Suid-Afrika is bekommerd oor die gebrek aan vordering in die Midde-Ooste se vredesproses, het pres. Jacob Zuma Saterdag op ‘n mediakonferensie gesê.
“Ons is van mening dat blywende vrede in die Midde-Ooste nie moontlik sal wees sonder om ander probleme in die streek aan te spreek nie,” het hy op ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê.
“Ons is bemoedig deur die positiewe stappe wat jy [Barack Obama] geneem het om die langstaande beperkings te verslap.”
Zuma het vroeër gesê Obama het Afrika op die regte tyd besoek.
“Ons is vandag baie bly om saam met jou te werk aan ‘n gemeenskaplike doel van die uitbreiding van handel en verhoudinge tussen die twee lande,” het Zuma op ‘n mediakonferensie gesê.
“Mnr. President, jy besoek Afrika op die regte tyd… Ons sal graag wil sien dat jy in die Suid-Afrikaanse ekonomie belê tot wedersydse voordeel.”
Jeugontwikkeling is ‘n sleutel-fokusgebied, het Zuma gesê.
Duisende het intussen weer op Tahrir Plein in Egipte se hoofstad saamgedrom vir hul beplande massa-optog om die afdanking van die land se president, Mohammed Morsi, te eis.
Inwoners wat Morsi opponeer het die nag op die plein deurgebring.
Dié plein was ook die fokuspunt van die betogings wat die voormalige leier, Hosni Moebarak, omvergewerp het.
Volgens die uitsaaier word betogings ook by die presidensiële paleis in Kaïro en die res van Egipte verwag.
Die optog volg presies ‘n jaar nadat Morsi as president ingehuldig is mbv Amerikaanse steun. Onder Morsi het onverdraagsaamheid teenoor godsdiensminderhede waaronder Koptiese Christene, met rasse skrede toegeneem.
Die organiseerders van die optog beweer dat meer as 22 miljoen mense reeds ‘n petisie onderteken het, wat ‘n beroep doen op die staatshoof om sy amp neer te lê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.