Kopenhagen se balansstaat is ‘n droewige een: Vir ryk lande ‘n manier om nuwe belastings uit hul burgers te tap, terwyl arm lande gebedel het vir geld waarmee hulle korrupsie kan pleeg.
Geen afdwingbare klimaatsooreenkoms kon ná twee weke in Kopenhagen bereik word nie, maar die bedelbak het nietemin geseëvier met hulp aan ontwikkelende lande wat geskenk sal word om te help in die stryd teen sogenaamde aardverhitting.
$30 miljard per jaar oor die volgende drie jaar is bewillig, wat teen 2020 na $100 miljard per jaar sal groei. Dié besluit sal bevolkingsgroei verder aanhelp wat die omgewing teen ‘n vinniger tempo sal aftakel, alhoewel dit heelwat minder is as waarop vroeër gehoop is.
Angela Merkel, Duitse kanselier, en Gordon Brown, Brittanje se premier, het na afloop van die beraad gesê hulle het gehoop op meer omvattende maatreëls. Maar reeds voor die onderhandelings het verskeie rolspelers gemeen die mikpunt om teen Vrydag ’n ooreenkoms te bereik, is te ambisieus.
“Wat nou nodig is, is om dit met ’n wetlik afdwingbare ooreenkoms op te volg,” het Brown gesê. Die skuld vir die stadige vordering van onderhandelings is grootliks op Afrika en arm lande se houding gepak.
Die onderhandelingstaktiek van die G77-groep van ontwikkelende lande was ‘n boikotaksie aan die begin van die tweede week van die byeenkoms.
“As die klimaat ’n bank was, was dit al lankal gered,” het president Hugo Chavez van Venezuela Vrydag gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.