praag.co.za

Links en regs

Links en regs in die politiek is allesbehalwe duidelike begrippe. Die onderskeid is wel duidelik waar dit gaan om verregs en verlinks. Niemand sou byvoorbeeld wou ontken dat mnr Joe Slovo en mnr Eugène Terre’Blanche nie veel in gemeen het nie, maar tussen hierdie twee uiterstes is daar ‘n hele spektrum politieke houdings en skakerings van allerlei aard. Baie mense, miskien die meerderheid, is ‘n bietjie regs of ‘n bietjie links of soms die een en dan weer die ander. Ongelukkig is baie ook gewoon ideologiese outomate.

Uiteraard lê die oorgrote meerderheid sienswyses in die middelveld tussen die twee uiterstes van links en regs. In ‘n normale demokrasie speel mense wat die middelveld doelbewus as voorkeurterrein gekies het, ‘n belangrike rol as stabiliserende en matigende invloed. In ‘n skeefgetrekte (of dalk gedrogtelike) «demokrasie» soos in Suid-Afrika, is die middelveld net totaal irrelevant en speel gewoon die rol van nuttige idiote wat deur politieke kragte tot hulle eie voordeel gemanipuleer word en geen betekenisvolle bydrae tot die politieke gesprek, of die politieke stryd te lewer het nie. Dis allermins so dat politieke «waarheid» iewers tussen verregs en verlinks geleë is. Die middelgrond het net soseer die potensiaal om verkeerd te wees as die uiterstes van links en regs.

Die middelterrein word natuurlik ook beset deur ‘n groot aantal mense wat geen menings hoegenaamd het nie, sy dit na links of na regs, of wie se sienswyses so verward en teenstrydig is, dat dit eintlik niksseggend is. Kom ons noem hulle maar die 7de-laan-kategorie, wat nie eers die status van nuttige idiote bereik nie. Maar dit is so dat ‘n volk bestaan uit alle soorte en dat diesulkes ook met verdraagsaamheid en liefde bejeën moet word. En met ‘n bietjie geluk maak ons dalk van hulle óns idiote!

Iemand, maak nou nie juis saak wie nie, het onlangs die opmerking gemaak dat ekstreemregs en ekstreemlinks uiteindelik bymekaar uitkom. Daar steek ‘n stuk waarheid in. Dis moeilik om te sê of Hitler ten slotte ekstreemlinks (diktatoriaal, sosialisties, ens) of ekstreemregs (diktatoriaal, militaristies en aggressief) was en so ook Stalin (diktatoriaal, sosialisties, militarisies en aggressief). Aanvanklik was hulle bondgenote en daarna in ‘n oorlog met mekaar gewikkel, nie om ideologiese redes nie, maar om redes van strategiese olie, grondstowwe, ens), want ideologies was daar weinig verskil.

Maar miskien hoef ons nie verder na voorbeelde te soek nie as hier by ons waar die Nasionale Party op ‘n stadium so ekstreemregs was dat hulle omgeslaan het in hulle eie teenoorgestelde soos ‘n pofadder wat sy eie stert byt. Vanaf die punt waar hulle Distrik Ses van die aangesig van die aarde afgevee het, tot op die punt waar Adriaan Vlok ANC-terroriste se voete gewas het, was maar net ‘n hanetreetjie.

‘n Veel nuttiger aanduiding as links of regs van waar iemand hom op die politieke spektrum bevind, is om te vra wat sy sienswyse is omtrent bepaalde temas (kwessies), byvoorbeeld, waar staan jy ten opsigte van gemengde huwelike, rassekwotas in sport, verengelsing van universiteite, die onderdrukking van godsdiensbeoefening op skool, regstellende aksie of transformasie, politieke selfbeskikking vir Afrikaners, vrugafdrywing, homoseksuele huwelike, die kolonisering van grondgebied in die Midde-Ooste deur Israel, ongebreidelde immigrasie vanuit die derde wêreld na Europa, en so meer.

‘n Feit wat ons onder die oë moet sien, is dat linkse ideologieë vandag in die Westerse wêreld die botoon voer, dermate dat sienswyses wat nie erg links is nie, net nie gedoog word nie, of verbied word of doodgeswyg word of met beledigings afgemaak word. Om in vandag se klimaat gematig te wees, is alreeds om as regse of fassis of ekstremis getipeer te word. Jy moet links wees en basta. Daaraan is vir die oomblik nie veel te doen nie.

‘n Uitsonderlike geval waar ‘n betekenisvolle politieke beweging dit waag om suksesvol ‘n ander mening in die openbaar te huldig, is die FN van Marine Le Pen in Frankryk. Die vordering wat sy maak, is nie met behulp van die media nie, maar ten spyte daarvan. Feit is dat Marine Le Pen en die FN alles behalwe ekstreemregs is, soos bv mnr Leopold Scholtz in Die Burger wil beweer, maar ‘n patriotiese beweging wat ten doel het om die mag terug te neem van die oligarge in Brussel en terug te besorg aan die Franse volk soos dit ‘n ware demokrasie betaam. Vir hierdie rede word die FN natuurlik deur die media as ekstreemregs voorgestel. Dit pas in die patroon dat alles wat nie links, of selfs ekstreemlinks is nie, in die Westerse wêreld gewoon ekstreemregs is. ‘n Toonbeeld van die swaksinnigheid waardeur ons tydvak gekenmerk word.

Comments

20 responses to “Links en regs”

  1. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    Dankie, goeie rubriek Karel. Ek reageer in KORT op hierdie paragraaf :

    ” … bepaalde temas (kwessies), byvoorbeeld, waar staan jy t en opsigte van gemengde huwelike, rassekwotas in sport, verengelsing van universiteite, die onderdrukking van godsdiensbeoefening op skool, regstellende aksie of transformasie, politieke selfbeskikking vir Afrikaners, vrugafdrywing, homoseksuele huwelike …:

    GEMENGDE HUWELIKE : Nee, duisend maal nee. Die WOORD leer ons dis VERKEERD en ek volstaan daarmee.

    RASSEKWOTA’S IN SPORT : Rugby is in elkgeval ‘n god vir menige Blanke, die beste speler behoort toegelaat te word in die span, nie volgens velkleur nie.

    ONDERDRUKKING VAN GODSDIENSBEOEFENING : Dit was vir my ‘n harde slag. Dank Vader ek is nie meer skoolgaande nie.

    REGSTELLENDE AKSIE : Is mense bewus daarvan dat meninge Blanke man al selfmoord gepleeg het omdat hulle nie meer kon voorsien in hul huishoudelike verpligtinge nie. Die toename in wit plakkerskampe is betreurenswaardig. Selfs die staatsdiens sit met die mees onkundiges in topposisies. Baie meer kan hieroor gepraat word.

    SELFBESKIKKING : Elke volk MOET oor homself regeer. My Godsdiens, Taal en Kultuur is van uiterste belang.

    VRUGAFDRYWING : Dit is MOORD.

    HOMOSEKSUELE HUWELIKE : Ek kan nooit daarmee saamstem nie. Toevallig het ek gister ‘n artikel gelees van volwassenes wat die produk was van homoseksuele huwelike. Ek wou huil van ontsteltenis na ek hulle verhale gelees het.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Stem 100% saam en – puik saamgevat Kaylee! Vrede en ‘n geseënde nagrus.

      1. Kaylee van Yken Avatar
        Kaylee van Yken

        Baie dankie Dolk. Vir jou en gesin ook ‘n baie geseende nagrus en week.

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Baie dankies – die week vat voorlê hou heelwat uitdagings in… – DV sal ons dit met genade van Bo goed uitgaan.

          1. Kaylee van Yken Avatar
            Kaylee van Yken

            Sterkte daarmee. Glo en vertrou alles sal ten goede meewerk.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Baie dankies hoor – ons glo en vertrou. (My vroutjie gaan DV in vir ‘n rug operasie – Kaapstad toe… Te midde van die beurtkrag krises – waar ek heelwat verantwoordelikheid by sekere plekke hier het… Ons seun is ook nog besig met sy internskap hier. O.a.! 🙂 Maar ek gaan DV beslis saam Kaapstad toe. :-))

          3. Kaylee van Yken Avatar
            Kaylee van Yken

            Groot operasie, Dolk, ek sal bid dat dit voorspoedig afloop en sal dit waardeer indien jy terugvoer hieroor sal gee. Veilig ry ook.

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            Baie dankies – waardeer dit hoor. Hulle gaan twee werwels heg… Ek sal so maak Kaylee – dankies.

  2. Dolk Avatar
    Dolk

    ‘n Spyker-op-die-kop skrywe! U moet meer skryf!

  3. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Die Russe en die Chinese was ook albei kommuniste en daar was ‘n hele paar gevegte tussen hulle, maar eintlik het hulle dieselfde breë ideologie gevolg. Die NAZI’s en die kommies was alby sosialiste. Dit plaas hulle, na my mening, links. Ek stem dus saam met Karel Combrinck.

    1. eduard Avatar
      eduard

      Daar is ‘n verskil tussen “nasionaal sosialisties” en sosialisties. Kommunisme is suiwer sosialisties en nie nasionaal nie. Let wel dat die kommunisme ‘n khazarjoodse maaksel is. Hitler was blykbaar streng katoliek.

      1. emiel Avatar
        emiel

        Links, regs? Wat maak dit saak? Alhoewel daar verskille was, was daar baie meer oreenkomste. Beide die kommuniste sowel as die Nazis (nasionaal sosialiste) het ‘n gesentreerde diktatuur voortgestaan, beide het geweld en terreur teen burgerlikes in oormaat gebruik, en beide het kleiner volkere wat vir hulle geen bedreiging was geweldadig ingeval.

        1. Hans Onrust Avatar
          Hans Onrust

          bv. de Pool was op zich geen bedreiging voor SU noch Nazi Duitsland ware het niet dat precies als heden Polen wel weer als springplank wordt gebruikt door zekere krachten in de Angel Saksische landen.
          Kijk de inmenging in de Oekraïne en ophitsing tegen Rusland door Tusk en zelfs nog Walesa terwijl men € vrij rond mag profiteren door honderduizenden dubieuze figuren naar het western te loodsen.

      2. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Toe Goebbels van sy 1ste vrou geskei het en weer getrou het wou die RK kerk hom tug. Goebbels se antwoord was dat hy dan ook nie meer geld aan sie RK kerk hoef te betaal nie, toe sê die RK “…ummm neee, jy moet nog betaal.” Hitler was so streng katoliek dat hy met die katolieke kerk gespot het hieroor.

  4. emiel Avatar
    emiel

    Interessante onderwerp Karel . Ek onthou in die 1990’s, tydens ‘n reis deur Europa het ek met ‘n paar voormalige ( kommunistiese ) Oos-Duitsers in Londen gesels. Dit het my opgeval dat hulle veel meer in gemeen gehad het met konserwatiewe Afrikaners as met demokratiese liberale Wes-Duitsers . Selfs vandag is die voormalige kommunistiese Oos Duitse streek meer nasionalisties as die res van Duitsland. My raaiskoot is dat die mens sy politieke oriëntasie dieselfde manier gebruik as wat ‘n man sy klere vir die dag afhangend van die weer. Gedurende die 1922 Mynwerkers Rand rebellie, was daar baie arm Afrikaners wat wapen pgeneem het onder ‘n kommunistiese banier teen die Smuts-regering , 25 Jaar later het hulle onafhanklikheid onder ‘n nasionalistiese regse regering.

  5. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    ”The centre always moves to the left… because that is where the most power is to be gained”. – Moldbug (Dark Enlightenment)

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      dient ook niet dat opschuivende midden naar links graag alle belangen behalve van die van de eigen bevolking Albert ?

  6. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Patriotisme, of om net beheer oor jou eie land deur jou eie mense te wil hê is ek bevrees is deesdae ekstreemregse gedrag. Die mense het die mag afgestaan aan die oligarge wat in Brussels is en nou gaan dit nie sommer teruggeneem word nie. Ek reken dit sal ‘n wêreldoorlog neem om dit weer te herstel. Wat net my verstand te bowe gaan is dat die mense van Europe twee wêreldoorloë teen oorheersing deur ‘n enkele mag geveg het en toe op die ou end sonder slag of stoot ingestem het tot vreemde oorheersing. Dalk was die wêreldoorloë juis gebruik om die wat teenstand teen die idee uit te wis.

  7. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Goed raakgevat

  8. william Avatar
    william

    Die hart van die dwaas is na links. As n mens nie politiek korrek is nie dan word jy gesien as regs of verregs of iets van die geaardheid. Dan is jy rassisties al is dit wat jy se die reine waarheid. Hulle het geen ander verweer nie. Hulle kan my noem net wat hulle wil, Dit pla my nie. Zuma is een van die grootste rassiste en hy maak geen geheim daarvan nie. Hy hou niks van blankes nie. Tot Jan Van Riebeeck het deurgeloop.

Leave a Reply