praag.co.za

AI laat soeklig op polisiegeweld in Mosambiek val

Written by

in

Die internasionale menseregtewaghond, Amnesty International, het die soeklig op Mosambiek gevestig om die langdurige probleem van onnodige polisiegeweld aan te spreek.

‘n Onlangse voorbeeld hiervan is ‘n man wat onlangs die polisie geroep het uit vrees vir rowers, en toe self deur die polisiemanne doodgeskiet is.

Amnesty International het ‘n beroep op die Mosambiekse regering gedoen om te verseker dat voorvalle van buitensporige polisie-geweld deeglik ondersoek word.

Hulle het ook hulle besorgdheid oor polisieopleiding te kenne gegee.

Mosambiek se ministers van die polisie weier tot dusver om kommentaar te lewer.

Magalhaes Ibrahiogi, leier van die Mozambican Independant Party, ‘n klein opposisieparty, het gesê opleiding is uiters belangrik sowel as beter betaling vir polisiemanne.

Tydens ‘n onderhoud het hy hom uitgespreek teen die slegte behandeling wat misdadigers ontvang.

“Hulle word gemartel, geslaan, en in sekere gevalle selfs doodgemaak deur die polsie,” het hy gesê.

“Dit is onaanvaarbaar.”

In ‘n verslag getiteld “I Can’t believe in Justice Anymore”, noem Amnesty International 46 voorbeelde van mense wat sedert 2006 onwettiglik doodgemaak is deur die Mosambiekse polisie.

 

тамбов очисткалобановский политик

Comments

Leave a Reply