Afrika se ministers van buitelandse sake het China se belofte om amper R80 miljard aan Afrika te leen, verwelkom.
Hulle het egter bygevoeg dat die samewerking van elke individuele streek van groot belang is.
“Afrika is gereed vir ontwikkeling.”
“Afrika is al vir te lank agtergelaat en is nog altyd gemeet aan ongebalanseerde standaarde,” het minister Moses Wetangula van Kenia gesê.
“Byvoorbeeld, Europa het ‘n ander stel standaarde vir Oos-Europa as vir Afrika,” het hy gesê.
“Nou bied China vir ons die finansiering en die vaardighede om, byvoorbeeld, ‘n nuwe spoorlyn aan te lê.
“Wie sal dan nou nie so ‘n kans aangryp nie?”
Minister Wen Jiabao van China het tydens die Forum on China-Afrka samewerking in Egipte, lenings van amper R80 miljard aan Afrika beloof.
Die fokus sal wees op die verligting van armoede, sowel as bystand in landbou en infrastruktuur.
Hulle beoog ook om tariewe op goedere van die minder-ontwikkelde Afrika-lande, te lig.
Zainab Bangura, Sierra Leone se minister van buitelandse sake, het gesê dat hulle al baie gebaat het uit samewerking met China.
Hy en Jiabao het egter klem gelê op die feit dat daar na interne samewerking op die kontinent gestreef moet word.
Daar sal tydens die forum vergaderings tussen Chinese verteenwoordigers en verteenwoordigers van omtrent 50 Afrika lande gehou word om ‘n aksieplan vir die volgende drie jaar te bewerkstellig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.