Wreedheid van jongste plaasmoord skok

Deel op

In die jongste plaasmoord, is die egpaar, Eckard (76) en Elizabeth Schutte, en hul seun Lutz (33), so erg vermink dat die polisie nie met sekerheid kan sê hoe hulle vermoor is nie.

Die polisie se woordvoerder sê die gesin kon doodgeslaan gewees het. Hulle is waarskynlik geslaan, gesteek, opgekap en verbrand.

Die skokkende wreedheid van die moord op die Schutte-egpaar, Eckard en Elizabeth en hul seun Lutz in KwaZulu-Natal het die gemeenskap van Richmond geruk.

Die vader se nek en bors is oopgekap en die moeder se kop is met ‘n swaar voorwerp verbrysel. Al drie is aan die brand gesteek. Al drie het ook steekwonde gehad.

Die aanvallers het met ‘n voertuig en wapens weggekom. Hulle verkeer steeds op vrye voet.

Volgens die polisie het hulle geen inligting oor moontlike verdagtes nie, maar hulle is reeds as swart beskryf., en ‘n getalryke bende. Die aanval en moorde toon al die tekens van ‘n etnies gedrewe haatmisdaad teen blankes.

Daar is in 2014 reeds vyftig blanke slagoffers vermoor in rasgedrewe aanvalle.

‘n Buurman van die oorledenes het gesê die seun, Lutz, het Saterdag uit Duitsland in Suid-Afrika aangeland om sy vader te verras met sy 77ste verjaarsdag op Sondag.

Sy moeder het hom Saterdag by die lughawe gaan haal. Die moordenaars het hulle tuis ingewag waar mnr Schutte vermoedelik toe al reeds vermoor is.

‘n Ander seun van die egpaar, Stefan, het die lyke ontdek toe hy vir die verjaarsdagviering opdaag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.