praag.co.za

Coligny-moord: Borgaansoek vandag voortgesit

Written by

in

,

Die borgtogaansoek van twee wit mans van Coligny in Noordwes wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n 16-jarige swart seun doodgemaak het, word vandag voortgesit.

Die aansoek van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte het na ‘n dringende aansoek in die Noordwes Hooggeregshof Dinsdag begin.

Die twee mans word daarvan beskuldig dat hulle vir Mahlomoloa Mosweu van ‘n bewegende bakkie afgestamp het. Hulle beweer dat hy van die bakkie afgeval het terwyl hulle hom na die plaaslike polisiestasie geneem het omdat hy sonneblomme gesteel het.

Die werkgewer van die twee verdagtes en die ondersoekbeampte het Dinsdag getuig. Die ondersoekbeampte, Clifford Kgosane het getuig dat die verdagtes waarskynlik ook van ontvoering en regsverydeling aangekla sal word.

Swartes het buite die hof betoog en geëis dat die verdagtes borgtog geweier word.

Die hof het gister die beëdigde verklarings van beide mans gehoor wat sê beweer daar was uitsonderlike omstandighede wat hulle vrylating op borgtog regverdig.

Die mans het die sterkte van die getuienis teen hulle betwis en hulle het hul gemeenskaps- en familiebande in die gebied uiteengesit.

Hulle sê daar was geen ooggetuies teenwoordig nie.

Hulle het ook hul bereidwilligheid om te voldoen aan enige en alle borgtoestande wat hulle opgelê word, en gesê die toestande in die houerselle is verskriklik.

Comments

7 responses to “Coligny-moord: Borgaansoek vandag voortgesit”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Is hierdie voorval die begin van ‘n nuwe tendens om mense doodeenvoudig toetesluit en dan later te kies watter aanklag die sterkste moontlikheid vir skuldigbevinding sal verseker ??
    Indien dit wel die geval is dan is Siener se mynskag tronke ‘n realiteit !!

  2. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Ek lees vanoggend die ondersoek beampte se verklaring in die hof. Die hele storie wat hy opdis rakende die ooggetuie is so ‘n aanmekaar geflanste liegspul net iemand met ‘n IK onder kamer temperatuur sal dit glo
    1) Altwee die beskuldigdes het die oorledene van die bakkie gestamp – nou wie de hel het dan die voertuig bestuur?
    2) Die oorledene is op die bakkie gelaai – waar is die bloed bewyse dan agter op die bakkie siende dat die oorlede snye beide aan sy gesig en nek gehad het?
    3) Die ooggetuie is ontvoer en 48 km verder by ‘n damwal afgelaai – watter damwal is so verlate dat niemand die hele insident – wat ure moes duur agv die gebeure beskryf deur die ooggetuie – deur niemand aanskou is nie?
    4) Die oogetuie is forseer om alkohol te drink – wat die beskuldigdes waar gekry het en hoekom, as hulle die ooggetuie wou stilmaak, hom nie sommer dan daar en dan van die gras gemaak nie? Die hele sirkus gaan mos daaroor dat die twee beskuldigdes koue moordenaars is
    5) Die beskuldigdes het sy selfoon geneem – waar is daardie selfoon nou, is dit in die besit van die beskuldigdes gevind?
    6) Die beskuldigdes het die volgende oggend na die ooggetuie se huis gegaan en hom intimideer – hoe het die oogetuie die +/- 48km (heel moontlik meer) terug na sy huis gevind as hy a) onder die invloed van alkohol was en b) op ‘n verlate damwal gelos is c) hoe het die beskuldigdes geweet waar hy woon en d) synde dat daar ‘n volskaalse plundertog aan die gang was hoekom sou die beskuldigdes dit waag om na die ooggetuie se huis (waarskynlik binne die swart woon area) te gaan? Hulle moet baie dom wees met geen selfbewarings instinkte
    Die hele ding stink vir my na ‘n Carina Papenfus / Flippie Engelbrecht spul. Onthou die Harmse familie van Primrose wat in 2012 gearresteer is met ‘n “massiewe wapenopslag”? Was ook ‘n ooggetuie wat gelieg het vir die eerste span.

    1. Flip Kriel Avatar
      Flip Kriel

      Die een beskuldigde in die Carina Papenfus/Flippie Engelbrecht liegspul, ‘n vooraanstaande boer van die Ashton-Robertson omgewing het selfmoord gepleeg terwyl die saak nog aan die gang was. Sy plaasbestuurder en mede-beskuldigde is aan die einde van die saak vrygespreek omdat die hele saak duidelik ‘n opgekookte liegstorie was. Carina P en Flippie E behoort van regsverydeling aangekla te gewees het.

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Al word die saak uitgegooi en die manne vrygespreek is daardie saadjie dat blankes boos is weer versterk. Dit is maar eintlik waaroor hierdie hele petalje gaan.

      1. Andy van Vuuren Avatar

        Naand ou maat,
        jy moes n speurder geword het, want jy kan heel nugter en duidelik n saak punt vir punt ontleed. Ek hou daarvan.

  3. sussie se vissie Avatar
    sussie se vissie

    Onrusbarend is die feit dat die vorige voorsittendebeampte hom van die verrigtinge vanweë sy blankeskap verskoon/onttrek het.
    Natuurlik in antisipasie van n moontlike vryspreek van die besk’s.
    Objektiewe toepassing van ons strafreg-beginsels dus lankal nie meer die maatstaf nie.
    Ek hou dit teen die lafaard.
    As n ding immers reg is…is hy reg. Die reël van stare decisis geld ten einde regsekerheid te verseker. Solank die lafaard hom dus sou laat geld en hou by vorige en bestaande hof- en regsbeslissings, het hy niks te vrees nie.
    Alle eer in die opsig aan Regter Thomas Mogoeng. In die vooruitsig van n negatiewe en potensiële uitspraak teen sy mede flapkoppe…het hy allermins sy bord pap weggeskuif tot voor die neus van sy edele mòffie Cameron.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Getransformeerde regbank lei tot getransformeerde uitsprake.

Leave a Reply