Die hoof, Shaun Battlemann, is saam met Jacob Zuma en Suid-Afrika se ambassadeur na die Verenigde State, Ebrahim Rasool, in Texas in die VSA gekiek. Die foto van die uitstappie word met trots vertoon word op die maatskappy se webwerf.
Battlemann is verlede jaar as die Black Management Forum se top entrepreneur vir 2011 aangewys.
In ‘n vertroulike verslag wat uitgelek is aan die Mail & Guardian, is ‘n R680 miljoen-kontrak toegeken aan EduSolutions vir die handboeke, opvoedkundige speelgoed, wetenskapstelle en ander materiaal vir die 2011-skooljaar.
Verlede week het die M&G berig dat die regering ‘n regsmening geïgnoreer het deur ‘n senior advokaat, Pat Ellis, op 17 Januarie dat EduSolutions se handboekkontrak waarskynlik ongeldig is en alternatiewe verskaffers gesoek moet word.
Die SOE-verslag toon dat die eenheid ook geïnteresseerd is in die toekenning van ‘n R95-miljoen bestuurskontrak aan multinasionale projekbestuursmaatskappy Aurecon vir 40 “beweerde kits-opvoedkundige projekte”, terwyl die laagste tender R26.6 miljoen was.
Die dinee is gehou in dieselfde week as wat die Southern University van Houston aan Zuma ‘n eredoktorsgraad vir sy “leierskap” toegeken het, sowel as sy “passie vir die onderwys deur die Jacob Zuma RDP Education Trust“.
Nog ‘n ondersteuner van die onderwystrust, is die omstrede Nigeriese-Amerikaanse olieman Kase Lawal, ook byderhand in die VSA om Zuma se toekenning te vier.
Vroeër vanjaar het die Mail & Guardian berig oor ‘n vennootskap tussen Lawal se maatskappy, Camac International, en Zuma se onderwys-trust waarin die maatskappy trustbegunstigdes by Texas Southern en ‘n ander Houston-universiteit borg.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.