Vandaar die “mnr” Zuma.
Weliswaar is Zuma formeel (nog) president. Die Engelse uitdrukking, proxy President om Zuma te beskryf, sou verkeerd wees, want dit sou impliseer dat Zuma as gevolmagtigde optree.
Baie duidelik is hy ‘n marionette-president. En pres. Malema trek die toutjies.
Marionette-pres. Zuma het marionette-pres. Thabo Mbeki as marionette-president opgevolg. Pres. Robert Mugabe het Mbeki se toutjies getrek. Mugabe trek nou Malema se toutjies.
Pres. Malema het sy blouligbende, hy het sy luukse woning in Sandton, hy word klaarblyklik koninklik aan die materiële, likiede en ander bates gehelp.
En hy het nie gister president geword nie. In die dae voor Zuma die marionette-president geword het, het Zuma, toe ANC-leier, en Malema, saam die verhoog gedeel op ‘n amptelike jeugdagviering. Dit word so goed onthou want dit was toe Malema sy bekende doodmaak vir Zuma geuiter het.
Die optrede van dié twee by ‘n ampotelike staatsgeleentheid is deur die DA na die Openbare Beskermer verwys, wat sedertdien al elf amptelike tale erken deur in al elf amptelike tale te swyg. Pres. Malema betaal blykbaar nie boetes nie, en die polisie verwilder sy opponente.
Daar is baie redes hoekom pres. Malema sou verkies om deur ‘n marionette-president te regeer. Die formele president is aan allerlei protokol en etiket gekoppel, en dan is daar nog die lastigheid van ‘n sekere hoeveelheid kantoorwerk.
Die formele president, soos die ander kabinetslede, word deur ‘n etiese kode gebind en deur die grondwet verbied om belangebotsings te hê. Streng gesproke is tenderpreneurskap uit.
Die formele president moet lang tye in die parlement sit en na ander mense luister, in plaas van dat die president die heel tyd praat en die ander luister. Boonop mag die formele president nie sommer iemand uitgooi nie, dit moet deur die Speaker gedoen word, en ‘n mens moet kan skryf om die boodskap by die Speaker uit te kry.
Dus, laat iemand anders maar by die Queen die Orde van die Stort, ekskuus, Bad, kry. Die Queen sou net dalk nie die versoeking kon weerstaan deur vir pres. Malema die Orde van die Seep (vir sy mond uitspoel) te vereer nie.
Viva pres. Malema!
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.