‘Alle blanke monumente teen 1 Mei verwyder’ – ANC

Deel op

Die ANC-regering het gisteraand tydens ‘n spesiale kabinetsitting in Tshwane besluit dat alle “apartheids- en koloniale monumente” teen Werkersdag, 1 Mei, verwyder moet wees”. Dit sluit standbeelde van Paul Kruger, Jan Smuts, Louis Botha, Cecil John Rhodes en koningin Victoria in. Selfs die Danie Theron-gedenkteken op die pad tussen Johannesburg en Potchefstroom, verkeer op die lang lys standbeelde en monumente wat óf verskuif óf vernietig gaan word.

NUUT!

Die minister van kultuur, mnr. Nathi Mthethwa, het in ‘n verklaring gesê:

“Die huidige nasionale diskoers oor monumente en ons postbevrydingsidentiteit het die regering genoop om ‘n finale besluit oor oorblywende apartheids- en koloniale monumente te neem. Daarom sal alle monumente, standbeelde en geboue wat deur plaaslike blanke argitekte ontwerp is, teen 1 Mei 2015 verwyder, vernietig of gesloop word. In die plek daarvan sal nuwe beelde van ons bevrydingshelde opgerig word.”

Die burgemeester van Tshwane, mnr. Kgosientsho “Sputla” Ramokgopa, het bevestig dat Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria deur ‘n beeld van Solomon Mahlangu vervang sal word. Mahlangu is in 1979 deur die destydse Nasionale Party-regering weens terreurdade ter dood veroordeel en gehang, maar word in bevrydingskringe as ‘n held beskou.

‘n Argitek en stedelike ontwikkelingskonsultant van die Universiteit van Johannesburg, Melinda Silverman, het ‘n lys opgetrek van geboue wat deur “fascistiese Afrikanerargitekte” ontwerp is. Dit sluit die Voortrekkermonument, die ABSA-gebou in Pretoria en die Staatsteater in. Die lys is tydens die kabinetsitting ter tafel gelê en “minstens die helfte van die geboue op die lys sal summier gesloop word”. Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het opdrag ontvang om dringend “alternatiewe akkomodasie” vir personeel en studente aan die Universiteit van Johannesburg (voorheen RAU) te vind, aangesien dié gebou ook op die lys verkeer.

In Mthethwa se verklaring word veral twee Afrikanerargitekte en een beeldhouer vir skerp kritiek uitgesonder: Gerhard Moerdyk, Gordon Leith en Anton van Wouw. Gerhard Moerdyk het die Voortrekkermonument ontwerp en Van Wouw die Kruger-standbeeld op Kerkplein. Mthethwa sê:

Die voormalige Reserwebankgebou deur Gordon Leith in Fraserstraat, Johannesburg, wat reeds gesloop word omdat Leith 'n "fascistiese Afrikanerargitek" was
Die voormalige Reserwebankgebou deur Gordon Leith in Fraserstraat, Johannesburg, wat tans gesloop word omdat Leith ‘n “fascistiese Afrikanerargitek” was

“Hulle is letterlike apartheidsargitekte wat van eurosentriese vorme gebruik gemaak het om die kultuur van die blanke setlaars te verheerlik. Geboue deur Gordon Leith in Johannesburg word reeds gesloop (sien foto) terwyl die Voortrekkermonument en die Kruger-standbeeld beslis teen 1 Mei iets van die verlede sal wees.”

Die redakteur van die Business Day-koerant, Songezo Zibi, steun die regeringsprojek en het gister teen die Voortrekkermonument uitgevaar deur te sê:

Sadly, there is patent lack of leadership and foresight, for this will one day soon culminate in a move to put dynamite through the Voortrekker Monument and others like it.

Die regering sal later vandag met koerantredakteurs en radiostasiehoofde vergader om te sorg dat die transformasie van alle blanke monumente en geboue sonder ‘n haakplek verloop.

Mnr. Adriaan Basson, redakteur van Beeld, het sy koerant se steun vir die projek uitgespreek.

“Beeld was nog altyd op die voorpunt van transformasie en om oorblyfselfs uit die Afrikanerverlede sover moontlik uit die weg te ruim. Onlangs het ons ons skerp kritiek teen die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit uitgespreek wat steeds oorwegend blanke, Afrikaanse studente op die kampus duld. Sodra UJ gesloop is, behoort die regering ook na Potch te kyk. Nie net Totius se standbeeld nie, maar sommer die hele kampus moet vernietig word. Dis net ‘n broeiplek vir nazisme. Beeld en sy lesers sal beslis enige dekoloniseringsinisiatiewe van die regering steun,” het Basson gesê.

Sowel Volksblad as Beeld is tans besig om Kubaanse wateringenieurs wat na Bloemfontein en Kimberley ontplooi is, in die land tuis te laat voel deur vir hulle Spaans-Engelse tolke te borg. Joernaliste van die twee koerante sal saam met die Kubane in vyfsterhotelle tuisgaan en tolkwerk doen terwyl hulle op hul beurt aandklasse oor die denke van Karl Marx en Wladimir Lenin by die Kubane sal ontvang.

Mnr. Steven Friedman, nog ‘n rubriekskrywer van Business Day, sê “Suid-Afrikaners voel nog nie gemaklik met ‘n standbeeld van Wladimir Lenin nie”, omdat selfs die “wit liberale” rassisties is, soos wat mnr. Harold Wolpe van die SA Kommunisteparty voorheen gewaarsku het.

Volgens Friedman, moet “alle instellings, nie net universiteite nie” getransformeer word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.