praag.co.za

Klasse by UKZN hervat na onluste, UJ-eiendom gebrand

Written by

in

,

Klasse by al vyf kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal sal na verwagting vandag hervat word nadat dit gister weer opgeskort is.

Verlede week is lesings vir twee dae onderbreek weens studente-onluste oor ‘n verhoging in universiteitsgeld en ‘n aanlyn-aansoekproses om geldelike hulp.

Die woordvoerder van die Universiteit, Lesiba Seshoka sê ‘n berig op sosiale media dat lesings eers aanstaande week hervat sal word, is onwaar.

Hy sê lesings kan nie vir so lank onderbreek word nie aangesien die akademiese tyd vir vanjaar min is.

Seshoka sê die studente is bewus daarvan. Hy sê akademiese bedrywighede en voorbereidings vir die eksamen sal vandag voortgaan.

Intussen het die Congress of South African Students (Cosas) hom gedistansieer van ‘n protes wat by die Universiteit van Johannesburg gehou is oor gratis hoër onderwys.
 
Die polisie is ontplooi om die kampus na ‘n groep hoërskoolleerlinge en ‘n paar studente buite die Doornfontein-kampus van die Universiteit betoog het en eiendom aan die brand gesteek het.
 
Die studente is blykbaar gemobiliseer deur Cosas-takke van verskeie hoërskole regoor Johannesburg.

Comments

2 responses to “Klasse by UKZN hervat na onluste, UJ-eiendom gebrand”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Hulle gee nie om oor die akademiese jaar wat kort is nie – hulle is tog verantwoordelik daarvaar – en nog minder gee hulle om of hulle slaag of nie. Dit gaan oor die #gibsmedat – indien hulle onvoorbereid is brand hulle af en ontwrig en gil “gibsmedat!”, indien hulle nie slaag nie brand hulle af en ontwrig en gil “gibsmedat!” , indien klasgelde opgaan brand hulle af en ontwrig en gil “gibsmedat!”

    1. Cousin Vinnie Avatar
      Cousin Vinnie

      Eintlik skreeu hulle “gibsmedat” vir enige bakketel om hul sin te kry, nes bedorwe stout kinders, en in sommige gevalle word hulle betaal om te brand, breek, plunder, roof, moor, ens ens omdat hulle uit London n lisensie het om so te doen! Ja die Gibsmedats word befonds deur ons tradisionele (((onderdrukkers ))) vanaf voor 1880!

Leave a Reply