Die flouerige spotprent, wat in dié week se uitgawe van die koerant verskyn het, wys Zuma duidelik as ‘n manlike orgaan waar hy in ‘n spieël kyk met ‘n onderskrif wat sê “The Spear to be raised at Social Cohesion Summit”.
Enige politieke party sal beswaar teen só ‘n spotprent aanteken, omdat dit die vlak van debat besonder laag stel, het ‘n leser van die M&G gesê.
Nic Dawes, redakteur van Mail & Guardian, sê die bedoeling is nie om Zuma te beledig nie. Dit is egter nie duidelik wat die bedoeling anders kan wees nie.
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het intussen die spotprent as “rassisties” beskryf.
“Die spotprent is rassisties en seksisties in die sin dat dit sy (Zapiro) obsessie met manlike geslagsdele en sy liefde vir hoon uitbeeld.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.