praag.co.za

Ghana versuip in skuld maar kry 110-sterk kabinet

Written by

in

,

Die nuut-verkose president van Ghana het nie gras onder sy voete laat groei om te wys hoe lank ‘n kleptokratiese soustrein kan raak nie.

Nana Akufo-Addo, is skerp gekritiseer omdat hy 110 kabinetslede aangestel het. Die opposisie praat selfs van ‘n “olifant-grootte” kabinet.

Die 56 ministers kry nou ook 50 adjunk-ministers om die bankrot staatskas verder te plunder. Dis die grootste regering sedert die land in 1992 “demokraties” geraak het. Kennelik het demokrasie nie veel gedoen om goeie bestuur te bevorder nie.

Die duur besluit is geneem ondanks die land se reuse skuldlas van R400-miljard.

Sommige regeringsdepartemente het tot vier ministers, met adjunkminsters. Die kabinetslede is geregtig op ten minste twee motors, gratis brandstof, gratis water en elektrisiteit, opgeknapte akkommodasie, aftreevoordele, ander pakkette en les bes, persoonlike lyfwagte.

Die minderheidsleier in Ghana se parlement sê die land se beperkte bronne gaan uitgeput raak.

Die ironie is dat die nuwe president verkies is omdat hy belowe het om onnodige verkwisting te staak.

Die minister van inligting, Mustapha Hamid, verdedig egter die aanstellings en sê die president het meer ministers nodig om die land se probleme te takel.

Ghana voer goud, kakao en olie uit, maar groei het skerp in 2014 gedaal as gevolg van ‘n fiskale krisis en ‘n verswakking in globale kommoditeitspryse.

Regeringswoordvoerder Nana Akomea het gesê die kritiek sal ophou as die regering sy ambisieuse agenda gestalte laat kry.

Akufo-Addo was al in die nuus imdat hy by die Black Star plein in Accra byna sy hele aanvaardingstoespraak net so van twee Amerikaanse presidente geplagiariseer het.

Hy het geleen uit die intreerede deur die voormalige Amerikaanse presidente George Bush gelewer in Januarie 2001, asook Bill Clinton in sy 1993 intreerede.

Comments

8 responses to “Ghana versuip in skuld maar kry 110-sterk kabinet”

  1. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Mense wat hierdeur nog verbaas word, is of liberaal-gestremd of net bloot onnosel. Dit is konsekwent weereens maar slegs ‘n voorbeeld van hoe swart Afrika werk. ‘n Swart “leier” wat ‘n duit omgee vir sy massas “grovelling minions” is die uitsondering, en een wat bitter selde gesien word.

  2. Maus Avatar
    Maus

    Al hierdie uniforms (en kombuistafeldoek) wat so trots gedra word dateer natuurlik uit die goeie ou koloniale tye toe die Britte oor hul geheers het.. mens mag dit net nie se nie.

    1. Suidpunt Avatar
      Suidpunt

      Ek wou 151 opstemme, ‘n Lingot en ‘n bruintjie en ponie gegee het, maar Disqus laat dit nie toe nie. Presies dieselfde drag by ons Parlementêre opening. Dekolonisering? Wie bluf vir wie? Hulle sal vir ewig die onderdane van Brittanje bly.

  3. david ras Avatar
    david ras

    Die spulletjie klink soos ons Nasionale weermag—meer generaals as korporaals…..! En dis ‘n bewese feit…..!

    1. Andy van Vuuren Avatar

      DIS EK MENEER EN JY MENEER, WIE GAAN DIE WA SMEER.

  4. Elna Kupke Avatar
    Elna Kupke

    Wat vir my so vreemd is, is dat God hul ‘n kontinent gegee het ryk aan soveel minerale. Hulle leer egter na hoeveel dekades nog nie hoe om met geld te werk en hoe om die minerale tot hul voordeel te gebruik nie. Hulle raak van alle KENNIS (BLANKES) ontslae en dink hulle sal kan oorleef MET sukses, maar telkemale word hul VERKEERD bewys, maar ERKEN dit nie. Hongersnood/skuld ens laat hul ook nie hul les leer nie – die INTELLEK is NET NIE DAAR NIE!!!

  5. Rooikop Avatar
    Rooikop

    In die woorde van Johannes Kerkorrel (Natuurlik nie bedoel soos ek dit aanwend nie :-)) ” Halala Halala ewig is ons Afrika…”

Leave a Reply