’n Reeks aardbewings het Donderdag landelike gebiede in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië geskud.
Die grootste van dié aardbewings, wat 5.1 op die Richterskaal gemeet het, het omstreeks 03:00 sowat 29 km suidoos van die dorp Lone Pine getref.
Binne die volgende drie ure het ses kleiner skuddings, wat tussen 3.0 en 3.5 gemeet het, dieselfde area in die ooste van die provinsie getref.
Volgens Faith Felton, ’n polisiewoordvoerder, is geen skade of beserings aangemeld nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.