praag.co.za

Wit en swart studente betoog by Kovsies

Written by

in

,

Wit en swart studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus het tot laat Donderdagaand voor die kampus se hoofingang betoog.

Die instelling se SR-voorsitter, Lindokuhle Ntuli, sê dit was verblydend dat studente onder een vaandel vreedsaam saam gesing en dans het nadat betogings vroeër die dag begin hand uitruk het.

Gemoedere het Donderdag hoog geloop toe die polisie ‘n waterkanon en traangasgranate moes gebruik. Ntuli sê die situasie was later die aand egter bedaar.

“Ek het daarvan gehou hoe studente saamgestaan het in solidariteit. Dit is hoe ‘n betoging moet plaasvind.”

Ntuli sê studente sal vandag voortgaan om voor die hek te betoog tot die rektor en visekanselier van die UV, Jonathan Jansen hul toespreek.

Intussen sal 15 studente wat Donderdag in hegtenis geneem is en op borgtog vrygelaat is op ‘n aanklag van openbare geweld vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Comments

6 responses to “Wit en swart studente betoog by Kovsies”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Ons kinders is kanonvoer-hulle sit wit meisies voor die belhamels en SAP;die bloedjies weet nie wat hulle stook nie.Of is die breinspoeling so suksesvol dat dit nie saakmaak nie?.Hier is GEEN voordeel vir ons mense in die optrede nie.Ons moet notisie neem vir wie die voordeel in die aksie gaan!

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Meng jou met die semels…

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Nee man Rooikop hulle is spaais. ;-))

  3. JESSEJAMES Avatar
    JESSEJAMES

    Dit is regtig tragies. Die liberale leerstellings is besig om vas te sit in die wittes se koppe. Net jammer dat dieper insig benodig word om te verstaan dat deelname aan dié optogte dieselfde is aan deelnama aan jou eie ondergang.

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    “Die instelling se SR-voorsitter, Lindokuhle Ntuli, sê dit was verblydend dat studente onder een vaandel vreedsaam saam gesing en dans het nadat betogings vroeër die dag begin hand uitruk het.”

    Presies – Solank die blankes bereid is om hulleself te degradeer na derdewereld standaard sal hulle verduur word.

    Lindokuhle Ntuli – die beskaafde manier is om n griefskrif op n beskaafde vergadering van julle studente – op te stel en dit dan te oorhandig aan die betrokke universiteits owerheid. Nie die strate te bevloog en alles wat voorkom te brand en te breek en wild met swaaiende arms in die lug te dans nie. (as mens dit dans kan noem).

Leave a Reply