praag.co.za

Berlynse muur staan weer

Die Berlynse muur sal vir ‘n rukkie weer die Duitse hoofstad verdeel, maar hierdie keer sal dit uit reuse kleurvolle domino’s bestaan.

Dié 1,5 km lange muur sal as viering van die 20ste herdenking van die val van die Berlynse muur uit reuse domino’s opgerig word.

Die muur sal uit sowat 1000 domino’s van 20kg elk gebou word. Die stukke sal 1.5m uit mekaar staan en sal deur skoolkinders geverf word.

Dit sal vir twee dae lank staan voor dit aan die einde van die feesvieringe vir hierdie geleentheid omgestamp sal word.

“Dit sal ‘n tydelike ding wees en ek glo dit is ‘n fantastiese manier om die val van die Berlynse muur te simboliseer,” het Klaus Wowereit, die burgemeester van Berlyn gesê.

 

social networking advertisingФільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply