Vulkaniese aktiwiteite kan die kontinent Afrika moontlik in twee dele skeur.
Die bevindings het gekom nadat navorsers die 60 km-lange skeur in die noorde van Ethiopië gaan bestudeer het.
Dié skeur het verskyn nadat twee vulkaniese uitbarstings in 2005 in die streek, Afar plaasgevind het.
Dié voorval het dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak om die aarde se tektoniese bewegings verder te bestudeer, het die verslag wat in die Geophysical Research Letters gepubliseer is, gesê.
“Die bevindings toon dat ‘n groot magnetiese deformasie in enkele dae kan plaasvind,” het Atalay Arefe, ‘n professor aan die universiteit van Ethiopië wat aan die studie deelgeneem het, aan AFP gesê.
Navorsers sê verskuiwings en skeure wat normaalweg op die bodem van die oseaan plaasvind, is die oorhoofse prosedures wat gevolg word wanneer kontinente van mekaar af weg skeur.
Afrika het dieselfde prosedure ondergaan toe dié kontinent miljoene jare terug vanaf Amerika los geskeur het.
“Afar gee nou ‘n natuurlike laboratorium waar ons eksperimente kan uitvoer om uit te vind of dit weer moontlik is,” het Atalay verduidelik.
Atalay, wat sedert die uitbarstings deel van die studiegroep was, het gesê die voorval in 2005 is ‘n vooruitskatting van wat moontlik in die vasteland mag plaasvind.
“Die oseaan se formasies vind baie stadig plaas en sal moontlik ‘n paar miljoen jare neem. Die skeur sal in die Afar streek begin en in die rigting van Mosambiek beweeg,” het hy gesê.
Die Afar streek, wat bekend is vir sy soutmyne en aktiewe vulkane, is die laagste en warmste plek op die planeet.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.