Moet FW de Klerk-stigting ons toekoms bepaal?

Mnr. Tertius Delport het my ‘n paar jaar gelede vertel wat een oggend in 1992 by die Uniegebou gebeur het. Ondanks Delport se smekinge, het mnr. FW de Klerk argeloos die Afrikaner se soewereiniteit weggeteken en die sogenaamde “rekord van verstandhouding” op 26 September aanvaar. Delport moes as hoofhandelaar van die Nasionale Party bedank en

Lees verder: Moet FW de Klerk-stigting ons toekoms bepaal?

Stigting vra dat De Kock regverdig behandel word

Daar is op 24 Januarie 2012 wyd berig oor Eugene de Kock wat die Mlangenigesin om vergifnis vra vir die dood van Bheki Mlangeni en die familie wat dit verwerp met die opmerking dat hy in die gevangenis moet vrot. Dit is uiters belangrik dat die volgende feite in gedagte gehou word en dat die

Lees verder: Stigting vra dat De Kock regverdig behandel word

Franse waterverslag laat Israel bloos

Israel is onkant gevang nadat die Franse parlement se buitelandse sake-komitee in ‘n verslag gesê het Israel voer ‘n “apartheidsbeleid” mbt die verspreiding van waterbronne in die Wes-Oewergebied. Die Israeliese ambassade in Parys is nie oor die publikasie van die verslag ingelig nie en het twee weke later eers op die Franse parlement se webwerf

Lees verder: Franse waterverslag laat Israel bloos

ANC-Jeugliga kry skietgoed

Die ANC-Jeugliga het skietgoed in die hande gekry teen die stemme binne die ANC wat Malema wil stilmaak. Hulle beskuldig die ANC daarvan dat die dissiplinêre prosedure gebruik word om politieke geskille te vereffen. Dit het dié week aan die lig gekom by ‘n dissiplinêre appèlkomiteevergadering dat die ANC se hoofaanklaer Uriel Abrahamse ‘n e-pos

Lees verder: ANC-Jeugliga kry skietgoed

Reusagtige moskee verrys in Midrand

Die Nizamiyemoskee, wat tans in Midrand gebou word, is gebaseer op die Ottomaanse argitek Sinan se Selimiyemoskee in Edirne, Turkye. Dit is buitengewoon groot met besondere aandag aan detail. Suid-Afrikaners sal binnekort in staat wees om die eerstehands die detail en die verhoudings wat so kenmerkend is van Ottomaanse ontwerp, te ervaar. Die Suleymaniyemoskee in

Lees verder: Reusagtige moskee verrys in Midrand

DA-LP sê Zille is diktator

Masizole Mnqasela, DA-LP, verskyn volgende week op verskeie klagtes voor ‘n interne tugverhoor waar hy onskuldig op ses aanklagte van wangedrag sal pleit. Die Sowetan berig dat Mnqasela sy pleidooi sal lewer voor die DA se federale regskommissie. “Ek raadpleeg my regspan Dinsdag en ek sal op ‘n perskonferensie my saak stel,” het hy gesê.

Lees verder: DA-LP sê Zille is diktator

Twitter verfyn sensuur

Twitter gaan sy tegnologie verfyn sodat boodskappe op ‘n basis van land tot land gesensureer kan word. Die bykomende buigsaamheid het vrese laat ontstaan dat Twitter se verbintenis tot vryheid van spraak aan die taan is. Dié aankondiging is gemaak omdat die kortboodskapmaatskappy in nuwe lande wil uitbrei in ‘n poging om hulle gebruikers te

Lees verder: Twitter verfyn sensuur

‘Wouter Basson was ‘n verraaier’

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer oor ‘n aansoek deur die kardioloog Wouter Basson om ontslag op ses aanklagte van onprofessionele gedrag. Basson is van onprofessionele gedrag beskuldig terwyl hy hoof van Suid-Afrika se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogram was en verskyn voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van SA se komitee vir

Lees verder: ‘Wouter Basson was ‘n verraaier’

SA se geletterdheidsvlakke bedremmeld laag

Nuwe navorsing deur die SAIR het getoon dat Suid-Afrika se volwasse geletterdheidsvlak laer as dié van ander opkomende lande is. Dit is desondanks Suid-Afrika se enorme besteding aan onderwys. Die opname wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge gedoen is, toon dat Suid-Afrika se besteding aan staatsonderrig, as deel van die totale regeringsbesteding, in die

Lees verder: SA se geletterdheidsvlakke bedremmeld laag