Wanneer is ons moeg gepraat?

Die Afrikaner praat al vir dekades en die volkstaat verskyn nog nie eens op die horison nie. Volkstaatpogings en organisasies wat hul beywer het vir ʼn volkstaat is legio. Selfbeskikkingsorganisasies dateer terug tot voor die Groot Trek. Daar was al 17 Boererepublieke en ʼn Suid-Afrika onder blanke beheer. Ten minste het die stigters van die Boererepublieke iets gedoen. Buiten die stig van republieke het hulle ook die twis onder Afrikaners bevestig.

Vandag regeer die ANC en daar word steeds gepraat. Daar is ʼn magdom bewegings wat organiseer (praat) en die grense van die volkstaat is nog steeds nie bekend nie. Die Boer en Afrikaner is besing en oor gedig maar van saamstaan is daar skaars ʼn sweempie. Dit laat mens wonder wie en wat is die Afrikaner nou eintlik? Heel duidelik is dat onderlinge twis voorrang geniet bo vryheid. Diegene wat moeg gepraat (getwis) is, stem nou vir die DA. Diegene wat nog streef na vryheid twis voort.

Met bravade word uitnodigings gerig vir verdere gesprekke om die gepraat tot uitvoer te bring. Maar niet kom die doen? Net nog meer gesprekke? Akademici en geleerdes lewer insette en die nuutste internasionale menings en tendense word aangehaal en geïllustreer. Daar is niks fout met insette nie, iewers moet dit sekerlik volbrag word. Intussen word Afrikaners vervreem van Afrikaners. Hoekom die vervreemding? Ons magdom organisasies praat nie meer die taal van Afrikaners nie. Die taal is politieke, kulturele en ekonomiese kommunikasie. Selfs die godsdienstaal het verander en sommige het nie bygebly nie. Christelike godsdiens wat die basis van die gemiddelde Afrikaner is, het ook verander. Fundamentalisme is in onguns, wêreldwyd, behalwe vir die fundamentaliste. Fundamentalisme grens aan terrorisme.

Daar is verskeie teorieë wat ʼn leidende rol speel in die wêreld wat gevolg word deur regerings, bevrydingsbewegings, organisasies, ens. Ook in Suid-Afrika. Konserwatisme, modernisme, liberalisme, Marxisme, postmodernisme, nasionalisme en so meer is spesifieke denkrigtings. Daardie denkrigtings manifesteer ook in die Afrikanervolk, wetend of onwetend. Ideologieë en denkrigtings moet nie diskwalifiserend wees wanneer vryheid nagestreef word nie. Internasionale organisasies stel spelreëls, maar daar is geen reël vir die opwelling van ʼn vryheidstrewe nie. Eenduisend Afrikanermanne en -vroue se vryheidstrewe binne die huidige internasionale spelreëls gaan nie sommer ʼn volkstaat (waarvoor daar geen grense is nie) erken kry nie. Dit is ʼn wilde en ongetoetste vraag, maar hoeveel Afrikaners wil werklik onder die ANC-regering leef en hul kinders laat voortleef?

My pleidooi aan PRAAG: struktureer en institusionaliseer Afrikanervryheid. Afrikanervryheid kan nie manifesteer as ʼn apartheidstaat nie, maar wel as etniese staat. Daar is erkende kwalifiserende vereistes waaraan die Afrikaner voldoen om oor homself te regeer, al wat kortkom is identifisering van grondgebied. As ons nog moet praat, laat ons praat oor grond.

online free casino games slotstopcargo

Afrikaner sal besef DA is ‘n klug wanneer swart leier kom

Voor die munisipale verkiesing het die DA-Leier Helen Zille gesê dat Lindiwe Mazibuko (DA-Nasionale Woordvoerder) haar moet opvolg as leier. In Rapport van 22 Mei 2011 het Helen Zille dit weereens beklemtoon dat Lindiwe haar moet opvolg.

Baie Afrikaners is van die mees rasbewuste mense in Suid-Afrika; hoe kan hulle vir die DA stem wat ‘n liberale party is? Die DA wil alle volke tevrede hou en hoofsaaklik die swart- en kleurlingbevolking. Die DA bied my as Afrikaner niks nie, omdat as die DA die land sou regeer, sal SEB (BEE) op sy beste toegepas word en ons Afrikaners sal daaronder ly. Die Afrikaner moet besin of moontlike beter dienslewering by die DA belangriker is, as dat jy jou volksidenteit gaan verloor. Die swart bevolking is reeds op pad na identiteitloosheid deurdat hulle hul eie tale versaak en eerder Engels verkies. Ons is ook besig om ‘n identeitlose groep te raak want ons hardloop agter die liberaliste aan. Die liberale sal natuurlik stem vir hierdie identeitlose weg, want dit is hulle einddoel met ons; daardeur kan hulle die mense manipuleer soos hulle wil. Waarom is daar in Europa en selfs hier op ons eie kontinent soveel etniese oorloë? Hierdie opstande vind juis plaas omdat hierdie groepe denkers is en hulle wil hul eie identiteite behou. Die Afrikaner gaan wakker skrik as dit eers te laat is, wanneer die liberale monster hulle ingesluk het. Voorbeelde van multikulturele lande soos Frankryk, Duitsland, Nederland en die VSA bewys niks want elke groep streef na sy eie identiteit en daarom vind ook hier rassisme plaas. Die oplossing vir Suid-Afrika is selfbeskikking en die Afrikaner moet hiervoor veg.

Stem eerder vir iets waarin jy kan glo en nie om die verkeerde redes vir ‘n party om opposisie te verkry of om Pretoria te wen nie, want dit gaan nie gebeur nie. Daar moet ook nie buite stemming gebly word nie, want dit help insgelyks niks nie.

медицинская справка москваАлександр Фильчаков

Block aan die been

Die vakbondfederasie Cosatu het sy kommer uitgespreek omdat die Noord-Kaapse ANC-voorsitter, John Block, steeds as LUR vir Finansies dien terwyl aanklagte van onder meer bedrog geldwassery oor sy kop hang.

Dit sal min mense verkwalik word as hulle aandui dat die jongste verwikkelinge na ‘n geval van déja vu klink. Block is al tevore ‘n LUR-skap kwyt na bewerings van korrupsie, en by geleentheid het hy ‘n onderneming onderteken om geld aan die departement terug te betaal.

Hy was ook onlangs weer in die nuus na sy soutmaatskappy ‘n hofsaak verloor het, onder meer omdat van ‘n vervalste mynpermit gebruik gemaak is.

Te midde van groot kommer oor die impak van die nuwe inligtingswetsontwerp op verklikkers, is dit ook onrusbarend dat ‘n amptenaar van Block se ou departement – dié van Vervoer, Paaie en Openbare Werke, mnr. Glen Chase, afgedank is na hy inligting deurgegee het oor sy LUR se geldvermorsery.

Tot Block se krediet moet toegegee word dat hy met die vorige aanklagte van korrupsie onskuldig bevind is.

Maar met die nuwe aanklagte oor sy kop, is dit ‘n geldige argument van Cosatu dat hy geskors behoort te word. Cosatu se nasionale woordvoerder, Patrick Craven sê deur Block te skors sal die publiek se vertroue in die regering herstel word. Craven sê dié beginsel moet op almal van toepassing wees.

Die konsekwente toepassing van die beginsel soos deur Craven voorgestel, sal die ANC se kaderontplooiingsbeleid onder groot druk plaas. Pas is ‘n LUR as ‘n metro se uitvoerende burgemeester aangestel wat in sy loopbaan ‘n rits verdoemende verslae – eers van die Openbare Beskermer, en daarna die ouditeur-generaal agter die blad het. In die kort rukkie wat hy as LUR diens gedoen het, is ‘n rits paaie-tenders deur die howe tersyde gestel, en in een geval selfs deur die hof her-toegeken. Sy verhaal is maar een van verskeie.

Hierdie hersirkulering van kaders werk net so negatief in as die gevalle waar nie teen kaders opgetree word nie, of nie voor dit werklik nie meer anders kan nie.

Die laaste ding wat Suid-Afrika nou nodig het, is ‘n wet wat dit nog moeiliker sal maak om openbare figure tot openbare verantwoording te roep.

online casinosФильчаков прокурор харькова

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie!

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer
jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie ….!

автомобильныйФільчаков Олександр Васильович прокурор

Stempatroon

Ontleders het weke na die landswye munisipale verkiesing nog nie eenstemmigheid oor hoekom kiesers hul kruisies gaan trek het soos hulle dit gedoen het nie.

Omtrent al wat duidelik is, is dat baie kiesers ‘n keuse uitgeoefen het wat hulle as pragmaties beskou, eerder as dat hulle vir hul eie beginsels gestem het. Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus wys selfs daarop dat kiesers wat eintlik sy party steun, nou al ‘n tweede agtereenvolgende keer vir die DA gestem het, en nou ‘n tweede keer in hul keuses ontnugter is.

Dat kiesers, in hul eie oë, pragmaties anders stem as dit waarin hulle glo, blyk uit die ou grappie: ‘n Engelssprekende Suid-Afrikaner dink Prog, hy stem SAP en dank die Here die Nasionale Party is aan bewind.

Soms word mense deur ‘n euforie op sleeptou geneem. Die storie word vertel van ‘n Jood wat ook, voor die oorlog, na ‘n toespraak van Hitler gaan luister het. Hitler het die skare so opgesweep met sy “Onder met die Jode!” dat die Jood homself betrap het dat as die skare saam uitroep, hy self uitroep: “Onder met ons!” Dit herinner in ‘n mate aan bruin mense wat steeds ANC stem na Jimmy Manyi se uitsprake en die Kabinet se besluit om Manyi te rugsteun.

‘n Harde les wat partye geleer het, is dat kommunikasie uiters belangrik is. Die ganse mediabedryf het so verander dat nuusdekking nie sommer meer net gebeur nie. Dit moet kundig baie goed oorgedra word. ‘n Groot deel van die nuusbronne is nou gemeenskapsmedia – beide radiostasies en gemeenskapskoerante, wat feitlik volkome daarvan afhanklik is dat die inligting na hulle toe kom. Moderne tegnologie soos e-pos maak so iets moontlik. Tog is daar partye wat dié verskynsel heeltemal mis lees, en steeds verwag dat die media soos skoothondjies agter hulle sal aandraf.

Daar is verskeie redes waarom die afgelope verkiesing se stempatroon nie noodwendig op die volgende verkiesing oorgedra sal word nie. Munisipale verkiesings handel in die eerste plek oor dienslewering, en ideologie is veronderstel om ‘n kleiner rol te speel. Tog lyk dit of die kleiner partye wat steun ingeboet het, baie hard sal moet werk wanneer beginselpolitiek – kwessies soos ekonomiese beleid, die beleid oor aborsies en staatsdobbel, die hantering van buitelandse sake, en vele meer aan die bod kom.

Dit is egter ook duidelik dat die land nie die kapasiteit het om meer as ‘n honderd politieke partye te dra nie. Selfs in Nederland waar heelwat nispartye parlementêre en selfs Kabinetsverteenwoordiging het, is daar net ruimte vir ‘n sekere hoeveelheid. Die Groenes, die party vir dieregte, sosialiste, Christen-demokrate, regses en so meer steek almal kleims af.

Hoekom kan dit nie ook in Suid-Afrika nie? Veral omdat die land so ‘n groot Christenbevolking het?

Die ironie, so wys kommentators uit, is dat ten spyte van wisselende intensiteitspogings om keuses op sterkte van ras te beperk, dit steeds die hoofdrywer is. Trouens, dit was taamlik duidelik dat, toe die ANC besef hy is in die sop oor dienslewering, hy doelbewus weer die rassetamboer ingespan het.

En solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie.

липецк траверсыАлександр Фильчаков

Moderne geopolitiek

Nuwe tegnologiese ontwikkelings vereis ‘n voortdurende aanpassing aan ‘n konsep wat in die 60-gerjare van die vorige eeu besonder gewild was, die geopolitiek. As die strategiese belang van seeroetes bekyk word, is sekere gebiede doodgewoon belangriker as ander. Die Arabiese domino-rewolusie het onder meer beklemtoon hoe belangrik die Suezkanaal is. Kernmissieltegnologie het verseker dat die Noordpoolprojeksie uiters belangrik is, en ander het weer baie gemaak oor hartlandgebiede diep in ‘n kontinentale binneland wat dit bykans immuun teen aanvalle maak, soos ook Napoleon op die harde manier moes leer.

Die strategiese verbinding tussen geografiese realiteite en wêreldpolitiek is egter veel ouer, soos eers die Britse gebruik van Splendid isolation, met ‘n sterk element van merkantilisme en die Amerikaanse konsep van Hemisfere defence.

Nog ‘n geografiese konsep wat die lig gesien het, was die Noord-Suid-verdeling. Hiervolgens word van die uitgangspunt uitgegaan dat die noorde ryk, en die suide arm is. In sommige variasies is die rykdomverspreiding toegeskryf aan die uitbuiting van die suide deur die noorde, veral in die koloniale era.

Om verskeie redes het hierdie konsep in onbruik verval. Dit laat immers geen ruimte vir selfrespek nie, en so ‘n benadering kom op ‘n verskansing van die bakhandsindroom neer.

Na 1994 het die Suid-Afrikaanse regering dit egter opnuut afgestof, en slaan dit nou selfs in akademiese leerplanne uit. Dit is geen absolute verdelingslyn nie, en daar is heelwat welvarende lande in die suide, en heelwat arm lande in die noorde.

‘n Simptoom is dat daar ‘n voortdurende stroom migrasie uit die sogenaamde suide, na die sogenaamde noorde is, soos vlugtelinge uit Afrika wat Europa op enige denkbare manier probeer bereik. Die VSA het weer met die massale oorsteek van sy suidelike grens te kampe.

Dit het nie impak op die plaaslike politiek in die lande van bestemming onaangeraak gelaat nie. ‘n Rugstyfmakery in Europa het Europa nou die titel van Fort Europa besorg, en daar word menings versprei dat Europa Afrikane aan ‘n grusame lot oorlaat.

Boonop het Europa intern ook te kampe met sy eie Noord-Suid-stryd – hoofsaaklik noordelike lande soos Finland wat Griekeland, Spanje en Portugal met enorme bedrae moet probeer ekonomies beredder, terwyl die inwoners van die struikellande erg stram is om self ‘n beduidende rol te speel om hul lot te verbeter. Die noorde se bronne is nie onbeperk nie – die VSA het byvoorbeeld reeds sy perk van $14 triljoen op sy begrotingstekort bereik.

Die Vlaminge raak ook al minder geneë om Wallonië met miljarde Euro’s per jaar te bestendig. Die voormalige Wes-Duitsland moes ewe-eens miljarde Euro’s opdok om die ou Oos-Duitsland ekonomies op koers te kry.

Vir die sogenaamde noorde is die deurlopende verlening van hulp aan die sogenaamde suide nie net ‘n ekonomiese las nie, dit is ook onplesierig wanneer die noorde sien hoe die suide spandabelrig en korrup met hul geld omgaan.

Dit is nou tyd dat die suide – en nie net lande soos Indië, Sjina en Brasilië nie, hul welvaartskeppende ekonomieë vlot kry. Geen land is ‘n eiland nie, en Suid-Afrika ook nie. Om beleggersvertroue te wek is ‘n komplekse proses – dit verg dat die regering moet waak teen nar-agtige optredes in die buiteland, waarvan pres. Jacob Zuma se besoek aan Broer Leier die jongste verleentheid was. Die vrye teuels wat Malema kry om sy sê te sê is ontsettend skadelik. Dat Laurrence Mushwane steeds as voorsitter van die Menseregkommissie aanbly na sy onbekwaamheid as Openbare Beskermer in die Petro-SA-sage in die hof gaan draai het, is skandelik. Die Valke se verslag oor waarom sy ondersoek na die Wapenskandaal opgeskort is, dreig om in ‘n yslike skandaal te ontwikkel. Die lys van liederlike blapse is ontsettend lank.

‘n Verbete toeslaan op korrupsie, en ‘n verbintenis tot ‘n ontwikkelingsgerigte ekonomie sal baie bydra daartoe dat die Suid-Noord-persepsie nie sinoniem met ‘n bakhandstanery beskou word nie.

casino onlineОлександр Фільчаков прокурор

Volstruispolitiek

Gedagtes wat gereeld geopper word is dat die media gewoon vir Julius Malema moet ignoreer, en dat die media die Kabinetsmediakonferensies moet boikot omdat die woordvoerder, mnr. Jmmy Manyi, in ieder geval met ‘n bek vol tande aangesit kom.

Die twee gevalle kan egter nie vergelyk word nie, en die optrede kan nie identies wees nie.

Wat Manyi betref – dit is reg dat sy mediakonferensies geboikot word tot hy die rol begin vervul waarvoor hy betaal word. Dit beteken nie die publiek sal in die duister hoef te wees nie – die presidensie kan immers steeds mediaverklarings uitreik – behoort dit trouens te doen want nie alle media kan in ieder geval by die nuuskonferensies kom nie, en dit kan via die regering se nuusdiens, Bua News, versprei word.

Nuuskonferensies is weens die samestelling van die moderne media vandag, in ieder geval op die randjie van uitgedien wees. Vir sommige politici is ‘n afwesigheid van nuuskonferensies egter ondenkbaar – dit is ‘n pronk- en vertoongeleentheid, dit is ‘n geleentheid om belangrik te voel, en dis ‘n geleenthgeid om aan die media te wys wie baas is.

Maar die harde werklikheid is dat die media ook reg hanteer moet word. Een van die land se groter partye het enkele jare gelede die verleentheid beleef dat net mooi geen media vir die nuuskonferensie na afloop van sy nasionale kongres opgedaag het nie.

Dit is ook so dat die baie mediadekking wat Julius Malema geniet, die petrol verskaf waarmee hy die land aan die brand praat. Dit is heel waarskynlik ook so dat hy deur die ANC as ‘n tipe stormram gebruik word om die waters te toets. Dit is egter ook so dat sy bekkigheid hom al in die sop laat beland het, en dat Verslaggewers Sonder Grense sy aanval op ‘n BBC-joernalis as een van drie redes lys waarom Suid-Afrika op die persvryheidsindeks geval het.

Dit is ook so dat van die ANC-ringkoppe Malema en Manyi blameer vir die ANC se kreeftegang die afgelope verkiesing.

Dit help dadels dat sommige mense kliphard veg om Suid-Afrika as persvrye land te bestendig, en ander gaan pleeg volstruispolitiek.

Toon eerder hoe ‘n regering se lamlendige optrede teenoor die onverantwoordelike bogsnuiter die land skade berokken. Neem kennis dat hy aanklank by ‘n deel van die jeug vind.

En nog minder: moenie tydig en ontydig die grondwet as ‘n meesterwerk beskryf, maar dan gaan blou moord skree as iemand juis die grondwet se liggame, soos die gelykheidshof, gebruik om die toepassing af te dwing nie.

Almal weet daar is ‘n groter prentjie, en instansies wat die grondwetlike gebreke erken, sal ook nie sommer blindelings daarvan gebruik maak nie.

pro100casinoтопкарго отзыв

Gesoek: Behoorlike ondersoekende joernalistiek

Te midde van die debat oor die nuwe voorgestelde inligtingswet, is dit ook nodig dat Suid-Afrikaners diep na hulself kyk en besin of die gemiddelde landsburger nie self ‘n aandeel het daarin dat die land kenmerke van ‘n volstruispolitieke republiek begin toon nie.

Dit het staatsdepartemente soos Statistiek Suid-Afrika nie lank geneem om vas te stel dat die doeltreffendste manier om ‘n owerheidsaksie, soos ‘n komende sensus, in ‘n TV-sepsie se storielyn te laat inskryf nie. Die tradisionele publisiteitsaksie aan so ‘n gebeurtenis gekoppel is peperduur, en dit is frustrerend dat – na bykans elke moontlike nuuskanaal en nuusmedium deur nuusdekking en advertensies benut is, ‘n breë segment van die publieke steeds nie weet van die aksie nie.

Of meen die deursnee-kyker dit was maar blote toeval dat oom Oubaas onlangs as kandidaat beskikbaar was, of dat die karakters kort voor ‘n belastingseisoen met hul taks se papierwerk doenig raak?

Dit is skokkend dat mense wat op hierdie wyse bereik moet word, oor ‘n uiters belangrike stemreg beskik wat die lotgevalle van ‘n land kan bepaal.

Voor dus vererg deur ‘n papierdun dagblad geblaai word en dan ergerlik te verklaar dat daar “niks” in was nie, moet die leser homself afvra of dit die gevolg van gebrekkige nuusoordeel aan die kant van die redaksionele bestuur is, of dat die betrokkenes hulle deur gereelde navorsing laat lei oor wat die nuusvoorkeur van lesers is? Radiostasies, veral gemeenskapsradiostasies, sou immers baie makliker die pyp kon rook as hulle net die programme hoef aan te gebied het wat die AMPS aandui baie luisteraars trek. OKOSA vereis in sy lisensievoorwaardes egter dat ook aspekte soos nuus, en hierby ingesluit, plaaslike nuus, ‘n groot aandeel moet hê. En na tien grusame moorde in dieselfde omgewing, en ‘n klomp middernagtelike ongelukke waar laataand gaste aan die woongebied se krip se motors om lamppale gevou staan, klink nuus oor die plaaslike kerkbasaar naderhand na baie goeie afwisseling.

Tog is daar ‘n segment van die bevolking wat werklik in aktualiteit belangstel – aktualiteit wat slegs deur behoorlike ondersoekende joernalistiek bevredig kan word. Dit is ‘n segment wat deel uitmaak van die groepie mense wat as meningsvormers bekend staan, of behoort bekend te staan.

Nie al hierdie meningsvormers het die luukse om in ‘n beroep te staan waar hulle self dokumentasie soos meningspeilings kan bestudeer om behoorlike gefundeerde menings te vorm nie. Baie is afhanklik van wat die media berig, en dit is die groep wat maklik tot die slotsom kom dat ‘n koerant, selfs ‘n dik koerant, “niks” in het nie.

Vanoggend kan mense met internettoegang lees wat die Bostonse gehaltekoerant, die Christian Science Monitor oor die voorgenome Suid-Afrikaanse inligtingswet skryf. Na die CSM vir ‘n kort rukkie van ‘n plaaslike verslaggeefster gebruik gemaak het wat te maklik ore aangesit is en basies regerengspropaganda vir soetkoek opgevreet het, is Scott Badauf weer agter die rekenaar, en in ‘n ongewone kort artikel toon hy weer waaroor ondersoekende joernalistiek nou eintlik handel. Hy wys gou daarop dat die beplande wetgewing Suid-Afrika in die teenoorgestelde rigting laat beweeg as nuwe wetgewing in Kenia en Nigerië, wat groter openheid verseker. Hy wys daarop dat die planne om hierdie wetgewing op die wetboek te plaas, Suid-Afrika ‘n afgegradeerde posisie op Freedom House se vryheidsindeks besorg het.

Suid-Afrika het ondersoekende joernaliste, beide binne die media en op vryskutvlak. Die beriggewing oor die Imvume-skandaal deur die Mail & Guardian sal as ‘n hoogtepunt uitstaan, en behoort ‘n veel groter impak op die Suid-Afrikaanse politieke toneel te gehad het. Dié appèlhofbeslissing hieroor is veronderstel om aardskuddend te wees – dit stel aan die kaak hoe maklik dit is om die bedoelings van die grondwet na die maan toe te stuur, tensy iemand, iewers, die duur juridiese pad wil loop om dit saak vir saak deur die howe te beredder.

Terwyl dit gebiedend noodsaaklik vir die behoud van ‘n gesonde demokrasie is dat mediavryheid bestendig word, is dit ook net so nodig dat die media werklik op die voorpunt dink en doen. Om sy eie ondersoekende joernaliste te snoer deur puik werk te rak – hetsy of dit is omdat geoordeel word die publiek sal nie belangstel nie of omdat dit politiek inkorrek is, laat die media vervlak.

Om voorkeur aan die vryskutbydraes te gee van “kenners” wat niks anders te sê het as dat Suid-Afrika ‘n puik grondwet het en dat net hard gewerk moet word om dit te laat werk, is volstruispolitiek.

Suid-Afrika moet ekonomies met die res van die wêreld meeding en daarom ekonomies hoë standaarde handhaaf. Dit is ‘n belediging aan die Suid-Afrikaanse nuuspubliek om hulle met iets minder as die beste – wat nog in die land beskikbaar is – te voer.

10 online casinosДанильченко Юрий Харьков

Is die VSA nog ‘n regstaat?

Die Amerikaanse ingryping in Libië se burgeroorlog, ‘n intervensie wat met ‘n surplus verwarring oor vermoëns en ‘n tekort aan eerlikheid oor doelwitte afgeskop het, is besig om die oppergesag van die Amerikaanse regstelsel, en in die besonder die veelbesproke War powers Resolution uit te daag.

Die vraag of die WPR goeie of slegte wetgewing is, is nie ter sake nie. Dit ís ongelukkig wetgewing. En dit is sonder twyfel ‘n wet waarmee President Obama in stryd verkeer. Die wet bepaal dat ‘n president militêre aksie moet staak binne 60 dae na die aanvang daarvan (of 90, indien die president in skrif “sertifiseer” dat vanweë ‘n “onvermydelike militêre noodsaaklikheid” die veiligheid van die Amerikaanse magte bedreig word). Die Amerikaanse Kongres is egter doodstil oor hierdie oorlog wat meer as 70 dae gelede begin het.

Alle presidente verafsku die eng voorwaardes van die WPR maar het nog altyd gesorg dat hulle optree “in ooreenstemming met” die vereiste verslagdoening elke 48-uur. Op 21 Maart, twee dae nadat die oorlog in Libië begin is, het Obama die Kongres in kennis gestel van die toe reeds ooglopende stap om dié olieryke land te bombardeer. Hy het belowe dat Amerikaanse bedrywighede daar “beperk in hul aard, duur, en die omvang” sou wees in diens van ‘n “beperkte en goed-gedefinieerde sending”. Die sogenaamde “goed-gedefinieerde” sending was oënskynlik om burgerlikes te beskerm; dit het egter intussen sonder enige verklaring skielik regimeverandering geword.

Op 28 Maart belowe Obama “die Verenigde State sal ‘n ondersteunende rol speel.” Maar die WPR laat presidente nie alle vryhede toe omdat die VSA ‘n  “ondersteunende rol speel” nie.

Op 20 Mei verklaar Obama dat sy land se “deelname” op “nie-kinetiese ondersteuning” berus (intelligensie, logistiek, brandstof) maar kennelik ook kinetiese aanvalle op Libiese lugverdediging en ander teikens van “die NAVO-magte”. Hy sê die Amerikaanse ondersteuning is “belangrik”, maar “ons neem nie meer die leiding nie.”

Dié stelling is erg misleidend. NAVO sal nie sonder Amerika optree nie, en sonder die VSA se ondersteuning, sou die Libiese veldtog nie kon voortgaan nie.

Senator Richard Lugar – vooraanstaande Republikein op die Foreign Relations Committee – het op 23 Mei in ‘n ontstoke brief aan Obama die president daarvan beskuldig dat hy geen van sy verpligtinge om die Kongres te raadpleeg “soos die WPR vereis” vervul het nie. Lugar beskuldig Obama ook daarvan dat hy die Kongres se goedkeuring onder ander voorwendsels verkry het. Dié beswaar is begroet met lang en uitgerekte verduidelikings oor hoe presidente oor sekere magte beskik en geen direkte antwoord nie.

Dit is egter ontoelaatbaar in die derde maand van ‘n oorlog wat Obama gesê het dae sal duur en nie weke nie, dat ‘n president nie eens antwoorde kan verskaf nie. Ongeag wat die Kongres besluit, is dit duidelik dat die oorlog sal voortgaan sonder die nodige wetlike goedkeuring. Die blote feit dat dit reeds op hierdie laat stadium met stilte begroet word deur die adminstrasie sowel as talle opposisielede, is die klinkklare bewys.

психофизиологическое исследование с применением полиграфаtopcargo отзывы

Inligtingswet – die hondjie of die halsbandjie?

Die ANC se woordverbreking en ongekende haas om ‘n hoogs omstrede wetsontwerp deur die parlement te stoomroller, kry nou algaande weer teenspoed in eie geledere. Cosatu dreig die regering nou met die grondwethof sou belangrike konsessies nie gemaak word nie, en die oud-minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, spreek bedenkinge uit. Kasrils is ‘n lid van die SAKP, en die kommuniste is nie juis bekend dat hulle menings- en persvryheid baie goedgesind is nie. Maar hier sit hy sy voet neer.

‘n Baie interessante stertjie wat algaande ‘n kernelement teen die beoogde wetgewing begin word, is die posisie van verklikkers, ook bekend as fluitjieblasers.

Ten spyte van omvattende wetgewing wat veronderstel is om verklikkers wat korrupsie en ander wanpraktyke in die ope bring te beskerm, bevind hulle hul in die praktyk dikwels as vry buit, en bly hulle in die slag.

Dit gebeur ondanks ‘n uiters belangrike en rigtinggewende saak in die arbeidshof waarvolgens ‘n minister, Panuell Maduna, in die slag gebly het. In 2006 het ‘n afgedankte adjunk-direkteur-generaal van die Justisie, MM Tshishonga, die destydse Minister, Maduna, en direkteur-generaal, Vusi Pikoli arbeidshof toe geneem en gewen.

Die feite van die saak is dat Tshishonga besef het Maduna bevoordeel ‘n vriend met likwidasietenders, en het dit sonder sukses eers by Pikoli, en later by dr. Essop Pahad, minister in die presidensie aanhangig gemaak. Toe al sy amptelike opsies uitgeput is, en hy self verskuif is, het hy die saak na die media geneem. Maduna se kop moes noodwendig rol, maar Tshishonga is afgedank. Die arbeidshof het egter beslis dat hy geen ander opsie gehad het nie. Pikoli het geweier om hom weer aan te stel, en het uiteindelik weer bloedneus gekry en Tshishonga het ruim kompensasie gekry.

Die probleem waarmee verklikkers te kampe kry, is dat hulle, om korrupsie aan die kaak te stel, dikwels van vertroulike inligting van hul werkgewer gebruik moet maak. Die uitlek van vertroulike inligting, bly volgens die arbeidsreg egter steeds een van die gronde waarop ‘n werknemer ernstige teenspoed kan kry en selfs ontslaan kan word, en so ‘n proses ontaard dikwels in ‘n baie moeilike en tegniese opweeg van regsbeginsels en belange. Openbare belang weeg byvoorbeeld swaar.

Die gevaar van die nuwe wetgewing is dat baie inligting nou amptelik geklassifiseer kan word. In ‘n hipotetiese geval, is daar ‘n korrupte ooreenkoms tussen ‘n staatsdepartement en ‘n privaat maatskappy wat vir die maatskappy ‘n groot tender besorg. Om te keer dat dit op die lappe kom, klassifiseer ‘n gemagtigde in die departement die inligting hieromtrent, en ‘n verklikker wat dit uitlap, kan tot 15 jaar agter tralies beland. Hy kan hom nie meer op openbare belang beroep nie.

In die praktyk gebeur dit dikwels dat verklikkers eers sukses behaal met die aanspraak van korrupsie as hy, soos Tshishonga, die media nader. Dié soort sake is die kos van die al skaarser wordende ondersoekende joernaliste van formaat. Maar ook hy kan sy ou dae agter tralies sluit.

Heel waarskynlik is Cosatu reg in sy aanname dat die grondwethof sulke wetgewing ter syde sal stel. Dit neem egter nie die kommer weg dat die regerende party so vasbeslote is om donkerwerk te verskans nie. Voeg hierby dat daar steeds deurlopende oproepe uit die ANC kom om die mediatribunaal in te stel.

Dit is nie heeltemal ‘n verrassing nie – iemand moet die blaam vir die ANC se effens swakker vertoning in die afgelope verkiesing kry, en die media is maar te dikwels ‘n gerieflike slaansak. Hierdie geveg geniet werklik baie aandag.

Wat egter nie minder belangrik is nie, is dat fluitjieblasers behoorlik en ordentlik beskerm moet word. Die Wêreldbank beskou korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms, en die land kan nie ‘n kleptokrasie by sy – soos dr. Jakes Gerwel dit geleentheid gestel het – vrotsige regering bekostig nie.

пневмоинструмент этолобановский супермаркет класс