praag.co.za

Gemeenskapsprotes lei tot geweld sê nuwe verslag

Written by

in

,

Die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel vir Maatskaplike Verandering by die Universiteit van Johannesburg het ‘n verslag bekendgestel oor betogings in Suid-Afrika.

Die verslag is saamgestel mbv voorvalle wat deur die polisie aangeteken is. Dit sluit betogings in wat vreedsaam sowel as met geweld verloop het.

Dit blyk uit die verslag dat die aantal protesoptogte wat per dag plaasvind, heeltemal oorskat word.

Die voorvalle is oor ‘n tydperk van 16 jaar deur die polisie aangeteken vanaf 1997 tot 2013.

Een van die skrywers van die verslag, Professor Peter Alexander sê daar is sowat 71 000 voorvalle van betogings in die databasis aangebring.

Hy sê dit kom neer op minstens elf betogings per dag, terwyl sommige bronne dit as 30 aangee.

Volgens Alexander is dit meer as wat deur mediaberigte weergegee word, maar minder as syfers wat in die parlement bekendgemaak is.

Luidens die verslag was 2012 die ergste jaar met 5500 betogings en 2003 die beste met 2300. Per kop het die Vrystaat die meeste betogings gehad.

Xenofobie het min emosies gaande gemaak en byna niemand wou die strate invaar om daarteen protes aan te teken nie.

Gemeenskapsbetogings is gewild, maar vakbonde se georganiseerde byeenkomste verteenwoordige byna die helfte van alle griewe wat na optogte lei, met 46%.

Interessant is dat optogte deur georganiseerde arbeid in meer as die helfte van gevalle nie lei tot geweld nie, maar dat gemeenskapsbetogings wel grootliks tot oproer neig.

Alhoewel diensleweringsprotes minder as 20% van alle optogte behels, lei dit in byna 50% van die aangetekende gevalle tot geweld.

Comments

5 responses to “Gemeenskapsprotes lei tot geweld sê nuwe verslag”

  1. Johan Avatar
    Johan

    “Interessant is dat optogte deur georganiseerde arbeid in meer as die helfte van gevalle nie lei tot geweld nie, maar dat gemeenskapsbetogings wel grootliks tot oproer neig.”
    Waarskynlike rede: Na die Kaapse Hooggeregshof skade teen ‘n vakbond toegeken het, is vakbonde nou meer gedissiplineerd.
    Die ander spul loop weinig risiko dat siviele eise teen hulle toegeken sal word nie.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Dit is die waarheid!

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Kyk ook weer na hierdie:

    1. Andy van Vuuren Avatar

      middag Rooikop,
      Dit is baie duidelik dat hierdie mense die betekenis van ordelike beplanning, bestuur, en rentmeesterskap van insette en uitsette geensins OOIT sal verstaan nie.
      Hoe op dees aarde sal mens ooit n goed gevestigde florerende land kan BOU met sulke………
      “mense”.

  3. A Stuijt Avatar
    A Stuijt

    hoekom noem hulle dit ‘proteste”? Die meeste is oorweldigend gewelddadig, wat dus dan eintlik as ‘onluste’ bestempel moet word.

Leave a Reply