praag.co.za

VSA verhoog noodvoedsel na Ethiopië

Written by

in

,

Amerika het sy noodvoedselhulp aan Ethiopië met byna US$100 miljard verhoog om een van die ergste droogtes in dekades te bestry.

Volgens die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) is die hulp dringend nodig om ’n humanitêre krisis af te weer, het AFP berig.

Die VSA sê die droogte word deur die El Niño-klimaatverskynsel veroorsaak en het seisoenale reën beïnvloed.

Volgens USAID-administrateur, me. Gayle Smith, is die geld hiervoor nodig “nie waar dit moet wees nie”.

“Dit is die ergste El Niño in die geskiedenis en dit het veral die vasteland van Afrika, veral Ethiopië, geraak waar 11 miljoen mense betrokke is.”

Comments

2 responses to “VSA verhoog noodvoedsel na Ethiopië”

  1. Johan Avatar
    Johan

    Sjoe, die verhoging beteken dan dat elke Ethiopieër ongeveer 9090.9 USdollar se hulp ontvang. Teen ‘n wisselkoers van R16 beteken dit R 145 545 per persoon.
    Niemand daar hoef te werk vir ‘n lewe nie.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Daarvan kom minder as $1 by die “eindverbruiker” aan. Helfte daarvan word deur die vervoer en verspredingskontrakteurs en waarnemers gebruik. Die res word eers deur die regering en hoofmanne gebruik en dan eers is dit die laaste bietjie aanbrandsels wat in die pot vassit wat eintlik by die mense uitkom.

Leave a Reply