Absa slaan toe op kliënte se spaargeld vir African Bank

Deel op

Verbruikers met Absa geldmarkrekeninge is ‘n bietjie armer hierdie week na swart wanbetalers by African Bank gesorg het dat die bank onder kuratorskap geplaas is.

Die rekeninghouers by Absa se verlies aan spaargeld is ‘n direkte invloed van die African Bank-skuldgemors. “Dit is ‘n ongelukkige situasie,” het die ekonoom Mike Schüssler gesê. “Dit is nie die aandeelhouers [wat geraak word nie] maar ‘n klein ou dame by so en so wat geen idee van African Bank het nie.”

Absa se Geldmarkfondsrekeninge is Maandag verminder met 0,3%. Spaar- en tjekrekenings is nie geraak nie.

Geldmarkbeleggings word tradisioneel gesien as ‘n veilige manier om geld te spaar. Maar Maandag het die state van Absa se geldmarkrekening gewys: “debietaanpassing” en ‘n randteken met ‘n negatiewe simbool vooraan.

Kliënte is briesend. “Daar is geen manier wat jy geld kan uitneem en dit ‘n aanpassing noem nie,” het Marilyn Perry aan timeslive gesê. Sy het R639 verloor.

Perry kla ook dat Absa nie die verlaging aangekondig het nie.

Absa het gesê hulle het nie tyd gehad om ‘n communique aan al sy Geldmarkrekeninghouers uit te stuur nie.

Die bank sal nie spesifiseer hoeveel rekeninge geraak word of hoeveel geld in totaal afgetrek is nie.

Dit is nie duidelik of kliënte met geldmarkrekeninge by ander banke geraak word nie. Standard Bank het gesê hulle is nie geraak nie.

African Bank het 25%, of R14.1 miljard van sy befondsing van die bestuurders van óf geldmark of fondse met ‘n mengsel van bates, insluitend kontant gekry.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Abil Sondag onder kuratorskap geplaas.

Nog ‘n Geldmarkfondsrekeninghouer het gesê die aanpassing kos hom R10000.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.