Volgens die VN se Voedsel en Landbou-organisasie het groot tenders deur die Filippyne op die internasionale mark die prys van rys onlangs met 76% laat styg.
Maar die probleem van hoë ryspryse betrek nie net die Filippyne nie. Die wêreld het oor die afgelope vyf jaar meer voedsel verbruik as wat dit geproduseer het. Globale rysvoorrade het reeds gedaal tot op die vlak van 1976.
Die waarde van rys het so baie gestyg dat sekere boere in Thailand begin het om in hul rysvelde met haelgewere te kampeer om rysdiewe te stuit. Verskeie groot rysproduserende volke, soos Kambodja, Viëtnam, Egipte, Indië, Pakistan en China, het reeds die uitvoer van rys beperk of verbied ten einde voedselsekerheid vir hul eie mense te verseker.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.