Charles Taylor was ‘n CIA-agent

Charles Taylor van Liberië, die eerste Afrikastaatshoof wat vir oorlogsmisdade vervolg word deur ‘n internasionale geregshof, het vir die CIA gewerk, het die Boston Globe hierdie week berig. Die verslag, wat gebaseer is op inligting wat beskikbaar gestel mag word na ses jaar, beweer dat Taylor vir jare lank ‘n verhouding met die Amerikaanse spioenasie-agentskap

Lees verder: Charles Taylor was ‘n CIA-agent

Limpopo sonder skoolboeke, bankrot

Skole in Limpopo sal binne die volgende paar dae hulle handboeke kry. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dit belowe by ‘n mediakonferensie in Limpopo wat deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, toegespreek is. Gordhan het verduidelik dat Limpopo bankkrot is en daarom onder administrasie geplaas is. Talle skole in Limpopo het

Lees verder: Limpopo sonder skoolboeke, bankrot

Terugkoopkoers onveranderd

Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het soos allerweë verwag is, die terugkoopkoers onveranderd op vyf komma vyf persent gehou. Die president van die Reserwebank, Gill Marcus sê geadministreerde pryse bly ‘n bron van kommer. Marcus het hoë elektrisiteitspryse genoem en ook gesê kospryse is ‘n belangrike faktor wat inflasie aanblaas. Marcus sê plaaslike ekonomiese groei

Lees verder: Terugkoopkoers onveranderd

DA kos Pretoria R14 miljoen

Tshwane se belastingbetalers sal R14 miljoen moet uithaal vir ‘n wykskomiteeverkiesing wat nooit gebeur het nie omdat die DA die proses se geldigheid bevraagteken. Inwoners in al 105 betrokke kieswyke was veronderstel om in Januarie wykskomiteeverkiesings te hou. Die regering het in 2011 munisipaliteite versoek om hul wykskomitees binne drie maande ná afloop van die

Lees verder: DA kos Pretoria R14 miljoen

‘Modimollemonster’ kan heilige word

Emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu het aan The Star gesê die man wat sy vrou deur swartes laat verkrag het, Johan Kotzé, is nie ‘n monster nie en mag selfs tot heilige verklaar word. Tutu sê Kotzé bly steeds ‘n “kind van God”. Die media het na Kotzé as die “monster van Modimolle” verwys. Kotzé staan

Lees verder: ‘Modimollemonster’ kan heilige word

Nasionalisme se onstuitbare opmars

Hongarye is byna bankrot en het so skerp na regs geswenk dat die EU regstappe van stapel gestuur het “ter verdediging van demokrasie”. Maar die probleem is veel meer wydverspreid: Nasionaliste is besig om dramaties regoor Oos-Europa veld te wen. Hongaarse premier Orbán het net wat nodig is gedoen om binne ‘n paar jaar sy

Lees verder: Nasionalisme se onstuitbare opmars

Italië vier ook ‘n held

Die mees gehate man in Italië wat passasiers op sy noodlottige skip aan hul eie lot oorgelaat het, kaptein Schettino, is aan die kaak stel. Maar Italië vier ook ‘n held: Kaptein De Falco. Die dramatiese beelde van die omgeslane “Costa Concordia” het regoor die wêreld opslae gemaak. Gedurende die ramp het kaptein Francesco Schettino

Lees verder: Italië vier ook ‘n held

Duur ongeluk

In Jeddah, Saoedi-Arabië, het ‘n Saoedi-F-15 vegvliegtuig dié week teen ‘n Franse Mirage gebots en albei het neergestort het tydens ‘n gesamentlike oefening. Die ongeluk het in die Taboekstreek in die noorde van Saoedi-Arabië gebeur volgens ‘n Saoedi-Press-nuusagentskapberi. Die oefening is Sondag gehou sê die ministerie van Verdediging. Geen ongevalle is aangemeld nie en die

Lees verder: Duur ongeluk

Krakers verlam Israel

Die webtuistes van Israel se aandelebeurs en nasionale lugdiens, El-Al, is dié week deur pro-Palestynse kuberkrakers aangeval. Die groep “Nagmerrie”, het toegeslaan ‘n dag nadat die Islamitiese Hamas belowe het om ‘n kuberoorlog teen die Joodse staat te verdiep. Die onlangse aanval volg op ‘n golf van soortgelyke kuberinbraakaanvalle waarin kredietkaartinligting van duisende Israeli’s deur

Lees verder: Krakers verlam Israel