praag.co.za

Kopkrap oor ‘Totiusgedig’ op grafsteen

Written by

in

,

Tommy Tiger Dickson.

Vir 41 jaar lank was sy grafsteen vergete en ongesteurd in die Sterkfontein Begraafplaas.

En só sou dit seker vir jare gebly het – tot die nuuskierigheid oor wat die eintlike betekenis van die skrif op die steen die oorhand oor ‘n terreinagent gekry het. Op die grafsteen is dié reël uit ‘n gedig van die bekende Afrikaanse digter Totius, “O die pyngedagte: my kind is dood!” gegraveer.

Maar die reël wat daarna volg en wat nie deel vorm van Totius se gedig nie, is wat Trevor Fenn laat stilhou het.

Daar staan verder, ” Here vergewe hom, hy weet wat hy gedoen het!”

Trevor vertel hy was besig om terreininspeksie in die Sterkfontein Begraafplaas te doen toe hy die grafsteen van Dickson langs die pad raaklees.

“Terwyl ek stadig deur die begraafplaas gery het, sien ek dié grafsteen, wat amper verlate op ‘n grasperk uittroon.”

Hy het gesê hy het gestop om die grafsteen van nader te bekyk en dit is toe dat hy oor die eintlike dood van Dickson – wie se ouderdom onbekend is omdat sy geboortedag nie bygevoeg is nie – begin wonder het.

“Toe ek dit raaklees was my eerste gedagte, ‘wat het hy gedoen’?”

Eers het hy gedink dit is dalk een van die bankrowers wat tydens die berugte Krugersdorp-tonnelbankroof dood is, maar dié rooftog het na 1977 plaasgevind.

“Met ‘n bynaam soos Tiger klink hy vir my rof; nou wonder ek of hy nie dalk in ‘n kroeggeveg dood is nie.”

Hy is terug werk toe met die foto’s wat hy geneem het en so het die bespiegelings verder lewe gekry. Die foto’s het ook op sosiale media soos facebook verskyn.

“‘n Grafsteen is tog ‘n private ding, maar vir my was dit baie vreemd.”

Bron: Krugersdorpnuus

Comments

25 responses to “Kopkrap oor ‘Totiusgedig’ op grafsteen”

  1. Andy van Vuuren Avatar

    Shoe, dit is nou baie interressant.
    Dolk, wat sê jy van die een. Is daar enige inligting wat uitbring uit jou argiewe?
    Ek gaan self later vanaand bietjie rondsoek.

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Andy, ek het net die betrokke gedig gaan google (soos ek dink meeste van ons lesers dit nou reeds gedoen het), hierdie was vir my treffend en hartseer. Ek hoop van harte iemand kan vir ons meer inligting gee – waarom Totius se gedig wat handel oor die afsterwe van sy twee kinders, op ene “Tommy Tiger Dickson” se grafsteen gegaveer.

      Jakob Daniël du Toit (die bekende digter, predikant en taalpuris van die 19de en 20e eeu, Totius) het eers sy seun aan die dood afgestaan as gevolg van ‘n infeksie en daarna is sy dogter in sy arms dood as gevolg van ‘n noodlottige weerligstraal. Dit is hoekom hy “O, die pyngedagte” en “Die Godsbesluit” met soveel deernis en passie kon skryf… hy het gewéét….

      …hy het gewéét van die worsteling, die leegheid. Hy het gewéét van die stryd met God. Hy het gewéét van trane wat sommer net loop, van ‘n verlange om nog net één keer my kind se stem te hoor, nog net één keer haar lag te hoor, haar nog net één keer te sien hardloop en dans “soos ‘n vlindertjie”.

      Elke persoon wat al ‘n volwasse kind aan die dood afgestaan het, sal verstáán as Totius sê, dat die gedagte aan sy kind se dood, soos ‘n pyl in sy hart brand en dat dit die lewe se glans wegvat. Die mense weet dit natuurlik nie, want die lewe gaan aan – en God alleen ken sy lyding.

      O, die pyn-gedagte:
      O, die pyn-gedagte: My kind is dood!…
      dit brand soos ‘n pyl in my.
      Die mense sien daar niks nie van,
      en die Here alleen die weet wat ek ly.

      Hy wil met hierdie gedigte dit uitskreeu: “Hoekom moet MY KIND dit oorkom wat een uit tienduisend oorkom?! Ek wat alreeds voor ‘n kind se graf moes staan – hoekom MY kind?!”

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Totius se jongste kind is aan breinvliesontsteking dood en terwyl die familie nog getreur het is sy oudste dogter deur die weerlig doodgeslaan.

        1. Kaylee van Yken Avatar
          Kaylee van Yken

          Baie dankie Kalium – Strofe 3 staan voorwaar uit.

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Weerlig…Dit is ‘n verskriklike gedagte…

    2. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Ek hoop self Rifrug en Dolk maak ‘n draai hier.

      1. Rifrug Avatar
        Rifrug

        Gedigte en grafstene
        die donker wink
        dis leuens wat dikwels
        soos waarheid klink

        Vyande swart oral om ons
        donker dae wat kom
        as ons nie voorberei nie
        is ons eenvoudig dom

        Grafsteen met Afrikaans op
        sal joune nog so wees?
        of gaan die swarte ons uitwis
        die blanke siel en gees?

        1. Andy van Vuuren Avatar

          Shoe Rifrug, hierdie is dieper as wat mens sal besef ou maat.
          Dit sny diep en reguit, klinies.
          Waar.

          1. Rifrug Avatar
            Rifrug

            Dankie Andy!

        2. Kaylee van Yken Avatar
          Kaylee van Yken

          UITSTEKEND !

          Rifrug, ek het nie die regte woorde nie, maar dit wat jy neergepen het, is aangrypend, en weereens, stof tot nadenke.

          1. Kaylee van Yken Avatar
            Kaylee van Yken

            Rifrug, klank ontbreek op my skootrekenaar, ek sal more terugvoer gee. Nietemin, dankie byvoorbaat vir die skakel.

            NS: Ek het van die kommentare gelees op die skakel.

          2. Kaylee van Yken Avatar
            Kaylee van Yken

            Goeie more Rifrug, om een of ander rede onbreek klank steeds, ek laat weet jou sodra die probleem geidentifiseer is (ek is seker net te blond).

        3. Dolk Avatar
          Dolk

          Gesweisde woorde! Baie waar!

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Hallo Kaylee – hoop dit gaan baie beter hoor!

        Vry poësie is my lyn – nie dig nie – Verskoon asb. die vorm – wat waar ens… Dit is ‘n onderwerp wat baie hartseer is… Ek het ‘n hele paar “goed” vir my kinders geskryf deur die jare…

        Om “daaroor” (Sterwe) te skryf is beslis iets wat ek nie eers aan wil dink nie! Ek skryf omdat dit my siel aanraak – maar beslis net baie bolangs. (Ek het ongelukkig meer 30 jaar laas werklik geskryf.)

        Korreltjies sand wat ek kan tel
        Sonder asem sonder traantjies wat wel
        Het jy stilweg van en deur my siel vervleg
        My uitkyk verander – soos ‘n nuwe weg….

        Hoe kan ek ooit vergeet
        Hoe kan ek dit opweeg met wat ek weet
        Daardie eerste sagte, warm skoppie
        Teen jou nou, koue lewelose koppie?

        Hoe kan ek my geneste arms om jou baba-lewe vergelyk
        Met my rou-gesnikte siel se vreugde – toegeslyk
        Hoe kan ek die warm wasem teen jou vreugdevolle lewensruit
        Terugbring – volg geurige gedagtes nes anysbeskuit?

        Waar is my kindjie se laggende lewensswaai
        Snik my siel wees – deur winterwinde totaal verwaai
        Die geur van jou sysagte babavel
        Aan ander valse vreugde – ‘n poppespel

        Jou eerste handjies oop – vol fyn grond
        My gebalde hande – styf teen my mond…
        Die blommetjies deur die jare gegee
        Verlep – slegs wit kransies nou -woordeloos verleë

        Jou eerste traantjes teen my wang
        Verewig – ‘n geheiligde gesang
        Trane spoel al grypend deur my hart
        Waarmee verbind mens rigtinglose smart

        O Heer, bewaar my van die gedig
        Bewaar my lewe van selfs só gesig
        Mag my lewe U genade onverdiend aanskou
        Dat ek mag sien – my kleinkinders ook op U vertrou.

        1. Kaylee van Yken Avatar
          Kaylee van Yken

          Goeie more Dolk – ek glo, jy het hiermee, MEER AS NET EEN SIEL aangeraak.

          Jou laaste strofe – elke ouer en grootouer se gebed.

          Dankie !

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Hallo Kaylee – dis ‘n baie moeilike onderwerp om oor te skryf – geensins iets wat mens ydellik oor dink en skryf nie….

            Baie bly om te hoor dat jy beter is! Hoe ouer mens raak hoe moeiliker heel mens – amper soos ‘n motor wat begin te roes… ;))

            Die artikel het my onmiddellik laat aan ‘n ouer wie ‘n kind aan die dood – deur selfmoord afgestaan het…

            Seënwense en vrede hoor.

  2. Andy van Vuuren Avatar

    Kan iemand meer lig werp op Tommy Tiger Dickson? Dit wil so al voorkom asof hy betrokke was by ‘n moord geval. Dat hy geweet het wat hy doen, daarom daardie snaakse andeste sin.
    “Here vergewe hom, hy weet wat hy gedoen het”.
    Daarom ook die afwesigheid van datums op die grafskrif.

  3. jan Avatar
    jan

    “Daar is dinge in die lewe wat baie erger is as die dood……” het die betraande pa van die siametiese tweeling gesê nadat hulle een moes dood om die ander te laat lewe….

    Ek verlang juis vanaand so baie na myne – en elke gedagte van my is ‘n gebed dat indien die Here sal toelaat dat my kinders iets moet oorkom – laat dit dan tog eerder met my gebeur in hul plek.

    1. Andy van Vuuren Avatar

      Jan, moes julle ook ‘n kind sien gaan. Shoe ek probeer dit sagkens stel maar sukkel daarmee.
      Jy sien ons het ook ‘n dogter 9 jaar gelede sien “huis” toe gaan. Sy was 29 en ongetroud. Kanker.
      Ek het al dink ek met ‘n vorige geleentheid vir Dolk daarvan vertel.
      Dit gaan nooit weg nie. Van tyd tot tyd kom sit daardie olifant hier op jou bors.
      Dit kom my veral oor in die nanag wanneer ek nie kan slaap nie.
      Ja, die pyn gedagte, my kind is dood,
      Net HY Alleen die weet wat ons ly.

      1. african4 Avatar
        african4

        Sjoe. Ek het nie woorde nie. Die smart moet onbeskryflik wees.

        1. Andy van Vuuren Avatar

          Weet jy 4,
          die enigste troos is dat NIEMAND haar meer kan seermaak nie.
          Dit omvat alles, en glo jy sal verstaan wat ek bedoel.
          Ja, die wond word gesond, maar die pyn………..en gemis bly.
          Net na die 9/11 , “twin tower” insident in Amerika, het iemand n treffende gedig geskryf.
          “If I only knew”.
          As iemand hom nie dalk intussen hier plaas nie sal ek vanaand na werk kyk of ek hom kan plaas.

          Seën vir julle almal vir die dag.

  4. Bad Moon Avatar
    Bad Moon

    Daar is baie dinge in die lewe wat erg, baie erg is, maar ek dink ‘n ouer wat sy kind begrawe is seker die ergste wat ‘n mens kan tref. Ek dink dit is net een van daardie wonde wat nooit genees nie. Daarom wil ek vandag ‘n woordjie vir almal wat kinders aan die ewige lewe afgstaan het sê, STERKTE. Ek weet nie wat dit is nie en ek kan my dit nie indink nie. Al wat ek kan sê is ” Ons sien nou deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag sal ons tenvolle weet” Sterkte liewe vriend en vriendin, volhard in die geloof en God sal vir jul berusting bring.
    Het vriende gehad wie se een seun van drie seuns in ‘n motorongeluk oorlede is, dit was erg vir die ouers, maar die ander seun wat net weggeraak het, sonder spoor of tyding, vir die ouers was dit die ergste.

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Baie mooi gestel.

Leave a Reply