General Motors het regtig ‘n skouspel voorgesit met die Corvette Z06 wat die eerste keer in SA te sien was. Kia het ook die Soul hier bekendgestel en die Pro Ceed gewys wat binnekort plaaslik gaan rondry. Mercedes het met sy AMG-verrigtingsafeling die SL65 Black Series gewys. Daar is net 400 van hulle en slegs 14 kom SA toe. Hulle is almal verkoop teen ‘n prys van R4 miljoen stuk. Renault het ten spyte van die kragonderbreking die nuwe Twingo gewys en Hyundai het die i20 wat die Getz vervang kom wys. Tata, die 11de grootste motormaatskappy ter wêreld ,het ‘n baie groot uitstalling gehad met selfs die konsulgeneraal van Indië wat dit bygewoon het. Tata het ook bewys dat hy binne vier jaar wat hulle in SA is saam met die groot honde kan blaf. Die splinternuwe Indica Vista wat bo die Indica inskuif gaan ‘n paar gevestigde name goed die skrik op die lyf jaag. Daar is ook ‘n agtsitplek-Sumo Grande wat effe aan die vorige Discovery herinner vertoon. BMW het hulle nuwe 7-reeks gewys en ook die opgekikkerde 3 wat nou nog meer sportief is as voorheen. Ons sal nog oor elke vervaardiger in meer besonderhede uitbrei.
Hyundai i10
Hyundai i 10
Die i10 het al hoofstukke van die kleinmotorontwerp-handleiding genadeloos geredigeer en in sommige gevalle geheel en al oorgeskryf, en nou sit Hyundai se babatjie reg om nog ernstige werk aan die hoofstuk getitel “Enjins” te doen. Die drie nuwe weergawes bestaan uit die 1,2 GLS met ’n handratkas of outomatiese viergang-transmissie, sowel as die weelderiger ‘High Spec’-weergawe van die model met drie pedale op die vloer. Die belangrikste visuele verskil tussen die gewone en hoëtoerusting-weergawes is sy allooi-sierwiele.
Die Kappa (die naam dui daarop dat dit Hyundai se 11e petrol-enjin-familie is sedert die maatskappy sy eerste binnenshuise enjinontwerp in 1991 bekend gestel het) is oor ’n tydperk van vier jaar ontwikkel en word van die einde van Julie af vervaardig. Dit is dus heel gepas dat dié enjin al Hyundai se ingenieurskennis gebruik om meer energie uit elke druppeltjie brandstof te wurg. Die enjin pronk ook met ’n baie hoë spesifieke wringkraggradering van 93 Nm per liter, wat ’n groot bydrae tot skitterende rybaarheid in stop-en ry-verkeer in die stad lewer. Die enjin verskil ook van die 1,1-liter-weergawe in dié sin dat dit dubbele bonokasse en vier kleppe per silinder gebruik. Sy maksimum-wringkrag is 116 Nm teen 4 000 r/min, met sy kragleweringspiek ’n netjiese 55 kW teen 6 000 r/min. En laastens word die Kappa beheer deur twee 16-bis-mikroverwerkers van 32Mhz vir digitale presisiebeheer van die ontstekingstyd, luierspoed, enjinklopwerking (die drukverhouding is 10.5:1) en uitlate. Pryse is soos volg. Die i10 1.2 GLS Handrat vanaf R105 900, die i10 1.2 GLS Outomaties vanaf R115 900 en die i10 1.2 GLS HS Handrat vanaf R119 900.
Peugeot 308 CC
Peugot 308 CC
Nog `n, en hierdie keer drasties verskillende 308 op die stalletjie, is die CC wat hier voorvertoon word `n maand ná sy onthulling in Parys en geskeduleer is vir plaaslike bekendstelling vroeg in die eerste kwartaal van 2009. Die motortjie staan uit omrede die voortreflike vloeibaarheid van sy stilering in beide die koepee- en die kabrioletkonfigurasies.
Vergeleke met die 307 CC wat dit vervang, is die 308 CC langer, breër, laer en het `n groter voor- en agterspoor om sy dinamiese werkverrigting te verbeter. Die ekstra lengte en breedte sal ook die insittendes baat met meer passasiersruimte.
Alhoewel die styl van die passasierskompartement baie ooreenkomste met die 308-luikrug het, het die CC `n aantal unieke stileringseienskappe soos die ruim omloopvoorsitplekke met hulle integrale kopstutte. Hulle kom ook met `n ingeboude “luggang”-stelsel, wat warm lug rondom die voorste insittendes se nekke versprei en verstelbaar is vir temperatuur, vloei en rigting.
Die integrale agterste kopstutte huisves ook op alle modelle die aktiewe verlengbare rolbeskermingstawe. Die rolbeskermingstawe word outomaties geaktiveer sodra `n rolsituasie geïdentifiseer word, met inagneming van faktore soos die voertuig se spoed. Die rolbeskermingstawe word in minder as 20 millisekondes verleng.
In die koepee-konfigurasie is die kattebakvolume 465 liter en 266 liter met die dak oopgevou. Die kattebak is binne onberispelik afgerond met `n mat van hoë gehalte, chroom bindringe, bande om `n waarskuwingsdriehoek te hou en `n bagasienet om dit meer prakties te maak. Skoonheid en praktiese gebruik is duidelik nie wedersyds uitsluitend nie.
простая баняОлександр Фільчаков прокурор