Die polisie en immigrasie amptenare in Nigerië is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas nadat sms-boodskappe gedreig het dat geweld kan uitbreek, het owerhede gesê.
Adamu Isa Azare, assistent polisie-superintendent, het gesê oorblywende lede van die sekte Boko Haram het gedreig om die regering aan te val nadat godsdiensgeweld onlangs in sentraal-Nigerië uitgebreek het.
Polisiebeamptes in gepantserde voertuie het hul plekke rondom Maiduguri ingeneem waar geweld verlede jaar uitgebreek het en waarin sowat 700 mense gedood is.
Boko Haram – wat “Westerse opvoeding is sonde” beteken – voer ’n Moslemburgeroorlog teen die Christen-suide van Nigerië omdat hulle die sjaria, ‘n streng Islamitiese wet ingestel wil sien.
Lede van dié militante beweging het verlede jaar aan die einde van Julie betoog en polisiestasies sowel as huise aangeval.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.