praag.co.za

Zimbawiër wat identiteit steel vas

Written by

in

‘n Zimbabwiër is in hegtenis geneem nadat die man wie se identiteit hy glo gesteel het, hom opgespoor en platgetrek het.

Themba Mabela het glo agterdogtig geraak toe die verkeersdepartement hom in kennis gestel het dat sy voertuig se registrasie verval het. Hy besit nie ‘n voertuig nie.

By die verkeersdepartement het hy geleer dat iemand ‘n voertuig in sy naam geregistreer het. Hy het toe die arbeidsburo besoek en geleer dat iemand ‘n werk in sy naam by ‘n maatskappy geneem het.

Volgens kapt. John Shwane Serato het Mabela toe na die maatskappy gegaan en die adres van sy dubbelganger gekry. Daar aangekom, het Mabela gehoor dat die persoon nie meer daar woon nie, maar dat hy na die huis oorkant die pad getrek het.

Die huurders het aan hom gesê dat hulle die man slegs aan sy van, Mabela, ken. Mabela het toe bevestig dat sy dubbelganger daar woon en die polisie gekontak.

“Toe polisie op die toneel kom en die man ondervra, het hy ‘n Zimbabwiese identiteitsdokument geproduseer en sy regte naam gegee. Hulle het druk op hom geplaas en hy het toe die Suid-Afrikaanse identiteitsdokument met Mabela se besonderhede op, getoon,” het Serato gesê.

Die man het glo gesê dat hy die dokument in Soweto gekoop het. Mabela se ID=dokument het in 2008 weggeraak.

“Daar is ook rekeninge in Mabela se naam oopgemaak en die voertuig wat in sy naam was is gekonfiskeer. Ander persoonlike dokumente wat nie aan die verdagte behoort nie is ook in sy huis gevind,” het Serato gesê.

Die verdagte is in hegtenis geneem vir bedrog en sal binnekort in die landdroshof in Pretoria verskyn.

 

eye of raлобановский класс харьков

Comments

Leave a Reply