Gister het bankaandele met vier persent op die Johannesburgse aandelebeurs gedaal. Die opbrengs op staatseffekte het met 'n halwe persent gestyg, wat beteken dat die pryse van sulke effekte drasties gedaal het.
Volgens Citigroup se Afrikastrateeg, Leon Myburgh, het hy in jare nog nie so 'n drastiese rentekoersverhoging gesien nie.
Die hoof van ABSA, Steve Booysen, het gesê dat enige verdere rentekoersverhoging die finansiële probleme wat verbruikers reeds ervaar, sal vererger.
Amptelike syfers wat gister vrygestel is, toon dat maatskappybankrotskappe met 10,5% in die eerste vier maande vanjaar gestyg het – die grootste styging in ses jaar.
Slegs die rand put voordeel uit rentekoersverwagtinge soos wat buitelanders dollar vir rand verkoop en die ekstra rente geniet.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.