Beleërde ANC-jeugliga president, Julius Malema, het Woensdag daarop aangedring het dat sy ANC-lidmaatskapfooie betaal is. “My lidmaatskap is opbetaal en dit verstryk volgende jaar. Die ANC sal dit bevestig en hulle het die saak ondersoek,” het Malema aan die New Age koerant in ‘n onderhoud gesê. Hy het gereageer op verslae vroeër hierdie week dat
‘Rus in die hel Eugene’
‘n Swart skare het Dinsdag buite Ventersdorp se hof saamgedrom waar Eugene Terre’Blanche se vermeende moordenaars se verhoor aan die gang is. Die groep het plakkate rondgedra, waarop slagspreuke soos “Rus in die hel Eugene”, “AWB is dood”, “Ons is gatvol met die boere” en “Mahlangu is ‘n vryheidsvegter” gestaan het. Geen lid van die
SA sterftes neem toe, MIV/Vigs en plaasmoorde
Die sterftesyfer in Suid-Afrika het meer as verdubbel sedert 1985, en geboortesyfers het gedaal, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR), gister gesê. “In 1985 was daar 1.060.000 geboortes en 259,000 sterftes in Suid-Afrika,” volgens die SAIRR se nuutste SA Survey. “In 2011 was daar ongeveer dieselfde aantal geboortes as in 1985, maar nog meer
Malema is vir Nederland ‘rede tot sorg’
Die Nederlandse politieke party, die PVV, het ‘n paar antwoorde op hul vrae oor Afrikaners se lot gekry in Den Haag. Die uitlatinge van Julius Malema en sy gewildheid is blykbaar “reden tot zorg” vir die Nederlandse kabinet. Die Nederlandse ambassade het nog geen verdere melding gemaak van die herhaaldelike sing van die lied ‘Kill
Aantygings absurd, sê ET se vrou
Die vrou van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, het in die hof gesê ‘n bewering van die moordbeskuldigde Chris Mahlangu, dat Terre’Blanche hom gesodomiseer het, is absurd. Dié bewering is Dinsdag aan Terre’Blanche se vrou, Martie, genoem tydens haar kruisverhoor in die hooggeregshof in Ventersdorp in die Noordwes. “Dit is absoluut verregaande,” het Martie gereageer.
UMD kasty ‘wit minderheidsmedia uit apartheid’
Hoe meer Media24 die wit rassis onder elke bed jag, hoe minder kry hulle dit klaarblyklik reg om self weg te kruip as die uitgediende oorblyfsel van apartheid. Die Suid-Afrikaanse media word nog steeds beheer deur ‘n wit minderheid wat aan die mag is sedert apartheid, het die United Democratic Movement (UDM) Dinsdag gesê, met
ANC kap gedrukte media
‘n Onafhanklike media-appèltribunaal sal die beste manier wees om die drukmedia te reguleer, het die ANC Dinsdag gesê. “Ons wil dit duidelik maak, ons beywer ons vir die onafhanklike regulering van die media, vry van die belange van kommersiële of politieke partye,” het Jessie Duarte, lid van die ANC se uitvoerende komitee, aan die kommissie
Persvryheid is net vir die media, hoor kommissie
Die media wil die reg om uitsprake te maak vir homself toeëien, maar ontken dat ander dieselfde reg het, het die persvryheidskommissie Maandag gehoor. “Hulle gee nie vryheid van uitdrukking aan die man in die straat, die publiek, nie,” het Ebrahim Hassaim gesê, ‘n individu wat ‘n voorlegging by die openbare verhore in Johannesburg oor
Lees verder: Persvryheid is net vir die media, hoor kommissie
Joernalis dagvaar SWAPO
‘n Namibiese joernalis dagvaar die regerende South West Africa People’s Organisation (SWAPO) vir naamskending nadat die party hom ‘n voormalige anti-onafhanklikheidsvegter genoem het, het ‘n hof Maandag gehoor. Johannes Grobler, 48, beweer dat die Swapo-mondstukkoerant Namibia Today in ‘n redaksionele stuk in 2009 na hom verwys het as ‘n “ex-Koevoet”. Koevoet was ‘n welbekende teen-insurgensie-polisie-eenheid
ET se vrou hoor oor radio van sy dood
Die vermoorde Eugene Terre’Blanche se vrou het van ‘n radiostasie verneem dat haar man dood is, het die hof op Ventersdorp Maandag gehoor. Martie Terre’Blanche het getuig dat haar suster gebel het om haar te vertel dat haar man se perd op en af langs die omheining op die dag van sy dood gehardloop het.
