Joernalis dagvaar SWAPO

‘n Namibiese joernalis dagvaar die regerende South West Africa People’s Organisation (SWAPO) vir naamskending nadat die party hom ‘n voormalige anti-onafhanklikheidsvegter genoem het, het ‘n hof Maandag gehoor. Johannes Grobler, 48, beweer dat die Swapo-mondstukkoerant Namibia Today in ‘n redaksionele stuk in 2009 na hom verwys het as ‘n “ex-Koevoet”. Koevoet was ‘n welbekende teen-insurgensie-polisie-eenheid

Lees verder: Joernalis dagvaar SWAPO

ET se vrou hoor oor radio van sy dood

Die vermoorde Eugene Terre’Blanche se vrou het van ‘n radiostasie verneem dat haar man dood is, het die hof op Ventersdorp Maandag gehoor. Martie Terre’Blanche het getuig dat haar suster gebel het om haar te vertel dat haar man se perd op en af langs die omheining op die dag van sy dood gehardloop het.

Lees verder: ET se vrou hoor oor radio van sy dood

SA verloor AU-leierskapstryd

Die Afrika-Unie het die mandaat van sy hoofkommissaris, Jean Ping verleng nadat die verkiesing van die nuwe AU-hoof op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Ping, van Gaboen, is China se voorkeurkandidaat. Ping en die Nkosazana Dlamini Zuma van Suid-Afrika was kandidate vir dié pos. Ping sal nou aanbly tot die volgende beraad later vanjaar in Lilongwe

Lees verder: SA verloor AU-leierskapstryd

Nog ‘n plaasmoord, motief onbekend volgens die polisie

‘n Sewe-en-sewentig-jarige boer is doodgeskiet in nog ‘n plaasaanval by sy huis buite Stella naby Vryburg. Die polisie in Noordwes het Maandag die moord bevestig. Hendrik Cilliers is Sondagaand halfkaal op die grond gevind, vyf meter weg van sy huis, het brig. Thulane Ngubane gesê. Hy het ‘n koeëlwond aan sy kop gehad en sy

Lees verder: Nog ‘n plaasmoord, motief onbekend volgens die polisie

Foutjie kos SAPD driekwartmiljoen

Dit is ‘n klein foutjie, maar met ‘n heftige prysetiket: R740 000. Die fout kan waardevolle inligting van die polisie weerhou en selfs die arrestasie van ‘n groot aantal misdadigers verhoed. Die fout? Een ontbrekende nul. Agt-en-vyftig reklameborde wat regoor die land opgerig is om die SAPD se amptelike wenkediens, Stop Misdaad te adverteer, is

Lees verder: Foutjie kos SAPD driekwartmiljoen

Oproer by Schoemansdal onderdruk

Altesaam ses-en-twintig mense is op Schoemansdal naby Jeppes Reef in Mpumalanga in hegtenis geneem en sal aangekla word van openbare geweld. Die mense was glo deel van ‘n gewelddadige betoging. Hulle het volgens berigte vier voertuie, kantore en ‘n gimnasium van ‘n plaaslike sakeman aan die brand gesteek. Volgens die polisie is daar vermoede dat

Lees verder: Oproer by Schoemansdal onderdruk

ET-verhoor hervat

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor word vandag in die Rondgaande Hof op Ventersdorp in Noordwes hervat. Die staat sal na verwagting voortgaan met die kruisverhoor van Kaptein Jan Louw wat die moordtoneel besoek het. Ander getuies sal daarna geroep word. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle is tevrede oor hoe die saak tot dusver verloop. Die beskuldigdes, twee

Lees verder: ET-verhoor hervat

Afrika wag in spanning

Die Afrika-Unie se nuwe voorsitter het moeilike uitdagings wat wag. Sondag het die VN-hoof Ban Ki-moon gewaarsku dat ‘n woedende stryd tussen Soedan en Suid-Soedan plaaslike veiligheid bedreig. Thomas Boni Yayi, die president van Benin, het beloof om te werk vir vrede gedurende sy termyn van ‘n jaar as roterende voorsitter van 54 lande, maar

Lees verder: Afrika wag in spanning

Afrikaans word koeranttaal

Louis Henri Meurant (1812-1893) het in 1830 ‘n drukpers gekoop waarmee hy op 30 Desember 1831 The Graham’s Town Journal begin uitgee het. Meurant en die latere redakteur Robert Godlonton was die eerste wat die opspraakwekkende nuus oor Piet Retief en Dingane uitvoerig gerapporteer het. Retief se stukke is uit Hollands vertaal, en die lesers

Lees verder: Afrikaans word koeranttaal