praag.co.za

Waaghals se wiele word verkoop

Die laaste voertuig wat op die bekende waagarties, Evel Knievel, se naam geregistreer was, word binnekort opgeveil.

Knievel was veral bekend vir die waagtoertjies wat hy met ‘n motorfiets uitgevoer het, maar die voertuig wat nou onder die hamer kom, is ‘n 2002 Ford F-150 bakkie. Dié vuurwa met rooi, wit en blou strepe is met leer en fluweel uitgevoer, en die ou meester het minder as 30 000 kilometer met hierdie ryding, sy trots, afgelê.

Knievel  is in 2007 op 69-jarige leeftyd oorlede, maar die stad in Montana waar hy grootgeword het, Butte, is nie van plan om een van hul bekendste inwoners in die vergetelheid te laat verdwyn nie. Die veiling van Knievel se voertuig in Arizona, is dus groot, sentimentele nuus in die Montana Standard wat in Butte uitgegee word.

Onder die waagtoertjies wat Knievel met ‘n motorfiets uitgevoer het, was om oor die Snake River Canyon in Idaho te spring, om oor die fonteine van Ceasars Palace te spring, en ook oor ‘n rits busse.

Dit is nog nie bekend wat die vuurwa na verwagting sal haal nie.

справка кэк купитьtopcargo отзывы

Comments

Leave a Reply