praag.co.za

Oud-Springbok in petrolbomaanval

Dale Santon

Written by

in

Dale SantonDie voormalige Springbokrugbyspeler Dale Santon het tweedegraadse brandwonde opgedoen toe ‘n petrolbom na sy huis geslinger is, het Beeld vandag berig.

‘n Polisiewoordvoerder, inspekteur Keith Chandler, het gesê ‘n getuie het gesien hoe ‘n persoon in ‘n oranje BMW ‘n voorwerp na die Santon-gesinswoning in Plumstead, Kaapstad, rondom middernag Saterdag gooi.

Chandler sê die getuie het die registrasienommer van die BMW afgeneem maar dit het geblyk ‘n gesteelde voertuig te wees.

Santon het aan die koerant gesê dat hy net ná middernag wakker geword het toe hy glas hoor breek.

“My eerste gedagte was dat iemand besig was om by die huis in te breek,” het hy gesê.

Maar toe hy vlamme in die sitkamer sien, het hy vir sy vrou en kinders geskree om wakker te word en uit die huis te vlug.

Hy het ernstige brandwonde aan die gesig en arm opgedoen toe hy gepoog het om die brandende rusbank uit die huis te sleep.

Santon het reeds ‘n veloorplanting ondergaan.

“Ek het geen vyande waarvan ek weet nie. Dis die werk van lafaards,” het Santon gesê, wat vir die Springbokke in 2003 uitgedraf het.

раскрутка сайтаданильченко юрій Харків

Comments

Leave a Reply