Om spierweefsel uit stamselle te kweek is kinderspeletjies, by wyse van spreke, maar om die bloedvaatjies in die weefsel te kweek om ‘n vliesie reg vir die kole in ‘n fles te kweek, is iets heel anders.
Dis nou aldus een van die navorsers van die universiteite van Utrecht, Eindhoven en Amsterdam, Karlijn Wilschut.
Die vleisie wat nou in buise gekweek word, is vark-spierweefsel. Weens die gebrek aan die bloedvate, word nou eers voorsien dat die produk wat gelewer word, in verwerkte vleis soos wors en hamburgers gebruik sal word.
As alles goed gaan, sal die produk waarskynlik oor so tien jaar op die winkelrakke wees.
Die naam “kweekvlees” pla die navorsers, en hulle is oop vir voorstelle vir ‘n beter naam.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.