Twee hospitale in die Oos-Kaap moes honderde pasiënte ontslaan omdat verskaffers wat oor staatskontrakte baklei, die inrigtings gyselaar hou. Die verskaffers het nie ‘n saak met die siek pasiënte nie.
Die twee hospitale moes weens ‘n gebrek aan water toemaak.
Die St. Barnabas-hospitaal by Libode en die All Saints-hospitaal by Ngcobo neem slegs pasiënte op wat ernstig siek is, nadat waterprobleme wat te wyte aan verouderde infrastuktuur, die hospitale genoop het om van kontrakteur gebruik te maak.
‘n Woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement sê nuwe infrastruktuur by die All Saints-hospitaal sal 40 miljoen rand kos.
Hy sê dienste is ook ontwrig omdat plaaslike diensverskaffers ontevrede is dat verskaffers van buite Ngcobo die kontrak gekry het om water te verskaf vir die noodsituasie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.