{jathumbnail off}
‘n Voormalige minister in Rwanda het glo internasionale skenkings vir dié land gebruik om ‘n volksmoord uit te voer.
Augustin Ngirabatware word van volksmoorde en misdade teen die mensdom aangekla. Hy het onskuldig gepleit op dié aanklagte.
Wallace Kapaya, ‘n prokureur, het Woensdag gesê hy het bewyse dat Ngirabatware geld wat deur die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds, IMF, en ander donateurs aan die Rwandese ministerie vir beplanning geskenk is, gesteel het.
Kapaya het gesê Ngirabatware het die geld gebruik om wapens te koop en om vervoer vir militia te reël wat meer as 500 000 Toetsi’s en Hoetoe’s in 1994 vermoor het.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.