Martin Bosma val ANC-terreur in nuwe boek en op TV aan

Deel op

Martin Bosma, die parlementslid van die Nederlandse Partij voor de Vryheid, het onlangs op die Nederlandse televisie oor sy nuwe boek, Minderheid in eigen land, gepraat en ‘n skerp aanval op Nederlandse steun vir ANC-terreur tydens die tagtigerjare geloods. Hy beskryf die landmyne op plaaspaaie en moorde op “demokraties verkose munisipale raadslede” deur die ANC as “menseregteskendings”. Hiermee word die hoofstuk van Westerse en Nederlandse steun vir ANC-terreur in die verlede weereens geopen, iets wat sedert 1994 ook geensins in Suid-Afrika gedebatteer is nie.

Tydens sy laaste besoek aan Suid-Afrika toe hy besig was met navorsing vir die boek, het mnr. Martin Bosma met dr. Dan Roodt van PRAAG beraadslaag en ‘n ete met PRAAG-lede  bygewoon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.