praag.co.za

Deon Maas val Afrikaners aan oor ‘rassisme’

Written by

in

By: ’n IK net noord van wortelsop

Rassiste is soos mense wat hulself kompulsief bevredig. As hulle die kans kry, doen hulle dit. En omdat ál minder mense dit saam met hulle wil doen, doen hulle dit alleen of in klein groepies. Hierdie enkelhandige soldate is die mense wat vrede en vredeliewende naasbestaan bedreig.

By rassiste is daar g’n teken van verantwoordelikheid of selfbeheer nie – ’n bietjie soos alkoholisme. Alkoholisme kan natuurlik behandel en onder beheer gebring word. Miskien is dit tyd dat ons rehabilitasiesentrums vir rassiste begin sodat dié armsalige, siek siele ook soos die res van ons ’n lewe vry van haat, venyn en wanpersepsie kan hê.

Ons weet mense wat die hele tyd so kwaad is, sal aan kanker doodgaan.

Een van rassiste se grootste probleme is die chroniese gelieg, vir hulself en hul vriende. Om hul gedrag te regverdig word stories vererger, verdraai en versin. Hulle staaf hul argumente met urban legends, verwronge feite en halfgebakte waarhede – soos die susterkerke in die apartheidstyd.

As jy my nie glo nie, kyk op die internet waar daar, spelfoute en al, verkondig word daar word daagliks 250 wit kinders in Suid-Afrika verkrag. Die webwerf noem nie of hulle almal blond met blou oë is nie. Daar is ook konstante verwysings na Jahweh se wil en ’n klomp glo die rede hoekom ons nog nie die Krugermiljoene ontdek het nie, is dat ons nog nie die “revolusie” gewen het nie.

Ons sal volgens hulle die Krugermiljoene kry nadat ons weer ons “regmatige” plek as leiers van die land teruggevat het en God se wil só uitvoer. Die Krugermiljoene sal dan dien as ’n kick-start om weer ons land aan die gang te kry en van swart invloede te suiwer.

Klink vir my na die nuwe Israel . . .

’n Deel van hierdie klomp laat die Suidlanders soos Kinderkrans lyk.

As jy my steeds nie glo nie, kom maak een oggend ’n draai en kyk in my inbox.

RASSISME is die kruuste vorm van menswees. Dis gewoonlik diegene met ’n IK net noord van wortelsop wat hulle die skuldigste hieraan maak.

Die deursnee-rassis se mening is gewoonlik nie juis belangrik nie, omdat hy nie eintlik in ’n posisie is wat deur die res van die same­lewing belangrik geag word nie. Die meeste rassiste is egter so groot dat jy hulle nie in een sessie kan opeet nie.

En hier praat ek nie van mense wat terme soos “native”, “die volk” en “boy” gebruik nie – húlle is maar net sad.

Die Bybel, wat so graag deur rassiste misbruik word, sê duidelik daar was net een Adam en een Eva. Dit beteken ons kom almal van dieselfde plek. Almal kom van Afrika. Almal het hier begin en oor duisende jare en in pogroms het ons die eie gewoontes en voorkoms ontwikkel wat vir ons werk en wat ons gehelp het om by ons omstandighede aan te pas. Niemand is reg of verkeerd nie; almal is net verskillend.

Die rassiste waarvoor ons versigtig moet wees, is die slimmes, dié met versteekte agendas wat goed opgevoed is en steeds hul verwronge filosofie propageer. Dis hulle wat in die Hitlers en Amins van hierdie eeu kan verander, wat hul posisie as intellektuele misbruik om diegene wat dommer as hulle is, tot geweld en haat op te sweep om hul eie politieke agenda te bevorder.

Ons sien wat in Irak, Soedan, Serwië en Nigerië gebeur. Dit beteken nie dat dit nie hier ook kan gebeur nie.

Dié soort rassiste skuil gewoonlik onder die dekmantel van nasionalisme, godsdiens en geld. Dis rassisme wat weggesteek word onder die voorwendsel van beskerming van die eie en die voortbestaan van Afrikaans, met die odd bruine wat as Uncle Tom bygesleep word vir ’n bietjie legitimiteit.

’n Bietjie soos ’n swart LP wat die DA verteenwoordig om sy kapitalistiese rassisme te regverdig. (Hoewel ’n mens jou hoed moet afhaal vir die leier van die amptelike opposisie in die parlement vir die uitrusting wat sy met die parlementsopening gedra het – dit getuig van ’n humorsin wat nie gewoonlik onder diesulkes bespeur word nie.)

In Suid-Afrika misbruik slim rassiste Afrikaans as ’n dekmantel vir hul vooroordele.

Die amptelike leier van so ’n groepie is dr. Pieter Mulder, wat al in sy dae as dosent sy politieke agenda onder beïnvloedbare studente bevorder het. Vandag, as hy nie oor alles kla nie, gebruik hy skynbaar sy vrye tyd om daarop aan te dring dat koerante “regstellings” plaas oor goed soos dié wat ek pas geskryf het.

Maar Pieter is oud en sonder fut. Die vuur is nie meer daar nie. Hy blaas nie eers meer vlamme nie; hy moet Blitz gebruik om die hout van sy idees aan die brand te kry.

IEMAND vir wie ’n mens baie versigtiger moet wees, is Dan Roodt. Daardie ridder op die wit perd wat die DA belangrik genoeg ag om sy jaarkongres as waarnemer by te woon en dan kommentaar lewer op hoe ’n anti-Afrikaanse filosofie daar heers. Wow, dis rêrig belangrik.

Roodt en sy Praag-tige organisasie gebruik die voorwendsel van “soldate vir Afrikaans” as ’n rookskerm vir rassisme. Hy hou daarvan om intellektuele snobisme in te span om sy standpunte en die idee dat een groep mense beter as ’n ander is, te regverdig.

Gelukkig het hy mettertyd so baie stroomop gepiepie dat sy mening nou net so belangrik is as ’n poep in ’n donderstorm. Sy belaglikhede is nou beperk tot ’n webwerf wat nie meer so baie verkeer kry nie.

Maar moenie dink omdat jy nie van hom hoor nie, hy nie besig is om onheil te saai nie. Die idee van die Afrikaner as uitverkorene word steeds aan “die volk” verkoop, aan dié wat intellektueel nie sterk genoeg is om hul eie mening te hê nie.

Ek dink dis tyd dat mense sien wie en wat Dan Roodt en sy cronies is. In die verlede het hy my mos al daarvan beskuldig dat ek ’n chromosoom-afwyking het, ’n moffie is en ligsinnige snert skryf.

Wel, Dan, kom ons kyk of jy rêrig balle van staal in die regte lewe het. Jy wat al konferensies bygewoon het met lyfwagte in die uniform van rassiste. Ek dink dis tyd vir ’n openbare debat sodat ons kan sien of jy rêrig ’n man is.

Die reëls is eenvoudig: geen vuurwapens (wat die grootste deel van jou volgelinge sal uitsluit), geen Saabs (oeps, daar gaan al jou Jan Cilliers- en Dainfern-maatjies) en geen poefter-haarstyle nie (of dink jy dit kan dalk jouself uitsluit?).

Hiermee daag ek Dan Roodt dus amptelik uit tot ’n openbare debat: Dan the Man teen Deon die Darling.

Helpers uit die kryt, ronde nommer een . . .

машинки на радиоуправлении купить киевАлександр Фильчаков

Comments

Leave a Reply