Daar is ‘n welbekende verskynsel, bekend as die Flynn-effek, in terme waarvan mense mettertyd al hoe beter doen in IK-toetse. Omdat ‘n IK-telling van 100 per definisie die gemiddelde is vir ‘n blanke bevolking, moes instansies soos die Amerikaanse weermag mettertyd hul IK-toetse aanpas om vir die verbetering in IK voorsiening te maak. In Spanje het die gemiddelde IK-telling byvoorbeeld oor ‘n tydperk van 30 jaar met sowat 10 punte verhoog.
Hier in Suid-Afrika neem dit egter skynbaar nie ‘n ganse generasie om ons IK met 10 punte te verhoog nie. Daar is allerweë verwag dat die 2010-matriekuitslae rampspoedig sou wees. Daar was ‘n lang wintervakansie as gevolg van die 2010 Sokkerwêreldbeker. Kort voor die vakansie het die staatsdiens se lui, onproduktiewe, militante “wêkkas” begin staak, wat onderwysers verbonde aan die SADOU-vakbond ingesluit het. Gegewe dié ontwrigtings, sou dit verstommend gewees het as die matriekuitslae nie verswak het vergeleke met 2009 s’n nie.
Vandag staan ek weliswaar verstom. Luidens berigte is daar ‘n rekord-aantal onderskeidings. Die matriekslaagsyfer het met ‘n verstommende 7% verbeter tussen 2009 en 2010. Dit is so pas aangekondig dat die 2010-slaagsyfer 67.8% was, teenoor 2009 se 60.2%. Wat die Spanjaarde in 30 jaar vermag het, lyk dit vandag vir my, het die Suid-Afrikaanse skoolkinders sommer binne ‘n jaar vermag. Hulle het in die aangesig van die onderwysstaking en SWB 2010, teen alle verwagtinge en logika in, beduidend beter gedoen as vorige jare, en hul prestasie met ‘n “onverklaarbare” 10% of meer verhoog.
Wat ek, synde iemand wat donkiejare terug deur matriek geworstel het, toe die berge van brood was en daar nog regte en verkeerde antwoorde was in vraestelle, hiervan moet maak, nie heeltemal duidelik nie. Kan ek byvoorbeeld uit hoofde van die verstommende 2010-uitslae die gevolgtrekking maak dat hoe minder die kinders skoolgaan, en hoe minder die onderwysers klasgee, hoe beter hulle presteer? Dit lyk tog so. Dit moet iets in die water wees wat so ‘n wonderwerk tot gevolg gehad het. Miskien is die E. Coli- bakterieë wat agv die ANC-regime se wanbestuur van rioolplase in ons drinkwater beland, verantwoordelik vir die wonderbaarlike verhoging in IK.
Die pad vorentoe is nou sommer ook duidelik: Gegewe die omgekeerde korrelasie tussen klasbywoning en akademiese prestasie, reken ek dat SADOU se onderwysers in 2011 sommer die hele jaar betaalde verlof moet kry, wat sal lei tot al die matrieks wat matriek met ‘n gemiddelde punt van 99.999% slaag. Spel jy jou eie naam reg op minstens een vraestel, kry jy 102%.
Maar ernstig nou. Ek weet daar is baie matrikulante wat hard gewerk het en hul prestasies verdien het. Weer eens tel gewone Afrikaanse staatsskole se matrikulante onder die voorste presteerders. Luke Puke Watson se “dumb Dutchmen” is toe nou nie heeltemal so dom nie. Ek is doodseker dat die toppresteerders in Afrikaner-skole soos Afrikaans Hoër of Centurion se Afrikaner-skole met enige van hul portuurgroep in Westerse lande sal kan meeding in eksamens van ‘n internasionale standaard.
Dit is juis omdat hierdie toppresteerders so hard gewerk het, dat die duidelik-bekookte Azaniese matriekuitslae hulle ‘n geweldige onreg aandoen. Dit is eenvoudig nie moontlik dat die matriekuitslae in 2010 in weerwil van die staking kon verbeter nie. Die sogenaamde beter uitslae kan slegs op een ding dui, en dit is dat die standaarde verlaag is om die laagste gemene deler op te hef en in ‘n verkiesingsjaar populistiese punte by die ANC se stemvee aan te teken.
In die proses van die stelselmatige verdomming van die skoolstelsel, en die aftrek van almal na die vlak van Julias, die houtwerk-savant, is die klein bietjie geloofwaardigheid wat dié kwalifikasie oorgehad het, finaal vernietig, ook ten koste van die Afrikaner-kinders wat agv hul harde werk hul topprestasies verdien het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.