Vrae oor Weermag se polisiëringsrol bly onbeantwoord

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me Lindiwe Sisulu, sleep voete oor ‘n vraagteken wat hang oor die Weermag se betrokkenheid by Suid-Afrika se polisiëring. Sy sal eers vir die media geleentheid gee om vrae te stel aan haar oor die betrokkenheid van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die onlangse misdaadbekampingsplan,

Lees verder: Vrae oor Weermag se polisiëringsrol bly onbeantwoord

Afrikaanse skole op Fochville deur ANC geteiken

Die Hoërskool Fochville is vanoggend deur ‘n skare swart leerlinge, wat deur die Gauteng-ANC opgevorder is, omsingel wat op onderrig in Engels aangedring het. Gister het die Gauteng-wetgewer se senior mediawoordvoerder, Sithembele Tshwete, aangekondig dat daar vandag teen twee Afrikaanse skole op Fochville opgetree sou word: Hoërskool Fochville en Laerskool Losberg. Die Gautengse onderwysdepartement het

Lees verder: Afrikaanse skole op Fochville deur ANC geteiken

Ons leliewit Proteas

Afgetrede regter Chris Nicholson se ondersoek na die stand van Suid-Afrikaanse krieket het baie vrae rondom verskeie vooropgestelde idees wat Suid-Afrikaners oor die sport huldig, te berde gebring. Die suksesse van die Proteas se Toets- en eendagspanne is baie duidelik die samestelling van die span, maar die voormalige KSA-president, Norman Arendse, se getuienis aan die

Lees verder: Ons leliewit Proteas

Rusland waarsku teen inmenging in Sirië

Rusland se minister van buitelandse sake het gewaarsku teen die VSA se militêre inmenging in Sirië en geëis dat wapenvoorrade aan die Siriese opposisie gestaak word. Sergeï Lawrof het Woensdag gesê dat Rusland nie dit nodig geag het om ‘n verduideliking te gee of verskonings aan te bied oor die vermoede dat ‘n Russiese skip

Lees verder: Rusland waarsku teen inmenging in Sirië

‘Grants’ neem 13-voudig toe

Die aantal kinders wat maatskaplike toelaes ontvang het 13-voudig toegeneem sedert 2001, het ‘n opname Woensdag aan die lig gebring. Begunstigdes het van 800 476 in 2001 tot 10 387 238 in 2011 gestyg, volgens die studie wat volgende week deur die SA Instituut vir Rasseverhoudinge vrygestel sal word. Hierdie getal sal toeneem met nog

Lees verder: ‘Grants’ neem 13-voudig toe

Van links na linkser: Die Amerikaanse verkiesingsirkus

Daar is nie meer kandidate in die regse Republikeinse resies in die VSA oor wat regs is nie. Newt Gingrich het ‘n naam vir homself gemaak as die regse ideoloog van die 1994 “Republikeinse Rewolusie”, maar internasionale kapitalisme is besig om in duie te stort en Gingrich het ontpop as die nemesis van opkomende kandidaat

Lees verder: Van links na linkser: Die Amerikaanse verkiesingsirkus

‘VSA het oorlog teen Europa verklaar’

Een van die Europese Parlement se mees invloedryke lede, die Duitse Christen-Demokrate se Elmar Brok, het verklaar dat Standard & Poor’s se besluit om kredietgraderings van nege eurosonestate afwaarts aan te pas, deel is van ‘n “oorlog” wat deur die Verenigde State van Amerika teen die euro en Europa self gevoer word. In ‘n onderhoud

Lees verder: ‘VSA het oorlog teen Europa verklaar’

Protes teen internetsensuur laai op

Internetprotes teen voorgestelde teen-roofkopie wetgewing in die VSA is besig om veld te wen. Die teenkanting volg in reaksie op twee wetsontwerpe wat binnekort voor die Kongres sal dien. Die twee wetsontwerpe, die Stop Online Piracy Act (Sopa) en die PROTECT IP Act (Pipa), is daarop gemik om die onwettige besit van intellektuele eiendom, soos

Lees verder: Protes teen internetsensuur laai op

Phosa uitgehaal omdat hy Malema steun

Die ANC moet konsekwent te alle tye kommunikeer, sê die party se sekretaris-generaal Gwede Mantashe. Hy het Dinsdag oor die opmerkings wat gemaak is deur die tesourier Mathews Phosa, kommentaar gelewer. Party-amptenare het Maandag, onder andere, Phosa se verklarings bespreek wat hy gemaak het by die ANC se eeufeesvieringe in Limpopo, het Mantashe in ‘n

Lees verder: Phosa uitgehaal omdat hy Malema steun