-wees wat gepaard gaan met die onderklas-mentaliteit.

    Die ironie is natuurlik dat een dag voor Obama se “dit kon ek gewees het” – toespraak het die stad Detroit bankrotskapbeskerming aangevra. Hierdie stad wat eens op ‘n stadium die motor (letterlik en figuurlik) agter die Amerikaanse ekonomie was, is tans een groot ghetto, volledig verarm deur dieselfde klas wat voortdurend op hul “regte” aanspraak maak.

    Ek is nuuskierig om te sien waar al hierdie verrigtinge heen gaan lei in die afsienbare toekoms, maar ek vermoed dit kan dieselfde gedrag toon as wat ons tydens die Rodney King-opstande gesien het, naamlik ‘n paar dae van intense protes en grootskaalse plundery en vandalisme, maar volgende week as die welsyntjeks uitgedeel word, is die vrede terug. Die amoksaaiers het eerste in die ry gestaan om hul uitkerings te gaan opeis, die protes lankal vergete.

    Vermoedelik sal ons ook niks verneem van Antonio West nie, die dertien maande-oue wit baba wat vanjaar op 21 Maart deur twee swart tieners doodgeskiet is omdat sy ma geen geld gehad het nie. Maar natuurlik was sy ma geen aanspraakmaker nie, synde wit, dus word hierdie saak gerieflik uit die media geweer. Van Obama sal ons waarskynlik ook niks hieroor hoor nie, selfs nie sy “dit kon ek gewees het” toespraak nie.

    Immers, ‘n afgedankte prokureur met ‘n twyfelagtige verlede pas eerder in die prentjie van ‘n Trayvon Martin as ‘n Antonio West.

  • Wanneer ekonomie die politiek oorskadu

    Soos die meeste van ons al ondertussen weet, is Afrikaners die voorlopers onder die Westerse volkere wat moet toesien hoe ons lewenswyse en kultuur die onderspit moet delf ter wille van ander moonthede se belange. Anders as wat die radikale vryheidsprofete ons na die Tweede Wêreldoorlog voorgehou het, is mense uiteindelik nie so universeel geörienteerd as wat daar destyds aangeneem was nie, en die teenwoordige kinders van daardie vaders moet nou worstel met die wete datdie einde van die geskiedenis toe nie aangebreek het nie.

    Ons sien hoe Stockholm die afgelope week in ligtelaaie gestaan het, met woedende immigrante wat meer eise begin stel oor hul lewensomstandighede: ‘n Pynlike bewys dat nie eens die Swede se befaamde knus welsynstaat ‘n einde kan maak aan die frustrasie van die nuwe generasie nie. Ofskoon baie immigrante in daardie land ‘n heelwat hoër lewensstandaard geniet, ervaar hulle nog steeds ‘n gevoel van deprivasie. Hul stemme word nie gehoor nie, of anders verdraai om by die gasland te mentaliteit aan te pas. Hul outentieke identiteit kan nie wortel skiet in hierdie vreemde aarde nie, en doen vervolgens wat hulle goed doen, naamlik belaglike eise stel omdat hulle nie weet wat hulle anders moet doen nie.

    Egter, hoe meer die regering aan hul eise toegee, hoe meer buitensporig tree hulle op, aangesien dit as ‘n manier beskou word om persoonlike welvaart te genereer. Interessante statistieke oor die situasie in Ierland gee aan hoe algemene misdaad in daardie land gedaal het sedert die krisis, wat Ierland besonder hard getref het. Die Marxistiese verhaal oor materiële deprivasie kan ons dus finaal tot die asblik van die geskiedenis verban, aangesien die geldigheid daarvan uiters beperk blyk te wees – in ons huidige tydsgees altans.

    Dit is onder sulke omstandighede dat mense ‘n politieke eenheid begin vorm aangesien hulle ‘n inskattingsfout gemaak het, naamlik om ekonomiese belange bo politieke belange te stel. Hulle bevind hulself in ‘n politieke vakuum en besef dat hulle ‘n soort Faustiaanse verbond gesluit het, naamlik om hul siel in te ruil vir die verwagting van beter welvaart.

    Die Swede ervaar nou wat ‘n voorbode gaan wees vir die Weste in die komende tyd, naamlik ‘n losmaking van politieke belange ten behoewe van ekonomiese belange. Die EU, die Trans Pacific Partnership en BRICS-lande wys daarop dat hierdie tendens besig is om uitgebreid te ontwikkel, min wetende dat hierdie monsteragtige ekonomiese superstrukture sy eie onderdane mag verpletter en vervreem. Hierdie eenwêreldregering, oftewel MacWorld soos dit af en toe genoem word, gaan uiteindelik dieselfde aan die res van die wêreld doen as wat ons in Suid-Afrika al grondig kennis mee gemaak het, naamlik ‘n groter wordende kloof tussen ryk en arm veroorsaak. Die term “eenwêreldregering” is immers ‘n verkeerde benaming, aangesien dit geen werklike “regering” is nie, maar ‘n koterie van die magtigste bedrywe wat politieke belange ondermyn ter wille van ekonomiese belange.

    Dit was presies die uiterstes waar Verwoerd destyds mee te kampe gehad het: Of jy probeer om mense terug te stuur na hul eie homogene gebiede en sorg dat hulle ontwikkel en selfredsaam word, of jy doen die teenoorgestelde, naamlik laat hulle die stede toestroom op soek na werk, en vervolgens verval in armoede, misdaad, vervreemding en die eindelose geweeklag van diskriminasie en rassisme. Die internasionale verkettering van apartheid, met massahisterie, Waarheidskommissie en al, was uiteindelik ‘n manier gewees om mense weg te laat breek van hul eie tradisies en kultuur om volkere meer oop te stel vir hierdie ekonomiese wêreldorde.

    Ten einde hierdie volkerebredie nog verder te akkommodeer gaan die sillabusse op skole eweneens aangepas word om mense slegs resultaatgedrewe opleidings aan te bied. Met ander woorde suiwer kennis gaan nie meer aangebied word nie, en vervolgens verloor mense die vermoëns om krities na hul leefomstandighede te kyk. Die opleiding op skool is slegs goed genoeg om arbeiders van mense te maak, wat weereens die mens reduseer tot loonslaaf sonder kultuur en ‘n grondige ontwikkeling. Dit is dus nie verbasend nie dat die maatskappysielkundiges Jaime Napier en John Jost ontdek het dat mense met ‘n konserwatiewe lewensbeskouing gelukkiger as hul meer liberale landgenote is.

    Origens het die politikoloog Robert Putnam ook navorsingsresultate gepubliseer (in Scandinavian Political Studies nogal) waarin geblyk het dat daar in multikulturele gemeenskappe heelwat minder maatskaplike betrokkenheid is as homogene gemeenskappe. Mense leef meer vir hulself, en die algemene liggaamlike en geestesgesondheid is minder goed as in homogene gemeenskappe. Interessant genoeg het die Afrikanerteoloog dr. Tobie Muller presies honderd jaar gelede dieselfde in sy befaamde “Beleidenis van ‘n nasionalis” gestel.

    In ons alledaagse belewenis sien ons dieselfde. Daar is bittermin mense deesdae wat weet wat die verskil is tussen selfbeeld en selfrespek. Iemand met ‘n hoë selfbeeld het nie altyd selfrespek nie. ‘n Tipiese straatskollie kan veel van homself dink en almal inmekaar slaan wat nie respekvol met hom omgaan nie, maar hy het geen selfrespek nie. Selfrespek beteken dat jy leef om die regte ding te doen, en dikwels persoonlike opofferinge moet maak om dit te bereik. Waar selfrespek deesdae as belaglik en kleinlik afgemaak word, word ‘n hoë selfbeeld in ons woonkamers opgehemel met twak uit Hollywood en MTV, en temper die jeug met opvattings dat platvloersheid, egoïsme en arrogansie deugde is.

    Dit rym goed met wat Oswald Spengler destyds geskryf het, naamlik dat in ekonomiese stelsels leef mense vir hulself en in politieke stelsels leef hulle vir ander. In politieke stelsels sterf mense vir iets en in ekonomiese stelsels sterf hulle as gevolg van iets.

    En terug in Suid-Afrika sien ons dieselfde: Daar is geen konsentrasiekampe met wagte en sperdraad soos tydens die Boereoorlog nie, maar ‘n see van armoede en plakkerskampe. In politieke stelsels het die vyand ‘n gesig en ‘n uniform, maar in ekonomiese stelsels kan jy slegs eet as jy tydelik bruikbaar is.

    Vandaar dat volkere teruggryp na ‘n politieke eenheid terwyl ekonomiese belange hierdie tendens verketter onder die vaandel van fascisme, rassisme ensovoorts.

    ‘n Belangrike uitgangspunt sou wees om te besef dat die ANC en hul marionette agter die skerms geen politieke belange behartig nie, maar slegs ekonomiese belange wat as politiek gemaskeer word.

    Tensy die Afrikaner ‘n politieke eenheid vorm, lyk die kans klein of hy volgende eeu as volk sal oorleef. Soos NP van Wyk Louw geskryf het, sal sy hoogste strewe wees om nie net voort te bestaan nie, maar om voort te bestaan in geregtigheid.

    Slegs dan sal die balans tussen politiek en ekonomie weer gesond word.

  • Die geheime oorlog teen geloof

    Daar is deesdae min mense wat sal twyfel dat daar op allerlei fronte ‘n oorlog gevoer word teen elke vorm van identiteit en kultuur, veral as jy toevallig wit en Protestants is. Dit geld vir sowel Afrikaners as Amerikaners, die twee volke wat tradisioneel die meeste haat en hoon vanuit links te verduur moet kry. En vanuit die linkse wêreldbeeld beskou is daar ‘n goeie rede waarom dit so is. Die rede is as volg: Die drie belangrikste steunpilare van enige beskawing is sy geloof, sy politiek en sy ekonomie.

    Die afgelope twintig jaar het ons duidelik gesien hoe politiek en ekonomie deur linkse invloede volledig van binneuit vernietig is en Suid-Afrika in ‘n staat van bandeloosheid en rigtingloosheid gewerp het. Egter, die kommuniste se belangrikste teiken is juis daardie pilaar waar min oor gepraat word, naamlik geloof. Omdat ‘n geloof se invloed eerder subtiel as direk is, is mense nie altyd bewus oor die uitwerkinge daarvan nie, en ook nie oor die skade wat kan ontstaat sodra dit in verval beland nie. Gelukkig kan ons vertrou op ‘n paar skerp ontleders wat ‘n goeie insig gehad het in hierdie sake.

    As daar twee groot suksesverhale was in die moderne geskiedenis, was dit eerstens die ontstaan van die nasiestaat en tweedens die opkoms van die Protestantse Werksetiek gewees. Hierdie drywende kragte het die Westerse beskawing tot nuwe hoogtes gestuur en het – baie belangrik – ons herinner dat as jy werklik groot hoogtes vir jouself en jou naaste wil bereik, moet dit van binneuit kom. Die Protestantse tydsgees soos in Suid-Afrika en in die Verenigde State toegepas was, het mense enersyds saamgebind, maar desondanks genoeg ruimte gegee vir persoonlike ontwikkeling. Selfs die ateïs Abraham Maslow was meegesleep in die gees hiervan en sy gevleuelde woorde was: “Wat ‘n mens kan wees móét hy wees”. Die gelowige Hendrik Verwoerd aan die ander kant het ook gestel dat geen volk groter hoogtes vir homself kan bereik deur op die lyk van ‘n ander volk te trap nie. Hiermee wou Verwoerd ons herinner dat die ware krag om vooruit te gaan binne in ons lê. Die Boheems-Oostenrykse digter Reiner Maria Rilke het ons dieselfde les geleer in sy bekende Briewe aan ‘n jong digter dat jy moet jouself nie met ander vergelyk nie, maar fokus op die krag binne jouself. (kliek hier om Dennis Hopper se uitstekende voorlesing van Rilke te sien).

    Dit is om hierdie rede waarom die Weste vooruitgang gemaak het…en om hierdie rede waarom die Kommuniste en hul meelopers ‘n fundamentele haat teenoor die Weste koester. Sodra mense vanuit hulself en die hoogste voorskrifte van moraliteit begin leef, maak hulle die politieke klas van intellektuele oorbodig. Hierdie volke laat hulself nie meesleep in die menings van ander nie. As jy jouself op geestelike vlak kan bevry en die hoogste binne jouself en daarbuite opsoek, is jy op die verste punt verwyder van slawerny.

    In groot teenstelling tot wat links jarelank aan ons opdis, het Suid-Afrika en die Verenigde State hulself nie imperialisties verryk op ander nie, maar vanuit hulself die kennis en vaardighede benut en hulself op hul eie stoom verryk, en hulle hoop ook dat omliggende buurvolke dieselfde sal doen. Vandaar die ontwikkeling in die tuislande destyds, en die feit dat Amerikaanse inboorlinge deesdae meer sosiale en mediese voorregte geniet as wit Amerikaners.

    Dit is juis die opkoms van diverse vorme van hedendaagse “kuns” en “kultuur” vanuit linkse strominge wat afbreuk doen aan hierdie hoër besef. ‘n Religieuse ingesteldheid het die ekstra voordeel dat dit die mens fyner stem, en maak van ‘n stapel bakstene en grond ‘n katedraal so majestieus soos die Segrada Familia of die Notre Dame. Kyk ook na Michelangelo, El Greco en ander om te sien hoe geloof aanleiding gegee het tot ‘n hoër spirituele besef.

    As ‘n mens daarenteen kyk wat deesdae in die Guggenheim kunsgallery uitgestal word, naamlik ‘n ry bakstene op mekaar gestapel, ‘n leë kamer met ‘n lig wat voortdurend aan en uit flikker, of ‘n onopgemaakte bed, begin ‘n mens kopkrap of hier nou sprake is van ‘n dieper belewenis of dat banaliteit self opgehef is tot kuns. Dit is geen kuns nie, maar antikuns. Dit het as doel om die fyner ontwikkeling van hoër beskawings juis te ondermyn en af te breek. Dit is kulturele vandalisme.

    Dit is ook die rede waarom die Russiese president Poetin so heftig kapsie gemaak het teen die punkgroep Pussy Riot met hul gespring en geskree in ‘n Russies Ortodokse kerk. In die Weste is ons onder die indruk dat ons hier te make het met gewone kattekwaad van hierdie jong talentlose dames en dat Poetin buitensporig hard opgetree het. In werklikheid is dit geen gewone kattekwaad nie. Daar is ‘n hele subkultuur in Rusland van sulke figure wat hulself graag “kunstenaar” noem, maar die enigste wat hulle kan vermag is om lawaai te maak en Rusland se ryk en tragiese erfenis uit te lag en te bespot, en Poetin het genoeg gehad daarvan. Rusland het nog baie onverwerkte leed en trauma as gevolg van kommunisme, en dit gaan nog generasies duur om te herstel. Die beste manier om weer te herrys is juis om mense te stuur in die rigting van daardie land se hoër beskawingsvorme. Van alle lande weet Rusland presies hoe gevaarlik dit is om van jou kernwaardes vervreem te word, en in die Weste begin ons dit ook nou langsamerhand te besef. Ons moet ook nie vergeet nie dat nog minder as ‘n honderd jaar gelede het Lenin 66 miljoen Christene uitgehonger en vermoor. Geen verantwoordelike staatshoof sal sulke vorme van minagting en vandalisme goedkeur nie.

    ‘n Ander interessante gegewe waaroor die esoteriese skrywer Jonathan Black melding gemaak het in sy publikasie The Secret History of the World, is dat ondanks die feit dat die vormgewers van kommunisme soos Weishaupt, Marx, Engels, Lenin, Trotski en ander hulself as ateïste voorgegee het, is die werklikheid dat hulle ‘n obsessie gehad het met die okkulte. Lenin het blykbaar geglo dat daar ‘n oorlog in die hemel was waarvan die goeies voorlopig die stryd gewen het, maar die beslissende stryd sou nog op aarde gevoer moet word. Lenin het geglo dat hy letterlik ‘n oorlog teen God gevoer het.

    In ‘n min of meer soortgelyke trant het die New Yorkse Rabbi Marvin Antelman in To Eliminate the Opiate geskryf dat die doel van die Sabbateaanse Frankiese Jode – die stam van waaruit kommunisme ontstaan het – is om alle vorme van georganiseerde geloof te vernietig. Waar die gelowige Jode glo dat die Verlosser sal kom sodra al die Jode vroom is, glo die Sabbateaanse Frankiste dat die Verlosser slegs na vore sal tree sodra alle gelowe vernietig is. Interessant genoeg is die Sabbateane juis die mees vyandig teenoor die Joodse geloof, en bied ‘n verklaring waarom kommuniste so fel teen Sionisme gekant is, terwyl hulle self heimlik agter die ontstaan van Sionisme gesit het. Dit is ‘n uiting van ‘n stamoorlog teen die gelowige Jode. Daarbenewens glo hulle dat as die Joodse geloof eenmaal vernietig is sal sy twee dogtergelowe, Christendom en Islam, vanself instort omdat hulle geen spirituele “impuls” meer het nie, wat die Sabbateane nog ‘n verdere rede gee om die Jodendom te teiken.

    Die “wapen” wat deur links ingesit word om die mensdom tot ‘n staat van slawerny te reduseer is juis om mense se aandag na buite te rig in plaas van na binne. Kommunisme, soos wat Churchill beskryf het is ‘n sisteem van onmoontlike gelykheid, gestremde ontwikkeling en jaloerse kwaadwilligheid. Dit ontken die groeipotensiaal binne die mens self en reduseer die mensdom tot kuddediere wat maklik vatbaar is vir propaganda. Dit verklaar ook waarom kommunisme teen indiwidualisme gekant is. Op hierdie manier bly hulle baas en kan hulle die “dom gepeupel” makliker in toom hou.

    Soos Carl Jung gestel het: “Wie na buite kyk droom. Wie na binne kyk ontwaak”.

    Dit moet eintlik die leuse wees van ons tyd.

  • Jonathan Jansen se gevaarlike universiteit

    Professor Jonathan Jansen se nuutste tirade in verBeeld is eintlik nie eens die moeite werd om op te reageer nie. Ek het tog maar besluit om die pen op te neem, want as rektore al so vergiftig is oor die hele bedoeling van hoër onderwys kan ‘n mens ernstige vrae begin vra oor wat volgende op ons wag.

    Jansen loods ‘n dubbele aanval, teen Christendom enersyds en teen volkseie universiteite andersyds. Hiermee gee hy duidelik weer wat presies aangaan in die wêreld, naamlik dat daar ‘n onverklaarde oorlog heers teen die Westerse beskawing en Christendom. Hoekom is dit altyd Westerse en Christelike instellings wat hul deure moet oopgooi vir ander? Hoekom is dit altyd die Westerse volkere wat om verskoning moet vra vir alles? Is dit nie juis die uitnemendheid van die Weste, die onoorwonne oorgawe wat dit moontlik gemaak het dat nie-Westerse mense deesdae die vrugte van die Weste kan pluk nie?

    ‘n Kort soektog op Wikipedia wys in elk geval uit dat die oudste erkende universiteit ter wêreld in Bologna opgerig was in 1088. Die bekende Italiaanse semiotikus en skrywer Umberto Eco is hoogleraar aan hierdie instelling. Universiteite was al eintlik opgerig gewees in Christelike kloosters so vroeg as 600 NC en het eers offisieël geword in die Laat Middeleeue. Hierdie ontwikkeling gee duidelik aan dat universiteite en Christendom onlosmaaklik verbonde is met mekaar.

    Selfs later in die geskiedenis was geloof en toegang tot universiteite verbonde aan mekaar gewees. Die bekende negentiende eeuse digter Percy Bhysse Shelley was uit Oxford geskors nadat hy geweier het om sy ateïstiese manifes te onttrek, deels omdat mense gevrees het vir rewolusionêre opvattings. Deesdae is dit byna onmoontlik om iets in die geesteswetenskappe te studeer sonder om blootgestel te word aan links-radikale propaganda. Dit is ‘n tendens wat ek (gelukkig) min of meer op RAU misgeloop het, maar ten volle in die gesig gekry het aan die Universiteit van Amsterdam.

    Feitlik al wat ons geleer het is hoe om statistiek te doen, multikulti-propaganda en radikale feminisme – daardie soort wat ons wil leer dat daar geen verskille is tussen mans en vroue nie, en hoe om kinders “geslagloos” op te voed. Ja, ek is ernstig! Ons het selfs ‘n eksamenvraag gehad oor “wat is die moontlike struikelblokke teen ‘n geslaglose opvoeding”. En ek het gedink ek studeer wetenskaplik gefundeerde waarhede. (Die bekende geval van dr. John Money en sy pasiënt David Reimer wat die gevare van sulke opvattings uitwys, was natuurlik gerieflik uit die kurrikulum weggelaat.)

    Dan kry ons ook figure soos professor Noel Ignatiev wat ‘n einde wil maak aan die wit ras, maar dan op ‘n manier “soos lande ‘n einde maak aan hul koninkryke”. Geen bloedvergieting nie, maar net ‘n einde maak aan sekere “tipiese wit instellings”. Ek wonder daarenteen hoe hulle sou reageer as iemand ‘n einde sou wou maak aan byvoorbeeld die swart ras, nie met bloedvergieting nie, maar deur hul rap en hip-hop gemors te verban en broeke wat halfbas hang te beboet ensovoorts. Dit sal onmiddelik gesien word as ‘n aanval op hul identiteit en waardigheid. Klagtes gaan na die MRK vloei, doodsdreigemente sal weergalm, mense word gearresteer en nuwe kamerade word aangestel om te sorg dat soiets nooit meer kan gebeur nie, soortgelyk op die manier hoe Jansen sy aanstelling gekry het, met dank aan die gefingeerde Reitz-koshuisinsident.

    Prof. Jansen se reaksie is egter tipies van iemand wat geen Westerse agtergrond het nie. Hy wil van alles ‘n politieke speelterrein maak. Hy idealiseer alles van die huidige bestel terwyl die land sienderoë verval. Universiteite het deesdae die grootste moeite om aankomende eerstejaars te evalueer op hul taal en begripvermoë aangesien hulle kennelik nie veel op skool meer geleer het nie. Aan die een kant wil hy pronk met goeie onderwys, maar tegelyk wil hy afstand doen van die standaarde wat goeie onderwys moontlik maak. Hy wys op die skade wat “sommige wit, sogenaamde Christelike Afrikaanse private skole (sic)” aangerig het en dat dit “die eiegeregtige skynheiliges sal skep wat aan die Bybel vasklou op pad na die tronksel omdat hulle die land probeer opblaas het”… so asof die ANC die land met fluweelhandskoene oorgeneem het.

    Die ongeveer 500 bomaanslae, volkereoorlog, halssnoermoorde, konsentrasiekampe en intimidasie wat die ANC aan die mag gehelp het is seker sy idee van nederigheid en intellektuele grootsheid. Laat staan nog die feit dat die ANC, ondanks hul riante finansiering tydens die “struggle”, geen enkele huis, skool, hospitaal, universiteit of niks opgerig het om hul mense verder op te hef nie. Hulle was selfs te agterlik om ‘n poskantoor te bou, en het die Nederlandse ambassade vir daardie doel gebruik. Alles het gegaan na propaganda maak en terreur en verwoesting saai. En nou word hierdie opgehemelde Sodom en Gomorra nie vanuit Dar-es-Salaam gepropageer nie, maar vanuit ‘n instelling wat hulle met terreur en verkiesingsbedrog by Afrikaners gesteel het: Weereens ‘n bewys dat Jansen en sy ANC kamerade niks vir hulself kan oprig nie, maar slegs kan oorneem wat die “gevaarlike verkrampte Christelike Afrikaners” opgerig het.

    Iewers het Oom Jaap Marais geskryf dat selfs aan die swart mediese skool Medunsa in die jare tagtig was swart studente ontstig toe ‘n groep van vyf of ses wittes daar wou studeer. Selfs al was hierdie studende ‘n baie klein minderheid, was hul aanwesigheid as ‘n bedreiging beskou. Ons wonder hoekom Jansen niks hieroor sê nie. Dit is nou ons geleerde professore met al hul kennis wat nie eens sulke elementêre waarhede kan raaksien nie.

    Met die huidige herhaalde slagspreuke soos “Kill the Boer” of “Kill all whites, Afrikaans and English” en dodelike verkragtings van wit damesstudente wat terugkom van hul Bybelstudiegroep, kan ons konkludeer dat Jansen se retoriek bloot ‘n weerspieëling van hierdie barbarisme is. Hierdie dade van barbarisme en volksmoord word vergeef, maar Afrikaners wat niks hiermee te make wil hê nie en uit veiligheid hul eie instellings opsoek, word vervloek.

    En hiermee kom ons tot ‘n belangrike filosofiese konklusie: Elke hoër onderwysinstelling is net klei en bakstene as daar geen gees is waarop hierdie instellings gebou is nie. Hierdie gees streef na vorme van skoonheid, reglynigheid en suiwerheid. Hulle help om die gees van sy onderdane te versterk en om intuïsie te kultiveer en herinner ons dat die mens ‘n instrument is met ‘n hoër strewe. Deesdae is dit bloot ‘n gepraat met mense oor die kultuurgrens.

    Sedert die twintigste eeuw, met dank aan skenkings van die Carnegie Endowment en Rockefeller stigtings, het hoër onderwysinstellings hulself ingesit om juis hierdie bostaande opvattings af te breek en mense te reduseer tot volgelinge in onwetendheid, perfek vir ‘n Kommunistiese oorname. Die Reece Committee het in die vyftiger jare dieselfde ontdek en tot die slotsom gekom dat: “In the light of this suspicion and the evidence which supports it, it has been difficult to avoid the conclusion that if social scientists of the persuasion I have been discussing have been accepted by Foundations, Government and education as though their claims were true, this flies in the face of the fact that their validity has been disputed by men well trained in these same disciplines.”

    Vandaar dat ek ‘n voorstander is van dit wat Jansen as vyandig beskou. Ons sal Plato aan ons eerstejaars leer en help om ‘n gebalanseerde en nugter kyk op die wêreld te neem. Hulle sal self verantwoordelik wees vir hul take, werkstukke en skripsies, sonder die groot vloek in die akademie, naamlik om alles in groepe te wil doen. Hulle sal indiwidue wees wat sal leer om op hul eie bene te staan. Hulle sal indiwidueel beloon word by sukses maar gehelp word as hulle sukkel. Hulle sal vanuit hulself en hul verkreë kennis skripsie onderwerpe uitdink en beredeneer, sonder die kwaal van die Europeërs wat altyd studente wil inhuur om hul ondersoeke vir hulle te verrig. Hul intuïsie van binne sal saamsmelt met hul kennis van buite wat hulle waarlik wys en deskundig sal maak. Sodoende sal hulle hulself onderskei van vals profete wat met statistieke kan speel sonder om te weet wat hierdie bevindings beteken.

    Ek sien daarna uit wanneer Jansen se grootste vrees ‘n werklikheid gaan word.

    лобановский харьков класс

  • Marikanaslagting is die erflating van Mandela

    Dit gons nou al amper ‘n week sedert die slagting by hierdie myn, met oor en weer vergelykings met Sharpeville van destyds. In die gedrukte en elektroniese media en die nuuskanale is die penne nog warm soos naalde van ‘n Richterskaal wat ‘n groot aardbewing geregistreer het. Een voordeel is dat die internasionale gemeenskap nou vrae gaan begin vra oor die aard van Zuma se leiding, hoewel ek nie dink dat dit iets gaan verander aan die vernaamste probleme van Suid-Afrika (geweld, RA, gebrekkige dienslewering ens.) nie. Hierdie faktore is almal deel van ‘n groter politieke verwikkeling.

    Iemand wat wél ‘n briljante insig gehad het in die huidige situasie is vreemd genoeg amper 2300 jaar gelede oorlede. Die filosoof Plato het in sy dialoog Politeia (Die Republiek) ‘n uitstekende ontleding gebied en help om dinge vir ons in ‘n duideliker perspektief te stel. In hoofstuk 8 van hierdie werk beskryf hy die oorgang van ‘n demokrasie na ‘n diktatuur. Die volgende aanhalings is uit die Nederlandse vertaling vry vertaal:

    566D: “Hy sal die eerste dae en eerste tye almal wat hy teëkom vriendlik na glimlag en begroet. Hy sal beweer dat hy geen diktator is nie en sal die nasie en sy mense goue berge belowe. Hy sal skulde kwytskeld en land herverdeel onder sy volk en sy aanhang. Teenoor almal sal hy homself vriendlik en soepel gedra.

    Maar veronderstel dat hy met sommige van sy teenstanders van buite versoen het en ander verpletter het waardeur daardie kant nou rustig is. Dan sal hy voortdurend oorloë uitlok sodat die volk nie langer sonder hom kan funksioneer nie?”

    567A: “Tegelyk bly die gewone mense arm as gevolg van hoë belastings. Hulle moet by hul daaglikse werk bly en het geen tyd om iets teen hom te begin nie.

    En wanneer hy vermoed dat mense soveel waarde aan hul vryheid heg dat hulle nie aan sy gesag onderworpe wil wees nie kan hy oorlog as slenter gebruik om van hulle ontslae te raak.

    Maar met so ‘n beleid sal hy homself ongetwyfeld gehaat maak by sy burgers?

    Wie weet sal enkeles wat hom aan die mag gehelp het en self baie invloed het teen mekaar en teen hom openlik kritiek oor die gang van sake lewer.

    ‘n Diktator moet van al sulke mense ontslae raak as hy aan die mag wil bly. Of hy nou wil of nie, moet hy teenstanders bly bestry totdat hy die staat gesuiwer het. Hy doen die teenoorgestelde as wat dokters met liggame doen. Dokters haal die slegte dele weg en laat die goeie dele agter.”

    568E: “Maar wat as die inkomste begin opraak?

    Dan is dit voor die hand liggend dat sy volk – wat hom voortgebring het soos ‘n vader sy kind – vir hom en sy partytjieganger-vriende se onderhoudskoste moet opdraai.

    Dan sal die volk nou vies word en sê dat dit verkeerd is dat die volwasse ‘seun’ deur sy ‘vader’ onderhou moet word en dat dit eintlik andersom moet wees. Die volk het hom nie verwek en aan die mag gehelp sodat hy die slaaf van sy slawe sou word nie, en hom en sy by-mekaar-geraapte klomp slawe te onderhou nie. Nee, die bedoeling was om met hom as leier die staat te bevry van die rykstes en die beter klasse. Net soos ‘n vader sy lawaaierige kind en partytjiegenote beveel om uit die huis te gaan, sal die diktator beveel word om die land te verlaat.”

    569B: “Dan sal die volk uiteindelik insien watter monster hulle verwek, gekoester en grootgebring het. En hulle besef nou dat hulle die swakkeres is wat die sterke wil verdryf. Die diktator sal dan waag om geweld te gebruik teen sy ‘vader’ oftewel volk.

    Die diktator is dus ‘n vadermoordenaar; iemand wat geen genade het vir oumense nie. Dit is die ware gesig van ‘n diktatuur. En die volk het sodoende van die wal in die sloot geval. Die mense het hulself bevry van slawerny onder vry mense om deur ander slawe gekneg te word. Hul misplaaste vryheid het hulle verruil vir hierdie uiters bitter en swaar juk: Om slawe van slawe te wees!
    So sien ons hoe ‘n demokrasie in ‘n diktatuur kan verval, antwoord Plato.”

    Hierdie maatskaplike ewolusie van demokrasie tot diktatuur sien ons presies so in Suid-Afrika. Die verskil is dat Suid-Afrika die skyn van demokrasie moet hooghou aan sy volk en het sedert 1994 drie diktators gehad in plaas van Plato se een diktator. Mandela in die begin met sy leë beloftes, Mbeki met sy agterdog en wapenskandale en Zuma met sy onversadigbare kwistigheid. Suid-Afrika se diktatorskap het anders presies op dieselfde wyse verloop.

    Waar rubriekskrywers soos Henry Jeffries meen dat ‘ons niks geleer het uit die erflating van Mandela’ nie, is die werklikheid dat ons juis baie hieruit geleer het. Die Afrikaner Nasionale regering se onoorwonne oorgawe het die verval van wet en orde ingelui en die pad na ‘n diktatuur moontlik gemaak. Mandela het ‘n ryk en effektiewe land geërf van sy ‘vaders’ en tegelyk ‘n hoop nuwe belastings ingevoer. Elke leier na hom het die lewe vir die gewone burger slegs moeiliker gemaak met rooftogte van die staatskas en ‘n hoop ekstra belastings teen sy wit burgers in te stel – wat ook nog deur regstellende aksie benadeel word.

    Gierigheid en skynvertoon is wat gebeur wanneer ‘n mens ‘n slaaf op ‘n troon sit. Preuts, hardwerkend, talentvol en wys by sy onderdane, maar ‘n eindelose dronkaard, kwaadstoker, hoereerder en seksverslaafde by sy binnekring. Dit is onmoontlik om van so iemand te verwag dat hy die algemene standaarde van moraliteit en fatsoen in die samelewing sal beskerm.

    Daarom was dit slegs ‘n kwessie van tyd of hierdie insident by Marikana sou in elk geval plaasgevind het. Ten minste het Verwoerd komplimente gekry oor hoe vinnig hy Suid-Afrika weer op die regte pad gehelp het na Sharpeville; ‘n toonbeeld van sy nugtere Calvinistiese benadering. Ek verwag nie ‘n soortgelyke reaksie van Zuma nie.

    En as Zuma wel binnekort komplimente sou kry hiervoor, sal dit in elk geval slegs ‘n skynvertoning wees.

    Данильченео