praag.co.za

Eskom-bonusse buitensporig

Written by

in

,

Dit blyk dat tien van Eskom se senior amptenare verlede jaar ‘n bonus van miljoen rand elk ontvang het benewens hulle salarisse van meer as drie miljoen rand elk.

Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown het in reaksie op ‘n geskrewe vraag in die parlement dié astronomiese vergoedings vir ‘n sukkelende instelling bekend gemaak.

Die onthulling is gemaak te midde van verdere omstredenheid oor ‘n ondersoek na Eskom wat deur die voorsitter van Eskom se raad, Zola Tsotsi gelei sal word.

Politieke partye dring aan op ‘n onafhanklike ondersoek.

Verlede week het Tsotsi onverwags aangekondig dat Eskom se bestuurshoof en drie senior bestuurslede geskors is.

Opposisiepartye het intussen aangedui dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela genader sal word om dringend in te gryp omdat Eskom self betrokke gaan wees by die ondersoek na sy probleme.

Eskom het Maandag mediaberigte ontken dat Tsotsi, homself ‘aan hoof geplaas het’ van ‘n subkomitee van Eskom se raad en dat hulle volmag gaan hê om ondersoekers aan te stel.

News24 het berig dat Tsotsi en die komitee net ‘n ‘oorsigrol’ gaan speel.

Opposisielede sê dit is duidelik dat Eskom die totale ondersoek wil orkestreer terwyl dit in landsbelang is dat ‘n behoorlike, onafhanklike ondersoek gedoen word.

Comments

2 responses to “Eskom-bonusse buitensporig”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Eskom is lewensnoodsaaklik vir die land. Dit lyk my dit is ook nou een van die grootste geld vloei en daarom ook een van die plekke waar die meeste geskep word.

  2. Derick Avatar
    Derick

    Flippet, stel nou weer ten duurste ondersoekers aan om hier in te vaar. Op die ou einde sit almal weer in hul poste of word weer op ander plekke in die land ingedruk en karring hulle maar weer net daar voort.

    Die probleme van die land sal om die dood toe nooit so opgelos word nie. Hoeveel onwelvoeglikhede was nie die afgelope jare al uitgewys nie, maar ons hoor nooit van die uiteinde van die sake nie – arrestasies, of afdanking nie.

Leave a Reply